Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Mbeki en Vigs
Mbeki en Vigs [boodskap #32380] Sa, 15 Julie 2000 00:00 na volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek hoor vandag terwyl ek so rustig by die werk sit en verkeer dan Mnr
Mandela Mbeki nou heelharitg ondersteun met die VIGS kwessie. Mbeki weier
mos om te herken dat HIV, VIGS veroorsaak. Nou wonder ek of Mnr. Mbeki al
'n bietjie verder gedink het en of hy nie nou al agter gekom het dat mense
met HIV nogal geneig is om VIGS te kry nie.
In tussentyd moet ek sit en luister hoe maak hy ons land se naam poephol.
Mnr Mbeki is nie 'n dom mens nie....inteendeel hy's hoogs intelligent. Maar
dis darem nou die kersie oppie koek.
Ek het gelees dat 'n paar wetenskaplikes dit eens is dat HIV nie VIGS
veroorsaak nie, maar hulle kon nog geen konkawe bewyse daarvan kry nie. Die
VIGS ding werk eindelik op my senuwees en die hele wêreld probeer nou te
veel te laat doen. Ek vir een sien nie 'n oplossing vir die probleem nie.

Elaine
Re: Mbeki en Vigs [boodskap #32381 is 'n antwoord op boodskap #32380] Sa, 15 Julie 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Vals!

Daar was geen amptelike bewering uit kerklike oorde dat Galileo _verkeerd_
was nie.

Rome se standpunt was dat Galileo nie genoeg getuienis gehad het om die
aanvaarde standpunt omver te werp nie.

Lees gerus Paul Feyerabend se uitstekende artikel oor die onderwerp
Feyerabend is 'n wetenskaphistorikus van Berkeley - Maois van oortuiging. Hy
oordeel dat die Kerk se standpunt die wetenskaplike verantwoordbare een was,
en Galileo s'n nie - Galileo het inderdaad nie voldoende getuienis gehad
nie, maar het wel aanspraak gemaak daarop.

Ferdi Greyling skryf in boodskap news:3976c156.9326471@news.icon.co.za...
> On Sat, 15 Jul 2000 16:41:37 +0200, "Reenen van Niekerk"
> wrote:
>
> >
>> 10 000 wetenskaplikkes is almal verkeerd. Hoe kan hulle waag om te se dat hy
>> verkeerd is.>>
>
> Terwyl ek reken dit lyk of daar genoeg konsensus onder genoeg ernstige
> mense is dat die virus en die siekte regstreekse verband het, moet 'n
> mens seker darem net noem dat die 10 000 kan nie verkeerd wees nie (as
> dit is wat jy bedoel op sarkastiese/ironiese wyse) argument nie altyd
> so 'b goeie een is nie.
>
> 10 000 priesters het gese Galileo is verkeerd.
>
Re: Mbeki en Vigs [boodskap #32382 is 'n antwoord op boodskap #32380] Sa, 15 Julie 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Reenen van Niekerk  is tans af-lyn  Reenen van Niekerk
Boodskappe: 445
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Senior Lid
As die geld maar net daarvoor gaan en nie in hulle sakke nie.

10 000 wetenskaplikkes is almal verkeerd. Hoe kan hulle waag om te se dat hy
verkeerd is.

Reenen van Niekerk

Elaine skryf in boodskap news:39703d67.0@news1.mweb.co.za...
> Hy kruip gat vir geld om ons ander skuld en goed af te betaal as jy my vra.
>
> elaine
>
> "E Bessinger" wrote in message
> news:39703114.0@news1.mweb.co.za...
>> Kom ons aanvaar dat Mbeki reg is. VIGS (of AIDS soos dit in die res van
>> die wêreld bekend staan) word veroorsaak deur armoede.
>>
>> Dan word die volgende afgely - SA het die hoogste AIDS syfer in Afrika.
>> Dit beteken dat SA die armste is in Africa. Die syfer het redelik begin
>> klim vanaf 1997. So paar jaar na die oorname van die nuwe regime. Dit
>> beteken dat die nuwe regime besig is om te faal in sy doel om armoede
>> tussen die mense in die straat uit te wis. Of hulle versterk eintlik die
>> armoede. Dit beteken dat die vorige regime eintlik beter gevaar het in
>> armoede uitwisting. As ek Mbeki is sou ek dit wragies nie erken het nie.
>> Ek sou eerder my minister van finansies gevra het om te bedank.
>>
>> Ernest
>>
>> "Elaine" wrote in message
>> news:396fb813.0@news1.mweb.co.za...
>>> Ek hoor vandag terwyl ek so rustig by die werk sit en verkeer dan Mnr
>>> Mandela Mbeki nou heelharitg ondersteun met die VIGS kwessie
>>
>
Re: Mbeki en Vigs [boodskap #32412 is 'n antwoord op boodskap #32380] So, 16 Julie 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Chr...[1]  is tans af-lyn  Chr...[1]
Boodskappe: 85
Geregistreer: Junie 2000
Karma: 0
Volle Lid
Elaine wrote:

