Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Re - Helderberg & Saam vir 'n beter toekoms
Re: Re - Helderberg & Saam vir 'n beter toekoms [boodskap #31041] Sa, 27 Mei 2000 00:00 na volgende boodskap
Reenen van Niekerk  is tans af-lyn  Reenen van Niekerk
Boodskappe: 445
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ek het van die begin gese daar word iets weggesteek. Die probleem nou is dat
die S A L alleen verantwoording moet doen vir so n onbesonne daad. Al die
geld in die wereld sal egter nie die famielie terugbring wat dood is nie. Ek
dink veral aan die kinders wat ouers verloor het, veral die wat sy ma en pa
verloor het en nou deur die ouma grootgemaak moet word.

Onlags het iemand op die nuusgroep genoem dit is suurstofdiewe wat dood is
en ek wag nog vir n antwoord op my vraag wat ek hom gevra het. Hy sal weet
wie hy was.

Reenen van Niekerk
skryf in boodskap news:392F36DC.7A80C872@home.com...
> PAT wrote:
>
>> Die hele Helderbergstorie skok my, maar wat my verbaas is dat
>> die Amerikaanse media nog nie die storie opgetel het nie.
>
> Die oorspronklike neerstort van die vliegtuigwas wel op die TV, onthou
> ek nog. Dit het
> mos sommer so voor 'n klomp toeriste op
> die strand neergestort. Maar jy is reg, ek het
> nog niks van die huidige kontroversie oor die
> Helderberg selfs hier in die Kanadese koerante
> gesien nie. Wonder hoekom dit nie nuus maak
> nie.
>
> Gloudina
>
Re: Re - Helderberg & Saam vir 'n beter toekoms [boodskap #31042 is 'n antwoord op boodskap #31041] Sa, 27 Mei 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

PAT wrote:

> Ek was altyd onder die indruk dat S.A. jare al die kapasiteit
> had om
> n kernbom te ontwikkel, hoekom sou hulle uit Europa iets moes
> invoer?
>

SA het sy eie proses om uraan te verryk ontwikkel.
Maar komponente om die bom aanmekaar te sit,
moes seker in ander lande gesoek word.
Tussen 1964-1968 het ons in Pretoria gebly,
en as gevolg van my man se werk sosiaal in
aanraking gekom met jong manne wat by
Pelindaba gewerk het. Niemand kon ooit
verstaan hoekom hierdie outjies, wat plum
jobs by universiteite aangebied was, nie van
Pelindaba wou weggaan nie. Ek wonder
soms in hoe 'n gevorderde stadium hulle
kapasiteit toe al was om 'n kernbom te
maak. Die nuwe regering, as ek reg onthou,
het besluit om SA se kernwapens te
vernietig. Dit was 'n moedige stap. So
ook die besluit om die doodsstraf af te
skaf. Dis sulke besluite wat my laat weet
dat SA nou in 'n meer verligte eeu lewe.

Gloudina
Re: Re - Helderberg & Saam vir 'n beter toekoms [boodskap #31043 is 'n antwoord op boodskap #31041] Sa, 27 Mei 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ProPacem  is tans af-lyn  ProPacem
Boodskappe: 320
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
> "Reenen van Niekerk" rhe...@iafrica.com

> Ek het van die begin gese daar word iets weggesteek. Die probleem nou is dat
> die S A L alleen verantwoording moet doen vir so n onbesonne daad.

Die probleem is ook, reenen, dat verskeie mense nie deur die Margo kommissie
van ondersoek ondervra was nie - dat die grootkoppe by somchem met grootskaalse
moord weggekom het, dat die bagasie-aktes "weggeraak" het, dat die voormalige
regering al te goed geweet het dat vlambare materiaal op kommersiële vliegtuie
vervoer was om sanksies te omseil - inderdaad dat hulle dit goedgekeur het.
Re: Re - Helderberg & Saam vir 'n beter toekoms [boodskap #31044 is 'n antwoord op boodskap #31041] Sa, 27 Mei 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Bongoman  is tans af-lyn  Bongoman
Boodskappe: 14
Geregistreer: Mei 2000
Karma: 0
Junior Lid
On Sat, 27 May 2000 02:39:04 GMT, @home.com wrote:

> PAT wrote:
>
>> Die hele Helderbergstorie skok my, maar wat my verbaas is dat
>> die Amerikaanse media nog nie die storie opgetel het nie.
>
> Die oorspronklike neerstort van die vliegtuigwas wel op die TV, onthou
> ek nog. Dit het mos sommer so voor 'n klomp toeriste op
> die strand neergestort. Maar jy is reg, ek het
> nog niks van die huidige kontroversie oor die
> Helderberg selfs hier in die Kanadese koerante
> gesien nie. Wonder hoekom dit nie nuus maak
> nie.
>
> Gloudina
>

Daardie was die gekaapte Ethiopiese vliegtuig wat deur
SA wittebroodsvierders afgeneem is: "Wat is dit, Skattie?
WAT is DIT, skattie? Oooo sjit!" helder oordag in vlak
water kort naby die strand.

