Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Rekenaars & selfone » Gemiddelde Salaris vir IT in NEDERLAND
Gemiddelde Salaris vir IT in NEDERLAND [boodskap #32890 is 'n antwoord op boodskap #32903] Vr, 28 Julie 2000 00:00 na volgende boodskap
johann....  is tans af-lyn  johann....
Boodskappe: 4
Geregistreer: September 1999
Karma: 0
Junior Lid
Ek sal graag wil hoor van die mense in Nederland
wat 'n gemiddelde salaris vir 'n senior C++ programmeur in Nederland
op die oomblik is.

Dankie
Johann
Re: Gemiddelde Salaris vir IT in NEDERLAND [boodskap #32891 is 'n antwoord op boodskap #32890] Vr, 28 Julie 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Pijotter  is tans af-lyn  Pijotter
Boodskappe: 107
Geregistreer: Mei 1999
Karma: 0
Senior Lid
Jis Johan,

Die gemiddelde salaris vir iemand in IT in Nederland is so rond die
5000-6000 gulde. Dit sluit gewoonlik 'n kar in. Hulle werk gewoonlik deur
detachering maatskappye (basies 'n contracting house) maar met een groot
verski dat jy permanent vir hulle werk - dus word medies, pensioen etc ook
begereken. In Nederland is dit sover ek weet verplig om medies te he. Van
die staat moet jou company ook 'n verpligte reiskoste vergoeding betaal -
die minimum (praat onder korreksie) is 270 gulde 'n maand.

Ek self kry 'n goeie bo gemiddelde salaris van om en by 10000gulde 'n maand
brutto. Netto kry ek dan gewoonlik so tussen 7500 en 8000 uit. Omdat ek 'n
buitelander is en 'n It werk het ek spesiale belasting voordeel - ek betaal
op 'n 35% regelement, dit beteken in kort dat op 35% van my brutto salaris
ek geen belasting betaal nie.

10000 (brutto)
- 3500 -35%
= 6500 (waarop ek belasting betaal)
- 2000 (belasting
= 4500
+ 3500
= 8000 Netto

Hang maar alles af van waar jy werk. My vriendin kry een van 5000 met 'n
lekker Volkswagen Bora (alle petrol betaal), so al het sy nie geld nie ry
ons die hele europa deur op die company se onkostes.

Ek het vriende wat walliese kontrakteur werk doen (soos ons dit ken in SA)
waar die kontrakhuis 10-20% van jou uurlikse salaris vat - gewoonlik loop so
uurlikse salaris uit op tussen 100 - 180gulde (hang af van jou experience
ens kan self 200 wees) en kry jy dus 'n goeie 80 - 160 gulde in jou sak. Hy
kry 'n reuse salaris van 120 gulde 'n uur - betaal ook nog belasting met die
35% regelement.

Ongelukkig as SA'er kan jy nie so werk nie - jy is verbonde aan 'n
werksvergunning aangevra deur jou company. Dit maak jou gebonde aan daai
company. Gelukkig as jy 3 jaar in Nederland wwon en werk, het jy na die 3
jaar nie meer 'n werksvergunning nodig nie - jy kry dus jou
verblijsfvergunning sonder dat jy gebonde is aan 'n company en
werksvergunnning - dan eers kan jy so gaan kontrakteur.

As jy nader informasie wil he, mail my na pijo...@hotmailNOSPAM.com (haal
net die (NOSPAM weg;-))

Doi Pieter

Johann W. Fourie wrote in message ...
> Ek sal graag wil hoor van die mense in Nederland
> wat 'n gemiddelde salaris vir 'n senior C++ programmeur in Nederland
> op die oomblik is.
>
>
> Dankie
> Johann
Re: Gemiddelde Salaris vir IT in NEDERLAND [boodskap #32892 is 'n antwoord op boodskap #32890] Vr, 28 Julie 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Pijotter  is tans af-lyn  Pijotter
Boodskappe: 107
Geregistreer: Mei 1999
Karma: 0
Senior Lid
Wat jy is al by die huis!!!

Ja jong ek werk ook vir die groot ou renoster... ;-)

OUT of Africa wrote in message ...
> Piotrij
>
> Ek het nie al die berigte hier by die huis gekry nie, maar in die laaste wat
> ek by die werk gelees het, het jy gevra wat ek nou eintlik doen... Ek's in
> Netwerke, dus geen programmeur...
>
> Werk jy ook vir die renoster?
>
> mvg
> oaa
>
Re: Gemiddelde Salaris vir IT in NEDERLAND [boodskap #32893 is 'n antwoord op boodskap #32890] Vr, 28 Julie 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Riana Combrink  is tans af-lyn  Riana Combrink
Boodskappe: 32
Geregistreer: Junie 1999
Karma: 0
Volle Lid
Moenie NL toe kom vir geld nie!!! Nederlanders werk vir NLG3000 tot NLG5000
(bruto). As jy dus werk kan kry vir NLG6000 is jy "welaf". As jou plan is om
geld te maak, moet jy elders soek... As jy egter WIL NL toe kom, sal ek jou
nie vir een oomblik afraai nie, dis 'n heerlike plek, maar dan moet jy
bereid wees om na 'n paar jaar met weinig geld terug te gaan.

Lewensonkoste hier is ontsettend hoog. NL burgers kry allerlei hulp van die
staat, maar daar is jy as SA'er nie geregtig op nie.

