Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Siedaar, die apartheidsvarke ontmasker
Siedaar, die apartheidsvarke ontmasker [boodskap #30351] Vr, 05 Mei 2000 00:00 na volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

nomad wrote:

> Uit Beeld van 6 Mei:

> Boetman is die bliksem in

> Dit het Chris Louw (46), uitvoerende regisseur van die
> radio-aktualiteitsprogramme Monitor en Spektrum,

> Julle was die eerste geslag Afrikaners wat jul kinders afgevaardig
> het om vir julle te gaan sterf.
> Dié wat nie jul gek drome wou verdedig met die wapens wat julle aan
> ons uitgereik het nie, is tronkstraf opgelê; of, erger: mal verklaar.
> Tóé het hulle al gesê die stelsel is te gek vir woorde - dié wat
> destyds al begryp het, is "skisofrenies en ongeskik vir militêre
> diens" verklaar.

> Ek was immers 'n produk van

> Christelik-Nasionale onderwys; 'n suksesvolle skepping van organe soos
> u Broederbond. U, die produk van 'n geslag wat elke oorlog soos die
> bitter beker by hulle laat verbygaan het. Die geslag wat die las op
> hom geneem het om sy kinders na die hand te vorm en te giet:
> bliksoldaatjies wat moes grens toe om te veg, dood te maak en
> doodgemaak te word, vir julle ideale.
>
> . Jy stel
> dit selfs beter as ek: "Ons (!) kudde-instink en tendens tot
> gesagsonderwerping maak ons agternalopers van leiers op talle
> terreine."
>
> En toe kom julle groot geleentheid . . . jul uur van waarheid breek
> aan. Om die ANC - die vyand - van aangesig tot aangesig oor die
> slagveld van die konferensietafel te ontmoet. Jare lank het die
> jongeres die fort gehou. Nou was die kinderspeletjies verby. Nou sou
> julle die wapen opneem. Julle was slaggereed. Jul woorde was mos
> geslyp deur jare se oefening.
>
>
> Weet u hoe maklik ek dit vind om my oë toe te maak en u hele geslag -
> die patriargale, beterweterige, rasbehepte lummels - uit my
> geskiedenis weg te dink?
>
> Was u grootste prestasie nie die mate waarin u daarin geslaag het om
> soos woordkunstenaars dogmatiese perdedrolle vir morele vye aan ons te
> verkoop nie?
>
> " Waarom? Waarom nie 'n
> enkele sin wat bely nie: "Ek, ek was persoonlik, energiek en doelgerig
> aandadig aan die mensonterende aberrasie van apartheid"?
>
> As ons al jou raad volg, kan ons oorleef, ja. Maar as ons jou raad nou
> volg, staan ons presies waar ons sou gewees het as jou geslag ons nie
> met apartheid bedrieg het nie; en dan was ons boonop sonder die
> skuldlas.
>
Re: Siedaar, die apartheidsvarke ontmasker [boodskap #30393 is 'n antwoord op boodskap #30351] So, 07 Mei 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Reenen van Niekerk wrote:

> Gloudina
>
> Wie beskou jy almal as apartheidsvarke. Word ons almal hier in Suid Afrika
> wat wit is onder die kam gekeer.

> So se nou of jy ons almal hier as apartheids varke beskou wat wit velle het
> en as dit so is waarop baseer jy dit.
>
> As jy belang stel in my siening. n Mens soos Wouter Basson verdien nie n
> verhoor nie maar n koel in die kop.

Nee, Reenen, apartheidsvarke is daardie mense wat willensen wetens die
diktatorskap vir veertig jaar in stand gehou het.
Dis nie daardie wit mense wat getrou teen die diktatorskap gestem
het nie.
En alle apartheidsvarke was nie wit nie. Daardie ou in Boputshwana
wat sy bantoestan wou beskerm, was nie wit nie.
Ook nie alle apartheidsvarke was Afrikaners nie. Wallusz en
Clive Derby-Lewis en ou Fred Rundle is nie Afrikaners nie.

