Tuis » Ernstig » Geloof & kerksake » Re: JESUS IS LORD
Re: JESUS IS LORD [boodskap #31662 is 'n antwoord op boodskap #16438] |
Sat, 17 June 2000 00:00   |
KaapseKind
Boodskappe: 82 Geregistreer: April 2000
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
Na my beskeie mening: Die aardrykskunde van die Bybel kan nie gebruik word
om "te verstaan wat gebeur" het nie. Die "verstaan" wat sal volg, behoort
dan mos gelykstaande wees aan die insig van die mense van eeue gelede. Die
geskiedenis is nie objektiewe geskiedskrywing nie, maar vanuit die geloofso�
van 'n Godvresende nasie. (Selfs die verhale van die uittog uit Egipte word
eensydig vertel en soos geïnterpreteer deur die gelowige gemeenskap. (Die
ervarings, politiese en ekonomiese vrese van die Egiptenare - wat hulle
feitlik hulle hele werksmag en ekonomiese krag kwyt is tydens die
uittog-gebreure word nie neergestip nie en dit hoort ook so! Dit is immers
nie Egiptiese geskiedskrywing nie. Ander verhale vertel ons van Ramses II se
dilemma met die derduisende "vreemdelinge" in die noorde van sy land en sy
"HOP"-program om Egipte 'n magtige nasie te maak).
Die Bybel help ons nie om die geskiedenis te verstaan nie, dit help bloot om
die eensydige blik vanuit die gelowige skrywer raak te sien. Daarom verkies
ek (as Christen) om die Bybel - OU, en NUWE Testamente met ontsag as
geloofsboek te benader. Die raakpunte met die geskiedenis en aardryskunde is
verbydend en interessant - maar as dit die fokuspunt van die gesprek word,
laat dit my ongemaklik. Die bedoeling van die Bybel was immers om God se
intrede by 'n spesifieke volk te beskryf, om God se Hand in die lewens van
individue uit te wys en om hulle BEPREKTE insig oor hierdie "ingryp" in die
geskiedenis neer te skryf. (Merk asseblief my eie subjektiewe beoordeling
van die teks vanuit 'n geloofsoogpunt hier).
Alhoewel ek glo die Bybel gooi 'n bepaalde lig op die aardryskunde en die
geskiedenis - is dit belangrik om te weet WIE die flitslig vashou. God as
primôre Skrywer en die mens (met sy geloof, tradisie en kultuur en veral
W�RELDBESKOUING as agtergrond) as sekondêre skrywer - die sogenaamde
inspirasie-teorie! Dit is nodig om te onderskei wanneer daardie
wêreldbeskouing na vore kom. Die skeppingsverhale en sondvloedverhale is
klassieke voorbeelde hiervan! Vanuit my geloofsoogpunt egter, gaan Genesis
nie oor HOE daar geskep is nie, maar DAT dit EEN God is wat geskep het. Die
verhaal was immers die Judaistiese teenvoeter vir die Babiloniese en ander
skeppingsverhale wat 'n monoteistiese (een) Godheid ONTKEN. In die geval van
die sondvloed gaan dit nie oor WAAR dit gebeur het nie, maar WAT God se
aandeel en rol was. (En hier raak ek skoon kriewelrig as die toorn van God
vooropgestel word - selfs in kinderbybels - en nie sy genade nie).
Wel, ek kan ure hieroor gesels en sê dankie vir 'n interessante gesprek. Ek
volstaan egter by die wete dat die Bybel in die LAASTE plek gebruik behoort
te word om VERKLARINGS te gee in terme van aardryskunde en geskiedenis. Die
geleerdes wat weet, noem dit fundamentalisme, maar ek sal nie graag wil
"labels" hang nie. *glimlag*
Mooi bly.
Uit 'n deurmekaar Kaapstad, waar 'n somersdag winter verding
|
|
|
Re: JESUS IS LORD [boodskap #31663 is 'n antwoord op boodskap #16438] |
Sat, 17 June 2000 00:00   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
KaapseKind wrote:
> ervarings, politiese en ekonomiese vrese van die Egiptenare - wat hulle
> feitlik hulle hele werksmag en ekonomiese krag kwyt is tydens die
> uittog-gebreure word nie neergestip nie en dit hoort ook so! Dit is immers
> nie Egiptiese geskiedskrywing nie. Ander verhale vertel ons van Ramses II se
> dilemma met die derduisende "vreemdelinge" in die noorde van sy land en sy
> "HOP"-program om Egipte 'n magtige nasie te maak).
>
Kaapse Kind, baie dankie vir hierdie plasings.
Kan jy my geheue weer verfris: was die plae van Egipte
een van die oorsake van die Eksodus?
