Tuis » Ernstig » Geloof & kerksake » 10de's
10de's [boodskap #33127] |
Fri, 04 August 2000 00:00  |
Krokkie
Boodskappe: 478 Geregistreer: July 1999
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ons kerk het verlede Sondag 'n oesfees gehad en almal moes hul sakke skud
vir die betaling van 'n pas voltooide administrasie gebou op die
kerkgronde. Die preek het ook gehandel oor jou 10 de elke maand.
Ek hior graag van julle hoe julle die 10 de saak benader.
Krokkie
|
|
|
|
Re: 10de's [boodskap #33130 is 'n antwoord op boodskap #33127] |
Fri, 04 August 2000 00:00   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Pat wrote:
> So gepraat van die NG kerk, hier volg n Griekwa-Afrikaanse psalm, Psalm 121:
>
> Ek slat my twee oge op
> my kyk vang die verste kop:
> waavanaf sal my hulp nou kom?
> My hulp is van die Jirre, van Hom:
> Hy't nou die jimmel en Prieska gekom maak.
>
Ek wou nog altyd weet: wie het hierdiestuk geskryf? Ek het 'n suspisie dat dit
'n nie-Griekwa was wat hierdie ding
geskryf het. 'n Geleerde Griekwa sou
perfek Afrikaans geskryf het. 'n Griekwa
wat nie baie skool gehad het nie, sou
die taal anders gebesig het. Ek mag
natuurlik verkeerd wees, maar weet
enigiemand waar hierdie geskrif sy oorsprong
het? (M.a.w. waar dit eerste verskyn het?)
Gloudina
|
|
|
Re: 10de's [boodskap #33158 is 'n antwoord op boodskap #33127] |
Sat, 05 August 2000 00:00   |
HW Gird
Boodskappe: 49 Geregistreer: October 1999
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
Ek ervaar dit nie so nie
Ek dink die kinderlike opregtheid van die "eenvoudige" mens gryp jou aan en
jy wens om ook so sonder fieterjasies te kan wees
Harry
@home.com wrote in message ...
> Pat wrote:
>
>> Jy's heeltemaal reg Gloudina. Dit is geskryf deur Prof. Hans du Plessis, en
>> kom
>> uit sy boek "Gewete van Glas". Hulle noem dit "voorbeelde van
>> Griekwa-Afrikaans" , en
>> hy het ses Griekwapsalms in die bundel. Psalm 23 is ook aan my gestuur, ek
>> kan
>> dit pos as iemand daarvan hou. Ek wonder of dit grens aan rassisme, m.a.w.
>> verkleineer mens die Griekwas se taalvermoee met so iets?
>>
>> Pat
>>
>
> Wel, as ek 'n Griekwa was (met 'n universiteitsgraad
> en dies meer) sou my hart ook krimp elke keer as ek
> so-iets hoor, net soos my hart elke keer gekrimp het
> as ek hoor hoe die mense spot met Namakwalanders
> se manier van praat. My pa was in Namakwaland
> gebore, en het sy jeug daar deurgebring. Hy het nooit
> "soos Namakwalanders" gepraat nie. Ek wonder
> hoekom het Professor Hans du Plessis sy boek
> "Gewete van Glas" genoem? Waaroor gaan die boek?
> Die Griekwapsalms is in die afgelope tyd, veral op
> die Internet, herwaarts en derwaarts gestuur. Ons is
> dit al van meer as 'n halfdosyn kante aangestuur. Ek
> weet nie hoekom ek geen entoesiasme daarvoor kan
> oproep nie. Wanneer Adam Small Kleurling-Afrikaans
> gebruik, vind ek dit aanneemlik (miskien omdat Small
> dit meestal ironies gebruik) Maar hierdie Griekwa-
> psalms klink vir my tog 'n poging om te verklaar: hulle
> is anders as ons, ons is nie dieselfde nie.
>
> Gloudina
>
|
|
|
|
Re: 10de's [boodskap #33160 is 'n antwoord op boodskap #33127] |
Sat, 05 August 2000 00:00   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Pat wrote:
> Jy's heeltemaal reg Gloudina. Dit is geskryf deur Prof. Hans du Plessis, en
> kom
> uit sy boek "Gewete van Glas". Hulle noem dit "voorbeelde van
> Griekwa-Afrikaans" , en
> hy het ses Griekwapsalms in die bundel. Psalm 23 is ook aan my gestuur, ek
> kan
> dit pos as iemand daarvan hou. Ek wonder of dit grens aan rassisme, m.a.w.
> verkleineer mens die Griekwas se taalvermoee met so iets?
