Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Afrikaans Theatre
Afrikaans Theatre [boodskap #30498] Do, 11 Mei 2000 00:00 na volgende boodskap
Peter  is tans af-lyn  Peter
Boodskappe: 7
Geregistreer: September 2000
Karma: 0
Junior Lid
My naam is Peter Terry; ek is die hoof van die Drama-afdeling hier by
die Staatsteater Pretoria.

Ek is besig om nuus omtrent ons nuutste drama op die internet te
versprei en die boodskap hieronder is in Engels. Ek vra verskoning
daarvoor, maar dis tog deesdae die maklikste / algemeenste taalmedium...

Wat my vreeslik baie pla is die feit dat Afrikaanssprekende mense nie
eintlik hulle eie toneel ondersteun nie. Ja, goed, ons kry goeie gehore
vir komedies soos Vettie Vettie! en dies meer, maar as dit kom by
ernstige goed - nie eers arty-farty goed nie, maar ERNSTIGE goed, dan
bly die Boere weg!

Ek weet mens kry die regering wat jy verdien, maar dit lyk my ons gaan
binnekort die teater kry wat ons verdien ook - dws absoluut g�ffffc3�ffff83�ffffc2�ffffa9�ffffc3�ffff83�ff ffc2�ffffa9n teater
nie.

Hierdie nuwe toneelstuk by die Staatsteater is regtig goeie teater -
goeie akteurs, regie ens, goeie teks : toeganklik, prikkelend,
interessant, eg, eerlik... alles wat goeie teater maak. Dis nie iets
vir jaded palates nie. Dis nie skop skiet en donner nie. Net 'n mooi,
deernisvolle blik op ONS mense en ONS geskiedenis. Niemand word
uitgebeeld as pure held of pure skurk nie, en dit is nie holruggeryde
polemiek nie. Dit eis dat Afrikaners dit moet sien.

Ag, ek kan vir ure so aangaan, maar ek sal stilbly. Maar, regtig,
Afrikaanse mense, dis omtrent julle laaste kans om professionele teater
soos hierdie te ervaar.

Lees maar verder...

We have a new play on, called SKROOT, which deals with the Boer War,
and ought to be of interest to people on this site, particularly those
in the Gauteng area.

We offer special discounts for block bookings. For more information,
please contact our website (www.statetheatre.co.za) or phone us at 012
322 1665. (Skroot is scheduled to perform nightly at 20:00 in the Arena
at the State Theatre.)

Thank you

Peter Terry (media release follows below)

Skroot is set in a British concentration camp in the Anglo Boer South
African War and is historic drama at its best, dealing in a poignant
way with the human anguish of the conflict that still has an effect on
the way people live their lives in South Africa.

"Skroot" means scrap metal, or shrapnel, and is a metaphor for the
destruction and devastation which affects all the characters in the
play - British, Boer and Black.

Bloemfontein playwright Nico Luwes has based his play on actual
historical events, and there is the ring of truth to a startling story
of love, hate, revenge, forgiveness and reconciliation which is
guaranteed to touch the heartstrings.

The conflicting perspectives of an idealistic young British doctor, and
his cynical superior officer are juxtaposed with the Boers�ffffc3�ffffa2�ffffe2�ffff82�ffffac�ffffe2
Re: Afrikaans Theatre [boodskap #30506 is 'n antwoord op boodskap #30498] Vr, 12 Mei 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Snoek Online  is tans af-lyn  Snoek Online
Boodskappe: 2
Geregistreer: Maart 2000
Karma: 0
Junior Lid
Julle wit Afrikaners is werklik die mees patetieste, kleinlikste mensies
ooit....

Nou regtig....Hierdie Engelsman ...'k neem aan Peter Terry is Engels,
probeer hier om 'n Afrikaanse toneelstuk te bevorder en dis die fokken
reaksie way hy kry.