Die Helderberg het in die middel van die nag soos 'n groot
fakkel tagtig myl van Mauritius in diep water geval.

Die huidige onthullings pluk uit die onhoorbare vorige gesprekke
op die vlugopnemer verwysings na "Boy George" wat glo na 'n
kerntoestel verwys. Dis oënskynlik snert, want die Uraan is
plaaslik verryk en die kernbomme is hier gemaak. Taiwan het nog
steeds nie kerntegnologie nie. En al gooi jy Uraan in
'n vuur, sal dit nie ontplof nie.
Re: Re - Helderberg & Saam vir 'n beter toekoms [boodskap #31045 is 'n antwoord op boodskap #31041] Sa, 27 Mei 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PAT  is tans af-lyn  PAT
Boodskappe: 141
Geregistreer: April 1999
Karma: 0
Senior Lid
Daar word gesê die bomkomponente se oorsprong was in Europa
(Frankryk?), want daardie vliegtuig was glo van Jhb na Europa,
en toe na Taipei en daarna weer terug na Jhb. So die bom het op
pad terug na Jhb ontplof, en die was nie Uraan wat dit
veroorsaak het nie.

Ek was altyd onder die indruk dat S.A. jare al die kapasiteit
had om
n kernbom te ontwikkel, hoekom sou hulle uit Europa iets moes
invoer?

Pat

Brollox wrote in article >die strand
neergestort.
> Die Helderberg het in die middel van die nag soos 'n groot
> fakkel tagtig myl van Mauritius in diep water geval.
>
> Die huidige onthullings pluk uit die onhoorbare vorige gesprekke
> op die vlugopnemer verwysings na "Boy George" wat glo na 'n
> kerntoestel verwys. Dis oënskynlik snert, want die Uraan is
> plaaslik verryk en die kernbomme is hier gemaak. Taiwan het nog
> steeds nie kerntegnologie nie. En al gooi jy Uraan in
> 'n vuur, sal dit nie ontplof nie.
>
Re: Re - Helderberg & Saam vir 'n beter toekoms [boodskap #31070 is 'n antwoord op boodskap #31041] So, 28 Mei 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 27 May 2000 09:16:04 GMT, Nospa...@please.net (Brollox) wrote:

op die vlugopnemer verwysings na "Boy George" wat glo na 'n[/color]
> kerntoestel verwys. Dis oënskynlik snert, want die Uraan is
> plaaslik verryk en die kernbomme is hier gemaak. Taiwan het nog
> steeds nie kerntegnologie nie. En al gooi jy Uraan in
> 'n vuur, sal dit nie ontplof nie.>>

Daai onthulling was silly afleidings wat deur die skrywer van die
koerant-artikel gemaak is.
Die standhoudende spekulasie van die 90's was dat dit
vuurpyl-brandstof was wat onwettig vervoer is.
Die sleutel is n band-opname van gesprekke tussen die SAL en die
vliegtuig wat veronderstel was om n maand bewaar te bly wat daardie
selfde oggend van die ramp of vernietig is of oor-getape is.
SAL-mense praat - volgens TRC vehore waarvan die transkripsies nou
uitkom - ront en bont daaroor.
Stories konflikteer.
Intussen se talle oud SAL-mense wat nie hul name genoeg wil he nie
daardie bande is vernietig omdat die antwoorde op al die vrae daarop
is.
n Ander oud-SAl man kom die afgelope week uit en se: "Ek moet my
gewete nou skoonkry. Ons het die mense op die Helderberg vermoor."
Daar word op gewys dat die kapt. van die vliegtuig voor die vlug baie
senuagtig was. Dat hy sy familie almal gaan groep het. Dat hy sy vrou
voor die vlug vertrek het van 'n pay phone in Tapei gebel het.

Die rekords van die lugvrag is toevallig in Taipei vernietig voor die
kommissie van ondersoek hul hande daarop kon le.

Daar word nou gevra hoekom die kommissie self nie Krygkor se mense
laat getuig het nie - veral omdat daar talle gerugte was dat Krygkor
goed op die vlug gehad het.

Daar word lank reeds gevra hoekom Krygkor se mense die eerste op
mauritius was na die ramp en hoekom hulle die strande so gepatrolleer
het. Hulle se dis omdat hulle vir die vlugopnemer gaan soek het.

Die kapt. se vrou het self 'n verklaring aan die TRC afgele wat nog
geheim is. Daar staan glo interresante goed in.

