Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Skuus (skies?)
Skuus (skies?) [boodskap #3257] Do, 18 Desember 2003 18:50 na volgende boodskap
DD  is tans af-lyn  DD
Boodskappe: 1166
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Askies dat ek so stil is, maar ek het sowat 35 meter teëls
om te doen. En 'n hele huis om te verf.
En ek wel het 'n kontrakteur wat die teëls lê, maar dit
verhoed nie dat ek in die aande verf van my lyf moet
afwas nie. Weet julle hoe heerlik is dit om plafonne te verf?

DD
Re: Skuus (skies?) [boodskap #3258 is 'n antwoord op boodskap #3257] Do, 18 Desember 2003 20:54 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sterrenkijker  is tans af-lyn  Sterrenkijker
Boodskappe: 654
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 18 Dec 2003 20:50:42 +0200, DD wrote:
> Weet julle hoe heerlik is dit om plafonne te verf?
>
> DD
>

Ja! Ek weet! Net daarom lewe ek nou soos 'n kluisenaar in 'n hol!

Norbert (uit Vlaandere)
Re: Skuus (skies?) [boodskap #3262 is 'n antwoord op boodskap #3257] Do, 18 Desember 2003 23:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinda  is tans af-lyn  Lorinda
Boodskappe: 557
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"DD" skryf in boodskap news:2et3uv87hqd09r0dj0l6lslii86ii6dice@4ax.com...
> Weet julle hoe heerlik is dit om plafonne te verf?
>
> DD
>

Ons gaan nie daarvoor val nie DD. Verf jou eie plafonne :-)

Lorinda
Re: Skuus (skies?) [boodskap #3277 is 'n antwoord op boodskap #3257] Vr, 19 Desember 2003 20:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DD  is tans af-lyn  DD
Boodskappe: 1166
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 18 Dec 2003 23:46:13 -0000, "Lorinda" wrote:
>
> "DD" wrote in message
> news:2et3uv87hqd09r0dj0l6lslii86ii6dice@4ax.com...
>>
> Weet julle hoe heerlik is dit om plafonne te verf?
>>
>> DD
>>
>
> Ons gaan nie daarvoor val nie DD. Verf jou eie plafonne :-)
>
> Lorinda
>

'kay okay, Lorinda. Ek het al weer aan 'n ander plan begin werk om jou
hier te kry:-)

DD
Re: Skuus (skies?) [boodskap #3283 is 'n antwoord op boodskap #3277] Sa, 20 Desember 2003 08:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinda[2]  is tans af-lyn  Lorinda[2]
Boodskappe: 531
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Senior Lid
DD skryf in boodskap news:...
>
> 'kay okay, Lorinda. Ek het al weer aan 'n ander plan begin werk om jou
> hier te kry:-)
>
> DD

Hoe gaan dit met die verfery, is die einde darem in sig of gaan jy
Kersfees op 'n leer deurbring terwyl die ander die poeding eet? Hoekom
doen jy al hierdie werk as die huis in elk geval verkoop is?

Lorinda
Re: Skuus (skies?) [boodskap #3294 is 'n antwoord op boodskap #3283] Sa, 20 Desember 2003 15:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DD  is tans af-lyn  DD
Boodskappe: 1166
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On 20 Dec 2003 00:56:25 -0800, lor...@freint.fsnet.co.uk (Lorinda) wrote:
> DD skryf in boodskap news:...
>>
>> 'kay okay, Lorinda. Ek het al weer aan 'n ander plan begin werk om jou
>> hier te kry:-)
>>
>> DD
>
> Hoe gaan dit met die verfery, is die einde darem in sig of gaan jy
> Kersfees op 'n leer deurbring terwyl die ander die poeding eet? Hoekom
> doen jy al hierdie werk as die huis in elk geval verkoop is?
>
> Lorinda

Vir 'n oomblik is die verfery gestaak, Lorinda,
totdat die kontrakteur met die teëlwerk klaar is.
Dit beteken nie dat ek nou nie werk nie:-)
Waarom doen ek al hierdie werk as die huis
buitendien verkoop word?
Die koper (of aspirant koper:-) wil nie eers hê
dat ek verf nie. Haar woorde was "waarom wil jy verf
as ek dit kan doen?"
Maar, ek weet dat dit reg is om eers die huis te verf.
Voorts, weet hulle nie eens van die vloere waar ek
matte en slasto met teëls vervang nie. Dit kos my etlike
duisende rande, en ek gaan hulle nie daarvoor laat
betaal nie.
Die huis is nog nie verkoop nie, en hulle kan steeds
kop uittrek. Dan is dit gedoen. Indien ons voortgaan
met die koop/verkoop, voel ek dat ek hulle waarde
vir geld gee.