Vlieg julle almal in julle moere... veral die ou douche lap daar in Kanada.
Re: Afrikaans Theatre [boodskap #30507 is 'n antwoord op boodskap #30498] Vr, 12 Mei 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Peter wrote:

> Amerika het 8 jare van Bill Clinton gehad.
>
> I rest my case.
>
> Peter Terry
>
>

En wat het dit met die prys van eiers te doen.Buitendien was die ag jaar van
Bill Clinton een
van die mees geslaagde administrasies in die
VSA. Die algemene opinie in die VSA is dat,
as hy weer kon staan, Bill Clinton vir die derde
keer as president verkies word.

Minnehaha in Kanata
Re: Afrikaans Theatre [boodskap #30508 is 'n antwoord op boodskap #30498] Vr, 12 Mei 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Pw Botha  is tans af-lyn  Pw Botha
Boodskappe: 19
Geregistreer: Mei 1999
Karma: 0
Junior Lid
Snoek Online wrote in message ...
> Julle wit Afrikaners is werklik die mees patetieste, kleinlikste mensies
> ooit....

Stil in die tuin , jou pigment vraat

>
> Nou regtig....Hierdie Engelsman ...'k neem aan Peter Terry is Engels,
> probeer hier om 'n Afrikaanse toneelstuk te bevorder en dis die fokken
> reaksie way hy kry.
>
> Vlieg julle almal in julle moere... veral die ou douche lap daar in Kanada.
>
Re: Afrikaans Theatre [boodskap #30509 is 'n antwoord op boodskap #30498] Vr, 12 Mei 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Peter  is tans af-lyn  Peter
Boodskappe: 7
Geregistreer: September 2000
Karma: 0
Junior Lid
Ek wil nie in my m**r in vlieg nie, maar dankie vir die aanbod!

Ek wou nie aanstoot gee nie. Ek was effens haastig. Wat ek bedoel het
was : ek het die boodskap geskryf en aan soveel mense as moontlik
ge-e-pos en ek het op daaardie stadium nie 'n Afrikaanse vertaling
daarvan gedoen nie en ek het besef dit lyk snaaks om 'n Afrikaanse stuk
in Engels te adverteer... maar almal is deesdae tog baie meer relaxed
oor die hele taal ding en ek self kan tog net twee landstale praat en
dit word al hoe maar aanvaar deur wit bruin en swart dat Engels die
soort van algemene lingua franca word en en en...

Let wel : ek het nie gese Engels is die mooiste / beste / wonderlikste
kommunikasiemedium nie. Net (en dis dalk eenvoudig net 'n persoonlike
mening, ek het nie scientific data om my te ondersteun nie) algemeenste
en maklikste. Dit se nie iets omtrent my HOUDING oor Afrikaans nie. Om
eerlik te wees, ek is 'n m**rse liefhebber van Afrikaans en die
Afrikaners - al is ek maar net 'n soutie - en my houding oor Afrikaans
is net positief.

Ek wil net he jy moet die show kom kyk!

Peter Terry

Re: Afrikaans Theatre [boodskap #30510 is 'n antwoord op boodskap #30498] Vr, 12 Mei 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Peter wrote:

> Ek wou nie aanstoot gee nie. Ek was effens haastig. Wat ek bedoel het
> was : ek het die boodskap geskryf en aan soveel mense as moontlik
> ge-e-pos en ek het op daaardie stadium nie 'n Afrikaanse vertaling
> daarvan gedoen nie en ek het besef dit lyk snaaks om 'n Afrikaanse stuk
> in Engels te adverteer..

Jy kan praat tot jy blou in die gesig is. Jy het as
staatsdiensamptenaaruitlatings gemaak wat jou hier in Kanada onmiddellik jou pos
sou laat
verloor het. Terloops, dit sou niks snaaks gewees het as jou pos half
in Afrikaans en half in Engels sou gewees het nie.

