Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Huidige grond beslating
Huidige grond beslating [boodskap #32549] Do, 20 Julie 2000 00:00
Ernst v Biljon  is tans af-lyn  Ernst v Biljon
Boodskappe: 257
Geregistreer: Maart 1999
Karma: 0
Senior Lid
Gehoor vandag op SAfm.
Daar is huidiglik 3 metodes van heffing op belasting
1) Op grondwaardes alleenlik (1/3 van belastingsbetaalers in SA)
2) 'n Eenmaal waarde (nie gebaseer op grond of verbeterings) 1/3 van
belastingsbetaalers.
3) 'n Waarde gebaseer op grond waarde en verbeterings - (1/3 van
belastingsbetaalers.

Aldus die minister wat besig is om die nuwe wet te handteer.

Van die probleme wat huidiglik bestaan:
1) Die waardes is nie op datum gebring nie (Kaapstad het 'n wardeering
20 jaar gelede gedoen)
2) Daar is owerhede wat heffings doen op verbeteringinge maar hulle stel
die verbeteringswaarde op zero
3) Daar is owehede wat die verbetringswaarde op 'n kunsmatige waarde
stel (wat nie vergelykbaar is teen die akte kantoor waardes nie)
4) Baie eenhede was vrygestel van waardes (soos plakkerskampe en plase)
5) Owerhede het die mag om afslae te bied op belasting soos hulle
goeddink end die afslag kom nie noodwendig uit by die wat dit nodig het
nie.
6) Waar daar net op grond 'n waardeering gedoen word is die waardasie
hoer as markwaarde om die belasting te hef wat nodig is.

Ernest
Vorige onderwerp: skybiz
Volgende onderwerp: Virusse!!
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Jul 03 08:52:27 MGT 2024