Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Alles in tru rat
Alles in tru rat [boodskap #32779] Wo, 26 Julie 2000 00:00 na volgende boodskap
Reenen van Niekerk  is tans af-lyn  Reenen van Niekerk
Boodskappe: 445
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ek lees vandag in die koerant oor die agterstand van duisende sake in ons
howe en dat dit jare sal neem om die agterstand uit te wis. Maar intussen
kom die nuwe sake ook elke dag by. In die selfde asem word die aanklaers ook
nie behoorlik oortyd betaal nie. Die minister praat en kla maar kom nie met
planne voor n dag nie.

Dan lees ek ook dat die polisie se oortyd ingekort gaan word veral die
speurders se oortyd. Volgens die berig mag n speurder nie meer as 10 uur
oortyd in n week werk nie.Hulle bring glo die wet in omdat die speurders
80% van die oortyd eise insit. Nou hoe moet n speurder nou sy werk doen.Ek
vat dit toe ek nog in die mag was en n speurder was het ek meeste van my
werk na gewone kantoor ure gedoen want deur die dag hardloop jy rond tussen
die howe, lykshuise ens. Na ure kan jy jou klaers en getuies spreek en laat
nag jou verdagtes soek.Ek was n paar maande terug by my ou kantoor en toe
dra die speurders tot 140 dosiere per man. Dit is onmootlik dat een man
behoorlik aan soeveel sake kan gee. Dit raak net erger want soos die manne
bedank word hulle nie vervang nie.

Dan se hulle dat oor die 40% van ons polisiemanne is ongeletterd. Nou wil ek
weet wat beteken so n man vir die mag. Vir wat gebruik jy hom.

Petrol gaan AL WEER OP.

ENS
ENS .........

Reenen van Niekerk
Re: Alles in tru rat [boodskap #32812 is 'n antwoord op boodskap #32779] Do, 27 Julie 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Reenen van Niekerk  is tans af-lyn  Reenen van Niekerk
Boodskappe: 445
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ek is darem bly dat daar een persoon in Suid Afrika is wat tevrede is met
wat hier aangaan. Jy kla seker glad nie oor die petrol prys nie. Jy is
tevrede as jy n saak rapporteer en n speuder 3 dae later by jou aankom omdat
daar nie vervoer is nie of die arme man oorwerk is . En jy is tevrede as
iemand aangekla word dat die saak 3 na 4 jaar loop en jy 12 keer hof toe
moet gaan.

Terloops ek sien dat die nuwe eenheid "skerpioene" se hoofde ondersoek word
vir bedrog.Die eenheid is n ruk terug gestig en hulle word reeds ondersoek.

Ag jammer ek kla al weer ,dit is mos nie jou belasting geld wat gemors word
nie.

Reenen van Niekerk

Ferdi Greyling skryf in boodskap news:397ffbb9.4536450@news.is.co.za...
> On Wed, 26 Jul 2000 21:16:14 +0200, "Reenen van Niekerk"
> wrote:
>
> >
>> ENS
>> ENS .........
>
> Reenen moan al weer......
>
Re: Alles in tru rat [boodskap #32813 is 'n antwoord op boodskap #32779] Do, 27 Julie 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 26 Jul 2000 21:16:14 +0200, "Reenen van Niekerk"
wrote:

[/color]
> ENS
> ENS .........

Reenen moan al weer......
Re: Alles in tru rat [boodskap #32909 is 'n antwoord op boodskap #32779] Vr, 28 Julie 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Saix  is tans af-lyn  Saix
Boodskappe: 119
Geregistreer: April 1999
Karma: 0
Senior Lid
Dit is die rede hoekom ek vir Ferdi gesê het " Niemand is so blind soos die
een wat nie WIL sien nie"

Ek dink ek wil ook by die Beeld aansoek doen vir werk, dit wil vir my
voorkom of hulle moerse salarisse betaal want duidelik het Ferdi geen
probleem met die pryse van vandag se goed nie

