Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Vulkane en Ys
Vulkane en Ys [boodskap #31581] Di, 13 Junie 2000 00:00 na volgende boodskap
Dries Venter  is tans af-lyn  Dries Venter
Boodskappe: 299
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Net om julle te keer as julle dalk sou dink die wêreld sal vergaan in 'n
see-oorstroming as die Noordpoolys smelt:

Hmm, ja ys is minder dig as water, maar by die Noordpool kom 'n ander
verskynsel ook voor: Die ys in die Noordpoolstreke dryf op water, maw is nie
landgebonde soos Antarktika nie. Die interessante gevolg hiervan is dat al
sou al die ys in die Noordpool smelt (ek praat nou van die ys wat op die
water dryf, nie iets soos die Groenland-yskap nie) sal die wêreld se oseane
GLAD NIE styg nie. Jy kan self 'n klein eksperiment doen: sit 'n blokkie ys
in 'n glas en tap die glas so vol dat dit net nie oorloop nie, tewens, so
vol dat die oppervlak bokant die glas uitbiggel. Los nou die ys dat dit
smelt - en jy gaan sien dat die glas nie oorloop nie! Hoekom nie? Die ys
is wel "ligter" as die water, maar om in die water te dryf, moet die
ysblokkie 'n massa water verplaas gelyk aan sy eie gewig. En 1 kg ys is nog
altyd 1kg water ook. Dus soos die ys smelt word sy gewig kleiner, maar
dieselfde gewig water word toegevoeg tot die glas - dus die uiteindelike
heoveelheid water in die glas bly dieselfde - en die watervlak verander dus
nie.

As die Suidpoolys sou smelt het ons natuurlik 'n perd van 'n ander kleur -
koebaai kaapstad, Londen, New York, Holland.

Dries
Re: Vulkane en Ys [boodskap #31611 is 'n antwoord op boodskap #31581] Wo, 14 Junie 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 13 Jun 2000 22:05:24 +0200, "Dries Venter"
wrote:

verskynsel ook voor: Die ys in die Noordpoolstreke dryf op water, maw is nie[/color]
> landgebonde soos Antarktika nie. Die interessante gevolg hiervan is dat al
> sou al die ys in die Noordpool smelt (ek praat nou van die ys wat op die
> water dryf, nie iets soos die Groenland-yskap nie) sal die wêreld se oseane
> GLAD NIE styg nie.>>

Maar, Dries, as dit sou smelt sou dit beteken dat die omgewing warm
genoeg geword het sodat dit kan smelt. En dit sal beteken die wereld
se oseane sal warmer wees. En warm dinge sit uit. Water ook. So die
water sal uitsit. Dit sal oseane laat styg (groter liggaam van water)
dit sal beteken dat land sal oorstroom vanwee 'n hoe"r watervlak..
Re: Vulkane en Ys [boodskap #31612 is 'n antwoord op boodskap #31581] Wo, 14 Junie 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
boer...  is tans af-lyn  boer...
Boodskappe: 191
Geregistreer: Mei 2000
Karma: 0
Senior Lid
hmm,so dit maak nie saak na watter kant ons kyk nie,die watervlak gaan styg,en al
styg dit slegs 'n paar sentimeter gaan die uitwerking op die klimaat geweldig
wees,want die een ding gaan na 'n ander lei en 'n kettingreaksie aan die gang
sit.
So,waar is die veiligste plek op aarde ?,ons moet solank maar daar gaan plak.

Boertjie

Ferdi Greyling wrote:

> On Tue, 13 Jun 2000 22:05:24 +0200, "Dries Venter"
> wrote:
>
> in 'n
>> see-oorstroming as die Noordpoolys smelt:
>>
>> Hmm, ja ys is minder dig as water, maar by die Noordpool kom 'n ander
>> verskynsel ook voor: Die ys in die Noordpoolstreke dryf op water, maw is nie
>> landgebonde soos Antarktika nie. Die interessante gevolg hiervan is dat al
>> sou al die ys in die Noordpool smelt (ek praat nou van die ys wat op die
>> water dryf, nie iets soos die Groenland-yskap nie) sal die wêreld se oseane
>> GLAD NIE styg nie.>>
>
> Maar, Dries, as dit sou smelt sou dit beteken dat die omgewing warm
> genoeg geword het sodat dit kan smelt. En dit sal beteken die wereld
> se oseane sal warmer wees. En warm dinge sit uit. Water ook. So die
> water sal uitsit. Dit sal oseane laat styg (groter liggaam van water)
> dit sal beteken dat land sal oorstroom vanwee 'n hoe"r watervlak..
Re: Vulkane en Ys [boodskap #31631 is 'n antwoord op boodskap #31581] Do, 15 Junie 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Dries Venter  is tans af-lyn  Dries Venter
Boodskappe: 299
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Een van die heel merkwaardige dinge omtrent water is dat dit nie vreelik
deur temperatuur gepla word (in vloeibare vorm nie). So water by 100 grade
C het amper dieselfde digtheid as by 4 grade C. Vir die doeleindes van
hierdie bespreking, dink ek daardie effek gaan weglaatbaar klein wees.