Minnehaha in Kanata
Re: Afrikaans Theatre [boodskap #30511 is 'n antwoord op boodskap #30498] Vr, 12 Mei 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Peter  is tans af-lyn  Peter
Boodskappe: 7
Geregistreer: September 2000
Karma: 0
Junior Lid
Amerika het 8 jare van Bill Clinton gehad.

I rest my case.

Peter Terry

Re: Afrikaans Theatre [boodskap #30512 is 'n antwoord op boodskap #30498] Vr, 12 Mei 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Peter  is tans af-lyn  Peter
Boodskappe: 7
Geregistreer: September 2000
Karma: 0
Junior Lid
Ja, jou kar is veilig - daar's onderdak parkering (teen R5.00 per
kar)onder die Staatsteater en wagte wat patrollies doen.

Nee, die kaartjies is nie duur nie - Maandae R26.00, Dins - Donderdae
R35 & R45, Vrydae & Saterdae R40 en R50.

Daar's afslag vir blokbesprekings ook. (10% af vir groepe van 10 - 19,
15% af vir groepe van 20 - 49 ens).

Hoekom wil jy kos invat?! (Om die waarheid te se ek dink nie kos word
toegelaat nie.) Daar's ook 'n Greenfields restourant in die voorportaal
waar jy kan eet. Daar's 'n kroeg waar jy kan suip voor die show en
gedurende pouse.

Bel gerus ons bemarkingsafdeling as jy meer inligting wil kry. Of bel
vir my. 012 322 1665.

Kom sien die stuk!

Beste wense

Peter Terry

Re: Afrikaans Theatre [boodskap #30513 is 'n antwoord op boodskap #30498] Vr, 12 Mei 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Snoek Online wrote:

> Julle wit Afrikaners is werklik die mees patetieste, kleinlikste mensies
> ooit....
>
> Nou regtig....Hierdie Engelsman ...'k neem aan Peter Terry is Engels,
> probeer hier om 'n Afrikaanse toneelstuk te bevorder en dis die fokken
> reaksie way hy kry.
>
> Vlieg julle almal in julle moere... veral die ou douche lap daar in Kanada.

Hoe weet jy ek is wit? (Ek is so pienkerig met bruin kolletjies op. Ek wedjy is
ook nie wit nie.)
En ek sit jou nou maar in my "vloekend/seksuele innuendos gooiend/anglo-
boetie" duiwehokkie. Jammer dat jy die lekker ou woord "snoek" gekies
het vir jou onwelriekende pos. Miskien is die snoek nie heeltemal droog nie.

Tant Miena wat stroop kook.
Re: Afrikaans Theatre [boodskap #30514 is 'n antwoord op boodskap #30498] Vr, 12 Mei 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Samuel Murray  is tans af-lyn  Samuel Murray
Boodskappe: 66
Geregistreer: September 1999
Karma: 0
Volle Lid
Dries Venter skryf in boodskap news:391b1832.0@news1.mweb.co.za...
>
> Peter wrote in message
...
>> My naam is Peter Terry; ek is die hoof van die Drama-afdeling hier by
>> die Staatsteater Pretoria.
>>
>> Ek is besig om nuus omtrent ons nuutste drama op die internet te
>> versprei en die boodskap hieronder is in Engels. Ek vra verskoning
>> daarvoor, maar dis tog deesdae die maklikste / algemeenste
taalmedium...
>
>
> Wel meneer Terry, as dit jou houding oor Afrikaans is, dan kan jy en jou
> Staatsteater maar in julle m**r in vlieg, ek sal my 'kultuur' op 'n ander
> plek gaan soek.