Ek ken nie C++ prog's hier nie, so ek kan ongelukkig nie vir jou 'n bedrag
sê nie... Beding vir jouself ook 'n kar en petrol (dis heel gewoon hier). As
ek dit maar voor die tyd geweet het!!!

Hoop jy kom reg
ooa

Johann W. Fourie schreef in berichtnieuws
39812deb.53415156@natreffw.sasol.com...
> Ek sal graag wil hoor van die mense in Nederland
> wat 'n gemiddelde salaris vir 'n senior C++ programmeur in Nederland
> op die oomblik is.
>
>
> Dankie
> Johann
Re: Gemiddelde Salaris vir IT in NEDERLAND [boodskap #32894 is 'n antwoord op boodskap #32890] Vr, 28 Julie 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
OUT of Africa[1]  is tans af-lyn  OUT of Africa[1]
Boodskappe: 13
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Junior Lid
Piotrij

Ek het nie al die berigte hier by die huis gekry nie, maar in die laaste wat
ek by die werk gelees het, het jy gevra wat ek nou eintlik doen... Ek's in
Netwerke, dus geen programmeur...

Werk jy ook vir die renoster?

mvg
oaa
Re: Gemiddelde Salaris vir IT in NEDERLAND [boodskap #32895 is 'n antwoord op boodskap #32890] Vr, 28 Julie 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Piet van Middelburg  is tans af-lyn  Piet van Middelburg
Boodskappe: 4
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Junior Lid
Zo..zijn onze geheimen wel bij jou veilig?

P van M

Re: Gemiddelde Salaris vir IT in NEDERLAND [boodskap #32896 is 'n antwoord op boodskap #32890] Vr, 28 Julie 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Riana Combrink  is tans af-lyn  Riana Combrink
Boodskappe: 32
Geregistreer: Junie 1999
Karma: 0
Volle Lid
Moet sê, ek kon nog nooit met my bonus 'n kar (okay, 16 jaar oud), 'n
skottelgoedwasser, 'n CD-writer en 'n DVD speler (alles kontant) koop nie,
so jy't in baie opsigte gelyk. In dieselfte maand nog Parys, Londen en
Brussels toe ook (en dit op drie verskillende geleenthede). Tog vind ek die
daaglikse lewenskoste duur.

Groete
ooa

Pijotrij schreef in berichtnieuws 964784366.858921@ns0.klm.nl...
> Hey OOA
>
> Moenie worry nie, ek weet ek is maar net 'n mens en kan foute maak - so ek
> val nie sommer in argumente nie... ;-) Maar van debateer hou ek baie! ;-)
>
>>
>> Waar doen jy inkopies? Met NLG10 000 kan ek beslis nie doen wat ek met R30
>> 000 in SA kan doen nie!!! Van R40 000 tot R50 000 praat ek nie eers nie.
>> Brood kos hier ongeveer R10, Petrol ongeveer R8 per liter, vleis is ongeveer
>> R60 per kilo. Ek sou eerder sê dat jy met NLG10 000 min of meer dieselfte
>> lewensstyl kan hê as met R10 000 per maand...
>>
>
> Jy is heeltemal reg in die dat brood se +- R10 kos ens. Maar dit is net as
> jy die NLG na R wissel met die huidige wisselkoers. Ek ondervind dat die
> pryse hier omtrent op dieselfde vlak is as in SA as jy dit 1 op 1 wissel.
> Dus 2.50NLG vir brood = R2.50 vir brood ens. Hier is egter 'n hele paar
> dinge wat goedkoper is self al wissel jy dit 1 op 1. Bv. Ek koop vir my
> Levi's 501 betaal 119NLG - koop dit in SA en betaal R250 - R300... ens.
>
> Vleis op die ander kant is weer duurder - veral skaap. Ek het gelukkig 'n
> slagter gekry wat vir my so halwe skapie sal verkoop en dit glad nie so duur
> nie! Hy het ook lekker boerewors, Ms Balls ens... ;-)
>
> Ek koop 'n nuwe kar - kos my 20000NLG, koop dieselfde kar in SA en betaal
> R30000-R40000. Of koop een tweedehands vir dieselfde prys (1op1) as die
> nuwe in Holland.
>
> Dus stem ek ongelukkig nie met jou saam dat NLG10000 jou dieselfde lewenstyl
> as R10000 gaan gee nie. Dit gaan 'n baie beter lewenstyl bied in die dat jy
> meer geld aan die einde van die maand sal oorhe om mee te reis en jou eie
> ding doen.
>
> Bv. Ek het 100NLG, hiermee sal ek drie keer verder kom (koopkrag) as wat
> R100 in SA vir my sal gee.
>
>> Het jy nie maar ook (soos ek) gebuk gegaan onder skuld in SA, dat dit hier
>> net voel of jy veel beter kan leef nie?
>
> Nie te erg nie ;-) Ek hou nie van skuld nie en is baie bly dat die kultuur
> hier in die opsig anders is as in SA.
>
>
>>
>>> Huise soos ons dit ken in SA is omtrent none existant en as jy
>>> een kry dan betaal jy dat jy k*k ;-)
>>
>> Stem met jou saam, alhoewel ek in SA in 'n veel kleiner huisie gewoon het.
>>
>
> Volgens my is huise een van die dinge wat wel *goedkoper* in SA is - dis nou
> as mens kyk na die grote. Met 'n hypotheek van 500000-700000 NLG kan ek 'n
> heel aardige huisie in Kaapstad koop ... *sug*.... Maar bygese sal ek nie
> graag daai hoe interest rates en goed wil betaal nie. Nou as ek my
> hypotheek hier kan kry en in SA uitgee, wel dan.... ;-)
>
>> Mens moet nie probeer om die lewe in SA te vergelyk met hier nie, dit
>> verskil in elk geval van mens tot mens...
>
> Jy is reg. Dit is nie vergelykbaar nie, dis 'n ander kultuue, land,
> vasteland.
>
>
> Waar werk jy?
>
> Groetjes
> Pieter
>
Re: Gemiddelde Salaris vir IT in NEDERLAND [boodskap #32897 is 'n antwoord op boodskap #32890] Vr, 28 Julie 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Riana Combrink  is tans af-lyn  Riana Combrink
Boodskappe: 32
Geregistreer: Junie 1999
Karma: 0
Volle Lid
Pieter

