Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Boetman gooi 'n tantrum
Boetman gooi 'n tantrum [boodskap #30396 is 'n antwoord op boodskap #30397] So, 07 Mei 2000 00:00 na volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
skryf in boodskap news:3914DD22.7CE885D3@home.com...
> Leendert van Oostrum wrote:
>
>> Tut....tut....
>>
>> Soos gewoonlik lees Gloudina 'n wesenlike element van Louw se boodskap
>> heeltemal mis -
>>
>> . Miskien maak Chris Louw en sy maatjies
>> dit ook nog eendag. Dan kan hulle ook grootword.
>>
>
> Nee wat, ou Leendert, ek is nie onder die kalkoen
> uitgebroei nie. Ek sien ou Chris Louw ook maar
> vir wat hy is: 'n cry baby.

Inderdaad. Chris Louw se tantrum is 'n tienertantrum - 'n outjie wat
vaagweg besef sy pa was dalk nie heeltemal verkeerd nie, en nou veg hy vir
oulaas nog teen die moontlikheid dat sy outoppie dalk nie so dom is as wat
hy gedink het nie.

Dit moet op sy ouderdom moeilik wees om te hanteer as jy jou hele lewe lank
nog iemand anders "apartheidsvarke" of wie ookal geblameer het vir alles wat
met jou verkeerd gaan.

Dis nou die dat hy nie net vir De Klerk nie, maar die "nuwe swart elite", en
sommer ook die "jong feministe" blameer vir sy menopausale depressietjies.

> In hierdie dae wat ons
> hier in Noord-Amerika die doodskiet van studente
> wat teen die Vietnam-oorlog betoog het herdenk,
> wonder mens opnuut oor die gedweeheid waarmee
> die jonger geslag daar in SA maar die apartheids-
> varke se bevele uitgevoer het.

Ag nee wat. In hierdie dae van Bobbie Mugabe se ethnic cleansing verstaan
ons maar alte goed. En Tubby Mbeki verstaan weer vir Bobbie - dis maar in
die tradisie van die Mfekane van Sjaka.

Ek dink Bobbie en Tubby se dinge is vir Chris Louw soos 'n tiener se
pophelde wat skielik taan in hul glans.

> Ek wonder wat hulle
> dink as hulle hoor van al Wouter Basson se
> manewales. Alles dinge wat in hulle leeftyd gebeur
> het. As Olive Schreiner gedurende die Boere-oorlog
> vir reg en geregtigheid kon opkom, hoekom het
> meer van Chris Louw en sy tydgenote nie hulle stemme
> laat hoor nie?

Jy was nie hier nie. Jy sou (miskien) slegs die luidstes gehoor het, van die
stemme wat daar was. En dan weet ons ook hoe selektief jou doofheid is.

Maar dan is daar natuurlik nog die wat - in die lig van die ANC se ethnic
cleansing in Natal en 800 dooie plaasboere in vyf jaar, dink dat Basson se
"manewales" dalk honderdduisende sterftes voorkom het.

Op die ou einde, natuurlik, wonderhulle waar jou hoogheilige stem - en Chris
Louw s'n - was toe Bobbie tienduisende Shonas ge-"cleanse" het, en nou dat
Tubbie se boetjietjies dieselfde doen met Zulus en plaasboere.
Re: Boetman gooi 'n tantrum [boodskap #30397 is 'n antwoord op boodskap #30396] So, 07 Mei 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Leendert van Oostrum wrote:

> Maar dan is daar natuurlik nog die wat - in die lig van die ANC se ethnic
> cleansing in Natal en 800 dooie plaasboere in vyf jaar, dink dat Basson se
> "manewales" dalk honderdduisende sterftes voorkom het.
>
> Op die ou einde, natuurlik, wonderhulle waar jou hoogheilige stem - en Chris
> Louw s'n - was toe Bobbie tienduisende Shonas ge-"cleanse" het, en nou dat
> Tubbie se boetjietjies dieselfde doen met Zulus en plaasboere.