Aitsa, kyk net hoe vererg die afrikaners hulle. Foei tog, die man vra
net omverskoning en nou sal hy alweer moet omverskoning moet vra.
Re: Afrikaans Theatre [boodskap #30515 is 'n antwoord op boodskap #30498] Vr, 12 Mei 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Reenen van Niekerk  is tans af-lyn  Reenen van Niekerk
Boodskappe: 445
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Senior Lid
Snoekie se snoek raak vrot. Dit ruik seker nie wel nie nou moet ons almal in
ons moer vlieg.Gooi sout dan noem ons ou soutsnoek

As jy vir Gloudina skel moet jy eers lees wat sy skryf

Reenen van Niekerk

Snoek Online skryf in boodskap news:391c0b80$0$230@hades.is.co.za...
> Julle wit Afrikaners is werklik die mees patetieste, kleinlikste mensies
> ooit....
>
> Nou regtig....Hierdie Engelsman ...'k neem aan Peter Terry is Engels,
> probeer hier om 'n Afrikaanse toneelstuk te bevorder en dis die fokken
> reaksie way hy kry.
>
> Vlieg julle almal in julle moere... veral die ou douche lap daar in Kanada.
>
Re: Afrikaans Theatre [boodskap #30516 is 'n antwoord op boodskap #30498] Vr, 12 Mei 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Reenen van Niekerk  is tans af-lyn  Reenen van Niekerk
Boodskappe: 445
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina

As ek jou reg verstan as jy iets teen die regering se in Kanada word jy
afgedank. Mag jy dan nie jou se se daar nie. Ek dog dis die een hoeksteen
van demokrasie dat jy mag se hoe jy voel.

Reenen van Niekerk

skryf in boodskap news:391C3E67.609535B@home.com...
>
>
> Peter wrote:
>
>> Ek wou nie aanstoot gee nie. Ek was effens haastig. Wat ek bedoel het
>> was : ek het die boodskap geskryf en aan soveel mense as moontlik
>> ge-e-pos en ek het op daaardie stadium nie 'n Afrikaanse vertaling
>> daarvan gedoen nie en ek het besef dit lyk snaaks om 'n Afrikaanse stuk
>> in Engels te adverteer..
>
> Jy kan praat tot jy blou in die gesig is. Jy het as
> staatsdiensamptenaaruitlatings gemaak wat jou hier in Kanada onmiddellik jou pos
> sou laat
> verloor het. Terloops, dit sou niks snaaks gewees het as jou pos half
> in Afrikaans en half in Engels sou gewees het nie.
>
> Minnehaha in Kanata
>
Re: Afrikaans Theatre [boodskap #30533 is 'n antwoord op boodskap #30498] Sa, 13 Mei 2000 00:00 Na vorige boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Reenen van Niekerk wrote:

> Gloudina
>
> As ek jou reg verstan as jy iets teen die regering se in Kanada word jy
> afgedank. Mag jy dan nie jou se se daar nie. Ek dog dis die een hoeksteen
> van demokrasie dat jy mag se hoe jy voel.
>

As jy 'n staatsamptenaar in Kanada is, is jy veronderstel om die
wette van die land uit te voer en te eerbiedig. As 'n Engelse ou
hier dus se dis makliker om in Engels dinge te doen en daarom
sal hy maar daardie pad volg, dan behoort hy betig te word en
heelwaarskynlik verwyder te word.
Om jou se te se is een ding. Om die wette van jou land te
breek as jy 'n staatsamptenaar is, is iets anders.

Gloudina
Re: Afrikaans Theatre [boodskap #30534 is 'n antwoord op boodskap #30498] Sa, 13 Mei 2000 00:00 Na vorige boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Paul van Deventer wrote:

die grootste gaping in die Clinton

> administrasie is hulle internasionale beleid.