Nou's jy damn close!!! Wil nie te veel sê nie, ek geniet die annonimiteit
(enigiemand is welkom om my die woord te leer spel!!!)

ooa

Pijotrij schreef in berichtnieuws
964776009.571667@ns0.klm.nl...
> OOA,
>
> Waar werk jy en via wie? Nie toevalig company genaamd Tshukudu oftewel
> Topsh@pe nie?
>
> Groetjes
> Pieter
Re: Gemiddelde Salaris vir IT in NEDERLAND [boodskap #32898 is 'n antwoord op boodskap #32890] Vr, 28 Julie 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Pijotter  is tans af-lyn  Pijotter
Boodskappe: 107
Geregistreer: Mei 1999
Karma: 0
Senior Lid
LOL - dis nou oor die Tshukudu ding... ek het net so voorgevoel gehad dat
jy by hulle werk - moenie vra hoekom nie...
maar jy het dit nou heeltemal te maklik gemaak deur net so in te gee...
( ;-)

By die Landmacht nogal - waarin werk jy dan?

OUT of Africa wrote in message ...
> Ek werk vir Tshukudu. By Koninklijke Landmacht... Nou weet jy alles.
>
> Nee, nooit geswot nie.
>
> ooa
>
> Pijotrij schreef in berichtnieuws
> 964785342.279020@ns0.klm.nl...
>> Nou maak jy my nuuskierig!!!
>>
>> Moenie... *smeekgesiggie* word na OOA gedraai...
>> Ag toe asb se my se my se my... ;-)
>>
>> Wel as ek close is beteken dit of
>> a) Jy het amper by Tshukudu gewerk
>> b) Jy het daar gewerk en is weg...
>> c) Jy werk daar, maar wil my in die donker hou ;-)
>>
>> give me a hint... waar het jy geswot en wat?
>>
>> Pijotrij
>>
>> OUT of Africa wrote in message ...
>>> Pieter
>>>
>>> Nou's jy damn close!!! Wil nie te veel sê nie, ek geniet die annonimiteit
>>> (enigiemand is welkom om my die woord te leer spel!!!)
>>>
>>> ooa
>>>
>>> Pijotrij schreef in berichtnieuws
>>> 964776009.571667@ns0.klm.nl...
>>>> OOA,
>>>>
>>>> Waar werk jy en via wie? Nie toevalig company genaamd Tshukudu oftewel
>>>> Topsh@pe nie?
>>>>
>>>> Groetjes
>>>> Pieter
>>>
>>
>
Re: Gemiddelde Salaris vir IT in NEDERLAND [boodskap #32899 is 'n antwoord op boodskap #32890] Vr, 28 Julie 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
phatti  is tans af-lyn  phatti
Boodskappe: 10
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Junior Lid
C++ ?
As jy ook Oracle odervinding het sal Enba/Factor-E (www.first-e.com) jou
gryp vir so IRŁ50K - IRŁ60K pa.

Dan moet jy onthou dat Deutche Bank met First-e.com gaan kompeteer. (Ek is
juis besig om geboorte te gee aan Deutche Bank se (FIBRE) netwerk.) Dus gaan
Deutche Bank al die developers uit First-E steel . . .

Dis natuurlik as jy bereid is om Ł1000 - Ł1200 p/m op rent te spandeer . . .

www.cpl.ie as jy geintereseerd is . . .

Johann W. Fourie skryf in boodskap news:39815a9b.64855106@natreffw.sasol.com...
> Dankie vir almal wat rereageer het.
> Dit lyk my dat NL glad nie so goed betaal as UK nie.
> 35K pond p.a. is nie 'n ongewone salaris in London nie,
> terwyl 80K gulde p.a. (ongeveer 23K pond) meer algemeen in NL is.
>
> Al hierdie bedrae klink na baie in SA maar ongelukkig woon mens dan
> nie in SA nie.
>
> groete
> Johann
Re: Gemiddelde Salaris vir IT in NEDERLAND [boodskap #32900 is 'n antwoord op boodskap #32890] Vr, 28 Julie 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Pijotter  is tans af-lyn  Pijotter
Boodskappe: 107
Geregistreer: Mei 1999
Karma: 0
Senior Lid
Hi Elaine

Inderdaad - die gras is nie groener aan die ander kant nie, maar die geld is
beter.

Dis korrek dat SA'er veral in IT gemiddeld meer betaal word - dus nou 1 op
1. Maar 'n persoon wat se 6000 gulde verdien 'n maand het kry presies
dieselfde waarde vir sy geld as iemand wat kontrakteur werk doen in SA teen
R110 'n uur.