Ja-nee, ou Leendert, jy is nog dieselfde. Basson het "dalk" honderd-duisende
sterftes voorkom! Ek wonder waar kom hierdie logika-van
-die-duiwel vandaan. Ek hoop jy is die enigste persoon in Pretoria,
inderdaad in die hele SA, wat vir Wouter Basson goedpraat.

Gloudina
Re: Boetman gooi 'n tantrum [boodskap #30401 is 'n antwoord op boodskap #30397] So, 07 Mei 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Mens kan sien jou vakgebied is letterkunde en nie taalkunde nie. Jy's
gewoond daaraan om jou subjektiewe persepsies in 'n teks in te lees, en nie
om te ontleed wat die teks beteken volgens sy logiese struktuur nie.

Dis jammer, maar gelukkig maak dit my nie verantwoordelik vir jou
subjektiwiteit nie. Soos Chris Louw et al moet jy self daarvoor instaan.

skryf in boodskap news:391559BE.3C49B523@home.com...
> Leendert van Oostrum wrote:
>
>> Maar dan is daar natuurlik nog die wat - in die lig van die ANC se ethnic
>> cleansing in Natal en 800 dooie plaasboere in vyf jaar, dink dat Basson se
>> "manewales" dalk honderdduisende sterftes voorkom het.
>>
>> Op die ou einde, natuurlik, wonderhulle waar jou hoogheilige stem - en Chris
>> Louw s'n - was toe Bobbie tienduisende Shonas ge-"cleanse" het, en nou dat
>> Tubbie se boetjietjies dieselfde doen met Zulus en plaasboere.
>
> Ja-nee, ou Leendert, jy is nog dieselfde. Basson het "dalk" honderd-duisende
> sterftes voorkom! Ek wonder waar kom hierdie logika-van
> -die-duiwel vandaan. Ek hoop jy is die enigste persoon in Pretoria,
> inderdaad in die hele SA, wat vir Wouter Basson goedpraat.
>
> Gloudina
>
Re: Boetman gooi 'n tantrum [boodskap #30429 is 'n antwoord op boodskap #30397] Ma, 08 Mei 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Leendert van Oostrum wrote:

> Mens kan sien jou vakgebied is letterkunde en nie taalkunde nie. Jy's
> gewoond daaraan om jou subjektiewe persepsies in 'n teks in te lees, en nie
> om te ontleed wat die teks beteken volgens sy logiese struktuur nie.
>

Wel, Leendert, dis mense soos jy wat met " woorde
gespeel" het (volgens Louw) en aan die hand van die
"logiese struktuur" die land beland het in die moeras
van veral die tagtigerjare. Gaan maar voort met die
woordespel. Gelukkig luister niemand meer na julle
dinosaurs nie. Jy wat in elke teks jou subjektiewe
persepsies moet inspuit, anders raak jy wakker in die
middel van die nag en besef dat die kaartehuis om jou
besig is om te verkrummel.
Oor die sukses wat ek behaal het in my vakgebied
laat ek dit met graagte oor aan die oordeel van my eksterne
eksaminatore, B. Kok van Bloemfontein en N.P. van
Wyk Louw (nou albei saliger.)

Gloudina
Re: Boetman gooi 'n tantrum [boodskap #30431 is 'n antwoord op boodskap #30397] Ma, 08 Mei 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 8 May 2000 10:28:14 +0200, "Leendert van Oostrum"
wrote:

>

Wow.....!!!!!
Jislaaik! Hoe voel dit om so belangrik te wees?
Re: Boetman gooi 'n tantrum [boodskap #30433 is 'n antwoord op boodskap #30397] Ma, 08 Mei 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi Greyling wrote in message
news:...
> On Sun, 7 May 2000 01:33:58 +0200, "Leendert van Oostrum"
> wrote:
>
[color=blue]>
Re: Boetman gooi 'n tantrum [boodskap #30435 is 'n antwoord op boodskap #30397] Ma, 08 Mei 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Leendert van Oostrum wrote:

