Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Volsgeskiedenis:
Volsgeskiedenis: [boodskap #31348] Ma, 05 Junie 2000 00:00 na volgende boodskap
boer...  is tans af-lyn  boer...
Boodskappe: 191
Geregistreer: Mei 2000
Karma: 0
Senior Lid
3 Junie 1900:
Lord Roberts verwerp 'n wapenstilstand in Natal en mars met 20000 troepe
op na Pretoria.Verskeie klein gevegte rondom Pretoria vind plaas,maar
oor die algemeen word nie veel sukses behaal nie.
4 Junie 1900:In Pretoria probeer staatprokureur Jan Smuts wet en orde
handhaaf en lê beslag op alle munte en ponde.Hy kry 250 000 ongemuntde
ponde in die hande en stuur dit vir die ZAR regering per spoor na
Machadodorp(vandaar die kruger miljoene).
5 Junie 1900:Lord Roberts neem Pretoria in teen 14:00.Die boere magte
neem verskeie rante ten ooste van Pretoria in as stellings.In die
vrystaat verskuif die setel van regering onder Pres Steyn na Bethlehem.
Re: Volsgeskiedenis: [boodskap #31349 is 'n antwoord op boodskap #31348] Ma, 05 Junie 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Boer...@eskom.co.za wrote:

> Ek sal self so 'n bietjie gaan "opswot",maar ek weet dat Willie Botha darem nooit
> aan die engelse se kant gaan veg het nie,maar dat sy kinders op die ou end in
> engeland beland het,en daar gaan bly het.
>

Jy dink heelwaarskynlik aan die kleinseun van Willie Botha. Ek
haal aan uit "Die Vyf Swemmers" van C.J. Barnard:
"Prof. Steyn (seun van Willie) se seun Johan van Zyl Steyn
(gebore 32) was eweneens 'n knap student in die regte aan die
universiteit van Stellenbosch en Oxford (waar hy met 'n Rhodes
beurs gestudeer het.) Hy het lank as advokaat in Kaapstad
gepraktiseer en in 1973 na Brittanje geemigreer. Na 12 jaar as
advokaat in London is hy in 1985 tot regter van die Britse
Ho"erhof benoem en tot ridder geslaan (sir Johan Steyn.)"
Hier is die ietwat tragiese geskiedenis van sir Johan Steyn
se pa, dus die seun van Willie Botha.
"Izak van Zyl Steyn was 'n briljante student in die regte
aan die Universiteit van Stellenbosch. In 1927 het hy die
graad LL.B en in 1929 die graad LL.D.behaal, onderskeidelik
op die ouderdom van 22 en 24 jaar. In 1930 het hy op 'n studiereis
in Europa verskeie universiteite besoek en die volgende jaar is hy
op 26-jarige ouderdom as professor op Stellenbosch aangestel.
Hy is in Mei 1935 skielik op die ouderdom van 30 jaar oorlede."

Gloudina
Re: Volsgeskiedenis: [boodskap #31350 is 'n antwoord op boodskap #31348] Ma, 05 Junie 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
boer...  is tans af-lyn  boer...
Boodskappe: 191
Geregistreer: Mei 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ja inderdaad,dit is tog snaaks en baie keer eienaardig oor hoe die
geskiedenis sy loop neem.Kyk maar na die vyf swemmers wat van die Catalonia
af ontsnap het in die baai van Ceylon en hoe heelwat van hulle later tog vir
die engelse geveg het.
Boertjie

@home.com wrote:

> Boer...@eskom.co.za wrote:
>
>> 4 Junie 1900:In Pretoria probeer staatprokureur Jan Smuts wet en orde
>> handhaaf en lê beslag op alle munte en ponde.Hy kry 250 000 ongemuntde
>> ponde in die hande en stuur dit vir die ZAR regering per spoor na
>> Machadodorp(vandaar die kruger miljoene).
>
> Dis nou die Generaal Smuts wat die Nasionaliste in die middel
> van die twintigste eeu gaan sien het as 'n duiwel wat ten alle
> koste beveg moet word. Ek lees juis hoe N.P. van Wyk Louw
> (baas-Broederbonder in die dertig- en veertigerjare) vir Smuts
> gehaat het (ten spyte van die feit dat NP se eie ouers Sappe
> was.)
>
> Gloudina
Re: Volsgeskiedenis: [boodskap #31414 is 'n antwoord op boodskap #31348] Wo, 07 Junie 2000 00:00 Na vorige boodskap
Git  is tans af-lyn  Git
Boodskappe: 29
Geregistreer: Mei 2000
Karma: 0
Junior Lid
Almal sing saam - 1,2,3!

We are marching to Pretoria, Pretoria, Pretoria.....

wrote in message
news:393BD888.B15799A6@eskom.co.za...
> 3 Junie 1900:
> Lord Roberts verwerp 'n wapenstilstand in Natal en mars met 20000 troepe
> op na Pretoria.Verskeie klein gevegte rondom Pretoria vind plaas,maar
> oor die algemeen word nie veel sukses behaal nie.
> 4 Junie 1900:In Pretoria probeer staatprokureur Jan Smuts wet en orde
> handhaaf en lê beslag op alle munte en ponde.Hy kry 250 000 ongemuntde
> ponde in die hande en stuur dit vir die ZAR regering per spoor na
> Machadodorp(vandaar die kruger miljoene).
> 5 Junie 1900:Lord Roberts neem Pretoria in teen 14:00.Die boere magte
> neem verskeie rante ten ooste van Pretoria in as stellings.In die
> vrystaat verskuif die setel van regering onder Pres Steyn na Bethlehem.
>
Vorige onderwerp: Boemelaar
Volgende onderwerp: Re: AFRIKAANS vir Paul Roberge
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 05 08:14:27 MGT 2024