As ek my salaris moet omreken na SA'se rand met die wissels koers kry ek 'n
gemiddeld van R30000 'n maand - maar die dinge wat ek met my geld kan doen
is ten minste so R40000 - R50000 werd.

Huise is duur hier veral as jy dit gemeubileerd huur - ek betaal op die
oomblik 2500 per maand vir my ou 3slaapkamer plekkie met klein tuin en het
al self in Amsterdam 3000 per maand betaal vir slegs 'n 2slaapkamer plekkie
met tuin. Huise soos ons dit ken in SA is omtrent none existant en as jy
een kry dan betaal jy dat jy k*k ;-)

Bygese, ek was redelik gehaas toe ek plek soek en jy kan ook maklik 'n
ongemeubileerde plek kry vir 1000 - 1800 'n maand.

Ek is eintlik van plan om 'n huis hier te koop - want die interest rate is
maar ' skrame 5% en jy kry 'n groot hoeveelheid geld terug van belasting -
so dat as ek nou 'n plek koop van 500000 gulde, betaal ek slegs 1500 - 1900
'n maand terug (dis nou met die belasting voordeel bygetel) in die long run
is dit eintlik beter om te koop.

Ons het gisteraand weer met koopavond gaan shop - trollie volgemaak met kos,
badgoed ens en het net so onder die 300 gulde betaal - waar in SA gaan jy 'n
trollie vol goed koop en onder R300 daarvoor betaal?

Anway, sorry ek moes ook maar net my eier le ;-)

Elaine wrote in message ...
> Sien die gras is toe nie so groen aan die anderkant nie. Baie europeers se
> ons maak meer geld hier in Suid Afrika en leef lekkerder as hulle, lyk my
> dis die waarheid.
> Sorry ek moes my eier le
>
> OUT of Africa wrote in message
> news:z5bg5.3200$63.69334@zonnet-reader-1...
>> Moenie NL toe kom vir geld nie!!! Nederlanders werk vir NLG3000 tot NLG5000
>> (bruto). As jy dus werk kan kry vir NLG6000 is jy "welaf". As jou plan is om
>> geld te maak, moet jy elders soek... As jy egter WIL NL toe kom, sal ek jou
>> nie vir een oomblik afraai nie, dis 'n heerlike plek, maar dan moet jy
>> bereid wees om na 'n paar jaar met weinig geld terug te gaan.
>>
>> Lewensonkoste hier is ontsettend hoog. NL burgers kry allerlei hulp van die
>> staat, maar daar is jy as SA'er nie geregtig op nie.
>>
>> Ek ken nie C++ prog's hier nie, so ek kan ongelukkig nie vir jou 'n bedrag
>> sê nie... Beding vir jouself ook 'n kar en petrol (dis heel gewoon hier). As
>> ek dit maar voor die tyd geweet het!!!
>>
>> Hoop jy kom reg
>> ooa
>>
>>
>> Johann W. Fourie schreef in berichtnieuws
>> 39812deb.53415156@natreffw.sasol.com...
>>> Ek sal graag wil hoor van die mense in Nederland
>>> wat 'n gemiddelde salaris vir 'n senior C++ programmeur in Nederland
>>> op die oomblik is.
>>>
>>>
>>> Dankie
>>> Johann
>>
>
Re: Gemiddelde Salaris vir IT in NEDERLAND [boodskap #32901 is 'n antwoord op boodskap #32890] Vr, 28 Julie 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Piet van Middelburg  is tans af-lyn  Piet van Middelburg
Boodskappe: 4
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Junior Lid
Ik werk niet in de IT-sector dus ik vind het moeilijk te zeggen. Maar
kijk op:

intermediair.nl

Dit is het grootste blad voor vacatures en heeft ook een salariskompas.
Andere toegangen naar Nederlandse vacaturebanken via startpagina.nl.

Je zou je vraag ook in dit forum onder Nederland en IT kunnen stellen.

Er is in ieder geval heel veel vraag naar IT-ers en met je Afrikaans
moet je zeer snel Nederlands kunnen spreken. Dat is - denk ik - een
groot voordeel.

Succes!

P van M

Re: Gemiddelde Salaris vir IT in NEDERLAND [boodskap #32902 is 'n antwoord op boodskap #32890] Vr, 28 Julie 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Riana Combrink  is tans af-lyn  Riana Combrink
Boodskappe: 32
Geregistreer: Junie 1999
Karma: 0
Volle Lid
Hoi Pijotrij

Ek wil nie in 'n argument met jou betrokke raak nie, maar ek verskil
heeltemal van jou... Ek het jou berig verkort, hoop nie jy voel dat ek dit
doen om myself te pas nie...

Pijotrij schreef (onder andere)

> Inderdaad - die gras is nie groener aan die ander kant nie, maar die geld is
> beter.

Klink wel beter as jy dit omset na Rand...

> As ek my salaris moet omreken na SA'se rand met die wissels koers kry ek 'n
> gemiddeld van R30000 'n maand - maar die dinge wat ek met my geld kan doen
> is ten minste so R40000 - R50000 werd.

