| Re: Re - Helderberg & Saam vir 'n beter toekoms [boodskap #31041] |
Sa., 27 Mei 2000 00:00  |
Reenen van Niekerk
Boodskappe: 441 Geregistreer: April 2000
|
Senior Lid |
|
|
Ek het van die begin gese daar word iets weggesteek. Die probleem nou is dat
die S A L alleen verantwoording moet doen vir so n onbesonne daad. Al die
geld in die wereld sal egter nie die famielie terugbring wat dood is nie. Ek
dink veral aan die kinders wat ouers verloor het, veral die wat sy ma en pa
verloor het en nou deur die ouma grootgemaak moet word.
Onlags het iemand op die nuusgroep genoem dit is suurstofdiewe wat dood is
en ek wag nog vir n antwoord op my vraag wat ek hom gevra het. Hy sal weet
wie hy was.
Reenen van Niekerk
skryf in boodskap news:392F36DC.7A80C872@home.com...
> PAT wrote:
>
>> Die hele Helderbergstorie skok my, maar wat my verbaas is dat
>> die Amerikaanse media nog nie die storie opgetel het nie.
>
> Die oorspronklike neerstort van die vliegtuigwas wel op die TV, onthou
> ek nog. Dit het
> mos sommer so voor 'n klomp toeriste op
> die strand neergestort. Maar jy is reg, ek het
> nog niks van die huidige kontroversie oor die
> Helderberg selfs hier in die Kanadese koerante
> gesien nie. Wonder hoekom dit nie nuus maak
> nie.
>
> Gloudina
>
|
|
|
|
| Re: Re - Helderberg & Saam vir 'n beter toekoms [boodskap #31042 is 'n antwoord op boodskap #31041] |
Sa., 27 Mei 2000 00:00   |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
PAT wrote:
> Ek was altyd onder die indruk dat S.A. jare al die kapasiteit
> had om
> n kernbom te ontwikkel, hoekom sou hulle uit Europa iets moes
> invoer?
>
SA het sy eie proses om uraan te verryk ontwikkel.
Maar komponente om die bom aanmekaar te sit,
moes seker in ander lande gesoek word.
Tussen 1964-1968 het ons in Pretoria gebly,
en as gevolg van my man se werk sosiaal in
aanraking gekom met jong manne wat by
Pelindaba gewerk het. Niemand kon ooit
verstaan hoekom hierdie outjies, wat plum
jobs by universiteite aangebied was, nie van
Pelindaba wou weggaan nie. Ek wonder
soms in hoe 'n gevorderde stadium hulle
kapasiteit toe al was om 'n kernbom te
maak. Die nuwe regering, as ek reg onthou,
het besluit om SA se kernwapens te
vernietig. Dit was 'n moedige stap. So
ook die besluit om die doodsstraf af te
skaf. Dis sulke besluite wat my laat weet
dat SA nou in 'n meer verligte eeu lewe.
Gloudina
|
|
|
|
|
|
| Re: Re - Helderberg & Saam vir 'n beter toekoms [boodskap #31044 is 'n antwoord op boodskap #31041] |
Sa., 27 Mei 2000 00:00   |
Bongoman
Boodskappe: 14 Geregistreer: Mei 2000
|
Junior Lid |
|
|
On Sat, 27 May 2000 02:39:04 GMT, @home.com wrote:
> PAT wrote:
>
>> Die hele Helderbergstorie skok my, maar wat my verbaas is dat
>> die Amerikaanse media nog nie die storie opgetel het nie.
>
> Die oorspronklike neerstort van die vliegtuigwas wel op die TV, onthou
> ek nog. Dit het mos sommer so voor 'n klomp toeriste op
> die strand neergestort. Maar jy is reg, ek het
> nog niks van die huidige kontroversie oor die
> Helderberg selfs hier in die Kanadese koerante
> gesien nie. Wonder hoekom dit nie nuus maak
> nie.
>
> Gloudina
>
Daardie was die gekaapte Ethiopiese vliegtuig wat deur
SA wittebroodsvierders afgeneem is: "Wat is dit, Skattie?
WAT is DIT, skattie? Oooo sjit!" helder oordag in vlak
water kort naby die strand.
Die Helderberg het in die middel van die nag soos 'n groot
fakkel tagtig myl van Mauritius in diep water geval.
Die huidige onthullings pluk uit die onhoorbare vorige gesprekke
op die vlugopnemer verwysings na "Boy George" wat glo na 'n
kerntoestel verwys. Dis oënskynlik snert, want die Uraan is
plaaslik verryk en die kernbomme is hier gemaak. Taiwan het nog
steeds nie kerntegnologie nie. En al gooi jy Uraan in
'n vuur, sal dit nie ontplof nie.