Iets wat ek m nou die aand, nadat ek die onderstaande boodskap gestuur het,
aan gedink gesit het, is: Wat van die Groenlandse Yskap se ys? Hoeveel is
dit in vergelyking met Antarktika s'n? Sal dit 'n beduidende invloed hê op
die seespieël as dit sou smelt? Ek weet mens is geneig om Groenland se
grootte totaal te oorskat vanweë die distorsies wat kaarte van daardie
gebied gewoonlik bevat, maar ek weet nie hoe groot dit in werklikheid is
nie, en hoe diep die ys daaroor lê nie.

Daar is ook mense wat beweer dat die smelt van ie yskappe uiteendelik die
volgende aanbreek ystydperk sou verhaas, omdat daar aanvanklik deur die
warmer water en lug, meer waterdamp in die atmosfeer sal beland, met
gevolglike meer afkoeling van die atmosfeer en meer neerslag in die vorm van
sneeu.

Ek sal maar Kongo toe trek.

Groete,
Dries Venter

Ferdi Greyling wrote in message ...
> On Tue, 13 Jun 2000 22:05:24 +0200, "Dries Venter"
> wrote:
>
> in 'n
>> see-oorstroming as die Noordpoolys smelt:
>>
>> Hmm, ja ys is minder dig as water, maar by die Noordpool kom 'n ander
>> verskynsel ook voor: Die ys in die Noordpoolstreke dryf op water, maw is nie
>> landgebonde soos Antarktika nie. Die interessante gevolg hiervan is dat al
>> sou al die ys in die Noordpool smelt (ek praat nou van die ys wat op die
>> water dryf, nie iets soos die Groenland-yskap nie) sal die wêreld se oseane
>> GLAD NIE styg nie.>>
>
> Maar, Dries, as dit sou smelt sou dit beteken dat die omgewing warm
> genoeg geword het sodat dit kan smelt. En dit sal beteken die wereld
> se oseane sal warmer wees. En warm dinge sit uit. Water ook. So die
> water sal uitsit. Dit sal oseane laat styg (groter liggaam van water)
> dit sal beteken dat land sal oorstroom vanwee 'n hoe"r watervlak..
>
Re: Vulkane en Ys [boodskap #31632 is 'n antwoord op boodskap #31581] Do, 15 Junie 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Louis Joubert  is tans af-lyn  Louis Joubert
Boodskappe: 8
Geregistreer: Junie 2000
Karma: 0
Junior Lid
...Dus trek ek volhartig terug wat ek oor die digtheid van ys oor water gesê
het: ys is *minder* dig as water. Is dit dan nie waarom die see bodem in die
N Pool nie bedek is met ys nie?

Louis

"Ferdi Greyling" skryf in boodskap news:39516909.96270337@news.is.co.za...
> On Tue, 13 Jun 2000 22:05:24 +0200, "Dries Venter"
> wrote:
>
> in 'n
>> see-oorstroming as die Noordpoolys smelt:
>>
>> Hmm, ja ys is minder dig as water, maar by die Noordpool kom 'n ander
>> verskynsel ook voor: Die ys in die Noordpoolstreke dryf op water, maw is nie
>> landgebonde soos Antarktika nie. Die interessante gevolg hiervan is dat al
>> sou al die ys in die Noordpool smelt (ek praat nou van die ys wat op die
>> water dryf, nie iets soos die Groenland-yskap nie) sal die wêreld se oseane
>> GLAD NIE styg nie.>>
>
> Maar, Dries, as dit sou smelt sou dit beteken dat die omgewing warm
> genoeg geword het sodat dit kan smelt. En dit sal beteken die wereld
> se oseane sal warmer wees. En warm dinge sit uit. Water ook. So die
> water sal uitsit. Dit sal oseane laat styg (groter liggaam van water)
> dit sal beteken dat land sal oorstroom vanwee 'n hoe"r watervlak..
>
Re: Vulkane en Ys [boodskap #31633 is 'n antwoord op boodskap #31581] Do, 15 Junie 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
T de Wet  is tans af-lyn  T de Wet
Boodskappe: 446
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ek het eenkeer iewers gelees dat indien die ys op beide polkappe sou smelt,
dan sal die seevlak met ten minste 250 meter styg. Onthou, water is op sy
digste teen 4grade C en begin uitsit in volume sodra dit onder 4 grade
afgekoel word.