Waar doen jy inkopies? Met NLG10 000 kan ek beslis nie doen wat ek met R30
000 in SA kan doen nie!!! Van R40 000 tot R50 000 praat ek nie eers nie.
Brood kos hier ongeveer R10, Petrol ongeveer R8 per liter, vleis is ongeveer
R60 per kilo. Ek sou eerder sê dat jy met NLG10 000 min of meer dieselfte
lewensstyl kan hê as met R10 000 per maand...

Het jy nie maar ook (soos ek) gebuk gegaan onder skuld in SA, dat dit hier
net voel of jy veel beter kan leef nie?

> Huise soos ons dit ken in SA is omtrent none existant en as jy
> een kry dan betaal jy dat jy k*k ;-)

Stem met jou saam, alhoewel ek in SA in 'n veel kleiner huisie gewoon het.

Mens moet nie probeer om die lewe in SA te vergelyk met hier nie, dit
verskil in elk geval van mens tot mens...

Groete

ooa
Re: Gemiddelde Salaris vir IT in NEDERLAND [boodskap #32903 is 'n antwoord op boodskap #32890] Vr, 28 Julie 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
johann....  is tans af-lyn  johann....
Boodskappe: 4
Geregistreer: September 1999
Karma: 0
Junior Lid
Dankie vir almal wat rereageer het.
Dit lyk my dat NL glad nie so goed betaal as UK nie.
35K pond p.a. is nie 'n ongewone salaris in London nie,
terwyl 80K gulde p.a. (ongeveer 23K pond) meer algemeen in NL is.

Al hierdie bedrae klink na baie in SA maar ongelukkig woon mens dan
nie in SA nie.

groete
Johann
Re: Gemiddelde Salaris vir IT in NEDERLAND [boodskap #32904 is 'n antwoord op boodskap #32903] Vr, 28 Julie 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Riana Combrink  is tans af-lyn  Riana Combrink
Boodskappe: 32
Geregistreer: Junie 1999
Karma: 0
Volle Lid
Ek werk vir Tshukudu. By Koninklijke Landmacht... Nou weet jy alles.

Nee, nooit geswot nie.

ooa

Pijotrij schreef in berichtnieuws
964785342.279020@ns0.klm.nl...
> Nou maak jy my nuuskierig!!!
>
> Moenie... *smeekgesiggie* word na OOA gedraai...
> Ag toe asb se my se my se my... ;-)
>
> Wel as ek close is beteken dit of
> a) Jy het amper by Tshukudu gewerk
> b) Jy het daar gewerk en is weg...
> c) Jy werk daar, maar wil my in die donker hou ;-)
>
> give me a hint... waar het jy geswot en wat?
>
> Pijotrij
>
> OUT of Africa wrote in message ...
>> Pieter
>>
>> Nou's jy damn close!!! Wil nie te veel sê nie, ek geniet die annonimiteit
>> (enigiemand is welkom om my die woord te leer spel!!!)
>>
>> ooa
>>
>> Pijotrij schreef in berichtnieuws
>> 964776009.571667@ns0.klm.nl...
>>> OOA,
>>>
>>> Waar werk jy en via wie? Nie toevalig company genaamd Tshukudu oftewel
>>> Topsh@pe nie?
>>>
>>> Groetjes
>>> Pieter
>>
>
Re: Gemiddelde Salaris vir IT in NEDERLAND [boodskap #32905 is 'n antwoord op boodskap #32903] Vr, 28 Julie 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Pijotter  is tans af-lyn  Pijotter
Boodskappe: 107
Geregistreer: Mei 1999
Karma: 0
Senior Lid
Hey OOA

Moenie worry nie, ek weet ek is maar net 'n mens en kan foute maak - so ek
val nie sommer in argumente nie... ;-) Maar van debateer hou ek baie! ;-)

>
> Waar doen jy inkopies? Met NLG10 000 kan ek beslis nie doen wat ek met R30
> 000 in SA kan doen nie!!! Van R40 000 tot R50 000 praat ek nie eers nie.
> Brood kos hier ongeveer R10, Petrol ongeveer R8 per liter, vleis is ongeveer
> R60 per kilo. Ek sou eerder sê dat jy met NLG10 000 min of meer dieselfte
> lewensstyl kan hê as met R10 000 per maand...
>

Jy is heeltemal reg in die dat brood se +- R10 kos ens. Maar dit is net as
jy die NLG na R wissel met die huidige wisselkoers. Ek ondervind dat die
pryse hier omtrent op dieselfde vlak is as in SA as jy dit 1 op 1 wissel.
Dus 2.50NLG vir brood = R2.50 vir brood ens. Hier is egter 'n hele paar
dinge wat goedkoper is self al wissel jy dit 1 op 1. Bv. Ek koop vir my
Levi's 501 betaal 119NLG - koop dit in SA en betaal R250 - R300... ens.

Vleis op die ander kant is weer duurder - veral skaap. Ek het gelukkig 'n
slagter gekry wat vir my so halwe skapie sal verkoop en dit glad nie so duur
nie! Hy het ook lekker boerewors, Ms Balls ens... ;-)

Ek koop 'n nuwe kar - kos my 20000NLG, koop dieselfde kar in SA en betaal
R30000-R40000. Of koop een tweedehands vir dieselfde prys (1op1) as die
nuwe in Holland.

Dus stem ek ongelukkig nie met jou saam dat NLG10000 jou dieselfde lewenstyl
as R10000 gaan gee nie. Dit gaan 'n baie beter lewenstyl bied in die dat jy
meer geld aan die einde van die maand sal oorhe om mee te reis en jou eie
ding doen.