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Re - Helderberg & Saam vir 'n beter toekoms [boodskap #31071 is 'n antwoord op boodskap #31041] |
So., 28 Mei 2000 00:00   |
boer...
Boodskappe: 191 Geregistreer: Mei 2000
|
Senior Lid |
|
|
Ja Gloudina ons is miskien in 'n verligte eeu ,maar die lig is darem nog
baie ver in die donker tonnel.As ons dieselfde mate van vryheid vir
mense kan kry as wat in die meeste westerse lande heers sal dit nogal
nie 'n vrot plek wees nie,maar omstandighede maak ons moeg,en baie keer
wonder ek of die doodstraf nie beter sou gewees het nie,dan net as 'n
afskrikmiddel vir die misdadigers.
@home.com wrote:
> PAT wrote:
>
>> Ek was altyd onder die indruk dat S.A. jare al die kapasiteit
>> had om
>> n kernbom te ontwikkel, hoekom sou hulle uit Europa iets moes
>> invoer?
>>
>
> SA het sy eie proses om uraan te verryk ontwikkel.
> Maar komponente om die bom aanmekaar te sit,
> moes seker in ander lande gesoek word.
> Tussen 1964-1968 het ons in Pretoria gebly,
> en as gevolg van my man se werk sosiaal in
> aanraking gekom met jong manne wat by
> Pelindaba gewerk het. Niemand kon ooit
> verstaan hoekom hierdie outjies, wat plum
> jobs by universiteite aangebied was, nie van
> Pelindaba wou weggaan nie. Ek wonder
> soms in hoe 'n gevorderde stadium hulle
> kapasiteit toe al was om 'n kernbom te
> maak. Die nuwe regering, as ek reg onthou,
> het besluit om SA se kernwapens te
> vernietig. Dit was 'n moedige stap. So
> ook die besluit om die doodsstraf af te
> skaf. Dis sulke besluite wat my laat weet
> dat SA nou in 'n meer verligte eeu lewe.
>
> Gloudina
|
|
|
|
|
|
| Re: Re - Helderberg & Saam vir 'n beter toekoms [boodskap #31106 is 'n antwoord op boodskap #31041] |
Ma., 29 Mei 2000 00:00  |
Krokkie
Boodskappe: 478 Geregistreer: Julie 1999
|
Senior Lid |
|
|
Sover ek kon aflei was hierdie nie invoere maar 'n uitvoer transaksie van
Krygkor
PAT wrote in message ...
> Daar word gesê die bomkomponente se oorsprong was in Europa
> (Frankryk?), want daardie vliegtuig was glo van Jhb na Europa,
> en toe na Taipei en daarna weer terug na Jhb. So die bom het op
> pad terug na Jhb ontplof, en die was nie Uraan wat dit
> veroorsaak het nie.
>
> Ek was altyd onder die indruk dat S.A. jare al die kapasiteit
> had om
> n kernbom te ontwikkel, hoekom sou hulle uit Europa iets moes
> invoer?
>
> Pat
>
>
> Brollox wrote in article >die strand
> neergestort.
>> Die Helderberg het in die middel van die nag soos 'n groot
>> fakkel tagtig myl van Mauritius in diep water geval.
>>
>> Die huidige onthullings pluk uit die onhoorbare vorige
> gesprekke
>> op die vlugopnemer verwysings na "Boy George" wat glo na 'n
>> kerntoestel verwys. Dis oënskynlik snert, want die Uraan is
>> plaaslik verryk en die kernbomme is hier gemaak. Taiwan het
> nog
>> steeds nie kerntegnologie nie. En al gooi jy Uraan in
>> 'n vuur, sal dit nie ontplof nie.
>>
|
|
|
|
| Re: Re - Helderberg & Saam vir 'n beter toekoms [boodskap #31107 is 'n antwoord op boodskap #31041] |
Ma., 29 Mei 2000 00:00  |
ferdinand
Boodskappe: 1462 Geregistreer: September 1997
|
Senior Lid |
|
|
On 27 May 2000 22:02:31 GMT, prop...@aol.com (ProPacem) wrote:
"Reenen van Niekerk" rhe...@iafrica.com
>
>> Ek het van die begin gese daar word iets weggesteek. Die probleem nou is dat
>> die S A L alleen verantwoording moet doen vir so n onbesonne daad.
>
> Die probleem is ook, reenen, dat verskeie mense nie deur die Margo kommissie
> van ondersoek ondervra was nie - dat die grootkoppe by somchem met grootskaalse
> moord weggekom het, >>
En soms dink mens aan die "moorde" in die kriminele, strafregtelike
sin.
Gaan die krokodil uit die Wildernis gesleep word?
|
|
|
|