Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » "Tydsprong" deur LOUIS ESTERHUIZEN
"Tydsprong" deur LOUIS ESTERHUIZEN [boodskap #31753] Do, 22 Junie 2000 00:00
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

TYDSPRONG
Louis Esterhuizen

"(We) are like sand in the hourglass
which can be time only in falling"
Ana Blandiana

En
ons val
uit Gods hand
deur blou stiltes
klipdimensies
van ruimte
en wolke gestroop
van vere
val ons
ten aarde
met ons vlerke
na onder gebuig
soos die arms
van 'n gebreekte
kruis
val ons tyd
binne sand
deur
die uurglas
se dunste
knak
as mens
nie vanwee
opset of moedswil
maar oorlat ons
moeg
is.
Vorige onderwerp: Ooo
Volgende onderwerp: Toekoms Advies vir: Britse Weer Inisiatief
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Jun 26 07:29:41 MGT 2024