Bv. Ek het 100NLG, hiermee sal ek drie keer verder kom (koopkrag) as wat
R100 in SA vir my sal gee.

> Het jy nie maar ook (soos ek) gebuk gegaan onder skuld in SA, dat dit hier
> net voel of jy veel beter kan leef nie?

Nie te erg nie ;-) Ek hou nie van skuld nie en is baie bly dat die kultuur
hier in die opsig anders is as in SA.

>
>> Huise soos ons dit ken in SA is omtrent none existant en as jy
>> een kry dan betaal jy dat jy k*k ;-)
>
> Stem met jou saam, alhoewel ek in SA in 'n veel kleiner huisie gewoon het.
>

Volgens my is huise een van die dinge wat wel *goedkoper* in SA is - dis nou
as mens kyk na die grote. Met 'n hypotheek van 500000-700000 NLG kan ek 'n
heel aardige huisie in Kaapstad koop ... *sug*.... Maar bygese sal ek nie
graag daai hoe interest rates en goed wil betaal nie. Nou as ek my
hypotheek hier kan kry en in SA uitgee, wel dan.... ;-)

> Mens moet nie probeer om die lewe in SA te vergelyk met hier nie, dit
> verskil in elk geval van mens tot mens...

Jy is reg. Dit is nie vergelykbaar nie, dis 'n ander kultuue, land,
vasteland.

Waar werk jy?

Groetjes
Pieter
Re: Gemiddelde Salaris vir IT in NEDERLAND [boodskap #32906 is 'n antwoord op boodskap #32903] Vr, 28 Julie 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Pijotter  is tans af-lyn  Pijotter
Boodskappe: 107
Geregistreer: Mei 1999
Karma: 0
Senior Lid
OOA,

Waar werk jy en via wie? Nie toevalig company genaamd Tshukudu oftewel
Topsh@pe nie?

Groetjes
Pieter
OUT of Africa wrote in message ...
> Moenie NL toe kom vir geld nie!!! Nederlanders werk vir NLG3000 tot NLG5000
> (bruto). As jy dus werk kan kry vir NLG6000 is jy "welaf". As jou plan is om
> geld te maak, moet jy elders soek... As jy egter WIL NL toe kom, sal ek jou
> nie vir een oomblik afraai nie, dis 'n heerlike plek, maar dan moet jy
> bereid wees om na 'n paar jaar met weinig geld terug te gaan.
>
> Lewensonkoste hier is ontsettend hoog. NL burgers kry allerlei hulp van die
> staat, maar daar is jy as SA'er nie geregtig op nie.
>
> Ek ken nie C++ prog's hier nie, so ek kan ongelukkig nie vir jou 'n bedrag
> sê nie... Beding vir jouself ook 'n kar en petrol (dis heel gewoon hier). As
> ek dit maar voor die tyd geweet het!!!
>
> Hoop jy kom reg
> ooa
>
>
> Johann W. Fourie schreef in berichtnieuws
> 39812deb.53415156@natreffw.sasol.com...
>> Ek sal graag wil hoor van die mense in Nederland
>> wat 'n gemiddelde salaris vir 'n senior C++ programmeur in Nederland
>> op die oomblik is.
>>
>>
>> Dankie
>> Johann
>
Re: Gemiddelde Salaris vir IT in NEDERLAND [boodskap #32907 is 'n antwoord op boodskap #32903] Vr, 28 Julie 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Sien die gras is toe nie so groen aan die anderkant nie. Baie europeers se
ons maak meer geld hier in Suid Afrika en leef lekkerder as hulle, lyk my
dis die waarheid.
Sorry ek moes my eier le

OUT of Africa skryf in boodskap news:z5bg5.3200$63.69334@zonnet-reader-1...
> Moenie NL toe kom vir geld nie!!! Nederlanders werk vir NLG3000 tot NLG5000
> (bruto). As jy dus werk kan kry vir NLG6000 is jy "welaf". As jou plan is om
> geld te maak, moet jy elders soek... As jy egter WIL NL toe kom, sal ek jou
> nie vir een oomblik afraai nie, dis 'n heerlike plek, maar dan moet jy
> bereid wees om na 'n paar jaar met weinig geld terug te gaan.
>
> Lewensonkoste hier is ontsettend hoog. NL burgers kry allerlei hulp van die
> staat, maar daar is jy as SA'er nie geregtig op nie.
>
> Ek ken nie C++ prog's hier nie, so ek kan ongelukkig nie vir jou 'n bedrag
> sê nie... Beding vir jouself ook 'n kar en petrol (dis heel gewoon hier). As
> ek dit maar voor die tyd geweet het!!!
>
> Hoop jy kom reg
> ooa
>
>
> Johann W. Fourie schreef in berichtnieuws
> 39812deb.53415156@natreffw.sasol.com...
>> Ek sal graag wil hoor van die mense in Nederland
>> wat 'n gemiddelde salaris vir 'n senior C++ programmeur in Nederland
>> op die oomblik is.
>>
>>
>> Dankie
>> Johann
>
Re: Gemiddelde Salaris vir IT in NEDERLAND [boodskap #32908 is 'n antwoord op boodskap #32903] Vr, 28 Julie 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Pijotter  is tans af-lyn  Pijotter
Boodskappe: 107
Geregistreer: Mei 1999
Karma: 0
Senior Lid
Nou maak jy my nuuskierig!!!