Jy praat nou van die president wat die gevegte in Bosnia laatophou het (met
onderhandeling) en met moker (Kosovo),
wat die voortdurende impetus verskaf vir vredesoek in
Ierland en in die Middel-ooste? Onthou nog hoe kwaad
almal vir Hilary was toe sy praat van 'n "Palisteinse staat."
Nou word dit al bewaarheid. Ek beskou Bill Clinton as 'n
foreign policy wizard as jy hom vergelyk met sommige
van sy voorgangers. En hierdie storie dat Ronald Reagan
die val van die USSR veroorsaak het, is net so mities soos
dat Al Gore vertel het dat hy vir die Internet verantwoordelik
is.
Ek weet nie wat jy in Bill Bradley kon gesien het nie.
Hy was 'n klaer en het sulke underhand dinge oor sy opponent
gepraat dat ek sommer baie gou respek vir hom verloor het.
In alle geval, die feit dat hy geen primary gewen het nie, moet vir
jou iets vertel.
Oor November: ek hoop dat Gebhart weer Speaker gaan
word. En as Bush nou president gaan word, dan sal ek vir ten
minste vier jaar naar op my maag wees. Ek kan nie sy preppie
smirk staan nie. Die appel val nie ver van die boom af nie. Dis
mos sy pa wat vir Clinton en Gore "those bozos" genoem het.
Toe verander die bozos die ekonomie en die status van die
VSA in net ag jaar van die dieptes waarin Bush dit laat beland
het tot een van die suksesvolste in dertig jaar. En Kanada, veral
Ontario, se ekonomie "boom" saam.

Tant Alie, wat om die draai kom

>
Re: Afrikaans Theatre [boodskap #30535 is 'n antwoord op boodskap #30498] Sa, 13 Mei 2000 00:00 Na vorige boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Arthur Hagen wrote:

>> Jy kan praat tot jy blou in die gesig is. Jy het as staatsdiensamptenaar
>> uitlatings gemaak wat jou hier in Kanada onmiddellik jou pos
>> sou laat verloor het.
>
> Dat lijkt me toch sterk. In een land als Canada heeft zelfs een ambtenaar
> het recht op vrije meningsuiting. Een kritische houding tegenover een
> regering is een "must" in een democratie, en dat geldt ook voor ambtenaren,
> al horen die juist iets meer discretie aan de dag te leggen dan de
> gemiddelde burger. Hier wordt zelfs aan militairen geleerd om kritisch na
> te denken voor ze iets doen als ze een bevel krijgen.
>
>

Wel, Arthur, jy bly in 'n eentalige land. Maar ek verseker jou datas 'n
Engels-sprekende staatsamptenaar in Kanada dieselfde gese
het wat hierdie ou in SA gese het, dan sou hy baie vinnig uitgeskop
word. En wat die ou van die Staatsteater gese het, dui juis op 'n
gebrek aan diskresie. Hy moet diskresie leer. Net soos daardie
ouens diskresie moes geleer het in die apartheidstydperk, toe hulle
die ouens so by die vliegtuie uitgestoot het.

Gloudina
Re: Afrikaans Theatre [boodskap #30536 is 'n antwoord op boodskap #30498] Sa, 13 Mei 2000 00:00 Na vorige boodskap
Paul van Deventer  is tans af-lyn  Paul van Deventer
Boodskappe: 8
Geregistreer: Maart 2000
Karma: 0
Junior Lid
Wag 'n bietjie. Ek weet nie baie van Kanada se politiek af nie, maar ek
weet genoeg om te weet dat 'n hele provinsie probeer om onafhanklik te word
en Frans as hulle offisiele taal aan te neem - en ek kan nie glo dat al die
staatsamptenare in 'n hele provinsie al die landswette 'eerbiedig' nie. Dit
is heel moontlik dat ek nie presies weet wat in Kanada aangaan nie maar dalk
moes jy 'n ander voorbeeld gebruik het vir 'n 'comparison' Gloudina.

By the way Gloudina, as jy regtig jou laaste sin glo kan jy nie vir Clinton
(perjury) of Gore (illegal funds raising) ondersteun nie...