> Die "natuurlike poltieke evolusie" waarvan jy praat het hom in Zimbabwe,
> Mosambiek, en Angola afgespeel. Dis waar hulle daardie "ewolusionêre"
> politieke beleid gevolg het, onthou? Toe Ian Smith se beleid identies was
> aan die Progge s'n by ons.
>

Progge smogge. Zimbabwe het presies dieselfde proses
deurgegaan as SA. Ou Ian Smith het 'n gebaartjie hier
gemaak en 'n gebaartjie daar gemaak. Maar hy was basies
maar ook 'n apartheidsvark. Het die land in 'n burgeroorlog
ingedwing (onthou die Selous Scouts) en dis Ian Smith
wat vir ou Mugabe aan die bewind gebring het.

Gloudina
Re: Boetman gooi 'n tantrum [boodskap #30436 is 'n antwoord op boodskap #30397] Ma, 08 Mei 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
skryf in boodskap news:3916FA30.A179C564@home.com...
> Leendert van Oostrum wrote:
>
>> Dit wat inmekaartuimel is die rooskleurige verwagtings van morele
>> meerderwaardigheid, goeie regering en regverdigheid wat mense soos Chris
>> Louw gekoester het toe hulle 27 April 1994 grotogig van bewondering
>> ingejubel het.
>>
>
>
>
> Ek wonder hoeveel dit nie 'n mite is wat jyself
> geskep het nie, dat daar baie mense was met
> "rooskleurige verwagtings" in 1994.

Jy hoef nie te wonder nie. Gaan kyk maar net na die ANC se
verkiesingspropaganda. (Een van die grappies destyds was: Op daardie dag
beter mens binnenshuis bly - dit sal gevaarlik wees met al die TV-stelle,
Hi-Fi's ens wat uit die hemel begin val.)

Of jy kan maar in die argief van die nuusgroep gaan kyk na Gloudina Bouwer
se verwagtings oor daardie tyd.

> ('n Mite
> wat jy geskep het sodat jy jou gifpyle teen die
> mitiese muur kan afskiet.)

Uh...uh. Geskep deur die ANC. Ek het nie nodig om strooipopretoriek te
gebruik nie.

> Omdat die apartheids-
> varke so 'n drogsel beoefen het, het hulle 'n
> burgeroorlog op die res van die landsbevolking
> afgedwing en het die magstrukture van vryheids-
> vegters later die tuie moes oorneem.

Dis jou vertolking. Ek weer, reken die koue oorlog het heelwat te doen gehad
met die "burgeroorlog" sowel as met die dade van die onderskeie partye.

Maar niks anders as "apartheid" pas in jou haatdeurdrenke verwysingsraamwerk
nie, nie waar nie?

> Dit, ou
> Leendert, is iets wat ek die apartheidsvarke nie
> kan vergewe nie.

Kan jy vergewe?

> In plaas van natuurlike politieke
> ewolusie in die tweede helfte van die twintigste
> eeu, het hulle 'n burgeroorlog veroorsaak en
> vryheidsvegters aan die bewind gebring.

Die "natuurlike poltieke evolusie" waarvan jy praat het hom in Zimbabwe,
Mosambiek, en Angola afgespeel. Dis waar hulle daardie "ewolusionêre"
politieke beleid gevolg het, onthou? Toe Ian Smith se beleid identies was
aan die Progge s'n by ons.

> Dis 'n
> mirakel dat alles nog so goedgaan.

Stem saam.

