Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Vervolging van Christene
Re: Vervolging van Christene [boodskap #32749] Wo, 26 Julie 2000 00:00
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Leendert van Oostrum wrote:

> wetenskaplike wat ons ken ('n weerkundige)
> en op een tydstip die wetenskapadviseur van
> die destydse president, het sy pos verloor toe
> hy daarvan verdink is dat hy aan 'n kult behoort.
> (Dit was maar net 'n charismatiese half apostoliese
> soort groep genaamd, as ek reg onthou, "The Walk."
> Ons het van hulle byeenkomste bygewoon toe ons
> in 1981 in SA gekuier het. Baie ontroerend. Maar
> mens kon duidelik sien wie die regerings-spioen
> in die klomp is. Almal het dit geweet, behalwe die
> outjie self (jong, crew cut Afrikaner).>>
>
> En nadat jy jou nou herhaaldelik as beginsellose leuenaar bewys het verwag
> jy mens moet glo wat jy hier verkondig?
>
> As jou pellie jou soort was, het hy waarskynlik aan die feite gekarring in
> sy verslae, en is uitgevang.

Leendert, die man wat jy neerbuigend as 'n "pellie" beskryf(vergelyk die
manier waarop jy Elaine se pa "papie" genoem
het0 was hoof van die W.N.N.R en is daarna aangestel as
die wetenskaplike adviseur van die president in die laat-
sewentigerjare. Hy was 'n konserwatiewe lid van die Nasionale
Party, heelwaarskynlik 'n lid van die Broederbond ook. Maar
is uit sy pos verwyder omdat hy aan die sogenaamde "kult"
behoort het. Die werklike rede vir die spioen in hulle midde
was heelwaarskynlik omdat daar ook nie-blankes in die groep
was, en omdat die groep hulle eie klein drukpers ontwikkel
het. Hierdie man, sover ek weet, is nog altyd nie 'n
entoesiastiese ondersteuner van die nuwe bedeling nie, maar
in sy laaste kersbrief aan ons het hy darem met groot
genoegdoening gepraat oor 'n huwelik wat hy in Kwazulu
bygewoon het en waar onder andere lede van die koninklike
gesin van die Zulus teenwoordig was.So miskien sien hy ook
nou in dat daar vreugdes is vir 'n opregte Christen in die
nuwe Suid-Afrika.

Gloudina
Re: Vervolging van Christene [boodskap #32752 is 'n antwoord op boodskap #32749] Wo, 26 Julie 2000 00:00 Na vorige boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
skryf in boodskap news:397F2CAC.EDC3E778@home.com...
Leendert van Oostrum wrote:

> Dit is op presies hierdie punt wat die martelare onder die vroeë Christene
> vervolg en vermoor is.
>
> Daar is selde of ooit van hulle vereis om die Cristelike geloof af te sweer.
> Slegs dat hulle voor ander gode ook moes buig.
>



Sakkie Spangenberg, teologieprof van Unisa, verklaar in Rapport ewe terloops
dat Christene wat glo dat hulle die enigste ware God aanbid, die grootste
bedreiging vir vrede en geregtigheid sal wees gedurende die volgende eeu.

Dit klink soos Rome.

Dit klink soos jy.
Vorige onderwerp: Meander literair e-zine
Volgende onderwerp: Re: Vraag aan Elaine - (Pijotrij)
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 10 12:43:11 MGT 2024