Tuis » Ernstig » Onderwys & opvoeding » Lyfstraf
Lyfstraf [boodskap #30460 is 'n antwoord op boodskap #30464] |
Tue, 09 May 2000 00:00  |
Reenen van Niekerk
Boodskappe: 445 Geregistreer: April 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Hoe voel julle oor lyfsraf in skole. Ek dink dat vanaf daar nie lyfstraf
meer in skole mag togepas mag word nie, daar nie meer dissipline in die
skole is nie.Ek sou nie gewaag het om n onderwyser te vloek in die skool
nie.So n ruk terug by n skool naby my het die kind die onderwyser lelik
gevloek. Die onderwyser is toe na die ouers toe wat die kind se kant geneem
het.
Ek dink dit moet van die ouer afhang of lyfstraf mag toegepas word en as hy
toestem moet hy n toestemmings brief teken.
Nou wil hulle dit n wet maak dat jy nie jou kind lyfstraf mag gee by jou
huis nie. In die Bybel staan dit dat die ouer die nodige ouerlike tug moet
gee.Ek het nou en dan n goeie pak slae gekry by my pa en ek het hom
gerespekteer. Ek het gereeld by die skool slae gekry. Die oggend 6 by die
skool en die aand 6 by die koshuis. Ons het die aand onder die stort gespog
wie die meeste strepe op sy gat het. Ek moes ook nooit by my pa gekla het
dat ek slae gekry het nie.
Ek voel dat sekere wette gemaak word om die Christelike waardes in die grond
in te ry en so die kerk te probeer afbreek.
Ek voel dat tug wel reg toegepas moet word want ek stem ook nie saam om n
kind so te slaan dat arms of bene gebreek is nie. Daar is niks verkeerd met
n paar houe op die agterent nie.
Sal graag wil hoor hoe julle voel oor die punt.
Reenen van Niekerk
|
|
|
|
Re: Lyfstraf [boodskap #30462 is 'n antwoord op boodskap #30460] |
Tue, 09 May 2000 00:00   |
Gary Bartholomew
Boodskappe: 106 Geregistreer: March 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Reenen van Niekerk skryf in boodskap news:3917e8a5.0@news1.mweb.co.za...
> Hoe voel julle oor lyfsraf in skole. Die onderwyser is toe na die ouers toe wat die kind se kant geneem
> het.
>
Ek hou nie van hierdie ideë dat 'n skool in loce parentis oor 'n kind staan
nie. Die opvoeding van 'n kind is daardie kind se ouers se
verantwoordelikheid en dit hoort nie gedelegeer te word nie. Net die orde in
'n skool lê binne in die skool se eie belange, en dit kan beter gehandhaaf
word deur kinders wat die orde steur toegang tot die skoolvertrek te weier.
Mettertyd gaan 'n besef van die waarde van 'n opvoeding by die betrokke
families groei. In gevalle waar 'n kind handuitruk by 'n skool, kry daardie
kind in elk geval geen onderrig nie; hy word net daagliks gevagennisstraf
toegedien.
> Ek dink dit moet van die ouer afhang of lyfstraf mag toegepas word en as hy
> toestem moet hy n toestemmings brief teken.
>
Ek stem saam dat dit slegs die ouer se besluit is, maar ek glo dan ook dat
as die ouer daarin glo, dan moet die ouer dit self toepas.
> Nou wil hulle dit n wet maak dat jy nie jou kind lyfstraf mag gee by jou
> huis nie.
Hierdie tiepe wet dring in op die autonomiteit van die familie. Wat maak
ouers wat nie weet hoe om anders as met lyfstraf te gebruik nie? 'n Kind is
nie 'n besitting nie, en selfs nou as 'n mens sy kind aanrand (verby matige
tugtiging gaan) kan hy of sy gestraf word. Daar is dan reeds beperkings
genoeg.
In die Bybel staan dit dat die ouer die nodige ouerlike tug moet
> gee.Ek het nou en dan n goeie pak slae gekry by my pa en ek het hom
> gerespekteer.
My pa het met my ernstig gepraat, en omdat ek hom gerespekteer het, het ek
geluister na wat hy sê.