As die Boere soos die Kanadese, Australiërs en die Amerikaners gemaak het,
en en die inheemse bevolking effektief uitgeroei het. Dan was die kanse
(volgens jou argument) beter dat alles sou bly "goed" gaan.
Re: Boetman gooi 'n tantrum [boodskap #30438 is 'n antwoord op boodskap #30397] Ma, 08 Mei 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
skryf in boodskap news:3916F789.5260161A@home.com...
> Leendert van Oostrum wrote:
>
>> En vir "die nuwe swart elite" en vir "die jong feministe".
>>
>> Maar Gloudina redigeer die laaste twee uit - en jy keur dit klaarblyklik
>> goed.
>>
>> Maar jy bskulidg _my_ van "cherrypicking". Dis wat mens "newspeak" noem,
>> Ferdie, maar so ken ons jou, nie waar nie.
>
> As mens nou nog twyfel het of Louw 'n crybaby is,dan neem jy ook kennis van
> die wrok teen die swart
> elite (wat Leendert het)

Jy's bietjie voortydig. Ek het nog nie 'n wrok teen die swart elite nie.
(Toegegee, ek is ook nie van hulle afhanklik vir my daagslikse brood soos
Max du Preez en Chris Louw nie.)

In elk geval,ek dink nie hulle is erger as die wit elite wat hulle
voorafgegaan het nie.

> en die "feministe" (wat Leendert
> het.

Nee, nee, nee. Ek is bekeer van die feminisme van my jeug, en ek dink nou
dat die feminisme stink.

Maar die feministe is 'n heel ander saak - veral die vroulikes is meesal
heel oulik!

> Maar dit beteken nou nie dat jy in 'n forum soos
> 'n nuusgroep 'n grondelike analise maak van wat Louw
> nou eintlik geskryf het nie. Hoofsaaklik het hy dit gehad
> teen die ou wit apartheids-omies.

Van watter onderwerpe maak jy grondige analises op die nuusgroep, Gloudina?
Re: Boetman gooi 'n tantrum [boodskap #30439 is 'n antwoord op boodskap #30397] Ma, 08 Mei 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Leendert van Oostrum wrote:

> En vir "die nuwe swart elite" en vir "die jong feministe".
>
> Maar Gloudina redigeer die laaste twee uit - en jy keur dit klaarblyklik
> goed.
>
> Maar jy bskulidg _my_ van "cherrypicking". Dis wat mens "newspeak" noem,
> Ferdie, maar so ken ons jou, nie waar nie.

As mens nou nog twyfel het of Louw 'n crybaby is,dan neem jy ook kennis van
die wrok teen die swart
elite (wat Leendert het) en die "feministe" (wat Leendert
het. Maar dit beteken nou nie dat jy in 'n forum soos
'n nuusgroep 'n grondelike analise maak van wat Louw
nou eintlik geskryf het nie. Hoofsaaklik het hy dit gehad
teen die ou wit apartheids-omies.

Gloudina
Re: Boetman gooi 'n tantrum [boodskap #30440 is 'n antwoord op boodskap #30397] Ma, 08 Mei 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Leendert van Oostrum wrote:

> Dit wat inmekaartuimel is die rooskleurige verwagtings van morele
> meerderwaardigheid, goeie regering en regverdigheid wat mense soos Chris
> Louw gekoester het toe hulle 27 April 1994 grotogig van bewondering
> ingejubel het.
>

Ek wonder hoeveel dit nie 'n mite is wat jyself
geskep het nie, dat daar baie mense was met
"rooskleurige verwagtings" in 1994. ('n Mite
wat jy geskep het sodat jy jou gifpyle teen die
mitiese muur kan afskiet.) Omdat die apartheids-
varke so 'n drogsel beoefen het, het hulle 'n
burgeroorlog op die res van die landsbevolking
afgedwing en het die magstrukture van vryheids-
vegters later die tuie moes oorneem. Dit, ou
Leendert, is iets wat ek die apartheidsvarke nie
kan vergewe nie. In plaas van natuurlike politieke
ewolusie in die tweede helfte van die twintigste
eeu, het hulle 'n burgeroorlog veroorsaak en
vryheidsvegters aan die bewind gebring. Dis 'n
mirakel dat alles nog so goedgaan.