> Ek hoor vandag terwyl ek so rustig by die werk sit en verkeer dan Mnr
> Mandela Mbeki nou heelharitg ondersteun met die VIGS kwessie. Mbeki weier
> mos om te herken dat HIV, VIGS veroorsaak. Nou wonder ek of Mnr. Mbeki al
> 'n bietjie verder gedink het en of hy nie nou al agter gekom het dat mense
> met HIV nogal geneig is om VIGS te kry nie.
> In tussentyd moet ek sit en luister hoe maak hy ons land se naam poephol.
> Mnr Mbeki is nie 'n dom mens nie....inteendeel hy's hoogs intelligent. Maar
> dis darem nou die kersie oppie koek.
> Ek het gelees dat 'n paar wetenskaplikes dit eens is dat HIV nie VIGS
> veroorsaak nie, maar hulle kon nog geen konkawe bewyse daarvan kry nie. Die
> VIGS ding werk eindelik op my senuwees en die hele wêreld probeer nou te
> veel te laat doen. Ek vir een sien nie 'n oplossing vir die probleem nie.
>
> Elaine
Re: Mbeki en Vigs [boodskap #32413 is 'n antwoord op boodskap #32380] So, 16 Julie 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi Greyling skryf in boodskap news:3978a37c.8978079@news.is.co.za...
> On Sat, 15 Jul 2000 22:22:55 +0200, "Leendert van Oostrum"
> wrote:
>
> >
>> Daar was geen amptelike bewering uit kerklike oorde dat Galileo _verkeerd_
>> was nie.>>
>
> Could have fooled me.
> Hulle het hom onder huisarres geplaas en hy moes terugtrek wat hy
> geskryf het.

Hulle het. omdat hy nie voldoende bewys gehad het om aanvaarde kerlike dogma
omver te werp nie. Deesdae plaas ons samelewing nie meer mense onder
huisarres as hulle gangbare dogma bevraagteken nie. Ons samelewing skel
hulle net uit vir rassiste.

(Soos kritici van Zuma se Virodeneskema vir rassiste uitgeskel is.)

>
> die
>> aanvaarde standpunt omver te werp nie.>>
>
> Selfde ding.

Vals! Ek dag jou logika het al verbeter sedert.......

>
> > Feyerabend is 'n wetenskaphistorikus van Berkeley - Maois van oortuiging.
Hy
>> oordeel dat die Kerk se standpunt die wetenskaplike verantwoordbare een was,
>> en Galileo s'n nie - Galileo het inderdaad nie voldoende getuienis gehad
>> nie, maar het wel aanspraak gemaak daarop.>>
>
> Wel ons weet wie reg was.

Ja, ons weet wie reg was. Rome se toepassing van die besginsels van
wetenskaplike bewysvoering was reg. Dis daardie selfde beginsels waardeur
Zuma haar nie wou laat bind het met die Virodenestorie nie, onthou?

Wat is die verskil tussen Galileo en Zuma? Galileo se onbewese hipotese is
later reg bevind. Zuma s'n is verkeerd bevind (of nog steeds nie bewys nie).

Dink jy die gesondheidsektor behoort na Zuma te luister en die land se
VIGSslagoffers met Virodene begin behandel?