Moenie... *smeekgesiggie* word na OOA gedraai...
Ag toe asb se my se my se my... ;-)

Wel as ek close is beteken dit of
a) Jy het amper by Tshukudu gewerk
b) Jy het daar gewerk en is weg...
c) Jy werk daar, maar wil my in die donker hou ;-)

give me a hint... waar het jy geswot en wat?

Pijotrij

OUT of Africa wrote in message ...
> Pieter
>
> Nou's jy damn close!!! Wil nie te veel sê nie, ek geniet die annonimiteit
> (enigiemand is welkom om my die woord te leer spel!!!)
>
> ooa
>
> Pijotrij schreef in berichtnieuws
> 964776009.571667@ns0.klm.nl...
>> OOA,
>>
>> Waar werk jy en via wie? Nie toevalig company genaamd Tshukudu oftewel
>> Topsh@pe nie?
>>
>> Groetjes
>> Pieter
>
Re: Gemiddelde Salaris vir IT in NEDERLAND [boodskap #32919 is 'n antwoord op boodskap #32903] Sa, 29 Julie 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

phatti wrote:

> Dan moet jy onthou dat Deutche Bank met First-e.com gaan kompeteer. (Ek is
> juis besig om geboorte te gee aan Deutche Bank se (FIBRE) netwerk.) Dus gaan
> Deutche Bank al die developers uit First-E steel . . .
>

Ou Phatti, ekskuus asseblief vir hierdie vraag, maar
vir iemand wat vir Deutsche Bank werk, hoekom spel
jy nie hulle naam korrek nie? Eenkeer verkeerd kan
miskien verskoon word as 'n glips, maar tweekeer?

Lorelei
Re: Gemiddelde Salaris vir IT in NEDERLAND [boodskap #32920 is 'n antwoord op boodskap #32903] Sa, 29 Julie 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
phatti  is tans af-lyn  phatti
Boodskappe: 10
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Junior Lid
want ek is dom . . .
(en ek werk nie VIR DEUTCHE bank nie. . .)
skryf in boodskap news:3982F4F3.3B72713D@home.com...
> phatti wrote:
>
>> Dan moet jy onthou dat Deutche Bank met First-e.com gaan kompeteer. (Ek is
>> juis besig om geboorte te gee aan Deutche Bank se (FIBRE) netwerk.) Dus gaan
>> Deutche Bank al die developers uit First-E steel . . .
>>
>
> Ou Phatti, ekskuus asseblief vir hierdie vraag, maar
> vir iemand wat vir Deutsche Bank werk, hoekom spel
> jy nie hulle naam korrek nie? Eenkeer verkeerd kan
> miskien verskoon word as 'n glips, maar tweekeer?
>
> Lorelei
>
Re: Gemiddelde Salaris vir IT in NEDERLAND [boodskap #32921 is 'n antwoord op boodskap #32903] Sa, 29 Julie 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

phatti wrote:

> want ek is dom . . .
> (en ek werk nie VIR DEUTCHE bank nie. . .)

Eina, daar doen jy dit weer. Sit tog die ou
essie in.

Tannie Molly Bloom
Re: Gemiddelde Salaris vir IT in NEDERLAND [boodskap #32968 is 'n antwoord op boodskap #32903] Ma, 31 Julie 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Dries Venter  is tans af-lyn  Dries Venter
Boodskappe: 299
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Ek en vriend Johan glo aan die Coke- en Hamburger-omsettingskoers. Werk so:
Wat betaal jy vir 'n Big Mac en 'n Coke in SA? Wat betaal jy vir dieselfde
ding in ander land. Dit gee 'n beter idee van die werklike omsettingskoers
(in elk geval sover kos aangaan). Hiervolgens het ons byvoorbeeld gevind
dat ons in SA met R4 (1998) soveel kon doen as 'n Brit met 1 pond (dws
omsetting 4:1) i.p.v die ooglopende 10:1 wat die amptelike wisselkoers sê.
So, ja, ons doen eintlik beter in SA as wat ons somtyds dink. Maar dis nog
steeds nie lekker om amper R4/liter vir petrol te betaal nie en jy weet goed
helfte daarvan gaan net so na die staat toe, en Mugabe in Zimbabwe word nog
deur ons gesubsidieer nie.