Gloudina
Re: Boetman gooi 'n tantrum [boodskap #30441 is 'n antwoord op boodskap #30397] Ma, 08 Mei 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
skryf in boodskap news:39160D72.7E5026A0@home.com...
> Leendert van Oostrum wrote:
>
>> Mens kan sien jou vakgebied is letterkunde en nie taalkunde nie. Jy's
>> gewoond daaraan om jou subjektiewe persepsies in 'n teks in te lees, en nie
>> om te ontleed wat die teks beteken volgens sy logiese struktuur nie.
>>
>
> Wel, Leendert, dis mense soos jy wat met " woorde
> gespeel" het (volgens Louw) en aan die hand van die
> "logiese struktuur" die land beland het in die moeras
> van veral die tagtigerjare. Gaan maar voort met die
> woordespel. Gelukkig luister niemand meer na julle
> dinosaurs nie.

Hmmmm...... Toevallig pas ek stewig in die geslag namens wie Chris Louw
voorgee om te praat (30-50 jaar oud).

En weet jy wat? Verskeie regeringstrukture luister fyn na wat ek te sê het.

En doen selfs soms hul werk as ek praat.

> Jy wat in elke teks jou subjektiewe
> persepsies moet inspuit, anders raak jy wakker in die
> middel van die nag en besef dat die kaartehuis om jou
> besig is om te verkrummel.

Tut....tut.... Ek is lekker stewig gevestig in my land, ou haatvraat.

Dit wat inmekaartuimel is die rooskleurige verwagtings van morele
meerderwaardigheid, goeie regering en regverdigheid wat mense soos Chris
Louw gekoester het toe hulle 27 April 1994 grotogig van bewondering
ingejubel het.

Nou emigreer hulle met nat broekies.

> Oor die sukses wat ek behaal het in my vakgebied
> laat ek dit met graagte oor aan die oordeel van my eksterne
> eksaminatore, B. Kok van Bloemfontein en N.P. van
> Wyk Louw (nou albei saliger.)

Nou waar het jy dan geleer om alles oor Suid-Afrika deur so 'n selektiewe
bril van 'n haatvraat te lees?
Re: Boetman gooi 'n tantrum [boodskap #30442 is 'n antwoord op boodskap #30397] Ma, 08 Mei 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Dit voel asof mens 'n burger is van 'n demokratiese staat waar die
oppergesag van die reg heers.

Ongelukkig kry mens die gevoel nie by die oorgrote meerheid van
regeringstrukture nie.

Dan moet mens maar dreig. Die effek is soortgelyk, maar die gevoel is
teleurstellend.

Groete, Leendert

Ferdi Greyling wrote in message
news:...
> On Mon, 8 May 2000 10:28:14 +0200, "Leendert van Oostrum"
> wrote:
>
> sê het.>>
>
>
> Wow.....!!!!!
> Jislaaik! Hoe voel dit om so belangrik te wees?
>
Re: Boetman gooi 'n tantrum [boodskap #30465 is 'n antwoord op boodskap #30397] Di, 09 Mei 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi Greyling skryf in boodskap news:39181531.104200283@news.is.co.za...
> On Mon, 8 May 2000 23:34:02 +0200, "Leendert van Oostrum"
> wrote:
>
>
> Bouwer
>> se verwagtings oor daardie tyd.>>
>
> Wel as dit dinge was soos vrye pers,

Huh? Volgens Beeld, en omtrente elke ander media-organisasie het die "vrye
pers" se broekies het nogal gebewe - en die pennetjies, tongetjies en
kennetjies het gewikkel met die onlangse dinge van die MRK - en die
ANC-minister se voorlegging daar, nie waar nie? Ek hoor selfs die M&G se
redakeur wil prosedeer.