Ek dag regtig jou logika moes al ietwat verbeter het. Of het jy ook
Habsburgbloed soos Gloudina?
Re: Mbeki en Vigs [boodskap #32414 is 'n antwoord op boodskap #32380] So, 16 Julie 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi Greyling skryf in boodskap news:3979a3fd.9106616@news.is.co.za...
>> Maar dan moet ons ook vir onsself sê: Oor twintig jaar het die ANC armoede
>> in SA nagejaag as metode om politieke mag te verkry.>>>
>
> Hoeveel onse in jou pond?
> Ek verskil radikaal met die stelling.
> Om 'n klomp redes. Een waarvan is dat die armoede van apartheid van
> die NP regering se kant gekom het.
>

Jy sê dus dat die ekonomiese sanksies geen effek op die ekonomie van SA
gehad het nie?

Hmmmmm...... ?
Re: Mbeki en Vigs [boodskap #32415 is 'n antwoord op boodskap #32380] So, 16 Julie 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Ferdi Greyling wrote:

> Oor twintig jaar het die ANC armoede
>> in SA nagejaag as metode om politieke mag te verkry.>>>
>
> Hoeveel onse in jou pond?
> Ek verskil radikaal met die stelling.
> Om 'n klomp redes. Een waarvan is dat die armoede van apartheid van
> die NP regering se kant gekom het.

Ja, Leendert in volle swang in sy pogings om alle smet van diehande van die
apartheidsregime af te kry. Nou het die ANC
"armoede nagejaag." Om weg te steek hoe die apartheids-
regime mense uit hulle oorspronklike woonplekke ontwortel
het en hulle op kaal haai vlaktes gaan neersit het. Onthou vir
Poppie Nongena, Leendert.

Gloudina
Re: Mbeki en Vigs [boodskap #32416 is 'n antwoord op boodskap #32380] So, 16 Julie 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 15 Jul 2000 23:20:44 +0200, "Leendert van Oostrum"
wrote:

verspreiding van VIGS bevorder.[/color]
>
> Sy toespraak in Durban het egter veel verder as dit gegaan. Hy het daarop
> gewys dat, volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie, "extreme poverty" op
> sigself, en sonder die hulp van VIGS, die grootste oorsaak van dood is.
>
> Kom ons aanvaar albei (en dis redelik om dit te aanvaar).
>
> Maar dan moet ons ook vir onsself sê: Oor twintig jaar het die ANC armoede
> in SA nagejaag as metode om politieke mag te verkry.>>>

Hoeveel onse in jou pond?
Ek verskil radikaal met die stelling.
Om 'n klomp redes. Een waarvan is dat die armoede van apartheid van
die NP regering se kant gekom het.
Re: Mbeki en Vigs [boodskap #32417 is 'n antwoord op boodskap #32380] So, 16 Julie 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Leendert van Oostrum wrote:

> . Of het jy ook
> Habsburgbloed soos Gloudina?

Vanwaar die stukkie biografiese besonderheid?Ek dink nie ek het Habsburgbloed
nie. My voorsate
was Germaanse stamkapteine: reiks (rex) die kaptein,
harus (met die swaard.)

Gloudina
Re: Mbeki en Vigs [boodskap #32418 is 'n antwoord op boodskap #32380] So, 16 Julie 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
skryf in boodskap news:3971B696.C634958@home.com...
> Ferdi Greyling wrote:
>
>> Oor twintig jaar het die ANC armoede
>>> in SA nagejaag as metode om politieke mag te verkry.>>>
>>
>> Hoeveel onse in jou pond?
>> Ek verskil radikaal met die stelling.
>> Om 'n klomp redes. Een waarvan is dat die armoede van apartheid van
>> die NP regering se kant gekom het.
>
> Ja, Leendert in volle swang in sy pogings om alle smet van diehande van die
> apartheidsregime af te kry. Nou het die ANC
> "armoede nagejaag." Om weg te steek hoe die apartheids-
> regime mense uit hulle oorspronklike woonplekke ontwortel
> het en hulle op kaal haai vlaktes gaan neersit het. Onthou vir
> Poppie Nongena, Leendert.
>
> Gloudina

Ek het Poppie Nongena gelees die week toe hy op die rakke gekom het. Daardie
kopie het ek in Griekeland vir 'n Holander geleen en nooit weer gesien nie.

Maar dit lyk my jy wil beweer dat die ekonomiese sanksies geen invloed op
die ekonomie van SA gehad het nie?

Hmmmmmm........ ?
Re: Mbeki en Vigs [boodskap #32419 is 'n antwoord op boodskap #32380] So, 16 Julie 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
O?