>
> Pat
>
Wel, as ek 'n Griekwa was (met 'n universiteitsgraad
en dies meer) sou my hart ook krimp elke keer as ek
so-iets hoor, net soos my hart elke keer gekrimp het
as ek hoor hoe die mense spot met Namakwalanders
se manier van praat. My pa was in Namakwaland
gebore, en het sy jeug daar deurgebring. Hy het nooit
"soos Namakwalanders" gepraat nie. Ek wonder
hoekom het Professor Hans du Plessis sy boek
"Gewete van Glas" genoem? Waaroor gaan die boek?
Die Griekwapsalms is in die afgelope tyd, veral op
die Internet, herwaarts en derwaarts gestuur. Ons is
dit al van meer as 'n halfdosyn kante aangestuur. Ek
weet nie hoekom ek geen entoesiasme daarvoor kan
oproep nie. Wanneer Adam Small Kleurling-Afrikaans
gebruik, vind ek dit aanneemlik (miskien omdat Small
dit meestal ironies gebruik) Maar hierdie Griekwa-
psalms klink vir my tog 'n poging om te verklaar: hulle
is anders as ons, ons is nie dieselfde nie.
Gloudina
|
|
|
Re: 10de's [boodskap #33161 is 'n antwoord op boodskap #33127] |
Sat, 05 August 2000 00:00   |
HW Gird
Boodskappe: 49 Geregistreer: October 1999
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
Dis so opreg uitgedruk dat daar nie sprake van verkleinering is nie
Pos asseblief
Harry
Pat wrote in message ...
> Jy's heeltemaal reg Gloudina. Dit is geskryf deur Prof. Hans du Plessis, en
> kom
> uit sy boek "Gewete van Glas". Hulle noem dit "voorbeelde van
> Griekwa-Afrikaans" , en
> hy het ses Griekwapsalms in die bundel. Psalm 23 is ook aan my gestuur, ek
> kan
> dit pos as iemand daarvan hou. Ek wonder of dit grens aan rassisme, m.a.w.
> verkleineer mens die Griekwas se taalvermoee met so iets?
>
> Pat
>
>
> skryf in boodskap news:398B4CA3.A7141AD3@home.com...
>> Pat wrote:
>>
>>> So gepraat van die NG kerk, hier volg n Griekwa-Afrikaanse psalm, Psalm 121:
>>>
>>> Ek slat my twee oge op
>>> my kyk vang die verste kop:
>>> waavanaf sal my hulp nou kom?
>>> My hulp is van die Jirre, van Hom:
>>> Hy't nou die jimmel en Prieska gekom maak.
>>>
>>
>> Ek wou nog altyd weet: wie het hierdiestuk geskryf? Ek het 'n suspisie dat dit
>> 'n nie-Griekwa was wat hierdie ding
>> geskryf het. 'n Geleerde Griekwa sou
>> perfek Afrikaans geskryf het. 'n Griekwa
>> wat nie baie skool gehad het nie, sou
>> die taal anders gebesig het. Ek mag
>> natuurlik verkeerd wees, maar weet
>> enigiemand waar hierdie geskrif sy oorsprong
>> het? (M.a.w. waar dit eerste verskyn het?)
>>
>> Gloudina
>>
>
|
|
|
|
Re: 10de's [boodskap #33163 is 'n antwoord op boodskap #33127] |
Sat, 05 August 2000 00:00   |
HW Gird
Boodskappe: 49 Geregistreer: October 1999
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
Baie mooi!
Harry
Pat wrote in message ...
> So gepraat van die NG kerk, hier volg n Griekwa-Afrikaanse psalm, Psalm 121:
>
> Ek slat my twee oge op
> my kyk vang die verste kop:
> waavanaf sal my hulp nou kom?
> My hulp is van die Jirre, van Hom:
> Hy't nou die jimmel en Prieska gekom maak.
>
> Sonner lat jou voete klipperse raak,
> is Hy skoene agterrie skaap.
>
> Hy dink nooit eers ook slaap
> Sontyd is Hy hoed op jou kop,
> innie nag hou Hy gevaarlikheid dop.
>
> Hy's mos nou da om jou op te pas:
> jou siel hou Hy tissen jou ribbes vas.
>
> Gan jy nou in of gan jy nou yt:
> Hy's oor jou vi altyd.
>
>
> Pat
> Krokkie wrote in message
> news:398a772a$0$229@hades.is.co.za...
>> Ek's in die NG kerk.
>>
>> My probleem het baie te doen met die aanwending van die fondse. Sondahg het
>> hulle voor die diens vir ons die state gewys en gese hulle wil die nuwe
>> kantoorblok van R1.5 miljoen kontant betaal. So ons moet hoes. Die kerk is
>> redelik groot so ek dink nou 8000 lidmate. Hulle redeneer(dis nou waar seker
>> nie moet stry nie) dat jy jou 10de van jou inkomste net so moet gee, maar
>> is dit nou voor belasting of daarna?. Verder wys hulle op hul begroting dat
>> hulle die vorige jaar R4 miljoen aan uitreik aksies spandeer het. Dit is
>> nou wanneer in baie gevalle klomp lidmate op "vakansie gaan" oorsee ens op
>> die kerk se onkoste om sekere geestelike werk te verrig. Alles goed en wel,
>> maar moet die kerk nie eers in sy eie gemeente alle "lyding en nood" verlig
>> nie? Ek voel immers so. 'n Vriend van my se hy gee sy bydrae vir behoeftige
>> familielede. Is dit reg ? of kan net die kerk self besluit oor die
>> aanwending van sy fondse. ?
