Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Toekoms Advies vir: Verhoogde Produksie Inisiatief vir ons Paradys
Toekoms Advies vir: Verhoogde Produksie Inisiatief vir ons Paradys [boodskap #31094] So, 28 Mei 2000 00:00 na volgende boodskap
reisiger  is tans af-lyn  reisiger
Boodskappe: 646
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Wil graag die Regering van ons Paradys, en elders op die
Planeet, insluitend Individue, Organisasies, en Regerings, wat
deel neem aan die Afrika Renaissance, en veral die ANC gelukwens
vir die super sukses wat bereik is sover, asook vir die toekoms.
Veral vir die volgende: Deursettings vermoë en vasberadenheid.
Die menige inisiatiewe geneem deur President Thabo Mbeki, Staats
departmente en die Private Sektor, ten bate van miv+/vigs
navorsing in ons Paradys, en elders op die Planeet. Effektiewe
beleids bestuur aangaande die verskaffing van hulp bystand, en
brandstof pryse. Insluitend die menige bydraes wat gelewer word
aan die Afrika en Suid Afrika Renaissance. En om die Regering
van ons Paradys, en elders op die Planeet, te ondersteun om
hulle doelwitte te bereik. Vir die Persone van ons Paradys, en
elders op die Planeet. En nog baie meer. Byvoorbaat baie dankie.
Dit word inniglik waardeer.

Wil ook graag alle Verskaffers van goedere aan die
Vervaardigings industrie waarna hier verwys word, gelukwens vir
die super sukses wat bereik is sover, asook vir die toekoms.
Veral vir die volgende: Deursettings vermoë en vasberadenheid.
Verskaffing van hoogs betroubare en bekostigbare produkte en
ondersteunings dienste. Volgehoue navorsing, om beter tegnieke
bekend te stel. Insluitend die menige bydraes wat gelewer word
aan die Afrika en Suid Afrika Renaissance. Asook om die Regering
van ons Paradys, en elders op die Planeet te ondersteun om hulle
doelwitte te bereik. En nog baie meer. Byvoorbaat baie dankie.
Dit word inniglik waardeer.

'n Saak wat na aan die hart raak, is om die vrede en voorspoed
van die Persone van ons Paradys, en elders op die Planeet,
asemrowend te verhoog.

Behou geloof, hoop en liefde. Onthou die oomblik het aangebreek
om eksponensieel ondersteuning te verkry. Verstaan enige advies
hier word gegee in die gees van Vryheid van Keuse. Enige persoon
het die reg om dit te gebruik net soos dit is, en / of te
verander na vrye wil.

Definisie van terme wat in hierdie bydrae gebruik word -

Vervaardigers - Vervaardigers en/of Verspreiders, wat goedere
verskaf om aan Verbruikers verkoop te word.
Verskaffers - Verskaf goedere aan bg. Vervaardigers, om verkoop
te word.
Goedere - Goedere en/of dienste (behalwe persone) verskaf deur
Verskaffers aan Vervaardigers.
Verbruikers - Die bree publiek.

En om hierdie waardevolle bydrae te begin -

Wil graag voorstel om ontmoetings te verhoog met Verskaffers en
Vervaardigers plaaslik en oorsee. In die
vervaardig-vir-bestelling en vervaardig-vir-voorraad omgewings.
In die geval waar goedere verskaf word aan Vervaardigers in ons
Paradys, deur beide plaaslike en oorsese Verskaffers. Om die
balansering van die verskaffing van goedere deur Verskaffers
beide plaaslik en oorsee aan plaaslike Vervaardigers te verhoog.
Tot voordeel van alle betrokke partye. Waar toekomstige
benodighede, vasgestel deur plaaslike Vervaardigers, bekend is
vir lang perioded voor die tyd. Die stel van kwotas kan ook
verhoog word vir goedere wat plaaslik en/of oorsee verskaf word,
waar plaaslike en oorsese Verskaffers genoegsame menslike hulp
bronne en materiaal beskikbaar het om produkte plaaslik te
verskaf, waar en wanneer dit benodig word.

Hoogstens aangeraai, om die balansering van die verskaffing van
goedere deur plaaslike en oorsese Verskaffers vir goedere
benodig in bg. geval te verhoog. Prys / prestasie faktore en
evaluasie van Verskaffers plaaslik en oorsee kan ook verhoog
word. Die monitor van goedere wat verskaf word - deur plaaslike
en oorsese Verskaffers - kan ook verhoog word. Belasting
toegewings kan ook verhoog word vir Vervaardigers wat suksesse
behaal op hierdie gebied. Gemeet aan maatstawwe deur
onderhandelings vooraf bepaal.

Wette kan ook verhoog word in hierdie verband. Om regverdigheid
te verhoog vir beide plaaslike en oorsese Verskaffers van
goedere aan Vervaardigers in ons Paradys.