Is jy seker daar was nie dalk 'n druppeltjie of twee aan die verkeerde kant
van die laken nie? (Droit de signeur in die ou dae en so aan, jy weet?)

Want jy is klaarblyklik bedeeld met die legendariese Habsburgse
stiksienigheid in imperiale maat.

skryf in boodskap news:39720FCC.789BD0D2@home.com...
> Leendert van Oostrum wrote:
>
>> . Of het jy ook
>> Habsburgbloed soos Gloudina?
>
> Vanwaar die stukkie biografiese besonderheid?Ek dink nie ek het Habsburgbloed
> nie. My voorsate
> was Germaanse stamkapteine: reiks (rex) die kaptein,
> harus (met die swaard.)
>
> Gloudina
>
Re: Mbeki en Vigs [boodskap #32420 is 'n antwoord op boodskap #32380] So, 16 Julie 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Chr...[1]  is tans af-lyn  Chr...[1]
Boodskappe: 85
Geregistreer: Junie 2000
Karma: 0
Volle Lid
Die man is reg. Armoede veroorsaak (meer) vigs want hulle is so arm hulle het
geen afleiding anders as om die nasionale sport te be-oefen nie.
As ek my nou gladnie misgis nie dan het haar hoog eerwaarde, toentertyd die
minister van gesondheid, Kazoenkie Zuma, ook iets dergeliks kwytgeraak.
Christo

Elaine wrote:

> Ek hoor vandag terwyl ek so rustig by die werk sit en verkeer dan Mnr
> Mandela Mbeki nou heelharitg ondersteun met die VIGS kwessie. Mbeki weier
> mos om te herken dat HIV, VIGS veroorsaak. Nou wonder ek of Mnr. Mbeki al
> 'n bietjie verder gedink het en of hy nie nou al agter gekom het dat mense
> met HIV nogal geneig is om VIGS te kry nie.
> In tussentyd moet ek sit en luister hoe maak hy ons land se naam poephol.
> Mnr Mbeki is nie 'n dom mens nie....inteendeel hy's hoogs intelligent. Maar
> dis darem nou die kersie oppie koek.
> Ek het gelees dat 'n paar wetenskaplikes dit eens is dat HIV nie VIGS
> veroorsaak nie, maar hulle kon nog geen konkawe bewyse daarvan kry nie. Die
> VIGS ding werk eindelik op my senuwees en die hele wêreld probeer nou te
> veel te laat doen. Ek vir een sien nie 'n oplossing vir die probleem nie.
>
> Elaine
Re: Mbeki en Vigs [boodskap #32421 is 'n antwoord op boodskap #32380] So, 16 Julie 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 15 Jul 2000 22:22:55 +0200, "Leendert van Oostrum"
wrote:

[/color]
> Daar was geen amptelike bewering uit kerklike oorde dat Galileo _verkeerd_
> was nie.>>

Could have fooled me.
Hulle het hom onder huisarres geplaas en hy moes terugtrek wat hy
geskryf het.

aanvaarde standpunt omver te werp nie.>>[/color]

Selfde ding.

Feyerabend is 'n wetenskaphistorikus van Berkeley - Maois van oortuiging. Hy[/color]
> oordeel dat die Kerk se standpunt die wetenskaplike verantwoordbare een was,
> en Galileo s'n nie - Galileo het inderdaad nie voldoende getuienis gehad
> nie, maar het wel aanspraak gemaak daarop.>>

Wel ons weet wie reg was.
Re: Mbeki en Vigs [boodskap #32459 is 'n antwoord op boodskap #32380] Ma, 17 Julie 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi Greyling skryf in boodskap news:39734477.392106@news.icon.co.za...
>
>
> I wrote and printed
> a book in which I discuss this new doctrine already condemned and
> adduce arguments of great cogency in its favour without presenting any
> solution of these,

Die kern van die aanklag teen Galileo "I...adduce arguments in its favour
without presenting any solution of these..."

Presies wat Feyerabend sê wat die klag was..."without presenting any
solution of these".

Jy sien, Ferdi, dis soos die ding van Gloudina wat dag vir dag "arguments of
great cogency" hier versprei sonder die geringste bewys daarvoor.
Re: Mbeki en Vigs [boodskap #32460 is 'n antwoord op boodskap #32380] Ma, 17 Julie 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
Wel Leendert, hier is die (vertaalde) dokument wat Galileo moes
onderteken. Oordeel self hoe wetenskaplik die kerk was en tot watter
mate Galileo gese is hy dink verkeerd.