Daar word gese daar was twee brande. En dat die brandblussers
opgebruik is op die eerste een. En dat die 1ste een so 2 uur uit
Taipei gebeur het. Daar is gevra hoekom hy nie omgedraai het nie.

Naamlose oud-SAL-mense se: "Daai bande sou daai vraag geantwoord het."

Sommiges wys dat SA, Israel en Taiwan daai tyd soms saamgewerk het aan
'n vuurpyl wat of kernbomme kon dra of 'n satelliet kon lanseer. Die
Israeli's het dit die Jericho-vuurpyl genoem. Taiwan s'n se naam was
Skyhorse.

Daar word daarop gewys dat SA glo daardie tyd n kernbom getoets het in
die verre suidelike oseaan. En dat ons planne gehad het om 'n
satelliet te lanseer.

Daar kom weer 'n Helderberg ondersoek. Die keer gaan daar meer uitkom.
Die hele ding stink.
Mense gaan tronk toe gaan.
Re: Re - Helderberg & Saam vir 'n beter toekoms [boodskap #31071 is 'n antwoord op boodskap #31041] So, 28 Mei 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
boer...  is tans af-lyn  boer...
Boodskappe: 191
Geregistreer: Mei 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ja Gloudina ons is miskien in 'n verligte eeu ,maar die lig is darem nog
baie ver in die donker tonnel.As ons dieselfde mate van vryheid vir
mense kan kry as wat in die meeste westerse lande heers sal dit nogal
nie 'n vrot plek wees nie,maar omstandighede maak ons moeg,en baie keer
wonder ek of die doodstraf nie beter sou gewees het nie,dan net as 'n
afskrikmiddel vir die misdadigers.

@home.com wrote:

> PAT wrote:
>
>> Ek was altyd onder die indruk dat S.A. jare al die kapasiteit
>> had om
>> n kernbom te ontwikkel, hoekom sou hulle uit Europa iets moes
>> invoer?
>>
>
> SA het sy eie proses om uraan te verryk ontwikkel.
> Maar komponente om die bom aanmekaar te sit,
> moes seker in ander lande gesoek word.
> Tussen 1964-1968 het ons in Pretoria gebly,
> en as gevolg van my man se werk sosiaal in
> aanraking gekom met jong manne wat by
> Pelindaba gewerk het. Niemand kon ooit
> verstaan hoekom hierdie outjies, wat plum
> jobs by universiteite aangebied was, nie van
> Pelindaba wou weggaan nie. Ek wonder
> soms in hoe 'n gevorderde stadium hulle
> kapasiteit toe al was om 'n kernbom te
> maak. Die nuwe regering, as ek reg onthou,
> het besluit om SA se kernwapens te
> vernietig. Dit was 'n moedige stap. So
> ook die besluit om die doodsstraf af te
> skaf. Dis sulke besluite wat my laat weet
> dat SA nou in 'n meer verligte eeu lewe.
>
> Gloudina
Re: Re - Helderberg & Saam vir 'n beter toekoms [boodskap #31072 is 'n antwoord op boodskap #31041] So, 28 Mei 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
boer...  is tans af-lyn  boer...
Boodskappe: 191
Geregistreer: Mei 2000
Karma: 0
Senior Lid
Dis 'n lelike storie die,en soveel onskuldige mense is dood,vir wat?(amper
soos die bosoorlog in suidwes?)

Ferdi Greyling wrote:

