Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Grote van die plaas gebied.
Re: Grote van die plaas gebied. [boodskap #32400] So, 16 Julie 2000 00:00
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

E Bessinger wrote:

> Watter grote van 'n land kan gebruik word vir landbou (Arable)? Wel, ek
> het twee vergelykende syfers. Een van SA en een van Nedeland. Die syfers
> gaan wel terug na so om en by 1990. Maar, dit is vergelykend met mekaar.
> Ek kan nog nie sien hoe boere 86% van die land kan besit as SA net 12%
> van die beskikbaar het vir landbou nie.

Wel, Meneer Bessinger, jy verander so in die hardloop die hoekpenne.Die
oorspronklike verklaring was dat wit boere 85 % van die GOEIE
landbougrond in SA nog in hulle besit het. As daar nou net 12 % van SA
vir goeie praktiese landbou beskikbaar is, dan word daar deur die
Landbouweekblad en die Farmers' Weekly verklaar dat 86% van daardie
twaalf persent van die oppervlakte van SA wat vir GOEIE landbou beskik
is, nog in wit hande is. Dit sluit heelwaarskynlik maatskappye in waarvan
die eienaars nog wit is, ensovoorts. Hoekom vat jy nie jou kar en jy ry
so 'n bietjie rond in SA en kyk wie BESIT die goeie landbougrond nie.
Moenie kyk na die plaaswerkers se kleur nie. Hulle is seker omtrent 100
persent nie-blank. Hulle bewerk seker maar nog altyd meeste van die grond.
Maar hoeveel nie-blankes BESIT goeie grond wat vir landbou geskik is?
Jy hoef nie vir my te rapporteer nie, Meneer Bessinger, ek ken die antwoord.

Sampie Terblanche, 'n goeie Afrikaner, het al lankal uitgewys dat swart
boere 'n honderd jaar gelede suksesvolle boere was en vir hulleself genoeg
voedsel kon verskaf. Dis eers in die volgende honderd jaar wat daar 'n
"landgrab" plaasgevind het wat die nie-blanke bevolking in SA totaal as
werkers en waterdraers in hulle eie land gemaak het.

Gloudina

>
Re: Grote van die plaas gebied. [boodskap #32401 is 'n antwoord op boodskap #32400] So, 16 Julie 2000 00:00 Na vorige boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Sit witmense op 85% van die bewerkbare (=bewerkte + potensieel bewerkbare)
grond, of op 85% van die bewerkte grond?

En volgens jou argument lyk dit my, Gloudina, jy reken dat die bevolking van
die bewerkte grond moet die "population profile" akkuraat weerspieel. Is dit
so?

Indien wel: beteken dit ook dat die eienaarskap van hoekkafees, viswinkels
en groentewikels die population profile moet weerspieel? En die eienaarskap
van sjebeens en kombitaxis?

Maar ek wil nog steeds weet: Watter bewys het jy dat wittes 85% van die
"goeie, bewerkbare" grond besit? (Dis tog waar ons begin het, nie waar nie?
Dejavu. Dis wat my so onderkry van gesprekke met jou.)

skryf in boodskap news:39720E79.63279658@home.com...
Leendert van Oostrum wrote:

> Moet Zimbabwe, en daarna SA ook eers deur die ervaring van Mosambiek gaan
> voordat ons sal leer? Dit lyk so. Want uit Kanada word ons aanmekaar
> voorgesê wat goed is vir ons. Deur mense wat nie die gevolge hoef te ervaar
> van die raad wat hulle so mildelik uitdeel nie.

En watse raad word nou so mildelik uitgedeel? Daarword alleen daarop gewys
dat
wit boere nog sit op
blykbaar 85 % van die "arable" grond. Die natuurlike
verskynsel sou wees dat nie-blanke boere op groot
dele van daardie grond sit, siende dat meer as tagtig
persent van die bevolking van SA nie-blank is, nie
waar nie? Almal weet dat groot dele van SA se grond-
gebied nie geskik is vir intensiewe landbou nie. Maar
as ons na die goeie werkbare landbougrond van SA
kyk, sou mens verwag dat 'n groter deel daarvan in
die besit is van mense wat nie-blanke velle het, aangesien
SA basies 'n land met 'n nie-blanke bevolking is. Dit is
die crux van die saak. Witmense van 'n sekere streep
dink hulle het 'n reg op die grond, wanneer hulle basies
in 'n land sit waar die nie-blanke bevolking die oorgrote
meerderheid is, en nog altyd was. En dit, liewe Leendert,
kan jy nie wegpraat nie, al praat jy tot jy blou in die
gesig is.

Gloudina
Re: Grote van die plaas gebied. [boodskap #32402 is 'n antwoord op boodskap #32400] So, 16 Julie 2000 00:00 Na vorige boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
skryf in boodskap news:3971D068.19F955D1@home.com...