>>
>> Krokkie
>>
>>
>> Elaine wrote in message ...
>>> Sê my eers in watter kerk jy is, dan sal ek my mening uitspreek. Ons kerk
>>> (gereformeerd) laat ons 'n "belofte" teken dat ons elke maand x bedrag sal
>>> betaal. Ek dink dis belaglik, want as jy nou een maand nie kan betaal nie,
>>> het jy 'n belofte gebreek, en die bybel spreek hom sterk teen die maak van
>>> beloftes uit. As jy nie weet of jy dit sal kan nakom nie, moet dit nie maak
>>> nie. Maar die kerk se redenasie is dat as jy jou geldjie gee die Here na
>>> jou sal omsien, want jy't mos jou deel gebring? Hulle manier van redeneer
>>> "boggle my mind" maar dis seker nou nie my plek om iets te se nie.
>>>
>>> Elaine
>>>
>>> Krokkie wrote in message
>>> news:398a4e03$0$233@hades.is.co.za...
>>>> Ons kerk het verlede Sondag 'n oesfees gehad en almal moes hul sakke skud
>>>> vir die betaling van 'n pas voltooide administrasie gebou op die
>>>> kerkgronde. Die preek het ook gehandel oor jou 10 de elke maand.
>>>>
>>>> Ek hior graag van julle hoe julle die 10 de saak benader.
>>>>
>>>> Krokkie
>>>>
>>>
>>
>
|
|
|
|
Re: 10de's [boodskap #33230 is 'n antwoord op boodskap #33127] |
Mon, 07 August 2000 00:00  |
Krokkie
Boodskappe: 478 Geregistreer: July 1999
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Elaine het een van julle pastore / dominies nie laas jaar in 'n motor
ongeluk vroeg oggend in PTA verongeluk nie ?
Krokkie
Elaine wrote in message ...
> Nee ek stem saam met jou, ek dink die hele gemeente moet besluit wat met die
> geld gedoen moet word. Ons kerk is maar 200 mense sterk en het baie skuld,
> maar ek moet se die geld word eerste aan die behoeftiges in die gemeente
> gegee en daarna aan kinderhuise (Abraham Kriel) en daarna vir kweekskole en
> evangelisasie. Dit gaan maar knap, maar die bybel se ons moet ons deel vir
> die kerk gee (onthou die storie van die weduwee wat haar laaste paar sent
> vir die kerk gegee het), so ek dink die ou wat die geld aan behoeftiges gee
> en nie ook aan die kerk nie, is dalk verkeerd, maar dan aan die anderkant
> moet die kerk daai fondse korrek aanwend en nie die geld gebruik om op
> vakansie te gaan nie. As hulle die geld nie reg gebruik om behoeftiges in
> die gemeente te help nie, kan ek dalk jou vriend se standpunt verstaan.
> Kerke is nie meer wat dit was nie, dit lyk of die hele spul nou net 'n
> geldmaak besigheid wil bedryf
>
> Elaine
>
> Krokkie wrote in message
> news:398a772a$0$229@hades.is.co.za...
>> Ek's in die NG kerk.
>>
>> My probleem het baie te doen met die aanwending van die fondse. Sondahg het
>> hulle voor die diens vir ons die state gewys en gese hulle wil die nuwe
>> kantoorblok van R1.5 miljoen kontant betaal. So ons moet hoes. Die kerk is
>> redelik groot so ek dink nou 8000 lidmate. Hulle redeneer(dis nou waar seker
>> nie moet stry nie) dat jy jou 10de van jou inkomste net so moet gee, maar
>> is dit nou voor belasting of daarna?. Verder wys hulle op hul begroting dat
>> hulle die vorige jaar R4 miljoen aan uitreik aksies spandeer het. Dit is
>> nou wanneer in baie gevalle klomp lidmate op "vakansie gaan" oorsee ens op
>> die kerk se onkoste om sekere geestelike werk te verrig. Alles goed en wel,
>> maar moet die kerk nie eers in sy eie gemeente alle "lyding en nood" verlig
>> nie? Ek voel immers so. 'n Vriend van my se hy gee sy bydrae vir behoeftige
>> familielede. Is dit reg ? of kan net die kerk self besluit oor die
>> aanwending van sy fondse. ?
>>
>> Krokkie
>>
>
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Thu Mar 06 22:47:03 UTC 2025
|