Thys (geen vuurpyl wetenskaplike) oppie 'Bos
in die Boland waar die blou-blou berge troon...

Ferdi Greyling wrote in message ...
> On Tue, 13 Jun 2000 22:05:24 +0200, "Dries Venter"
> wrote:
>
> in 'n
>> see-oorstroming as die Noordpoolys smelt:
>>
>> Hmm, ja ys is minder dig as water, maar by die Noordpool kom 'n ander
>> verskynsel ook voor: Die ys in die Noordpoolstreke dryf op water, maw is nie
>> landgebonde soos Antarktika nie. Die interessante gevolg hiervan is dat al
>> sou al die ys in die Noordpool smelt (ek praat nou van die ys wat op die
>> water dryf, nie iets soos die Groenland-yskap nie) sal die wêreld se oseane
>> GLAD NIE styg nie.>>
>
> Maar, Dries, as dit sou smelt sou dit beteken dat die omgewing warm
> genoeg geword het sodat dit kan smelt. En dit sal beteken die wereld
> se oseane sal warmer wees. En warm dinge sit uit. Water ook. So die
> water sal uitsit. Dit sal oseane laat styg (groter liggaam van water)
> dit sal beteken dat land sal oorstroom vanwee 'n hoe"r watervlak..
>
Re: Vulkane en Ys [boodskap #31685 is 'n antwoord op boodskap #31581] So, 18 Junie 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
us...  is tans af-lyn  us...
Boodskappe: 23
Geregistreer: Junie 2000
Karma: 0
Junior Lid
Also sprach Boer...@eskom.co.za
-> So,waar is die veiligste plek op aarde ?,ons moet solank maar daar gaan plak.
->
-> Boertjie

Voor die Tweede wereldoorlog het 'n
Amerikaner vir hom 'n Suidsee-eiland gekoop
om uit die oorlog te bly. Raai watter eiland
is die eerste deur dfie Jappanners ingeval?
Re: Vulkane en Ys [boodskap #31686 is 'n antwoord op boodskap #31581] So, 18 Junie 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
boer...  is tans af-lyn  boer...
Boodskappe: 191
Geregistreer: Mei 2000
Karma: 0
Senior Lid
Foei tog,die arme ou,hy het duidelik die verkeerde eiland gekoop.

Groete
boertjie

"A.S. Pris" wrote:

> Also sprach Boer...@eskom.co.za
> -> So,waar is die veiligste plek op aarde ?,ons moet solank maar daar gaan plak.
> ->
> -> Boertjie
>
> Voor die Tweede wereldoorlog het 'n
> Amerikaner vir hom 'n Suidsee-eiland gekoop
> om uit die oorlog te bly. Raai watter eiland
> is die eerste deur dfie Jappanners ingeval?
Re: Vulkane en Ys [boodskap #31746 is 'n antwoord op boodskap #31581] Do, 22 Junie 2000 00:00 Na vorige boodskap
Out of Africa  is tans af-lyn  Out of Africa
Boodskappe: 2
Geregistreer: Junie 2000
Karma: 0
Junior Lid
As die water nou regtig te veel raak, beduie net vir Robert Mugabe hy mag
geen water uit die oseane nasionaliseer nie - hy sal wel 'n plan met die
oortolige watertjies kan maak - oa herverdeel sodat daar niks van dit oorbly
nie.

--
Cobus Scheepers
Pietersburg *** South Africa
(27) 0832447754
sie...@mweb.co.za
http://www.sprayvitamins.co.za

"A.S. Pris" skryf in boodskap news:394fec61.260846185@news.mweb.co.za...
> Also sprach Boer...@eskom.co.za
> -> So,waar is die veiligste plek op aarde ?,ons moet solank maar daar gaan plak.
> ->
> -> Boertjie
>
> Voor die Tweede wereldoorlog het 'n
> Amerikaner vir hom 'n Suidsee-eiland gekoop
> om uit die oorlog te bly. Raai watter eiland
> is die eerste deur dfie Jappanners ingeval?
Vorige onderwerp: Re: Is Zimbabwe's Mugabe expecting military support from Cuba?
Volgende onderwerp: Ooo
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 01 23:16:36 MGT 2024