Ek het gereeld by die skool slae gekry. Die oggend 6 by die
> skool en die aand 6 by die koshuis. Ons het die aand onder die stort gespog
> wie die meeste strepe op sy gat het. Ek moes ook nooit by my pa gekla het
> dat ek slae gekry het nie.
>
Nou hier het ek 'n probleem. Ek was ook op 'n koshuis, en in my eerste jaar
het ek drie per week, elke Maandag middag gekry, plus 'n paar slae onverwags
tussen in. Dit was vir kleingoedjies, en dit was totaal onregverdig. Ek het
maar ook as kind kinderlik ge-brag oor my slae, maar ek het altyd geweet dat
ek verkeerdelik en onregverdig behandel word. Ek het alle respek vir my ou
skool verloor met die jare.
Hierdie is 'n gedeelte van daardie staan op aandag as ek met jou praat
houding van die ou bedeling. Op skool is daar gepoog om ons nie te leer om
onafhanklik te dink nie, maar om ja baas op ons eie weise te sê. Dis een van
die hoofredes hoekom 'n skool nie die gesag om te straf behoort gegee te
word nie. In baie gevalle is dit maar net die gesag om 'n ander mens se kind
op te neuk totdat hy mooi in die toutjie kan staan.
Hoe vinniger hierdie gesprek irrelevant raak, hoe beter. Met die aankoms van
die rekenaar gaan skole een dag onodig wees. Die einde van die skool sal 'n
groot sprong vir die beskawing wees.
>
> Ek voel dat tug wel reg toegepas moet word want ek stem ook nie saam om n
> kind so te slaan dat arms of bene gebreek is nie. Daar is niks verkeerd met
> n paar houe op die agterent nie.
>
As 'n ouer wat sy kind goed ken die kind 'n paar houe op die gat gee, dan is
dit daardie ouer se saak. As 'n skoolfabriek sy kinders almal met dieselfde
slaanmasjien sy mensmasjiene vervaardig is dit heeltemal 'n ander saak. Daar
is baie maniere van opvoeding, en wat gepas is moet deur iemand wat noue
kennis van die indiwiduele kind het aan besluit word. dws. dis die ouer se
reg om te besluit, en ook sy plig.
|
|
|
Re: Lyfstraf [boodskap #30463 is 'n antwoord op boodskap #30460] |
Tue, 09 May 2000 00:00   |
Samuel Murray
Boodskappe: 66 Geregistreer: September 1999
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
Samuel:
Ag ek voel nie so sterk oor die onderwerp nie, maar here goes anyways:
> Hoe voel julle oor lyfsraf in skole. Ek dink dat vanaf daar nie lyfstraf
> meer in skole mag togepas mag word nie, daar nie meer dissipline in die
> skole is nie.
Daar is darem 'n verskil tussen straf en dissipline. Dalk is die
onderwysers net nie kreatief genoeg om ander strawwe uit te dink nie.
Of dalk is onderwysers so gewoond daaraan dat kinders soet is dat hulle
nie besef dat kinders nie soet was uit respek vir hulle nie, maar uit
vrees vir straf. Die beste manier om iemand iets reg te laat doen is om
hom te laat glo in wat hy doen. Die rede hoekom ek nie drink en bestuur
nie is nie omdat ek bang is vir 'n boete nie. Ek glo dat dit verkeerd
is, en daarom doen ek dit nie. Maar op skole weet onderwysers nie hoe
om hierdie geloof in die regte ding by kinders tuis te bring nie...
eerder die lui metode... maak hulle bang vir straf.
> Ek sou nie gewaag het om n onderwyser te vloek in die skool
> nie.
Ek sal ook nie op 'n onderwyser vloek nie. Omdat ek dink dis verkeerd.
> So n ruk terug by n skool naby my het die kind die onderwyser lelik
> gevloek. Die onderwyser is toe na die ouers toe wat die kind se kant geneem
> het.