Groete,
Dries

Pijotrij wrote in message ...
> Hey OOA
>
> Moenie worry nie, ek weet ek is maar net 'n mens en kan foute maak - so ek
> val nie sommer in argumente nie... ;-) Maar van debateer hou ek baie! ;-)
>
>>
>> Waar doen jy inkopies? Met NLG10 000 kan ek beslis nie doen wat ek met R30
>> 000 in SA kan doen nie!!! Van R40 000 tot R50 000 praat ek nie eers nie.
>> Brood kos hier ongeveer R10, Petrol ongeveer R8 per liter, vleis is ongeveer
>> R60 per kilo. Ek sou eerder sê dat jy met NLG10 000 min of meer dieselfte
>> lewensstyl kan hê as met R10 000 per maand...
>>
>
> Jy is heeltemal reg in die dat brood se +- R10 kos ens. Maar dit is net as
> jy die NLG na R wissel met die huidige wisselkoers. Ek ondervind dat die
> pryse hier omtrent op dieselfde vlak is as in SA as jy dit 1 op 1 wissel.
> Dus 2.50NLG vir brood = R2.50 vir brood ens. Hier is egter 'n hele paar
> dinge wat goedkoper is self al wissel jy dit 1 op 1. Bv. Ek koop vir my
> Levi's 501 betaal 119NLG - koop dit in SA en betaal R250 - R300... ens.
>
> Vleis op die ander kant is weer duurder - veral skaap. Ek het gelukkig 'n
> slagter gekry wat vir my so halwe skapie sal verkoop en dit glad nie so duur
> nie! Hy het ook lekker boerewors, Ms Balls ens... ;-)
>
> Ek koop 'n nuwe kar - kos my 20000NLG, koop dieselfde kar in SA en betaal
> R30000-R40000. Of koop een tweedehands vir dieselfde prys (1op1) as die
> nuwe in Holland.
>
> Dus stem ek ongelukkig nie met jou saam dat NLG10000 jou dieselfde lewenstyl
> as R10000 gaan gee nie. Dit gaan 'n baie beter lewenstyl bied in die dat jy
> meer geld aan die einde van die maand sal oorhe om mee te reis en jou eie
> ding doen.
>
> Bv. Ek het 100NLG, hiermee sal ek drie keer verder kom (koopkrag) as wat
> R100 in SA vir my sal gee.
>
>> Het jy nie maar ook (soos ek) gebuk gegaan onder skuld in SA, dat dit hier
>> net voel of jy veel beter kan leef nie?
>
> Nie te erg nie ;-) Ek hou nie van skuld nie en is baie bly dat die kultuur
> hier in die opsig anders is as in SA.
>
>
>>
>>> Huise soos ons dit ken in SA is omtrent none existant en as jy
>>> een kry dan betaal jy dat jy k*k ;-)
>>
>> Stem met jou saam, alhoewel ek in SA in 'n veel kleiner huisie gewoon het.
>>
>
> Volgens my is huise een van die dinge wat wel *goedkoper* in SA is - dis nou
> as mens kyk na die grote. Met 'n hypotheek van 500000-700000 NLG kan ek 'n
> heel aardige huisie in Kaapstad koop ... *sug*.... Maar bygese sal ek nie
> graag daai hoe interest rates en goed wil betaal nie. Nou as ek my
> hypotheek hier kan kry en in SA uitgee, wel dan.... ;-)
>
>> Mens moet nie probeer om die lewe in SA te vergelyk met hier nie, dit
>> verskil in elk geval van mens tot mens...
>
> Jy is reg. Dit is nie vergelykbaar nie, dis 'n ander kultuue, land,
> vasteland.
>
>
> Waar werk jy?
>
> Groetjes
> Pieter
>
Re: Gemiddelde Salaris vir IT in NEDERLAND [boodskap #32991 is 'n antwoord op boodskap #32903] Di, 01 Augustus 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Roald van der Linde  is tans af-lyn  Roald van der Linde
Boodskappe: 2
Geregistreer: Augustus 2000
Karma: 0
Junior Lid
Beste Johann,

Vrij goede informatie over salarissen kun je vinden op www.intermediair.nl.
Je vindt daar (behalve jobs) een salariswijzer, waar je aan de hand van
leeftijd, opleiding en werkervaring een indicatie kunt krijgen van de
salarissen.

(Maar ik zou voor het geld je prachtige land niet verlaten...)

Vriendelijke groet,
Roald

Johann W. Fourie heeft geschreven in bericht
...
> Ek sal graag wil hoor van die mense in Nederland
> wat 'n gemiddelde salaris vir 'n senior C++ programmeur in Nederland
> op die oomblik is.
>
>
> Dankie
> Johann
Re: Gemiddelde Salaris vir IT in NEDERLAND [boodskap #33153 is 'n antwoord op boodskap #32903] Sa, 05 Augustus 2000 00:00 Na vorige boodskap
Harderwijk  is tans af-lyn  Harderwijk
Boodskappe: 1
Geregistreer: Augustus 2000
Karma: 0
Junior Lid
Roald,

Als ik een mooi land wil sien, dan vlieg ek vir 'n vakansie na
Australië of selfs Zuid-Amerika. Daar skyn die son ook somers. En
blykbaar is Europa so mislik koud enz. enz. enz.

O, en in Nederland word ek met respek behandel -- al praat ek gebroke
Nederlands (meer Afrikaans as Nederlands), dis seker te verwagte van 'n
moderne demokrasie.

groeten,
Michiel Erasmus

In article ,
"Roald van der Linde" wrote:
> Beste Johann,
>
> Vrij goede informatie over salarissen kun je vinden op www.intermediair.nl.
> Je vindt daar (behalve jobs) een salariswijzer, waar je aan de hand van
> leeftijd, opleiding en werkervaring een indicatie kunt krijgen van de
> salarissen.
>
> (Maar ik zou voor het geld je prachtige land niet verlaten...)
>
> Vriendelijke groet,
> Roald
>
> Johann W. Fourie heeft geschreven in bericht
> ...
>> Ek sal graag wil hoor van die mense in Nederland
>> wat 'n gemiddelde salaris vir 'n senior C++ programmeur in Nederland
>> op die oomblik is.
>>
>>
>> Dankie
>> Johann
>
>

--

groeten,
Harderwijk
Vorige onderwerp: Re: Selfoon "loop en praat "goeters - Wettig of nie ?
Volgende onderwerp: Selfoon "loop en praat "goeters - Wettig of nie ?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 17:26:20 MGT 2024