Paul wat net moeilikheid soek...

skryf in boodskap news:391CC68E.3FB7D0DA@home.com...
> Reenen van Niekerk wrote:
>
>> Gloudina
>>
>> As ek jou reg verstan as jy iets teen die regering se in Kanada word jy
>> afgedank. Mag jy dan nie jou se se daar nie. Ek dog dis die een hoeksteen
>> van demokrasie dat jy mag se hoe jy voel.
>>
>
> As jy 'n staatsamptenaar in Kanada is, is jy veronderstel om die
> wette van die land uit te voer en te eerbiedig. As 'n Engelse ou
> hier dus se dis makliker om in Engels dinge te doen en daarom
> sal hy maar daardie pad volg, dan behoort hy betig te word en
> heelwaarskynlik verwyder te word.
> Om jou se te se is een ding. Om die wette van jou land te
> breek as jy 'n staatsamptenaar is, is iets anders.
>
> Gloudina
>
Re: Afrikaans Theatre [boodskap #30537 is 'n antwoord op boodskap #30498] Sa, 13 Mei 2000 00:00 Na vorige boodskap
Reenen van Niekerk  is tans af-lyn  Reenen van Niekerk
Boodskappe: 445
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina

Waar het die man n wet oortree(ek praat nou van Peter.)Watter wet het hy
oortree.Hy het n standpunt gemaak. So daar mag n staatsamptenaar nie se hoe
hy voel nie.Nou kom die feit weer .Die eensnaar kitaar en dit tokkel weer
apartheidtydperk.

Dit is nie demokraties as n persoon afbetaal word as hy nie saam stem met
die staat nie.

Reenen van Niekerk

Paul van Deventer skryf in boodskap news:%Q3T4.11770$a36.159160@news1.rdc1.fl.home.com...
> Wag 'n bietjie. Ek weet nie baie van Kanada se politiek af nie, maar ek
> weet genoeg om te weet dat 'n hele provinsie probeer om onafhanklik te word
> en Frans as hulle offisiele taal aan te neem - en ek kan nie glo dat al die
> staatsamptenare in 'n hele provinsie al die landswette 'eerbiedig' nie. Dit
> is heel moontlik dat ek nie presies weet wat in Kanada aangaan nie maar dalk
> moes jy 'n ander voorbeeld gebruik het vir 'n 'comparison' Gloudina.
>
> By the way Gloudina, as jy regtig jou laaste sin glo kan jy nie vir Clinton
> (perjury) of Gore (illegal funds raising) ondersteun nie...
>
> Paul wat net moeilikheid soek...
>
> skryf in boodskap news:391CC68E.3FB7D0DA@home.com...
>> Reenen van Niekerk wrote:
>>
>>> Gloudina
>>>
>>> As ek jou reg verstan as jy iets teen die regering se in Kanada word jy
>>> afgedank. Mag jy dan nie jou se se daar nie. Ek dog dis die een
> hoeksteen
>>> van demokrasie dat jy mag se hoe jy voel.
>>>
>>
>> As jy 'n staatsamptenaar in Kanada is, is jy veronderstel om die
>> wette van die land uit te voer en te eerbiedig. As 'n Engelse ou
>> hier dus se dis makliker om in Engels dinge te doen en daarom
>> sal hy maar daardie pad volg, dan behoort hy betig te word en
>> heelwaarskynlik verwyder te word.
>> Om jou se te se is een ding. Om die wette van jou land te
>> breek as jy 'n staatsamptenaar is, is iets anders.
>>
>> Gloudina
>>
>
Re: Afrikaans Theatre [boodskap #30538 is 'n antwoord op boodskap #30498] Sa, 13 Mei 2000 00:00 Na vorige boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Paul van Deventer wrote:

> Ons kan debateer oor die sukes van die Clinton administrasie maar die
> 'failures' is te veel en te groot om jou stelling te regverdig.
>
> Verder is daar 'n rede waarom Gore probeer om homself sover moontlik te
> distansieer van Clinton - dit is so erg dat selfs Hillary probeer om
> haarself van hom te distansieer in haar senate campaign.
>