> Jy hoef nie vir my te rapporteer nie, Meneer Bessinger, ek ken die
antwoord.

Yep. Gloudina ken AL die antwoorde.

>
> Sampie Terblanche, 'n goeie Afrikaner, het al lankal uitgewys dat swart
> boere 'n honderd jaar gelede suksesvolle boere was en vir hulleself genoeg
> voedsel kon verskaf. Dis eers in die volgende honderd jaar wat daar 'n
> "landgrab" plaasgevind het wat die nie-blanke bevolking in SA totaal as
> werkers en waterdraers in hulle eie land gemaak het.

Ahhh..... "...wat vir hulself genoeg voedsel kon verskaf." En sodra daar te
veel van "hulself" was, was daar 'n Mfecane of 'n Nonqawuse wat gesorg het
dat die getalle van "hulself" aanmerklik daal. Daardie tegniek om
bevolkingsdruk te verlig het ons in onlangse jare weer gesien in Rwanda,
Ethiopië, Eritri�, en elders.

Dis dieselfde oplossing wat Hitler gebruik het, met een verskil: Hitler het
nie die verskoning gehad wat in Afrika 'n werklikheid is nie:
bestaanslandbou lewer nie surplusse wat 'n nie-landbouerbevolking kan
onderhou nie. Bestaanslandbou is tot dusver en vir die voorsienbare toekoms
nog 'n baie sterk kultuurelement. Dit lyk asof swartmense 'n keuse moet
uitoefen: as jy kommersiële sukses wil maak, moet jy jou etniese wortels
afsweer. 'n Onbenydenswaardige keuse, soos jy self sal kan getuig. Een met
intense psigiese gevolge.

Die nie-landbouerbevolking is die deel wat bydra deur vervaardiging,
dienste, ens. Hulle bestaan is afhanklik van kommersiele landbou.

Selfs al sou jy alle wittes vanaand uit SA wegtoor sal daar nie genoeg grond
wees vir almal om uit landbou 'n bestaan te maak nie. Dit is wat lande soos
mosambiek tot hul skade agtergekom het. Hulle mense kan nie eet as daar nie
kommersiële landbou op groot skaal beoefen word nie. En dit lyk nie asof die
inheemse bevolking van mosambiek graag kommersiële landbou wil beoefen nie.
Ek is seker daar is sommige wat dit wel doen, en met sukses. Hulle is egter
kennelik nie genoeg nie. Daarom voer mosambiek doelbewus SA boere in. Iemand
wat die afgelope week daar was vertel dat mosambiek ook agente instuur om
aanloklike aanbiedings te maak aan (wit) Zimbabwese boere.

Moet Zimbabwe, en daarna SA ook eers deur die ervaring van Mosambiek gaan
voordat ons sal leer? Dit lyk so. Want uit Kanada word ons aanmekaar
voorgesê wat goed is vir ons. Deur mense wat nie die gevolge hoef te ervaar
van die raad wat hulle so mildelik uitdeel nie.
Re: Grote van die plaas gebied. [boodskap #32403 is 'n antwoord op boodskap #32400] So, 16 Julie 2000 00:00 Na vorige boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Leendert van Oostrum wrote:

> Moet Zimbabwe, en daarna SA ook eers deur die ervaring van Mosambiek gaan
> voordat ons sal leer? Dit lyk so. Want uit Kanada word ons aanmekaar
> voorgesê wat goed is vir ons. Deur mense wat nie die gevolge hoef te ervaar
> van die raad wat hulle so mildelik uitdeel nie.

En watse raad word nou so mildelik uitgedeel? Daarword alleen daarop gewys dat
wit boere nog sit op
blykbaar 85 % van die "arable" grond. Die natuurlike
verskynsel sou wees dat nie-blanke boere op groot
dele van daardie grond sit, siende dat meer as tagtig
persent van die bevolking van SA nie-blank is, nie
waar nie? Almal weet dat groot dele van SA se grond-
gebied nie geskik is vir intensiewe landbou nie. Maar
as ons na die goeie werkbare landbougrond van SA
kyk, sou mens verwag dat 'n groter deel daarvan in
die besit is van mense wat nie-blanke velle het, aangesien
SA basies 'n land met 'n nie-blanke bevolking is. Dit is
die crux van die saak. Witmense van 'n sekere streep
dink hulle het 'n reg op die grond, wanneer hulle basies
in 'n land sit waar die nie-blanke bevolking die oorgrote
meerderheid is, en nog altyd was. En dit, liewe Leendert,
kan jy nie wegpraat nie, al praat jy tot jy blou in die
gesig is.

Gloudina
Vorige onderwerp: Re: Vragie...
Volgende onderwerp: Re: ¿U-lo! www.u-lo.com
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 20 18:58:24 MGT 2024