> On Sat, 27 May 2000 09:16:04 GMT, Nospa...@please.net (Brollox)
> wrote:
>
> > op die vlugopnemer verwysings na "Boy George" wat glo na 'n
>> kerntoestel verwys. Dis oënskynlik snert, want die Uraan is
>> plaaslik verryk en die kernbomme is hier gemaak. Taiwan het nog
>> steeds nie kerntegnologie nie. En al gooi jy Uraan in
>> 'n vuur, sal dit nie ontplof nie.>>
>
> Daai onthulling was silly afleidings wat deur die skrywer van die
> koerant-artikel gemaak is.
> Die standhoudende spekulasie van die 90's was dat dit
> vuurpyl-brandstof was wat onwettig vervoer is.
> Die sleutel is n band-opname van gesprekke tussen die SAL en die
> vliegtuig wat veronderstel was om n maand bewaar te bly wat daardie
> selfde oggend van die ramp of vernietig is of oor-getape is.
> SAL-mense praat - volgens TRC vehore waarvan die transkripsies nou
> uitkom - ront en bont daaroor.
> Stories konflikteer.
> Intussen se talle oud SAL-mense wat nie hul name genoeg wil he nie
> daardie bande is vernietig omdat die antwoorde op al die vrae daarop
> is.
> n Ander oud-SAl man kom die afgelope week uit en se: "Ek moet my
> gewete nou skoonkry. Ons het die mense op die Helderberg vermoor."
> Daar word op gewys dat die kapt. van die vliegtuig voor die vlug baie
> senuagtig was. Dat hy sy familie almal gaan groep het. Dat hy sy vrou
> voor die vlug vertrek het van 'n pay phone in Tapei gebel het.
>
> Die rekords van die lugvrag is toevallig in Taipei vernietig voor die
> kommissie van ondersoek hul hande daarop kon le.
>
> Daar word nou gevra hoekom die kommissie self nie Krygkor se mense
> laat getuig het nie - veral omdat daar talle gerugte was dat Krygkor
> goed op die vlug gehad het.
>
> Daar word lank reeds gevra hoekom Krygkor se mense die eerste op
> mauritius was na die ramp en hoekom hulle die strande so gepatrolleer
> het. Hulle se dis omdat hulle vir die vlugopnemer gaan soek het.
>
> Die kapt. se vrou het self 'n verklaring aan die TRC afgele wat nog
> geheim is. Daar staan glo interresante goed in.
>
> Daar word gese daar was twee brande. En dat die brandblussers
> opgebruik is op die eerste een. En dat die 1ste een so 2 uur uit
> Taipei gebeur het. Daar is gevra hoekom hy nie omgedraai het nie.
>
> Naamlose oud-SAL-mense se: "Daai bande sou daai vraag geantwoord het."
>
> Sommiges wys dat SA, Israel en Taiwan daai tyd soms saamgewerk het aan
> 'n vuurpyl wat of kernbomme kon dra of 'n satelliet kon lanseer. Die
> Israeli's het dit die Jericho-vuurpyl genoem. Taiwan s'n se naam was
> Skyhorse.
>
> Daar word daarop gewys dat SA glo daardie tyd n kernbom getoets het in
> die verre suidelike oseaan. En dat ons planne gehad het om 'n
> satelliet te lanseer.
>
> Daar kom weer 'n Helderberg ondersoek. Die keer gaan daar meer uitkom.
> Die hele ding stink.
> Mense gaan tronk toe gaan.
Re: Re - Helderberg & Saam vir 'n beter toekoms [boodskap #31106 is 'n antwoord op boodskap #31041] Ma, 29 Mei 2000 00:00 Na vorige boodskap
Krokkie  is tans af-lyn  Krokkie
Boodskappe: 478
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Sover ek kon aflei was hierdie nie invoere maar 'n uitvoer transaksie van
Krygkor

PAT wrote in message ...
> Daar word gesê die bomkomponente se oorsprong was in Europa
> (Frankryk?), want daardie vliegtuig was glo van Jhb na Europa,
> en toe na Taipei en daarna weer terug na Jhb. So die bom het op
> pad terug na Jhb ontplof, en die was nie Uraan wat dit
> veroorsaak het nie.
>
> Ek was altyd onder die indruk dat S.A. jare al die kapasiteit
> had om
> n kernbom te ontwikkel, hoekom sou hulle uit Europa iets moes
> invoer?
>
> Pat
>
>
> Brollox wrote in article >die strand
> neergestort.
>> Die Helderberg het in die middel van die nag soos 'n groot
>> fakkel tagtig myl van Mauritius in diep water geval.
>>
>> Die huidige onthullings pluk uit die onhoorbare vorige
> gesprekke
>> op die vlugopnemer verwysings na "Boy George" wat glo na 'n
>> kerntoestel verwys. Dis oënskynlik snert, want die Uraan is
>> plaaslik verryk en die kernbomme is hier gemaak. Taiwan het
> nog
>> steeds nie kerntegnologie nie. En al gooi jy Uraan in
>> 'n vuur, sal dit nie ontplof nie.
>>
Re: Re - Helderberg & Saam vir 'n beter toekoms [boodskap #31107 is 'n antwoord op boodskap #31041] Ma, 29 Mei 2000 00:00 Na vorige boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On 27 May 2000 22:02:31 GMT, prop...@aol.com (ProPacem) wrote:

"Reenen van Niekerk" rhe...@iafrica.com
>
>> Ek het van die begin gese daar word iets weggesteek. Die probleem nou is dat
>> die S A L alleen verantwoording moet doen vir so n onbesonne daad.
>
> Die probleem is ook, reenen, dat verskeie mense nie deur die Margo kommissie
> van ondersoek ondervra was nie - dat die grootkoppe by somchem met grootskaalse
> moord weggekom het, >>

En soms dink mens aan die "moorde" in die kriminele, strafregtelike
sin.

Gaan die krokodil uit die Wildernis gesleep word?
Vorige onderwerp: Re - Helderberg & Saam vir ‘n beter toekoms
Volgende onderwerp: Re: JESUS IS ........
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 21 05:07:35 MGT 2024