Dit maak my egter bang as ek jou hoor praat: "Wouter Basson
verdien nie 'n verhoor nie, maar 'n koeel in die kop." En jy is
'n gewese polisieman, wat die Reg in stand moes hou. Wat
volgens wette moet optree. Jy klink vir my vreeslik baie soos
daardie manne wat Wouter Basson se bevele uitgevoer het deur
manne deur die kop te skiet. Tot tyd en wyl Wouter Basson
skuldig bevind word, is hy onskuldig in die siening van die wet.
En jy as polisieman behoort dit te weet.

Gloudina
Re: Siedaar, die apartheidsvarke ontmasker [boodskap #30394 is 'n antwoord op boodskap #30351] So, 07 Mei 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
mera...  is tans af-lyn  mera...
Boodskappe: 16
Geregistreer: November 1998
Karma: 0
Junior Lid
Die probleem in ZA is erg ingewiikeld.

In elke geval, dit is lekker om vuur te spoeg daar uit die verre
Noord-Amerika. Waarom help word die mense nie opgevoed om 'n gelyke
samelewing te vestig, deur probleme kontruktief te wil oplos?

O, terloops. ons geniet van Nederland.

daagggg
Michiel

On Sun, 07 May 2000 02:57:43 GMT, @home.com wrote:

> Leendert van Oostrum wrote:
>
>> Tut....tut....
>>
>> Soos gewoonlik lees Gloudina 'n wesenlike element van Louw se boodskap
>> heeltemal mis -
>>
>> . Miskien maak Chris Louw en sy maatjies
>> dit ook nog eendag. Dan kan hulle ook grootword.
>>
>
> Nee wat, ou Leendert, ek is nie onder die kalkoen
> uitgebroei nie. Ek sien ou Chris Louw ook maar
> vir wat hy is: 'n cry baby. In hierdie dae wat ons
> hier in Noord-Amerika die doodskiet van studente
> wat teen die Vietnam-oorlog betoog het herdenk,
> wonder mens opnuut oor die gedweeheid waarmee
> die jonger geslag daar in SA maar die apartheids-
> varke se bevele uitgevoer het. Ek wonder wat hulle
> dink as hulle hoor van al Wouter Basson se
> manewales. Alles dinge wat in hulle leeftyd gebeur
> het. As Olive Schreiner gedurende die Boere-oorlog
> vir reg en geregtigheid kon opkom, hoekom het
> meer van Chris Louw en sy tydgenote nie hulle stemme
> laat hoor nie?
>
> Gloudina
>
Re: Siedaar, die apartheidsvarke ontmasker [boodskap #30395 is 'n antwoord op boodskap #30351] So, 07 Mei 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Leendert van Oostrum wrote:

> Tut....tut....
>
> Soos gewoonlik lees Gloudina 'n wesenlike element van Louw se boodskap
> heeltemal mis -
>
> . Miskien maak Chris Louw en sy maatjies
> dit ook nog eendag. Dan kan hulle ook grootword.
>
>
>

Nee wat, ou Leendert, ek is nie onder die kalkoen
uitgebroei nie. Ek sien ou Chris Louw ook maar
vir wat hy is: 'n cry baby. In hierdie dae wat ons
hier in Noord-Amerika die doodskiet van studente
wat teen die Vietnam-oorlog betoog het herdenk,
wonder mens opnuut oor die gedweeheid waarmee
die jonger geslag daar in SA maar die apartheids-
varke se bevele uitgevoer het. Ek wonder wat hulle
dink as hulle hoor van al Wouter Basson se
manewales. Alles dinge wat in hulle leeftyd gebeur
het. As Olive Schreiner gedurende die Boere-oorlog
vir reg en geregtigheid kon opkom, hoekom het
meer van Chris Louw en sy tydgenote nie hulle stemme
laat hoor nie?

Gloudina
Re: Siedaar, die apartheidsvarke ontmasker [boodskap #30398 is 'n antwoord op boodskap #30351] So, 07 Mei 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Tut....tut....