Dis jammer, as ouers nie besef dat die onderwyser hulle vennoot in die
opvoeding van die kind is nie. Die ouers en die onderwysers moet 'n
united front voor die kinders he. Dit kan natuurlik ook help as die
onderwyser eers privaat met die ouers gaan praat het om seker te maak
daar is rapport. Dan sou die kind kon besef: Hier is albei partye
ernstig, ek kan nie die een teen die ander opspeel nie.
> Ek dink dit moet van die ouer afhang of lyfstraf mag toegepas word en as hy
> toestem moet hy n toestemmings brief teken.
Ek dink dis onverantwoordelik van ouers om sommer aan te neem dat
onderwysers verantwoordelik is. Ek moet nog 'n verantwoordelike
onderwyser teekom. Onderwysers is sulke liewe mense, maar elke mens het
verskeie vlakke van menswees, en jy kan nie sommer sien of 'n onderwyser
dieselfde oordeel as jy sou he nie.
> Nou wil hulle dit n wet maak dat jy nie jou kind lyfstraf mag gee by jou
> huis nie. In die Bybel staan dit dat die ouer die nodige ouerlike tug moet
> gee.
Wanneer is dit lyfstraf en wanneer is dit kindermishandeling... janee,
dis nie 'n saak waarop ek wil ingaan nie. Ek dink dat as kinders op die
stadium kom waarop hulle al te oud is vir op die hande getik word omdat
hulle nie die koekie mag eet nie, dan is hulle darem baie kinderagtig.
Kry 'n mens nog sulke kinders? Dalk onder minder intelligente gesinne
en gemeenskappe wat op afgelee plase bly waar daar introuery plaasvind
(oe oe oe, ek terg sommer)... janee, dalk kan lyfstraf vir hulle nog 'n
opsie wees, maar nie vir mense wat al volwasse raak nie.
> Ons het die aand onder die stort gespog
> wie die meeste strepe op sy gat het.
Dis vir my 'n vreemde kultuur waarin mense met mekaar spog oor die wonde
wat hulle opgedoen het. Maar as jy voel jy bewys jou manlikheid deur 'n
paar strepe op jou vel te kan verduur, dan is jy seker maar welkom.
Wel, dis my mening. Niks teen jou persoonliks nie, Reenen.
|
|
|
Re: Lyfstraf [boodskap #30464 is 'n antwoord op boodskap #30460] |
Tue, 09 May 2000 00:00   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Reenen van Niekerk wrote:
> Ek voel dat sekere wette gemaak word om die Christelike waardes in die grond
> in te ry en so die kerk te probeer afbreek.
>
>
Se vir hulle, Reenen
Herodus en Salome
|
|
|
|
|
Re: Lyfstraf [boodskap #30501 is 'n antwoord op boodskap #30464] |
Thu, 11 May 2000 00:00   |
Gary Bartholomew
Boodskappe: 106 Geregistreer: March 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
lou skryf in boodskap news:391A61B2.4E74@hotmail.dinges.com...
> Gary Bartholomew wrote:
>>
>> Reenen van Niekerk wrote in message
>> news:3917e8a5.0@news1.mweb.co.za...
>>> Hoe voel julle oor lyfsraf in skole. > > Mettertyd gaan 'n besef van
die waarde van 'n opvoeding by die betrokke
>> families groei. In gevalle waar 'n kind handuitruk by 'n skool, kry daardie
>> kind in elk geval geen onderrig nie; hy word net daagliks gevagennisstraf
>> toegedien.
>>
> Daar is kinders wat hulle hele
> skoolloopban sal deurgaan sonder om 'n ding te leer.
Maar wat leer hulle dan? As hulle die kinders wat wil leer, of gehoorsaam
genoeg is aan hulle ouers om te probeer wil leer, se opvoeding hinder, dan
word die ander hulle slagoffers- slagoffers wat hulle seker nie eintlik wil
hê nie. As die orde gesteur word, dan sê die skoolhoof vir die betrokke
kind, "Gaan jy maar liewer huis toe, want jy mors ons tyd en joune". Voor
hierdie punt bereik word, kan daar op 'n volwasse wyse met die kind
geriddeneer word oor wat hy gaan verloor as hy nie 'n opvoeding kry nie. As
die argument nie oortuigend is, is daar 'n goeie kans dat die skool
opvoeding niks vir die kind ooit gaan beteken nie.