Galileo is verhoor, skuldig bevind en het onder dreigement van
marteling die volgende dokument onderteken.

-------------------------------------

I, Galileo, son of the late Vincenzo Galilei, Florentine, aged 70
years, arraigned personally before this tribunal and kneeling before
you, most eminent and reverend lord cardinals inquisitors-general
against heretical pravity throughout the entire christian
commonwealth, having before my eyes and touching with my hands the
holy gospels, swear that I have always believed, do believe, and by
God's help will in the future believe all that is held, preached, and
tought by the holy catholic and apostolic church. But, whereas, -
after an injuction had been judicially intimated to me by this holy
office to the effect that I must altogether abandon the false opinion
that the sun is the centre of the world and immovable and that the
earth is not the centre of the world and moves and that I must not
hold, defend, or teach in any way whatsoever, verbally, or in writing,
the said false doctrine, and after it had been notified to me that the
said doctrine was contrary to the holy scripture - I wrote and printed
a book in which I discuss this new doctrine already condemned and
adduce arguments of great cogency in its favour without presenting any
solution of these, I have been pronounced by the holy office to be
vehemently suspected of heresy, that is to say, of having held and
believed that the sun is the centre of the world and immovable and
that the earth is not the centre and moves.
Therefore, desiring to remove from the minds of your eminences, and
all faithfull christians, this vehement suspicion justly conceived
against me, with sincere heart and unfeigned faith I abjure, curse,
and detest the aforesaid errors and heresies and generally every other
error, heresy and sect whatsoever contrary to the holy church, and I
swear that in future I will never again say or assert, verbally or in
writing, anything that might furnish occasion for a similar suspiscion
regarding me; but, should I know any heretic or person suspected of
heresy, I will denounce him to this holy office.

---------------------------------------------

John Milton skryf in 1644: "There it was that I found and visited the
famous Galileo, grown old, a prisoner of the Inquisition, for thinking
in astronomy otherwise thatn the Franciscan and Dominican licensers
thought.".
Re: Mbeki en Vigs [boodskap #32461 is 'n antwoord op boodskap #32380] Ma, 17 Julie 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ene laubscher vra na die beginsels van wetenskaplike bewysvorering soos
toegepas in die saak van Galileo.

Dit was maar die gewone, soos ek die artikel van Feyerabend onthou, nl. dat
'n hipotese verwerp moet word as daar onvoldoende getuienis is om dit te
aanvaar.

Die gehalte van Galileo se optika was nie voldoende om sy empiriese
waarnemeings betroubaar te maak nie. Daar is, het ek inderdaad verneem,
sommige van die "waarnemings" wat hy met sy teleskope gemaak en gerapporteer
het wat later as blote versinsels of wensdenkery ge-identifiseer is. Ten
beste kan mens raai dat dit moontlik optiese verskynsels is wat in die lense
van sy teleskoop self ontstaan het. Nou is dit so dat Galileo hierdie
waarnemings aangevoer het as wetenskaplike bewys ter ondersteuning van sy
hipotese.

In die bepaalde geval was daar ook uitvoerige getuienis uit die daaglikse
waarnemings van mense om die teenhipotese te aanvaar. Om die waarheid te
sê, - Ptolemeus se geosentriese wiskundige model van die heelal het baie
goed gewerk. Vir eeue lank het mense dit reeds suksesvol gebruik om
astronomiese verskynsels soos sons- en maansverduisterings, die bewegings
van die son, maan en planete, ens. akuraat te voorspel. Dit is suksesvol
gebruik om akkurate efimerides op te stel, nie net vir religieuse doeleindes
nie, maar ook vir navigasie.

Dan het Galileo blykbaar ook 'n legitimiteitsprobleem gehad wat gespruit het
uit 'n lang geskiedenis van bedrog in besigheid. Feyerabend suggereer dat
Galileo se arres eerder hieruit gespruit het as uit sy "wetenskaplike"
aansprake. Feyerabend verwys na Galileo as 'n "anxious crook" wie se woord
mens nie ligtelik kon aanvaar nie.