> menseregte, bill of rights,
> grondwetlike hof, rule of law

"rule of law"? Met die regbank wat hom vir die eerste maal in die
geskiedenis op die VVO beroep om hom te beskerm teen intimidasie deur die
regering?

> en so aan as basis vir die samelewwing,
> dan was sy nie teleurgesteld nie.
>
> Maar Leendert jy spog dan hoe die ANC so na jou luister, hoe is dit
> dan nou? Volg hulle dan nou jou raad of nie??!

Haai Ferdi, ek hoop regtig jy ken die verskil tussen "die ANC", "die
regering", "sommige regeringstrukture", en "die owerheid"? Indien wel, moet
ek aanvaar dat jy my kwaadwilliglik hier verkeerd aanhaal.

Maar ek moet sê, dis baie maklik om sommige regeringstrukture te kry om na
jou te luister. Hulle moet net eers leer dat jy gaan protesteer as hulle
menseregte ens vertrap. Dan begin hulle baie moeite doen om 'n ogie op jou
te hou wanneer hulle hulle besig hou met burokratiese boewery.

Die eerste prys is natuurlik as hulle begin met 'n veldtog van verdagmakery
teen jou. Dan weet jy hulle is regtig besig om buite hul magte op te tree,
die reg is waarskynlik aan jou kant en hulle weet dit.

Nee wat, Ferdi. Dis maklik om sommige regeringstrukture se aandag te hou. Jy
moet maar net deurlopend daarop aandring dat hulle hul eie wette toepas.
Re: Boetman gooi 'n tantrum [boodskap #30468 is 'n antwoord op boodskap #30397] Di, 09 Mei 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Gary Bartholomew  is tans af-lyn  Gary Bartholomew
Boodskappe: 106
Geregistreer: Maart 2000
Karma: 0
Senior Lid
Leendert van Oostrum skryf in boodskap news:8f6o9t$1bf$1@ctb-nnrp1.saix.net...
>
>
> Ferdi Greyling wrote in message
> news:...
>> On Sun, 7 May 2000 01:33:58 +0200, "Leendert van Oostrum"
>> wrote:
>>
[color=teal]>>
Re: Boetman gooi 'n tantrum [boodskap #30469 is 'n antwoord op boodskap #30397] Di, 09 Mei 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 8 May 2000 23:34:02 +0200, "Leendert van Oostrum"
wrote:

se verwagtings oor daardie tyd.>>[/color]

Wel as dit dinge was soos vrye pers, menseregte, bill of rights,
grondwetlike hof, rule of law en so aan as basis vir die samelewwing,
dan was sy nie teleurgesteld nie.

Maar Leendert jy spog dan hoe die ANC so na jou luister, hoe is dit
dan nou? Volg hulle dan nou jou raad of nie??!
Re: Boetman gooi 'n tantrum [boodskap #30490 is 'n antwoord op boodskap #30397] Wo, 10 Mei 2000 00:00 Na vorige boodskap
Gary Bartholomew  is tans af-lyn  Gary Bartholomew
Boodskappe: 106
Geregistreer: Maart 2000
Karma: 0
Senior Lid
Leendert van Oostrum skryf in boodskap news:8fc2vk$192$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>
>
> Ferdi Greyling wrote in message
> news:39181531.104200283@news.is.co.za...
>> On Mon, 8 May 2000 23:34:02 +0200, "Leendert van Oostrum"
>> wrote:
>>
>
> "rule of law"? Met die regbank wat hom vir die eerste maal in die
> geskiedenis op die VVO beroep om hom te beskerm teen intimidasie deur die
> regering?
>

Leendert, dink klink asof jy van iets weet waarvan ek nog nie gehoor het
nie. Sal jy asb. meer vertel?
Vorige onderwerp: Low. lower, lou
Volgende onderwerp: Re: Afrikaans Theatre
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 20 15:49:14 MGT 2024