Miskien is die
> lyfstraf te simplities maar baie van die ouers vandag het nie tyd om
> hulle kinders se opvoeding te hanteer nie en abdikeer dit na die skool.
>
Hoekom moet die skole hierdie oorhandiging van verantwoordelikheid aanvaar?
(Behalwe as die verantwoordelikheid geskuif het). As die meerderheid ouers
hul pligte aan die skool "abdikeer" dan is dit klaar met ons beskawing. Jy
praat later van robotmense, en hier is 'n resep om die goed te maak. Druk 'n
kind in 'n masjien in, en dan gaan jy 'n masjien anderkant uitkry.
> Die hele idee agter straf is dat dit onaangenaam moet wees anders is
> dien dit geen doel nie.
Ja, natuurlik, maar dis die ouer wat moet besluit. Dis die ouer wat moet
uitvoer.
En as 'n
> onderwyser 'n leerling moet straf met detensie beteken dit dat die
> onderwyser - wat reeds 'n vol program het dan ook moet agterbly om te
> kyk dat die leerling wel daar is. Ha!
>
Ja, ek is teen detensie, ook. Dit val buite die bevoegdhede van die
onderwyser. Die kind wat nie belangstel om te leer nie- aktief te leer- moet
liewers huistoe gaan en daar bly. As hy tot 'n bekering kom (en natuurlik
het sy ouers 'n inspraak hierin) dan kan hy terugkom, maar maak hy weer die
klas deurmekaar, dan moet hy maar weer huistoe gaan. Sit die eerste
verpligting op die kind vir sy eie gedrag, en as sy ouers tugtiging daarby
wil byvoeg om sy verdrag te probeer aanpas, dan kan hulle, soos wat hulle
dink reg is. As hulle nie omgee nie, dan is dit 'n kinderwelsyn probleem as
dit enigiemand s'n is. Dit gaan nie met 'n paar houe op die boude of 'n paar
uur se vryheid ontneem reggemaak word nie.
Dis onregverdig om al hierdie addisionele verantwoordelikhede op 'n
onderwyser te pak. Terwyl daar nog skole is, moet die plig van die
onderwyser so naby as moontlik aan die blote verskaffing van 'n suiwer
skolastiese opvoedkundige diens gehou word.
Ek het
>> maar ook as kind kinderlik ge-brag oor my slae, maar ek het altyd geweet dat
>> ek verkeerdelik en onregverdig behandel word. Ek het alle respek vir my ou
>> skool verloor met die jare.
>
> Interesant - hoe gaan jy die koshuis kind straf want die ouer is afwesig
> - detensie? Minder kos :)?
>
Nee jy straf hom nie. As hy moeilikheid maak, dan stuur jy hom huistoe, en
wat daar gebeur is Pa se probleem. Mens kan stappe in hierdie rigting
onderhandel.
In te veel koshuise vind daar sadistiese vorms van kindermolestering plaas
onder die dekmantel van "disipline". In 'n paar gevalle is 'n koshuis 'n
onvermybare euwel, en onvermybaar is so goed soos 'n koshuis word; dis nooit
'n plaasvervanger vir die volheid van familielewe nie.
>>
>> Hierdie is 'n gedeelte van daardie staan op aandag as ek met jou praat
>> houding van die ou bedeling. Op skool is daar gepoog om ons nie te leer om
>> onafhanklik te dink nie, maar om ja baas op ons eie weise te sê. Dis een van
>> die hoofredes hoekom 'n skool nie die gesag om te straf behoort gegee te
>> word nie. In baie gevalle is dit maar net die gesag om 'n ander mens se kind
>> op te neuk totdat hy mooi in die toutjie kan staan.
>
> Daar is ongelukkig meer as 40 kinders in 'n klas ... al ooit so spul
> kinders probeer beheer?
>
Ek neem aan jy het? Dis seker onmoontlik mooilik, en dis 'n goeie bykomende
argument dat daar 'n einde gebring moet word aan die dae van die "leer"
fabrieke, so gou as moontlik.