LeswinLaubscher skryf in boodskap news:20000717002122.08211.00000050@ng-ba1.news.cs.com...
>> Leendert van Oostrum" leen...@geocities.com
>
>> Rome se toepassing van die besginsels van
>> wetenskaplike bewysvoering was reg.
>
> Wat was hierdie beginsels?
Re: Mbeki en Vigs [boodskap #32462 is 'n antwoord op boodskap #32380] Ma, 17 Julie 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 16 Jul 2000 20:43:48 +0200, "Leendert van Oostrum"
wrote:

omver te werp nie. Deesdae plaas ons samelewing nie meer mense onder[/color]
> huisarres as hulle gangbare dogma bevraagteken nie. Ons samelewing skel
> hulle net uit vir rassiste.>>

Die vorige regering het dit gedoen. Verskeie kere!

>

Of die ANC axs rassiste uitgeskel word. Onder meer oor regstellende
aksie?

> die[/color]
>>> aanvaarde standpunt omver te werp nie.>>
>>
>> Selfde ding.
>
> Vals! Ek dag jou logika het al verbeter sedert.......>>>

Dink weer daaroor. In die konteks van die werklike lewe en nie as
wiskundige simbole nie.

Wel ons weet wie reg was.
>
> Ja, ons weet wie reg was. Rome se toepassing van die besginsels van
> wetenskaplike bewysvoering was reg. Dis daardie selfde beginsels waardeur
> Zuma haar nie wou laat bind het met die Virodenestorie nie, onthou?
>
> Wat is die verskil tussen Galileo en Zuma? Galileo se onbewese hipotese is
> later reg bevind. Zuma s'n is verkeerd bevind (of nog steeds nie bewys nie).
>
> Dink jy die gesondheidsektor behoort na Zuma te luister en die land se
> VIGSslagoffers met Virodene begin behandel?
>
> Ek dag regtig jou logika moes al ietwat verbeter het. Of het jy ook
> Habsburgbloed soos Gloudina?>>

Jy verwar nog steeds logieka met propaganda.
Re: Mbeki en Vigs [boodskap #32463 is 'n antwoord op boodskap #32380] Ma, 17 Julie 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
LeswinLaubscher  is tans af-lyn  LeswinLaubscher
Boodskappe: 47
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Volle Lid
> Leendert van Oostrum" leen...@geocities.com

> Rome se toepassing van die besginsels van
> wetenskaplike bewysvoering was reg.

Wat was hierdie beginsels?
Re: Mbeki en Vigs [boodskap #32502 is 'n antwoord op boodskap #32380] Di, 18 Julie 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Ferdi Greyling wrote:

> "arguments of
>> great cogency" hier versprei sonder die geringste bewys daarvoor.>>
>
> Sy het jou rerig aan die mental short and curlies beet he?
> Jy kan nie eers oor Galileo praat sonder om dit om te draai in 'n
> belediging teen haar nie!!!

Ja rerig.

Gloudina
Re: Mbeki en Vigs [boodskap #32504 is 'n antwoord op boodskap #32380] Di, 18 Julie 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi Greyling skryf in boodskap news:397e1d9f.4493274@news.is.co.za...
> On Mon, 17 Jul 2000 22:51:14 +0200, "Leendert van Oostrum"
> wrote:
>
> >> a book in which I discuss this new doctrine already condemned and
>>> adduce arguments of great cogency in its favour without presenting any
>>> solution of these,
>>
>>
>> Die kern van die aanklag teen Galileo "I...adduce arguments in its favour
>> without presenting any solution of these..."
>>
>> Presies wat Feyerabend sê wat die klag was..."without presenting any
>> solution of these".>>
>
> Laat ons nie vergeet nie dat die dokument VIR GALILEO opgestel is deur
> sy voornemende martelaars. Ook die mense wat hom toe onder huisarres
> geplaas het.
>
> Ek sou nie so vinnig dit aanvaar as Galileo se oorwoe en deurdagte
> mening oor sy eie werk nie.

Ek et dit ook nie so weergegee nie. Dit lyk wel asof die die oorwoe en
deurdagte mening van Feyerabend is.

>
> "arguments of
>> great cogency" hier versprei sonder die geringste bewys daarvoor.>>
>
> Sy het jou rerig aan die mental short and curlies beet he?
> Jy kan nie eers oor Galileo praat sonder om dit om te draai in 'n
> belediging teen haar nie!!!