Soos gewoonlik lees Gloudina 'n wesenlike element van Louw se boodskap
heeltemal mis - dat die nuwe swart elite hom op presies dieselfde minagtende
manier onderdruk as wat die ou wit elite (De Klerk et al) gedoen het.

Dus geen verbetering bo die "apartheidsvarke" nie.

Lyk my dit gebeur met baie van die wat die koms van die "nuwe Suid-Afrika"
met onkritiese sterretjies in die ogies gadegeslaan het. Wrokkigheid raak
nou mode onder daardie klomp. 'n Soort middeljarige vertraagde adolessensie.

Soos gewoonlik was Breyten Breytenbach en Max du Preez die voorlopers, en
nou kom die mindere liggies agterna.

Nou ja. BB en Max lyk darem asof hulle al bietjie die wrokstadium ontgroei
het en die begrip empatie ontdek het. Miskien maak Chris Louw en sy maatjies
dit ook nog eendag. Dan kan hulle ook grootword.

Groete, Leendert

skryf in boodskap news:39134DD2.77EE06A2@home.com...
nomad wrote:

> Uit Beeld van 6 Mei:

> Boetman is die bliksem in

> Dit het Chris Louw (46), uitvoerende regisseur van die
> radio-aktualiteitsprogramme Monitor en Spektrum,

> Julle was die eerste geslag Afrikaners wat jul kinders afgevaardig
> het om vir julle te gaan sterf.
> Dié wat nie jul gek drome wou verdedig met die wapens wat julle aan
> ons uitgereik het nie, is tronkstraf opgelê; of, erger: mal verklaar.
> T�� het hulle al gesê die stelsel is te gek vir woorde - dié wat
> destyds al begryp het, is "skisofrenies en ongeskik vir militêre
> diens" verklaar.

> Ek was immers 'n produk van

> Christelik-Nasionale onderwys; 'n suksesvolle skepping van organe soos
> u Broederbond. U, die produk van 'n geslag wat elke oorlog soos die
> bitter beker by hulle laat verbygaan het. Die geslag wat die las op
> hom geneem het om sy kinders na die hand te vorm en te giet:
> bliksoldaatjies wat moes grens toe om te veg, dood te maak en
> doodgemaak te word, vir julle ideale.
>
> . Jy stel
> dit selfs beter as ek: "Ons (!) kudde-instink en tendens tot
> gesagsonderwerping maak ons agternalopers van leiers op talle
> terreine."
>
> En toe kom julle groot geleentheid . . . jul uur van waarheid breek
> aan. Om die ANC - die vyand - van aangesig tot aangesig oor die
> slagveld van die konferensietafel te ontmoet. Jare lank het die
> jongeres die fort gehou. Nou was die kinderspeletjies verby. Nou sou
> julle die wapen opneem. Julle was slaggereed. Jul woorde was mos
> geslyp deur jare se oefening.
>
>
> Weet u hoe maklik ek dit vind om my oë toe te maak en u hele geslag -
> die patriargale, beterweterige, rasbehepte lummels - uit my
> geskiedenis weg te dink?
>
> Was u grootste prestasie nie die mate waarin u daarin geslaag het om
> soos woordkunstenaars dogmatiese perdedrolle vir morele vye aan ons te
> verkoop nie?
>
> " Waarom? Waarom nie 'n
> enkele sin wat bely nie: "Ek, ek was persoonlik, energiek en doelgerig
> aandadig aan die mensonterende aberrasie van apartheid"?
>
> As ons al jou raad volg, kan ons oorleef, ja. Maar as ons jou raad nou
> volg, staan ons presies waar ons sou gewees het as jou geslag ons nie
> met apartheid bedrieg het nie; en dan was ons boonop sonder die
> skuldlas.
>
Re: Siedaar, die apartheidsvarke ontmasker [boodskap #30399 is 'n antwoord op boodskap #30351] So, 07 Mei 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Reenen van Niekerk  is tans af-lyn  Reenen van Niekerk
Boodskappe: 445
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina

Wie beskou jy almal as apartheidsvarke. Word ons almal hier in Suid Afrika
wat wit is onder die kam gekeer.