As die onderwyser die diskresie gehad het om die wat die orde steur huistoe
te stuur, dan sou hulle vinnig van ontslae geraak word. Die wie se ouers die
waarde van 'n opvoeding besef sal dan seker terugkom om vir hierdie
waardevolle ding wat die skool aanbied weer te vra as dit weliswaar enige
waarde het.
En as die klas saamstaan teen die onderwyser en almal word huistoe gestuur?
Dan kan die onderwyser seker ook vir die dag huistoe gaan, want die dag was
daar niemand by die skool wat kom leer het. No problem. Die skeilyn tussen
die orde handhaaf en displine toepas kan fyn word, maar dis duidelik.
Ek hoor hulle doen dit by Damelin, en dat dit goed werk. Aan die einde van
die dag is die uitkoms ware disipline wat vanself vanuit elke *indiwiduele*
kind kom, en nie van iemand in 'n gesagsposisie afgedwing word. As daar
disipline is, sal daar orde wees, maar as net die illusie van orde tussen 'n
georderde groep kinders wat stilsit en aan die veld buite droom geskep word,
dan gaan daar 'n minderwarige opvoeding binne in hierdie oënskynlike
ordelikheid plaasvind. Disipline is self-disipline. Daar is nie 'n ander
soort nie.
> Hier moet ek vra - het jy kinders?
>
Ja. Maar miskien lieg ek ;) Wat maak dit saak aan die argumente?
>>
>> Hoe vinniger hierdie gesprek irrelevant raak, hoe beter. Met die aankoms van
>> die rekenaar gaan skole een dag onodig wees. Die einde van die skool sal 'n
>> groot sprong vir die beskawing wees.
>
> No way Jose! Tensy jy kinders in klein robotte verander is daar geen
> manier wat hulle voor rekenaars sal sit en sonder toesig sal werk nie!
> Dit is bloot akademiese pipedreams! Tensy een van die ouers by die huis
> bly en toesig hou sal kinders nie werk nie. MIskien as jy 'n effektiewe
> beloning sisteem kan skep ...
>
Met die aanpasbaarheid wat ingebou kan word in 'n rekenaarspeletjie wat die
pret van leer weerhou totdat daar verstaan word, kan 'n mens 'n effektiewe
beloning sisteem ontwikkel, dink ek. Die beloning sou wees waar dit hoort-
in die leer, self. (In baie gevalle, 'n pypdroom, maar daar is mos altyd 'n
vak wat 'n kind interesseer, nie waar nie?). Belonings buite die beloning
van leer self? Ja. Vir die slim kind, die kans om klaar met die skool te
wees op enige ouderdom; vir die kind wat sukkel (en later kom die liggies
aan in baie gevalle) is die straf van die sukkel om die norm in te haal en
die probleme met laë selfwaardering wat by saamstudeer met kinders wat
akademies (op die spesifieke ontwikkelingsvlak) slimmer as hy is skep. Met
'n gerekenariseerde "klaskamer" kan daar iets heel indiwidueel geskep word,
as daar van die grond af gebou word aan die ding.
Hoe kry jy 'n kind om sy wiskunde te doen as hy daarmee sukkel? Eerstens,
laat hom eerder 'n klein bietjie baie goed verstaan as om deurmekaar 'n hele
klomp goed te wees. Sit "wiskunde deure" in die program tussen hom en die
dinge waarin hy belangstel. En as 'n kind nie haar Engels wil leer nie, kan
jy haar pad deur die wiskunde van tyd tot tyd met Engelse deure keur. In die
rekenaar self, kan mens strategieë ontwerp wat die leerproses rigting gee, en
met die groot belangstellings, kan die rekenaar seker ook help om rigting te
vind. Het Einstein nie sy tyd gemors met Duitse letterkunde op skool nie?
Het jou mechanic nie sy tyd gemors op skool met Engelse letterkunde nie? (In
'n mate, ja; in 'n mate, nee?)
