Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Blatjang met ansjovis !?
Blatjang met ansjovis !? [boodskap #33012] Wo, 02 Augustus 2000 00:00
Dries Venter  is tans af-lyn  Dries Venter
Boodskappe: 299
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Die woord blatjang kry ons van 'n Maleise woord (blachang) en húlle maak
blatjang o.a. met vis wat 'n ruk lank is seesand begrawe is, toegedraai met
palm of piesangblare. Die lot word gelos totdat die vis afgevrot het van die
skubbe en grate, en so 'n jellierige pasta maak. Dis dalk waar Mrs balls se
idee van die ansjovis inkom? Die normale Mrs Balls, en inteendeel 99% van
al die SA blatjangs word net van vrugte en speserye gemaak. Ek het wel al
gesien dat sekere Worcestersouse (Byv Lea & Perrins) ansjovis in het - gee
blykbaar daardie souterige byt aan die sous.

Ek moet sê SAD (aka Safari) maak ook darem 'n dêm lekker blatjang.

Groete,
Dries

"Out of Africa" skryf in boodskap news:sUUh5.4571$63.103502@zonnet-reader-1...
> Gloudina, ek het 'n nuwe PC gekry, en jou nog nie weer geblok nie... vandaar
> dat ek vandag weer al die @home's ook te sien kry.
>
> Watse chutney het jy gekoop dolla? Ek het nog nooit ansjovis in chutney
> gesien of daarvan gehoor nie!!! Jou vegetariese man kan dus maar smul aan
> onse lekkerny. (Is heerlik saam met kaas of piesang op 'n broodjie)
>
> As jy seker gemaak het dat dit wel ansjovis is, hoor ek graag van jou watse
> geur chutney dit is...
>
> schreef in berichtnieuws 3986C23A.2201E162@home.com...
>> Mrs Balls
>>
>> Dit verbaas my altyd - hierdie kult van Mrs Ball's se
>> blatjang. Ek het nie met Mrs. Balls grootgeword nie,
>> en in die ag jaar wat ek in Natal by twee verskillende
>> plekke gewerk het, was Mrs. Balls ook nie op my
>> horison nie. (Dit mag miskien op tafels in restourante
>> in Durban gestaan het, waar ek dit onbewus gebruik
>> het, gee ek toe.) Maar dis eers toe ek hier in Kanada
>> aankom, toe vind ek nou Mrs. Balls is deel van die
>> lysie van dinge wat mense na SA verlang. Ons kry
>> nou die dag hier naby ons 'n bottel Mrs. Balls, (en
>> ook Ceres vrugtesap. Daar moet dus 'n SA konneksie
>> wees; sal moet vra.) Nogal met die Afrikaans "Sterk
>> Blatjang" daarop. Ek koop dit toe, net om uit te vind
>> dat die anchovy in het, en my vegetarier-man weier
>> om dit te gebruik. Is anchovy (wat is die Afrikaans?)
>> altyd deel van Mrs. Balls? Ek vind hierdie bottel
>> nie vreeslik aantreklik nie. Dis vreeslik soet. Dit
>> proe of dit meer suiker in het as vrugte. Ek dink ek
>> het gewoond geword aan die Engelse en Indiese
>> blatjangs wat ons hier kan kry.
>>
>> Gloudina
>>
>
Vorige onderwerp: Hindoes en racisme
Volgende onderwerp: Re: "Elegie" deur HENNING PIETERSE
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 01 16:04:51 MGT 2024