Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: van oostrum se Feyerabend
Re: van oostrum se Feyerabend [boodskap #32425] Ma, 17 Julie 2000 00:00
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
skryf in boodskap news:39735CBD.20584A2D@home.com...
LeswinLaubscher wrote:

> Dit blyk dus dat van oostrum in die tradisie van Torquemada oneerlik smous met
> Feyerabend (en selektief kwoteer terwyl hy die vinger swaai oor presies hierdie
> tegniek), óf dat hy nie Feyerabend volledig gelees het en/of verstaan het
nie.

Ek weer, dink dis die eerste. Hy is in die
tradisie van Torquemada.

Gloudina

Water persentasie van die _goeie, bewerkbare_ landbougrond is nou weer in
wit hande, Gloudina?

Tussen hakies. Net oor die grens, in Mosambiek, lê amper tien keer soveel
goeie bewerkbare landbougrond as wat in SA beskikbaar is. Snaaks genoeg, is
die beweging oor die grens van onwettige immigrante weg van daardie goeie
grond af na die plek waar die goeie grond alles in wit hande is. Nou hoe rym
dit?
Re: van oostrum se Feyerabend [boodskap #32426 is 'n antwoord op boodskap #32425] Ma, 17 Julie 2000 00:00 Na vorige boodskap
Dries Venter  is tans af-lyn  Dries Venter
Boodskappe: 299
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Leswin,

Ek het Leendert ietwat anders hier verstaan. Hy het gesê: gaan lees wat
Feyerabend daaroor te sê het. Nie dat hy Feyerabend steun of dat lg die
wetenskaplike metode voorstaan nie. En ja, alhoewel Galileo later korrek
bewys is, is dit wat hy jeens die heliosentriese sonnestelselmodel gedoen
het en voorgestaan het, nie wetenskaplik verantwoordbaar in die moderne sin
van die woord nie.

En die stuk wat Ferdi oor Galileo se bekentenis voor die Inkwisisie geplaas
het, werp vir my meer lig op wat Leendert sê: Galileo erken self dat hy nie
genoegsame bewyse vir sy teorie het nie. In die konteks van daardie tyd was
daar nie 'n verskil tussen wetenskap/fisika en metafisika en filosofie nie -
dit was een begrip. En in die spesifieke stukkie wetenskap waaroor dit
gegaan het - die model van ons sonnestelsel, het die model op 'n _bewysbare_
geosentriese manier gewerk. So, in daardie opsig was die kerk, wetenskaplik
'n dogmaties, reg, en Galileo verkeerd. Let wel, sy teorie is nie verkeerd
bewys deur die Inkwisisie nie, maar daar is spesifiek melding gemaak dat
daar nie _genoeg_ bewyse vir 'n heliosentriese sonnestelsel was nie. Ek
dink darem die Katolieke kerk het nou al die heliosentriese model aanvaar.

'n Ietwat persoonlike vraag: Indien enigiemand anders behalwe Leendert die
stuk(ke) oor Galileo geplaas het, sou jy steeds so aanvallend gereageer het?

Dries
Re: van oostrum se Feyerabend [boodskap #32427 is 'n antwoord op boodskap #32425] Ma, 17 Julie 2000 00:00 Na vorige boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

LeswinLaubscher wrote:

> Dit blyk dus dat van oostrum in die tradisie van Torquemada oneerlik smous met
> Feyerabend (en selektief kwoteer terwyl hy die vinger swaai oor presies hierdie
> tegniek), óf dat hy nie Feyerabend volledig gelees het en/of verstaan het nie.

Ek weer, dink dis die eerste. Hy is in die
tradisie van Torquemada.

Gloudina
Vorige onderwerp: Re: 'Wits plaas Afrikaans lankal ín die doofpot'
Volgende onderwerp: sizwe se se Feyerabend
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Jun 03 17:41:40 MGT 2024