Dink jy wat Wouter Basson gedoen het so gedoen was dat almal van dit sou
weet. Die wat wel van dit geweet het was n uitgesoekte paar mense wat hulle
kon vertrou. As daar meer mense geweet het wat hy gedoen het sou dit
moontlik gouer op die lappe gekom het. Maar wel nou moet almal maar wat hier
bly as apartheidsvarke gebrandmerk word vir wat n groep mense gedoen het.

Die ANC het nooit mense gemartel of doodgemaak in hulle kampe wat teen hulle
was nie. Wat noem jy nou vir hulle. Die ANC het nooit van sy teenstanders
gemoor nie.

Moord bly moord maak nie saak wie dit pleeg nie.Hy mag nou met dit wegkom
maar eendag sal hy moet rekenskap geemaar nie vir n mens nie maar vir God.

So se nou of jy ons almal hier as apartheids varke beskou wat wit velle het
en as dit so is waarop baseer jy dit.

As jy belang stel in my siening. n Mens soos Wouter Basson verdien nie n
verhoor nie maar n koel in die kop. Hy het ryk geraak uit ander se ellende.

Nou sal hier weer mense my van goed bekuldig soos Bep wat nog nie weer my
terug geantwoord het nie. Hier is mense wat ander van iets beskuldig en dan
net verdwyn.

Nou val ek in die kategorie.

Reenen van Niekerk

skryf in boodskap news:3914DD22.7CE885D3@home.com...
> Leendert van Oostrum wrote:
>
>> Tut....tut....
>>
>> Soos gewoonlik lees Gloudina 'n wesenlike element van Louw se boodskap
>> heeltemal mis -
>>
>> . Miskien maak Chris Louw en sy maatjies
>> dit ook nog eendag. Dan kan hulle ook grootword.
>>
>
> Nee wat, ou Leendert, ek is nie onder die kalkoen
> uitgebroei nie. Ek sien ou Chris Louw ook maar
> vir wat hy is: 'n cry baby. In hierdie dae wat ons
> hier in Noord-Amerika die doodskiet van studente
> wat teen die Vietnam-oorlog betoog het herdenk,
> wonder mens opnuut oor die gedweeheid waarmee
> die jonger geslag daar in SA maar die apartheids-
> varke se bevele uitgevoer het. Ek wonder wat hulle
> dink as hulle hoor van al Wouter Basson se
> manewales. Alles dinge wat in hulle leeftyd gebeur
> het. As Olive Schreiner gedurende die Boere-oorlog
> vir reg en geregtigheid kon opkom, hoekom het
> meer van Chris Louw en sy tydgenote nie hulle stemme
> laat hoor nie?
>
> Gloudina
>
Re: Siedaar, die apartheidsvarke ontmasker [boodskap #30426 is 'n antwoord op boodskap #30351] Ma, 08 Mei 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[1]  is tans af-lyn  lou[1]
Boodskappe: 579
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
@home.com wrote:
>
> lou wrote:
>
>> @home.com wrote:
>>>
>>> Tot tyd en wyl Wouter Basson
>>> skuldig bevind word, is hy onskuldig in die siening van die wet.
>>> En jy as polisieman behoort dit te weet.
>>>
>>
>> My donder Antie - JY is die een wat ons heeltyd vertel hoe slegs en
>> skuldig Wouter Basson dan is - en nou praat JY die strooi hierbo.
>>
>> Probeer tog konsekwent wees!
>
> Maar dan nog, Lou, gee dit my die koue rillingsas 'n eks-polisieman
> praat van 'n koeel deur 'n
> gevangene se kop sit voordat hy skuldig bevind
> is in 'n hof. Dis presies hierdie bos-wet wat in die
> ou SA floreer het. Dis presies hierdie soort
> minagting vir die mens wat van Wouter Basson
> 'n monster maak. Maar laat hy deur 'n hof
> skuldig bevind word.
>
> Gloudina

Wat my koue rillings gee is jou 'one farmer one bullet' voorspelling ...
presies soos die boswet nog tans in SA floreer.