Onthou hoe lekker was dit om te leer om van 1 tot 10 te tel? En hoeveel
lekkerder was dit om tot 'n duisend te tel? En was dit nie wonderlik om te
ontdek dat 'n mens kan tel en tel en tel en tel, en die nommers het nooit
klaargeraak nie? Ons vergeet te maklik dat dinge leer, is deel van menswees;
dat dit lekker is; dat dit sy eie beloning saamvat. Hoekom? Want in skool
het dit altyd of te vinnig of te stadig gegaan. Die produksielyn het ons van
vak tot vak gerol met geen ag op wat op die spesifieke tyd interessant was
of vervelig was. "Werk", dws. vasbyt en doen wat 'n mens moet doen vir 'n
slegte dag is iets wat nie noodwendig gekoppel hoort te word aan leer.
Miskien moet ons terugkeer na die dae van kinderaarbeid? In Australiese
skole is deel van die eindeksamen "work experience", so 'n uitbreiding van
hierdie konsep is nie noodwendig 'n terugkeer na die dae van ponies en
kinders daar onder in die steelkoolmyne nie. Werk is 'n ding wat skool jou
nie juis voor voorberei nie; ook nie 'n universiteit.
>> Daar
>> is baie maniere van opvoeding, en wat gepas is moet deur iemand wat noue
>> kennis van die indiwiduele kind het aan besluit word. dws. dis die ouer se
>> reg om te besluit, en ook sy plig.
>
>
> Dit is alles baie mooi maar dit werk nie eintlik so nie ne?
Nee, dit werk so, en dit het altyd so gewerk. As dit afbreek, dan het ons 'n
gemeenskap geskep wat die sade van sy eie vernietiging binne dra. (Oiks! Nóg
'n anglisisme).
|
|
|
Re: Lyfstraf [boodskap #30502 is 'n antwoord op boodskap #30464] |
Thu, 11 May 2000 00:00   |
lou[1]
Boodskappe: 579 Geregistreer: January 1999
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Gary Bartholomew wrote:
>
> Reenen van Niekerk wrote in message
> news:3917e8a5.0@news1.mweb.co.za...
>> Hoe voel julle oor lyfsraf in skole. Die onderwyser is toe na die ouers
> toe wat die kind se kant geneem
>> het.
>>
> Ek hou nie van hierdie ideë dat 'n skool in loce parentis oor 'n kind staan
> nie. Die opvoeding van 'n kind is daardie kind se ouers se
> verantwoordelikheid en dit hoort nie gedelegeer te word nie. Net die orde in
> 'n skool lê binne in die skool se eie belange, en dit kan beter gehandhaaf
> word deur kinders wat die orde steur toegang tot die skoolvertrek te weier.
> Mettertyd gaan 'n besef van die waarde van 'n opvoeding by die betrokke
> families groei. In gevalle waar 'n kind handuitruk by 'n skool, kry daardie
> kind in elk geval geen onderrig nie; hy word net daagliks gevagennisstraf
> toegedien.
>
Jy praat nou soos 'n akademikus. Daar is kinders wat hulle hele
skoolloopban sal deurgaan sonder om 'n ding te leer. Miskien is die
lyfstraf te simplities maar baie van die ouers vandag het nie tyd om
hulle kinders se opvoeding te hanteer nie en abdikeer dit na die skool.
Kyk maar na ons reeds berugte Andrew Babele - graad 9 en reeds 21 jaar
oud.
Die hele idee agter straf is dat dit onaangenaam moet wees anders is
dien dit geen doel nie. Die manier waarop skole kinders kan tugtig raak
al hoe minder en ook totaal onefektief. Praat tog met 'n onderwyer of
twee - die disipline in skole gaan heeltemal agteruit. En as 'n
onderwyser 'n leerling moet straf met detensie beteken dit dat die
onderwyser - wat reeds 'n vol program het dan ook moet agterbly om te
kyk dat die leerling wel daar is. Ha!
> In die Bybel staan dit dat die ouer die nodige ouerlike tug moet
>> gee.Ek het nou en dan n goeie pak slae gekry by my pa en ek het hom
>> gerespekteer.