Produksie kapasiteit van huidige Verskaffers en Vervaardigers
van goedere kan ook verhoog word, waar moontlik. Asook om die
deel van skedules wat benodighede identifiseer, te verhoog aan
Verskaffers van goedere aan Vervaardigers. En/of kort en lang
termyn verwagtinge, wanneer beskikbaar. Om die beskikbaarheid
van goedere plaaslik te verhoog deur plaaslike en oorsese
verskaffers.

Uitnodigings kan ook verhoog word aan oorsese Vervaardigers, om
goedere plaaslik te vervaardig, in die geval waar verhoogde
aanvraag ondervind word. Om die profytvolheid van bg.
Vervaardigers te verhoog. Produksie inisiatiewe in ons Paradys,
en elders in Afrika, kan ook verhoog word. Vir goedere benodig
deur die Suid Afrika en Afrika Renaissance. Veral in gebiede
waar voldoende menslike hulp bronne en materiaal beskikbaar is.
SABS standaard toetsing kan ook verhoog word, voordat daar met
produksie begin word.

Daarna kan fabrieke opgerig word vir massa produksie op verskeie
plekke, nl. Oos, Wes en Noord Kaap, Kwa-Zoeloe Natal, Vrystaat,
Gauteng. Veral Noordelike Provinsie en Mpumalanga. Asook elders
waar voldoende menslike hulp bronne en materiaal beskikbaar is.

Bestudeer verbruikers benodighede plaaslik, asook elders op die
Planeet, om plaaslike en uitvoer mark potensiaal en benodigdhede
vas te stel.

Wanneer hierdie inisiatief suksesvol is in ons Paradys, kan dit
elders in Afrika, en op die Planeet implementeer word. Waar
voldoende aanvraag, en/of die grootste gedeelte van menslike
hulp bronne en materiaal beskikbaar is in die land waar dit
implementeer word.

Dit kan President Thabo Mbeki geweldig ondersteun. Veral waneer
President Mbeki die Suid Afrika, en veral die Afrika Renaissance
'n kwantum sprong vorentoe neem, omtrent Junie 2000. President
Mbeki kan suksesse behaal in die Suid Afrika Renaissance herhaal
vir menige Lande wat aan die Afrika Renaissance deelneem. En dit
die sukses maak wat dit verdien om te wees.

Kyk na die asemrowende resultate - bo alle verwagtinge:
Werks geleendhede kan asemrowend verhoog word.
Balans van plaaslike en oorsese verskaffing van goedere kan
asemrowend verhoog word.
Lang termyn regverdigheid van plaaslike en oorsese Verskaffers
van goedere aan plaaslike Vervaardigers kan asemrowend verhoog
word.
Enorme uitvoer mark potensiaal.
Gemeenskaplike belange kan alle partye geweldig bevoordeel.
Die Afrika en Suid Afrika Renaissance kan 'n kwantum sprong
vorentoe neem.
En 'n beter lewe kan vir almal geskep word.

Eendrag maak mag. Persone wat mekaar ondersteun, oorleef saam in
'n beter wereld. Hierdie is die poging om 'n pad te skep na die
21e Eeu d.m.v. grootheid, goedheid en grasie. Love all Serve
all.

Hoop dit help. Saam vir 'n beter toekoms. Een vir almal en Almal
vir een. Word 'n magiese Persoon en help om 'n Paradys en
Planeet te skep waar almal gelukkig is en bevry is van pyn en
leiding.

Staan aanhoudend op vir die reg om te lewe, asook kwaliteit van
lewe, asof dit u laaste geleendheid is.

Presteer Voluit om die Verstand, Vlees en Voorspoed van die
Persone van ons Paradys, en elders op die Planeet, met Prag en
Praal, Passie, asook Profytvol te kan Volhou, sodat hulle na
hulle Prys, hulle Piek, kan Peil.

Ns. Indien enige sissende slange aan enigiemand hier ge-uiter
word, is dit a.g.v. 'n blinke kol in die logika, wat reggestel
sal word wanneer dit raakgesien is. Apologie word noual
aangeteken daarvoor. Vergewe asb.

Re: Toekoms Advies vir: Verhoogde Produksie Inisiatief vir ons Paradys [boodskap #31223 is 'n antwoord op boodskap #31094] Wo, 31 Mei 2000 00:00 Na vorige boodskap
reisiger  is tans af-lyn  reisiger
Boodskappe: 646
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Die reisiger skryf...

> Verskaffers - Verskaf goedere aan bg. Vervaardigers, om verkoop
> te word.

Groei bg. lyn na...

Verskaffers - Verskaf goedere en/of grondstowwe en/of
verpakkings materiaal, ens. aan bg. Vervaardigers, om eind
produkte mee te vervaarding, om verkoop te word.

Vorige onderwerp: Re: volksvreemdes
Volgende onderwerp: Re: Bestel Lysie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Jun 18 11:46:06 MGT 2024