Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: AFRIKAANS vir Paul Roberge
Re: AFRIKAANS vir Paul Roberge [boodskap #31426] Wo, 07 Junie 2000 00:00
T de Wet  is tans af-lyn  T de Wet
Boodskappe: 446
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ek kan dit net korrigeer na beter Afrikaans soos wat ons dit ken:
>
> 1. Geen mens het die verligting nie gesien nie.
Geen mens het die verligting gesien nie.

> 2. Niemand kom nie van sy plaas nie.
Niemand kom van sy plaas nie of (nobody comes from his farm)
Niemand kom van sy plaas af nie (nobody gets off his farm)

>
> 3a. Niemand anders nie het opgedaag nie. Niemand anders het opgedaag nie
>
> 3b. Niemand anders het nie opgedaag nie. Niemand anders het opgedaag nie
>
> 4. Ek het niemand nie gesien nie.
Ek het niemand gesien nie of (I saw nobody)
Ek het nie iemand gesien nie (I dit not see anybody)
>
> 5. Die ou vent was nog nooit nie siek gewees nie.
Die ou vent was nog nooit siek nie

'Was nog nooit siek gewees nie" is 'n oordrewe vorm (Killed him dead)
>
> 6. Hy gaan nooit nie skryf nie. Hy gaan nooit skryf nie
>
> 7. Ek sal jou nooit nie vergeet nie.
Ek sal jou nooit vergeet nie
As ek jou nooit nie vergeet nie sal ek jou ooit kan onthou?
>
> 8. Ons kan dit nerens nie laat repareer nie.
Ons kan dit nêrens laat herstel nie (repareer is anglesisties, maar
aanvaarbaar, herstel is 'n beter afrikaanse woord daarvoor)
>
> 9. Hy wil niks nie eet nie. Hy wil niks eet nie
>
> Lastly, how about the second NIE in 10?
>
> 10. Jy weet mos dat ons nie sommer nie vir jou sal jok nie. Jy weet mos dat ons nie sommer vir jou sal jok nie
>
> Any comments/opinions would be gratefully appreciated.
>
> By voorbaat baie dankie!
>
> Paul T. Roberge
> Professor of Germanic Languages
> University of North Carolina, Chapel Hill
>
> E-mail: p...@email.unc.edu
Vorige onderwerp: Volsgeskiedenis:
Volgende onderwerp: Niks snaaks nie - nelson.jpg (0/1)
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Sep 27 22:38:13 MGT 2024