Net so terloops - daar is van die Zim plaas oornames begin het ten miste
twee keer soveel SA boere dood as die drie wat in Zim doodgemaak is maar
Thabo en Nelson swyg net soos jy.
Re: Siedaar, die apartheidsvarke ontmasker [boodskap #30427 is 'n antwoord op boodskap #30351] Ma, 08 Mei 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Reenen van Niekerk  is tans af-lyn  Reenen van Niekerk
Boodskappe: 445
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Senior Lid
Somtyds verstaan ek ook nie die mens nie. Eendag word hy (Basson) uitgekryt
as die "inforser"van die regering se apartheidsmoorde.

Dan as ons saamstem met haar (Gloudina) se punt en se hoe ons voel, of
altans ek voel oor so n persoon word hy weer verdedig.

Ek het net gese hoe ek voel en ek dink daar is n paar ander mense wat so ook
so voel.Ek sal dit egter nooit doen nie want dit is juis teen my beginsels
wat ek geleer is. Soos ek gese het in 18 jaar was dit nooit nodig vir my
gewees om iemand te dood nie. Ek het een persoon geskiet en net gewond toe
hy my met n panga wou kap. As ek wou kon ek hom doodgekiet het as ek wou
maar dit was nie nodig nie.Ek dink ek het groter geskrik as die persoon wat
ek geskiet het. In my 18 jaar het ek interne ondersoeke ook gedoen vir n ruk
en het n paar polisiemanne skuldig gekry op moord.

Mens moet wat ek gese het opvat wat hy gedoen het.As my lewe of my familie
se lewe in gevaar is sal ek nie huiwer om n persoon te dood nie.As ek in die
straat loop en ek sien iemand anders se lewe word bedreig maak nie saak
watter kleur of ras hy is nie sal ek optree en alles in my bes doen om die
persoon te help en as ek die aanvaller moet dood om dit te doen sal ek dit
doen. Al verskil sal wees ek sal nie goed voel daaroor nie en n dop gaan
drink daarna nie. Ek was geleer as polisieman om die wet uit te voer en ek
kan dit nie goedpraat dat sekere polisiemanne moorde gepleeg het net om te
moor nie.

Ek beskou my nie as n apartheidsvark nie.

Ferdi Greyling skryf in boodskap news:391ac74d.18711389@news.is.co.za...
> On Mon, 08 May 2000 12:53:35 +0200, lou
> wrote:
>
> >>
>>> Tot tyd en wyl Wouter Basson
>>> skuldig bevind word, is hy onskuldig in die siening van die wet.
>>> En jy as polisieman behoort dit te weet.
>>>
>>
>> My donder Antie - JY is die een wat ons heeltyd vertel hoe slegs en
>> skuldig Wouter Basson dan is - en nou praat JY die strooi hierbo.
>>
>> Probeer tog konsekwent wees!>>
>
> Sy is.
> Mens noem dit rule of law.
>
> Al daarvan gehoor, Lou?
>
Re: Siedaar, die apartheidsvarke ontmasker [boodskap #30428 is 'n antwoord op boodskap #30351] Ma, 08 Mei 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[1]  is tans af-lyn  lou[1]
Boodskappe: 579
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
@home.com wrote:
>
> Tot tyd en wyl Wouter Basson
> skuldig bevind word, is hy onskuldig in die siening van die wet.
> En jy as polisieman behoort dit te weet.
>

My donder Antie - JY is die een wat ons heeltyd vertel hoe slegs en
skuldig Wouter Basson dan is - en nou praat JY die strooi hierbo.

Probeer tog konsekwent wees!
Re: Siedaar, die apartheidsvarke ontmasker [boodskap #30430 is 'n antwoord op boodskap #30351] Ma, 08 Mei 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
skryf in boodskap news:3915FB43.131946C4@home.com...
> Dis nie daardie wit mense wat getrou teen die diktatorskap gestem
> het nie.
> En alle apartheidsvarke was nie wit nie. Daardie ou in Boputshwana
> wat sy bantoestan wou beskerm, was nie wit nie.