Ek let maar net bloot op dat sy ook 'n skurk is soos Galileo (volgens
Feyerabend se oordeel). Mense is gemaak om ooreenkomste raak te sien.
Re: Mbeki en Vigs [boodskap #32505 is 'n antwoord op boodskap #32380] Di, 18 Julie 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 17 Jul 2000 22:51:14 +0200, "Leendert van Oostrum"
wrote:

> a book in which I discuss this new doctrine already condemned and[/color]
>> adduce arguments of great cogency in its favour without presenting any
>> solution of these,
>
>
> Die kern van die aanklag teen Galileo "I...adduce arguments in its favour
> without presenting any solution of these..."
>
> Presies wat Feyerabend sê wat die klag was..."without presenting any
> solution of these".>>

Laat ons nie vergeet nie dat die dokument VIR GALILEO opgestel is deur
sy voornemende martelaars. Ook die mense wat hom toe onder huisarres
geplaas het.

Ek sou nie so vinnig dit aanvaar as Galileo se oorwoe en deurdagte
mening oor sy eie werk nie.

>[/color]

Sy het jou rerig aan die mental short and curlies beet he?
Jy kan nie eers oor Galileo praat sonder om dit om te draai in 'n
belediging teen haar nie!!!
Re: Mbeki en Vigs [boodskap #32506 is 'n antwoord op boodskap #32380] Di, 18 Julie 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Leendert van Oostrum wrote:

>> Sy het jou rerig aan die mental short and curlies beet he?
>> Jy kan nie eers oor Galileo praat sonder om dit om te draai in 'n
>> belediging teen haar nie!!!
>
> Ek let maar net bloot op dat sy ook 'n skurk is soos Galileo (volgens
> Feyerabend se oordeel). Mense is gemaak om ooreenkomste raak te sien.

Nou is ek ook 'n skurk net Galileo! Wag, ek gaan gounog 'n ander veertjie laat
val uit die hoogte.

Gloudina
Re: Mbeki en Vigs [boodskap #32529 is 'n antwoord op boodskap #32380] Wo, 19 Julie 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
us...  is tans af-lyn  us...
Boodskappe: 23
Geregistreer: Junie 2000
Karma: 0
Junior Lid
Also sprach leswinl...@cs.com
(LeswinLaubscher)
-> Leendert van Oostrum" leen...@geocities.com
->
-> >Rome se toepassing van die besginsels van
-> >wetenskaplike bewysvoering was reg.
->
-> Wat was hierdie beginsels?

Kom nou, Leswin, erken dat jy ook soms
verblind is deur deur die Internet waar jy
water moet drink asof by 'n brandkraan. Onse
Thabo -- wat 'n klomp ander dinge reg gedoen
het -- het hier 'n paar helse winde gesluk by
die brandkraan.
Re: Mbeki en Vigs [boodskap #32610 is 'n antwoord op boodskap #32380] Sa, 22 Julie 2000 00:00 Na vorige boodskap
www.eep.co.za  is tans af-lyn  www.eep.co.za
Boodskappe: 42
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Volle Lid
www.eep.co.za

Elaine wrote in message ...
> Ek hoor vandag terwyl ek so rustig by die werk sit en verkeer dan Mnr
> Mandela Mbeki nou heelharitg ondersteun met die VIGS kwessie. Mbeki weier
> mos om te herken dat HIV, VIGS veroorsaak. Nou wonder ek of Mnr. Mbeki al
> 'n bietjie verder gedink het en of hy nie nou al agter gekom het dat mense
> met HIV nogal geneig is om VIGS te kry nie.
> In tussentyd moet ek sit en luister hoe maak hy ons land se naam poephol.
> Mnr Mbeki is nie 'n dom mens nie....inteendeel hy's hoogs intelligent. Maar
> dis darem nou die kersie oppie koek.
> Ek het gelees dat 'n paar wetenskaplikes dit eens is dat HIV nie VIGS
> veroorsaak nie, maar hulle kon nog geen konkawe bewyse daarvan kry nie. Die
> VIGS ding werk eindelik op my senuwees en die hele wêreld probeer nou te
> veel te laat doen. Ek vir een sien nie 'n oplossing vir die probleem nie.
>
> Elaine
>
Vorige onderwerp: Sukkel 'n bietjie met vertalling
Volgende onderwerp: Grote van die plaas gebied.
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 20 18:57:58 MGT 2024