Ek dink oor die algemeen is daar baie min "failures" in die
Clinton administrasie, behalwe dit wat veroorsaak word
deur die onwilligheid van die Congress om wette aan te
neem. Maar ek sal geinteresseerd wees om te weet wat
jy beskou as Clinton-failures.
Een van die grootste foute wat Gore gemaak het,
was om hom te distansieer van die Clinton-beleid in die
Elian-geval.
In watter opsig distansieer Hillary vir haar van die
Clinton White House se beleide?
Wat dink jy gaan in November gebeur?

Gloudina
Re: Afrikaans Theatre [boodskap #30539 is 'n antwoord op boodskap #30498] Sa, 13 Mei 2000 00:00 Na vorige boodskap
Arthur Hagen  is tans af-lyn  Arthur Hagen
Boodskappe: 559
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina schreef ...
>
> Peter wrote:
>
>> Ek wou nie aanstoot gee nie. Ek was effens haastig. Wat ek bedoel het
>> was : ek het die boodskap geskryf en aan soveel mense as moontlik
>> ge-e-pos en ek het op daaardie stadium nie 'n Afrikaanse vertaling
>> daarvan gedoen nie en ek het besef dit lyk snaaks om 'n Afrikaanse stuk
>> in Engels te adverteer..
>
> Jy kan praat tot jy blou in die gesig is. Jy het as staatsdiensamptenaar
> uitlatings gemaak wat jou hier in Kanada onmiddellik jou pos
> sou laat verloor het.

Dat lijkt me toch sterk. In een land als Canada heeft zelfs een ambtenaar
het recht op vrije meningsuiting. Een kritische houding tegenover een
regering is een "must" in een democratie, en dat geldt ook voor ambtenaren,
al horen die juist iets meer discretie aan de dag te leggen dan de
gemiddelde burger. Hier wordt zelfs aan militairen geleerd om kritisch na
te denken voor ze iets doen als ze een bevel krijgen.

Een opmerking als "mensen krijgen de regering die ze verdienen" (een
opmerking die alleen terecht is voor die mensen die voor de regering gestemd
hebben en voor mensen die hun stem hebben weggegooid door niet (tegen) te
stemmen) is nauwelijks echte kritiek te noemen, laat staan reden om iemand
te ontslaan.

Groeten,
Arthur
Re: Afrikaans Theatre [boodskap #30540 is 'n antwoord op boodskap #30498] Sa, 13 Mei 2000 00:00 Na vorige boodskap
Paul van Deventer  is tans af-lyn  Paul van Deventer
Boodskappe: 8
Geregistreer: Maart 2000
Karma: 0
Junior Lid
Wel dit is maklik om Congress te blameer - dit is meeste demokrate se
verskoning. Moenie vergeet dat die 'founding fathers' die congress vir 'n
doel geskep het nie. Ek glo baie sterk aan die amerikaanse demokratiese
stelsel - dit het foute maar dit werk!

Maar om jou vraag te beantwoord, die grootste gaping in die Clinton
administrasie is hulle internasionale beleid. Dit is 'n algemene persepsie
dat Clinton te veel om interne sake gefokus het (en hierdie is nie 'n
veralgemening nie) en die VSA se internasionale beleid het daaronder gely.
Daar is natuurlik ook die kwessie van die 'impeachment' - en die skade wat
hy aan die wit huis besorg het met sy optrede. Die groot plus vir hom is
natuurlik die huidige ekonomiese toestand (unemployment is 3,9%!!)

Maar net soos sommige demokrate congress blameer, glo baie republikeine dat
die ekonomie niks met Clinton uit te waai het maar begin het met Reagan (ek
glo dit nie) en dat dit meestal is as gevolg van die groei van die internet
(ek glo dit). Van die topic af, ek is seker jy weet van Gore se faux pax
toe hy probeer het om erkenning te kry vir die skep en groei van die
internet.