En Mandela het ten minste drie voormalige tuisland-"diktators" in sy kabinet
opgeneem. Twee van hulle is nou nog daar. (Dus "apartheidsvarke" regeer ons
nog steeds.)

Een van hulle, Holomisa, het met 'n militêre staatsgreep in Transkei aan
bewind gekom. "...daardie ou" in Bop het sonder uitsondering deur
verkiesings aan bewind gekom en gebly. Die ANC het hom tweemal met
staatsgrepe probeer ontsetel en die tweede maal geslaag. En hy is terug in
die parlement.

Hy is natuurlik ook ge-impliseer by korrupsie tydens sy bewind. Maar die
mense in Mafikeng sê vir my: "Mangope se korrupsie het ons R20 miljoen oor
twintig jaar gekos. Die korrupsie van die ANC regering in die provinsie kos
ons nou R20 miljoen per maand".
Re: Siedaar, die apartheidsvarke ontmasker [boodskap #30432 is 'n antwoord op boodskap #30351] Ma, 08 Mei 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 08 May 2000 12:53:35 +0200, lou wrote:

> [/color]
>> Tot tyd en wyl Wouter Basson
>> skuldig bevind word, is hy onskuldig in die siening van die wet.
>> En jy as polisieman behoort dit te weet.
>>
>
> My donder Antie - JY is die een wat ons heeltyd vertel hoe slegs en
> skuldig Wouter Basson dan is - en nou praat JY die strooi hierbo.
>
> Probeer tog konsekwent wees!>>

Sy is.
Mens noem dit rule of law.

Al daarvan gehoor, Lou?
Re: Siedaar, die apartheidsvarke ontmasker [boodskap #30434 is 'n antwoord op boodskap #30351] Ma, 08 Mei 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 7 May 2000 01:33:58 +0200, "Leendert van Oostrum"
wrote:
Re: Siedaar, die apartheidsvarke ontmasker [boodskap #30437 is 'n antwoord op boodskap #30351] Ma, 08 Mei 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

lou wrote:

> @home.com wrote:
>>
>> Tot tyd en wyl Wouter Basson
>> skuldig bevind word, is hy onskuldig in die siening van die wet.
>> En jy as polisieman behoort dit te weet.
>>
>
> My donder Antie - JY is die een wat ons heeltyd vertel hoe slegs en
> skuldig Wouter Basson dan is - en nou praat JY die strooi hierbo.
>
> Probeer tog konsekwent wees!

Maar dan nog, Lou, gee dit my die koue rillingsas 'n eks-polisieman
praat van 'n koeel deur 'n
gevangene se kop sit voordat hy skuldig bevind
is in 'n hof. Dis presies hierdie bos-wet wat in die
ou SA floreer het. Dis presies hierdie soort
minagting vir die mens wat van Wouter Basson
'n monster maak. Maar laat hy deur 'n hof
skuldig bevind word.

Gloudina
Re: Siedaar, die apartheidsvarke ontmasker [boodskap #30443 is 'n antwoord op boodskap #30351] Ma, 08 Mei 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Reenen van Niekerk  is tans af-lyn  Reenen van Niekerk
Boodskappe: 445
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina

Dink net wat die verhoor ons kos. Dit kan wel kras klink maar hoeveel mense
is deur hom vermoor. As die moorde n politieke sy aan dit gehad het kon n
mens dit verstaan het maar ek kan nie verstaan hoe n mens iemand net kan
vermoor om nuwe middels te toets nie.

Lou ek stem saam dat hy dat hy sy verhoor moet staan maar ons weet hy is
skuldig. Maar soos ons wet deesdae is kan hy nog n vry man uitstap. Ek wat
in die polisie was weet dit en in my 18 jaar in die polisie het ek te veel
mense gesien wat net onskuldig gemoor is. Mense het net gemoor om te
moor.Basson het gemoor om hom self te verryk. Hy het ryk geword deur ander
mense se elende.

In my 18 jaar in die polisie het ek niemand dood geskiet nie en het net een
persoon gewond wat my met n panga wou kap.So ek beskou myself nie in die
selfde kategorie as die Bassons en kie nie.