> My pa het met my ernstig gepraat, en omdat ek hom gerespekteer het, het ek
> geluister na wat hy sê.
>
> Ek het gereeld by die skool slae gekry. Die oggend 6 by die
>> skool en die aand 6 by die koshuis. Ons het die aand onder die stort gespog
>> wie die meeste strepe op sy gat het. Ek moes ook nooit by my pa gekla het
>> dat ek slae gekry het nie.
>>
> Nou hier het ek 'n probleem. Ek was ook op 'n koshuis, en in my eerste jaar
> het ek drie per week, elke Maandag middag gekry, plus 'n paar slae onverwags
> tussen in. Dit was vir kleingoedjies, en dit was totaal onregverdig. Ek het
> maar ook as kind kinderlik ge-brag oor my slae, maar ek het altyd geweet dat
> ek verkeerdelik en onregverdig behandel word. Ek het alle respek vir my ou
> skool verloor met die jare.
Interesant - hoe gaan jy die koshuis kind straf want die ouer is afwesig
- detensie? Minder kos :)?
>
> Hierdie is 'n gedeelte van daardie staan op aandag as ek met jou praat
> houding van die ou bedeling. Op skool is daar gepoog om ons nie te leer om
> onafhanklik te dink nie, maar om ja baas op ons eie weise te sê. Dis een van
> die hoofredes hoekom 'n skool nie die gesag om te straf behoort gegee te
> word nie. In baie gevalle is dit maar net die gesag om 'n ander mens se kind
> op te neuk totdat hy mooi in die toutjie kan staan.
Daar is ongelukkig meer as 40 kinders in 'n klas ... al ooit so spul
kinders probeer beheer?
Hier moet ek vra - het jy kinders?
>
> Hoe vinniger hierdie gesprek irrelevant raak, hoe beter. Met die aankoms van
> die rekenaar gaan skole een dag onodig wees. Die einde van die skool sal 'n
> groot sprong vir die beskawing wees.
No way Jose! Tensy jy kinders in klein robotte verander is daar geen
manier wat hulle voor rekenaars sal sit en sonder toesig sal werk nie!
Dit is bloot akademiese pipedreams! Tensy een van die ouers by die huis
bly en toesig hou sal kinders nie werk nie. MIskien as jy 'n effektiewe
beloning sisteem kan skep ...
>
>>
>> Ek voel dat tug wel reg toegepas moet word want ek stem ook nie saam om n
>> kind so te slaan dat arms of bene gebreek is nie. Daar is niks verkeerd met
>> n paar houe op die agterent nie.
>>
> As 'n ouer wat sy kind goed ken die kind 'n paar houe op die gat gee, dan is
> dit daardie ouer se saak. As 'n skoolfabriek sy kinders almal met dieselfde
> slaanmasjien sy mensmasjiene vervaardig is dit heeltemal 'n ander saak. Daar
> is baie maniere van opvoeding, en wat gepas is moet deur iemand wat noue
> kennis van die indiwiduele kind het aan besluit word. dws. dis die ouer se
> reg om te besluit, en ook sy plig.
Dit is alles baie mooi maar dit werk nie eintlik so nie ne?
|
|
|
|
|
|
|
Re: Lyfstraf [boodskap #30752 is 'n antwoord op boodskap #30501] |
Fri, 19 May 2000 00:00  |
lou[1]
Boodskappe: 579 Geregistreer: January 1999
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Gary Bartholomew wrote:
>
<snip 'n goeie argument>
Gary
Ek staam sem dat in 'n ideale wereld kinders moet wil leer. Maar die
manier waarop kinders in die algemeen grootgemaak word is nie daarop
gerig nie. Jy was dalk baie gelukkig. Daar is heelwat ouers wat nei juis
sal omgee of hulel kinders leer of nie.
Probeer bietjie in 'n swart skool kinders huis toe stuur ... jy sal
blitsvinnig 'n klomp verskillende druk groepe op jou nek he!
Oor die feit of jy kinders moet he om hulle te verstaan - dit help nogal
baie! :)
Cheers
Lou
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Sun Mar 09 07:55:00 UTC 2025
|