Ek moet dit hom toegee, as gevolg van Clinton weet ek meer van die
amerikaanse regeringstelsel as wat ek ooit sou geweet het...

In verband met Hillary, sy is natuurlik onder die vergrootglas met haar
campaign vir senator in New York. Daar word baie geskryf oor haar
strategie - veral die feit dat sy glad nie haar vorige rol as 'first lady'
gebruik nie. Die konsensus (en dit is nie 'n veralgemening nie) is dat sy
probeer om haarself te distansieer van Bill.

Jy kan seker aflei dat ek nie 'n groot demokraat is nie, maar ek dink tog
dat Bill 'n ok president was - sy administrasie was net die beste nie. Ek
ondersteun hom ook ten volle met sy 'Elian' beleid.

Ek het geen idee wat in November gaan gebeur nie - dit is nog te vroeg om te
se. Ongelukkig het Bradley dit nie gemaak nie - dan sou ek 'n intellektuele
besluit moes geneem het vir wie ek wou ondersteun. Ek het geen respek vir
Gore nie!

skryf in boodskap news:391CC850.90BCF489@home.com...
> Paul van Deventer wrote:
>
>> Ons kan debateer oor die sukes van die Clinton administrasie maar die
>> 'failures' is te veel en te groot om jou stelling te regverdig.
>>
>> Verder is daar 'n rede waarom Gore probeer om homself sover moontlik te
>> distansieer van Clinton - dit is so erg dat selfs Hillary probeer om
>> haarself van hom te distansieer in haar senate campaign.
>>
>
> Ek dink oor die algemeen is daar baie min "failures" in die
> Clinton administrasie, behalwe dit wat veroorsaak word
> deur die onwilligheid van die Congress om wette aan te
> neem. Maar ek sal geinteresseerd wees om te weet wat
> jy beskou as Clinton-failures.
> Een van die grootste foute wat Gore gemaak het,
> was om hom te distansieer van die Clinton-beleid in die
> Elian-geval.
> In watter opsig distansieer Hillary vir haar van die
> Clinton White House se beleide?
> Wat dink jy gaan in November gebeur?
>
> Gloudina
>
Re: Afrikaans Theatre [boodskap #30541 is 'n antwoord op boodskap #30498] Sa, 13 Mei 2000 00:00 Na vorige boodskap
Paul van Deventer  is tans af-lyn  Paul van Deventer
Boodskappe: 8
Geregistreer: Maart 2000
Karma: 0
Junior Lid
Wow tannie. Draai bietjie die briek aan. Gewoonlik klink dit of jy weet
waarvan jy praat maar nou is jy besig om baie te veralgemeen. (Hoekom?)

Ons kan debateer oor die sukes van die Clinton administrasie maar die
'failures' is te veel en te groot om jou stelling te regverdig.

Verder is daar 'n rede waarom Gore probeer om homself sover moontlik te
distansieer van Clinton - dit is so erg dat selfs Hillary probeer om
haarself van hom te distansieer in haar senate campaign.

Ek sit egter self en kopkrap oor Peter se uitlatings... miskien moet ek
ophou om my selfoon te gebruik...

skryf in boodskap news:391C3D64.25A67914@home.com...
> Peter wrote:
>
>> Amerika het 8 jare van Bill Clinton gehad.
>>
>> I rest my case.
>>
>> Peter Terry
>>
>
> En wat het dit met die prys van eiers te doen.Buitendien was die ag jaar van
> Bill Clinton een
> van die mees geslaagde administrasies in die
> VSA. Die algemene opinie in die VSA is dat,
> as hy weer kon staan, Bill Clinton vir die derde
> keer as president verkies word.
>
> Minnehaha in Kanata
>
Vorige onderwerp: Haat kapitalisme
Volgende onderwerp: Re: Wie wil by die firma werk
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 20 11:26:48 MGT 2024