Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Elegie" deur HENNING PIETERSE
"Elegie" deur HENNING PIETERSE [boodskap #33048] Wo, 02 Augustus 2000 00:00
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

ELEGIE
Henning Pieterse

Die bougainvillaea bloei 'n vrolike rooi,
het jy die dag gesê voor jy weg is.
Ook: ek verstaan jou nie. Verstaan jou nie.

Langsaan het spreeus
die pruimboom kaal gesteel.
Hulle het soos ek dit nie verstaan nie.

Die formasies van voëls in die rooi middae
kon ek natrek
en die niks bewonder.

Tussendeur het jy laat weet van bloed
wat opdroog. Droë blomme
kon ek nooit begryp nie.

Op 'n dag vat die jakaranda
blou vlam by die venster
sonder dat hy dit verstaan.

Toe was die bougainvillaea uitgebloei.
Sy hang, sonder om te verstaan,
tussen spreeus in die jakaranda.
Vorige onderwerp: "Stillewe met tee om 'n tafel" deur FERDI GREYLING
Volgende onderwerp: "Sondag van 'n kind" deur D.J. OPPERMAN
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 01 23:57:47 MGT 2024