Miskien sal jy verstaan as ek sê dat dit 'n vrou is wat
oor die jare (meer as 'n dekade) wat sy een van my kliënte
is, al haar probleme vir advies na my gebring het. In my
kantoor voor haar man vir my gevra het of ek dink dat sy
hom moet skei (toe hulle oor finansies 'n ernstige verskil
gehad het) en sy was ernstig! So, het sy my oor die jare
advies kom vra oor baie meer dinge as net finansies.

Ek is dit aan haar verskuldig om haar waarde vir haar
geld te gee. Op 'n manier, is ek vreeslik eerlik. Wanneer
dit by ander mense se geld kom.

DD
Re: Skuus (skies?) [boodskap #3309 is 'n antwoord op boodskap #3294] Sa, 20 Desember 2003 20:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinda[2]  is tans af-lyn  Lorinda[2]
Boodskappe: 531
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Senior Lid
DD skryf in boodskap news:...
> Miskien sal jy verstaan as ek sê dat dit 'n vrou is wat
> oor die jare (meer as 'n dekade) wat sy een van my kliënte
> is, al haar probleme vir advies na my gebring het. In my
> kantoor voor haar man vir my gevra het of ek dink dat sy
> hom moet skei (toe hulle oor finansies 'n ernstige verskil
> gehad het) en sy was ernstig!

En wat het jy toe gesê?! 'n Moelike posisie om in te wees met die ou
wat daar sit!

Maar dit is baie mooi van jou om al die werk vir hulle te doen, ek is
seker hulle sal dit waardeer. Ek hoop alles werk uit met die verkoop
van die huis en dat jy eersdaags daai surfboard kan probeer!

Lorinda
Re: Skuus (skies?) [boodskap #3312 is 'n antwoord op boodskap #3309] Sa, 20 Desember 2003 21:50 Na vorige boodskap
DD  is tans af-lyn  DD
Boodskappe: 1166
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On 20 Dec 2003 12:42:13 -0800, lor...@freint.fsnet.co.uk (Lorinda) wrote:
> DD skryf in boodskap news:...
>> Miskien sal jy verstaan as ek sê dat dit 'n vrou is wat
>> oor die jare (meer as 'n dekade) wat sy een van my kliënte
>> is, al haar probleme vir advies na my gebring het. In my
>> kantoor voor haar man vir my gevra het of ek dink dat sy
>> hom moet skei (toe hulle oor finansies 'n ernstige verskil
>> gehad het) en sy was ernstig!
>
> En wat het jy toe gesê?! 'n Moelike posisie om in te wees met die ou
> wat daar sit!
>
> Maar dit is baie mooi van jou om al die werk vir hulle te doen, ek is
> seker hulle sal dit waardeer. Ek hoop alles werk uit met die verkoop
> van die huis en dat jy eersdaags daai surfboard kan probeer!
>
> Lorinda

Verassing miskien. Ek het vi haar gesê om hom te skei!
Voor hom. Ek is in besigheid baie pro vrou, en verwag dat
eggenotes dieselfde voorregte geniet as wat mans hulself gun.
Later het ek uitgevind dat ek te haastig was. Dat daar 'n rede was
waarom hy haar nie tekenregte op sy bankrekeninge gee nie. Dit het
ek eers uitgevind toe hy my skakel en sê dat sy in die landroshof waar
ek is, toegesluit is, en sal ek asseblief gaan borg betaal om haar te
gaan bevry. Dit was toe sy 'n motor wat op huurkoop was, verkoop
het:-) Gelukkig het sy tog daardie nag in haar eie bed geslaap:-) En
ek, het weer mensekennis opgedoen. Somtyds het mense tog redes
vir wat hulle doen - soos toe hy haar nie in sy banksake toegelaat het
nie.,

DD
Vorige onderwerp: Versoek aan Frikkie Potgieter
Volgende onderwerp: Sadam en Gadafi
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 18 00:56:53 MGT 2024