Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Volsgeskiedenis:
Re: Volsgeskiedenis: [boodskap #31345] Ma, 05 Junie 2000 00:00
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Boer...@eskom.co.za wrote:

> Ja inderdaad,dit is tog snaaks en baie keer eienaardig oor hoe die
> geskiedenis sy loop neem.Kyk maar na die vyf swemmers wat van die Catalonia
> af ontsnap het in die baai van Ceylon en hoe heelwat van hulle later tog vir
> die engelse geveg het.

Het sommige van hulle werklik aan Engelskant gaan
veg? Ek sal weer moet teruggaan na "Die vyf Swemmers"
(die hervertelling van daardie storie deur Johan Barnard-
iemand wat ek ken) om uit te vind wie die ouens is.

Gloudina
Re: Volsgeskiedenis: [boodskap #31346 is 'n antwoord op boodskap #31345] Ma, 05 Junie 2000 00:00 Na vorige boodskap
boer...  is tans af-lyn  boer...
Boodskappe: 191
Geregistreer: Mei 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ek sal self so 'n bietjie gaan "opswot",maar ek weet dat Willie Botha darem nooit
aan die engelse se kant gaan veg het nie,maar dat sy kinders op die ou end in
engeland beland het,en daar gaan bly het.

Boertjie

@home.com wrote:

> Boer...@eskom.co.za wrote:
>
>> Ja inderdaad,dit is tog snaaks en baie keer eienaardig oor hoe die
>> geskiedenis sy loop neem.Kyk maar na die vyf swemmers wat van die Catalonia
>> af ontsnap het in die baai van Ceylon en hoe heelwat van hulle later tog vir
>> die engelse geveg het.
>
> Het sommige van hulle werklik aan Engelskant gaan
> veg? Ek sal weer moet teruggaan na "Die vyf Swemmers"
> (die hervertelling van daardie storie deur Johan Barnard-
> iemand wat ek ken) om uit te vind wie die ouens is.
>
> Gloudina
Re: Volsgeskiedenis: [boodskap #31347 is 'n antwoord op boodskap #31345] Ma, 05 Junie 2000 00:00 Na vorige boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Boer...@eskom.co.za wrote:

> 4 Junie 1900:In Pretoria probeer staatprokureur Jan Smuts wet en orde
> handhaaf en lê beslag op alle munte en ponde.Hy kry 250 000 ongemuntde
> ponde in die hande en stuur dit vir die ZAR regering per spoor na
> Machadodorp(vandaar die kruger miljoene).

Dis nou die Generaal Smuts wat die Nasionaliste in die middel
van die twintigste eeu gaan sien het as 'n duiwel wat ten alle
koste beveg moet word. Ek lees juis hoe N.P. van Wyk Louw
(baas-Broederbonder in die dertig- en veertigerjare) vir Smuts
gehaat het (ten spyte van die feit dat NP se eie ouers Sappe
was.)

Gloudina
Vorige onderwerp: "Ooit" in Nederlands en Afrikaans
Volgende onderwerp: Re: BAsters
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Jun 26 11:42:59 MGT 2024