Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Kanada se oorlogs-slagoffers
Kanada se oorlogs-slagoffers [boodskap #31884] Di, 04 Julie 2000 00:00
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Vanoggend het ek trane in my oë gehad toe
ek lees dat hulle Generaal Romeo Dallaire op 'n
bank in 'n park gevind het, in 'n fetale posisie
(en heelwaarskynlik onder die invloed van drank.)
Generaal Dallaire het al twee-keer probeer om
selfmoord te pleeg.
Romeo Dallaire was aan bevel van die
Verenigde Volke se soldate in Rwanda, toe die
massamoorde daar plaasgevind het. Meeste van
die soldate onder sy bevel was Kanadese, meestal
Frans-Kanadese, gekies vir hulle vermoë om Frans
en Engels vlot te praat. Toe die moddergooiery
begin nadat die massamoorde plaasgevind het, was
Romeo Dallaire en sy manne een van die groepe
wat mense die skuld wou gee. Na 'n grondige
ondersoek hier in Kanada en by die V.V.O. is vas-
gestel dat hy geen skuld hoef te dra nie. Die skuld
het gelê by die V.V.O. se opperste strukture, wat
sy aanvrae vir meer mannekrag geignoreer het en
sy waarskuwings dat daar 'n bloedbad aan die kom
was, verontagsaam het. Kofi Annan was toe in bevel
van die militere sake van die V.V.O. en moet 'n
groot deel van die skuld dra.
Romeo Dallaire se geval vestig weer die aandag
op die belangrike maar veeleisende taak wat Kanadese
troepe in die moderne tyd moet volstaan. Kanada is een
van die eerste lande wat gevra word om "peace keepers"
te stuur. En een van die eerste groepe van Kanadese
soldate wat gekies word, is Frans-Kanadese, weens hulle
vlot tweetaligheid en hulle dapperheid op die oorlogs-
velde.
In 'n onderhoud met Romeo Dallaire onlangs pleit
hy vir groter besef van wat Kanadese troepe moet deur-
maak wanneer hulle "peace keepers" word. Hy kry
terapie, maar hy sê dis 'n baie lang en moeilike proses
en een wat hom blykbaar somtyds dryf om 'n einde aan
alles te maak. Mens kan hierdie verskynsel seker ook
as deel sien van die "Vietnam-sindroom." Maar in
hierdie geval het hulle nie gegaan om oorlog te maak
nie, maar om vrede te probeer bring.

Gloudina
Vorige onderwerp: Skybiz klop VIGS !! (die een werk)
Volgende onderwerp: Vertaling
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Jul 01 18:22:03 MGT 2024