Gloudina
|
|
|
Re: JESUS IS LORD [boodskap #31664 is 'n antwoord op boodskap #16438] |
Sat, 17 June 2000 00:00   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
KaapseKind wrote:
> Vanuit my geloofsoogpunt egter, gaan Genesis
> nie oor HOE daar geskep is nie, maar DAT dit EEN God is wat geskep het. Die
> verhaal was immers die Judaistiese teenvoeter vir die Babiloniese en ander
> skeppingsverhale wat 'n monoteistiese (een) Godheid ONTKEN.
Kan jy meer oor die een-god-konsep praat.Mens weet dat in die Ou Testament die
een
god Jehova is. Maar dan hoor mens later van
die drie-enige-god wat Vader/Seun/Heilige Gees
is. En dan wonder mens of die huidige Christen
aan die Vader moet dink soos hy as Jehova
in die Ou Testament beskryf word, en of dit
'n baie meer gekompliseerde saak is. (Volgens
ons "Blake Dictionary" "according to the
rabbinical tradition, Elohim represents justice
and Jehovah mercy." Speel Elohim nog 'n rol
in die Christelike tradisie?
Gloudina
>
|
|
|
Re: JESUS IS LORD [boodskap #31665 is 'n antwoord op boodskap #16438] |
Sat, 17 June 2000 00:00   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
KaapseKind wrote:
> Die bedoeling van die Bybel was immers om God se
> intrede by 'n spesifieke volk te beskryf, om God se Hand in die lewens van
> individue uit te wys en om hulle BEPREKTE insig oor hierdie "ingryp" in die
> geskiedenis neer te skryf. (Merk asseblief my eie subjektiewe beoordeling
> van die teks vanuit 'n geloofsoogpunt hier).
>
Mens behoort miskien die Bybel as wyer te sien.
Northrup Frye (een van die beste interpreteerders
van die geskrifte en beeldende werk van William
Blake) noem die Bybel "The Great Code." Daarmee
dink ek hy verstaan dat mens alle state van die
menslike gees en psige in die verskillende karakters
en gebeure van die Bybel kan vind, natuurlik binne
die Judeo-Christelike raamwerk. M.a.w. , waar die
Buddhis sy "Great Code" in ander raamwerke vind,
vind die Christen sy Groot Kode in die Bybel. Wat
gemeenskaplik is tussen die Christen en die Buddhis
is dus die bereiking van hierdie state van die gees en
die psige.
Gloudina
|
|
|
|
|
Re: JESUS IS LORD [boodskap #31682 is 'n antwoord op boodskap #16438] |
Sun, 18 June 2000 00:00   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Barrie Barnard wrote:
> Kaapse Kind
>
> Soos gewoonlik het die ou tante drie poste nodig om een gedagte oor te dra.
> Sy is so slim oor die Bybel, maar glo blykbaar meer in die oosterse gelowe
> as in Christus.
> Blok haar, man, sy korrupteer en net ape glo in haar hoogheiligheid.
>
Dierbaarheid, Barrie, en dan is jy glo 'n
praktiserende Christen, volgens jou eie
beskrywing as ek reg onthou.
Gloudina
|
|
|
|
|
Re: JESUS IS LORD [boodskap #31702 is 'n antwoord op boodskap #16438] |
Mon, 19 June 2000 00:00   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
A.S. Pris wrote:
> Also sprach Gloudina:
> -> Kaapse Kind, baie dankie vir hierdie plasings.
> -> Kan jy my geheue weer verfris: was die plae van Egipte
> -> een van die oorsake van die Eksodus?
>
> Watter eksodus? Daar is omtrent sewe
> eksodusse geboekstaaf. Nie een van hulle is
> gelei deur iemand met die naam Moses nie.
So waarom vertel jy nie vir ons van al seweeksodusse nie.
Also sprach Tante Hessie
|
|
|
Re: JESUS IS LORD [boodskap #31767 is 'n antwoord op boodskap #16438] |
Sat, 24 June 2000 00:00  |
CHS
Boodskappe: 2 Geregistreer: September 1998
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
Ek luister ook.
Sal graag wil weet watter bronne jy gebruik....
--
CH Steenkamp
skryf in boodskap news:394E0DD6.109CC22D@home.com...
> A.S. Pris wrote:
>
>> Also sprach Gloudina:
>> -> Kaapse Kind, baie dankie vir hierdie plasings.
>> -> Kan jy my geheue weer verfris: was die plae van Egipte
>> -> een van die oorsake van die Eksodus?
>>
>> Watter eksodus? Daar is omtrent sewe
>> eksodusse geboekstaaf. Nie een van hulle is
>> gelei deur iemand met die naam Moses nie.
>
> So waarom vertel jy nie vir ons van al seweeksodusse nie.
>
> Also sprach Tante Hessie
>
|
|
|
Bladsye (2): [ 2] |
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Wed Feb 19 03:46:39 UTC 2025
|