Reenen van Niekerk

lou skryf in boodskap news:39169CAF.548D@hotmail.dinges.com...
> @home.com wrote:
>>
>> Tot tyd en wyl Wouter Basson
>> skuldig bevind word, is hy onskuldig in die siening van die wet.
>> En jy as polisieman behoort dit te weet.
>>
>
> My donder Antie - JY is die een wat ons heeltyd vertel hoe slegs en
> skuldig Wouter Basson dan is - en nou praat JY die strooi hierbo.
>
> Probeer tog konsekwent wees!
Re: Siedaar, die apartheidsvarke ontmasker [boodskap #30470 is 'n antwoord op boodskap #30351] Di, 09 Mei 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[1]  is tans af-lyn  lou[1]
Boodskappe: 579
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi Greyling wrote:
>
> On Mon, 08 May 2000 12:53:35 +0200, lou
> wrote:
>
> >>
>>> Tot tyd en wyl Wouter Basson
>>> skuldig bevind word, is hy onskuldig in die siening van die wet.
>>> En jy as polisieman behoort dit te weet.
>>>
>>
>> My donder Antie - JY is die een wat ons heeltyd vertel hoe slegs en
>> skuldig Wouter Basson dan is - en nou praat JY die strooi hierbo.
>>
>> Probeer tog konsekwent wees!>>
>
> Sy is.
> Mens noem dit rule of law.
>
> Al daarvan gehoor, Lou?

Al weer van die punt af ou Ferdi! Lees tog die thread!

Weet jy ooit wat konsekwent beteken?
Re: Siedaar, die apartheidsvarke ontmasker [boodskap #31377 is 'n antwoord op boodskap #30351] Ma, 05 Junie 2000 00:00 Na vorige boodskap
mera...  is tans af-lyn  mera...
Boodskappe: 16
Geregistreer: November 1998
Karma: 0
Junior Lid
Geagte groeplede.

Hier is een berig van 'n sluiper, ek lees maar skryf een ker in 8
maande.

Nogal interresant, die aprtheidsvarke verhaal, veral wat @home.com
altyd te skrywe het. enz.

Dalk moet mens meer geskiendenis en perspektief in die
apartheidsverhaal gebruik. Dalk moet jy die hele Europese
geskiendenis veral m.b.t Pruise goed verstaan om iets van ZA te kan
snap.

Ek woon in Nederland, ek het hier dinge gesien en gehoor. Dalk moet
mens maar liefs opvoeding probeer en nie die heeltyd gal braak. Soek
na 'n oplossing en help die menser om sigself te kan help.

groeten,
Michiel

On Sun, 07 May 2000 02:57:43 GMT, @home.com wrote:

> Leendert van Oostrum wrote:
>
>> Tut....tut....
>>
>> Soos gewoonlik lees Gloudina 'n wesenlike element van Louw se boodskap
>> heeltemal mis -
>>
>> . Miskien maak Chris Louw en sy maatjies
>> dit ook nog eendag. Dan kan hulle ook grootword.
>>
>
> Nee wat, ou Leendert, ek is nie onder die kalkoen
> uitgebroei nie. Ek sien ou Chris Louw ook maar
> vir wat hy is: 'n cry baby. In hierdie dae wat ons
> hier in Noord-Amerika die doodskiet van studente
> wat teen die Vietnam-oorlog betoog het herdenk,
> wonder mens opnuut oor die gedweeheid waarmee
> die jonger geslag daar in SA maar die apartheids-
> varke se bevele uitgevoer het. Ek wonder wat hulle
> dink as hulle hoor van al Wouter Basson se
> manewales. Alles dinge wat in hulle leeftyd gebeur
> het. As Olive Schreiner gedurende die Boere-oorlog
> vir reg en geregtigheid kon opkom, hoekom het
> meer van Chris Louw en sy tydgenote nie hulle stemme
> laat hoor nie?
>
> Gloudina
>
Vorige onderwerp: Interessante WEb site
Volgende onderwerp: Afrika is AFRIKA!
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 29 05:18:32 MGT 2024