"Reenen van Niekerk" skryf in boodskap news:398074b0.0@news1.mweb.co.za...
> Ek is darem bly dat daar een persoon in Suid Afrika is wat tevrede is met
> wat hier aangaan. Jy kla seker glad nie oor die petrol prys nie. Jy is
> tevrede as jy n saak rapporteer en n speuder 3 dae later by jou aankom omdat
> daar nie vervoer is nie of die arme man oorwerk is . En jy is tevrede as
> iemand aangekla word dat die saak 3 na 4 jaar loop en jy 12 keer hof toe
> moet gaan.
>
> Terloops ek sien dat die nuwe eenheid "skerpioene" se hoofde ondersoek word
> vir bedrog.Die eenheid is n ruk terug gestig en hulle word reeds ondersoek.
>
> Ag jammer ek kla al weer ,dit is mos nie jou belasting geld wat gemors word
> nie.
>
> Reenen van Niekerk
>
> Ferdi Greyling wrote in message
> news:397ffbb9.4536450@news.is.co.za...
>> On Wed, 26 Jul 2000 21:16:14 +0200, "Reenen van Niekerk"
>> wrote:
>>
>> >>
>>> ENS
>>> ENS .........
>>
>> Reenen moan al weer......
>>
>
Re: Alles in tru rat [boodskap #32910 is 'n antwoord op boodskap #32779] Vr, 28 Julie 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Reenen van Niekerk  is tans af-lyn  Reenen van Niekerk
Boodskappe: 445
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Senior Lid
Maar dit is juis die arm mense wat meer en meer sukel. Die arme man wat na n
staatshospitaal moet gaan. God dank ek het darem n mediese fonds. Dit is die
man wat nie n mediese fonds het wat na n staatshospitaal moet gaan .In
vandag se Burger is daar n berig dat die Staatshopitale sekere middel
spaarsamig moet gebruik. En dit is die publiek wat daar onder lei.

Dit help nie ons maak ons oe toe nie , dit laat my dink aan die drie
bobbejane, hoor niks,sien niks, se niks

Die belangrikste departemente in die staat waarsonder die land nie behoorlik
kan fuksioneer nie , naamlik Polisie, Justiesie, Onderwys, Gesondheid word
al meer afgeskeep.

Die Staat se hulle gebruik die geld om huise te bou. Daar word huise gebou
maar nie wat die staat belowe het nie en die wat gebou word is so sleg dat
helfte inmekaar val. Erens verdwyn die geld.

Maar nou sal Gloudina daar in die perfekte Kanada weer al die skuld op die
apartheidsvarke se skouers plaas want dit is ons skuld.En dan is daar n paar
van ons hier wat se alles is reg en niks is verkeerd nie want hulle dink die
son skyn uit die staat se gat.

Reenen van Niekerk.

Riaan skryf in boodskap news:8lrchq$18qq$1@nnrp01.ops.uunet.co.za...
> Dit is die rede hoekom ek vir Ferdi gesê het " Niemand is so blind soos die
> een wat nie WIL sien nie"
>
> Ek dink ek wil ook by die Beeld aansoek doen vir werk, dit wil vir my
> voorkom of hulle moerse salarisse betaal want duidelik het Ferdi geen
> probleem met die pryse van vandag se goed nie
>
> "Reenen van Niekerk" wrote in message
> news:398074b0.0@news1.mweb.co.za...
>> Ek is darem bly dat daar een persoon in Suid Afrika is wat tevrede is met
>> wat hier aangaan. Jy kla seker glad nie oor die petrol prys nie. Jy is
>> tevrede as jy n saak rapporteer en n speuder 3 dae later by jou aankom
> omdat
>> daar nie vervoer is nie of die arme man oorwerk is . En jy is tevrede as
>> iemand aangekla word dat die saak 3 na 4 jaar loop en jy 12 keer hof toe
>> moet gaan.
>>
>> Terloops ek sien dat die nuwe eenheid "skerpioene" se hoofde ondersoek
> word
>> vir bedrog.Die eenheid is n ruk terug gestig en hulle word reeds
> ondersoek.
>>
>> Ag jammer ek kla al weer ,dit is mos nie jou belasting geld wat gemors
> word
>> nie.
>>
>> Reenen van Niekerk
>>
>> Ferdi Greyling wrote in message
>> news:397ffbb9.4536450@news.is.co.za...
>>> On Wed, 26 Jul 2000 21:16:14 +0200, "Reenen van Niekerk"
>>> wrote:
>>>
>>> >>>
>>>> ENS
>>>> ENS .........
>>>
>>> Reenen moan al weer......
>>>
>>
>
Re: Alles in tru rat [boodskap #32943 is 'n antwoord op boodskap #32779] So, 30 Julie 2000 00:00 Na vorige boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 28 Jul 2000 10:19:17 +0200, "Reenen van Niekerk"
wrote:

staatshospitaal moet gaan. >>[/color]

