Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » "Ooit" in Nederlands en Afrikaans
"Ooit" in Nederlands en Afrikaans [boodskap #31337] |
Sun, 04 June 2000 00:00  |
Simon van der Schans
Boodskappe: 263 Geregistreer: January 1999
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
In 'n onlangse pos het Arthur die woord "ooit" op twee plekke
gebruik, in 'n verskillende konteks. In die eerste plek:
"Een paar uur voor prinses Juliana en haar gezin uit Chatham
vertrokken werd vlakbij een enorme Duitse onderzee�r (naar
verluid de enige van het type XI die ooit gebouwd is) tot zinken
gebracht."
Hier slaan die woord op die verlede. Dit is ook die sin waarin
die woord "ooit" in Afrikaans gebruik word.
In die tweede plek:
"De staat New York is één van de plekken die ik ooit nog eens
uitgebreid wil bezoeken"
Hier slaan die woord lyk my op die toekoms. In Afrikaans word
die woord "ooit" nie in hierdie konteks gebruik nie. Is dit 'n
meer moderne gebruik van die woord in Nederlands?
Swart Simon
|
|
|
|
|
Re: "Ooit" in Nederlands en Afrikaans [boodskap #31388 is 'n antwoord op boodskap #31337] |
Mon, 05 June 2000 00:00  |
Kaaskop
Boodskappe: 20 Geregistreer: May 2000
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
Hoi Swart Simon
Ek sukkel lekker met die Nederlands, dus moet jy dié maar met 'n knippie
sout neem:
Die nederlanders gebruik ooit letterlik as die teenoorgestelde van nooit...
Verlede of toekoms maak geen verskil in die woord nie.
Groete
Kaaskop
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Sun Mar 09 10:17:32 UTC 2025
|