...was voor 1990 daar uit gegooi as hy swart was.

vandag se Burger is daar n berig dat die Staatshopitale sekere middel[/color]
> spaarsamig moet gebruik. En dit is die publiek wat daar onder lei.
>
> Dit help nie ons maak ons oe toe nie , dit laat my dink aan die drie
> bobbejane, hoor niks,sien niks, se niks>>

En die bobbejaan wat net die miershoop sien en nie die veld om die
miershoop nie?
Hoe stupid is hy?

kan fuksioneer nie , naamlik Polisie, Justiesie, Onderwys, Gesondheid word[/color]
> al meer afgeskeep.>>

....om jou belasting te besnoei en inflasie te verlaag.
Behalwe as jy natuurlik 'n sosialis is wat glo dat die staat moes
belas en die privatisering dadelik staak.

Is jy?

maar nie wat die staat belowe het nie en die wat gebou word is so sleg dat[/color]
> helfte inmekaar val. Erens verdwyn die geld.>>

Die staat se dit nie.
Die staat se hy besnoei sy uitgawes.
Oral.
Dit beteken kleiner begrotings vir alle departemente.
Hoekom?
Omdat ons uit die wit sosialistiese stelsel van die NP beweeg is 'n
demokratiese vryemarkstelsel.

Ek sou geraai het dit sou gewees het wat jy sou vereis het so 10 jaar
gelede.
Is ek verkeerd?
Is jy 'n sosialis?
Kommunis?

As jy is verstaan ek jou probleme met die oorskakeling na die
markstelsel weg van "die staat sal voorsien, relax".
Re: Alles in tru rat [boodskap #32944 is 'n antwoord op boodskap #32779] So, 30 Julie 2000 00:00 Na vorige boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 27 Jul 2000 19:52:34 +0200, "Reenen van Niekerk"
wrote:

wat hier aangaan. Jy kla seker glad nie oor die petrol prys nie. Jy is[/color]
> tevrede as jy n saak rapporteer en n speuder 3 dae later by jou aankom omdat
> daar nie vervoer is nie of die arme man oorwerk is . En jy is tevrede as
> iemand aangekla word dat die saak 3 na 4 jaar loop en jy 12 keer hof toe
> moet gaan.>>

Ek is ook bekommerd oor probleme.
Maar ek is baie, baie bly oor die positiewe dinge - wat meer is as die
negatiewes.

So gou vergeet ons van bomme in Wimpy's, diens op die grens, vriende
dood en Dion se rakke leeg soos die sanksies byt en die land
binnelands aan die stoom opbou vir 'n ontploffing en al daai dinge.

Laat ek dit so antwoord: As ek in die spieel kyk, sien ek baie wat kan
verbeter. Maar na 'n rukkie smile ek want ek leef, ek loop, ek eet en
speel muurbal ek jog.......

Ens.
Re: Alles in tru rat [boodskap #32945 is 'n antwoord op boodskap #32779] So, 30 Julie 2000 00:00 Na vorige boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 28 Jul 2000 09:28:44 +0200, "Riaan" wrote:

>[/color]

Inderdaad.
Kyk om jou rond en sien.

voorkom of hulle moerse salarisse betaal want duidelik het Ferdi geen[/color]
> probleem met die pryse van vandag se goed nie>>

Nie so baie probleme as wat ek teen die einde van PW se bewind gehad
het toe ons in 'n stadium ophou melk moes koop en poeiermelk gebruik
omdat dit goedkoper was en die verskil gemaak het.

Hake was toe ook goedkoop in sulke plat formate.
Baie vis geet toe. Dit was goedkoper as hoender. Vleis was totaal
buite die kwessie.

Natuurlik het ek 'n probleem met hoe pryse maar daar is die
alternatief.
En natuurlik is die petrolprys se wortel in die Midde-Ooste en nie in
SA nie.
Dit maak nie vir my sin om kwaad vir SA te raak omdat die Arabiere
produksie sny nie.
Vorige onderwerp: Re: Suid Afrika vs Botswana
Volgende onderwerp: Gesoek: Briljante Webblad-ontwerper
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 29 07:42:39 MGT 2024