Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » P-taal reëls en regulasies (wel, net reëls)
P-taal reëls en regulasies (wel, net reëls) [boodskap #30425] Ma, 08 Mei 2000 00:00 na volgende boodskap
Samuel Murray  is tans af-lyn  Samuel Murray
Boodskappe: 66
Geregistreer: September 1999
Karma: 0
Volle Lid
Reëls vir P-taal.

Daar is drie soorte P-taal, naamlik 'n eenvoudige P-taal, 'n meervoudige
P-taal, en 'n verbasterde P-taal (lg ook genoem "natuurlike P-taal").

Eenvoudige P-taal:
Voeg die klank "-ep-" (rym met "dip") tussen die eerste vokaal en die
voorafgaande medeklinker van elke woord in. Woorde wat op vokale begin
kry bloot die "ep-" vooraan. Byvoorbeeld:
Dier = Depier
Hond = Hepond
Oog = Epoog
Kuier = Kepuier
Onmiddellik = Eponmiddellik
Ek praat P-taal = Epek prepaat pepee tepaal.

Meervoudige P-taal:
Dieselfde as enkelvoudige P-taal, behalwe dat die "-ep-" by voor by elke
lettergreep ingevoeg word, nie net elke hele woord nie. Byvoorbeeld:
Dier = Depier
Kuier = Kepuieper
Onmiddellik = on + mi + dde + llik = Eponmepiddepellepik

Natuurlike P-taal:
By allerlei letterkombinasies word van die hoof-P-taalreels afgewyk
omdat dit spraak vergemaklik. Byvoorbeeld:
Skryf = Skerepetyf ipv Skrepyf
Loop = Letoop ipv Lepoop
Kuier = Kepuieter ipv Kepuieper

Die Natuurlike P-taal kom meesal in spraak voor, maar gesoute
P-taalsprekers kan sulke "verbasterde" P-taal maklik verstaan, omdat die
oor die eintlike woorde maklik van die ver-P-ing kan onderskei. Wanneer
daar geskryf word, word die natuurlike klankgreepverdeling hoër geag as
die lettergreepverdeling, byvoorbeeld "Eponmepidepelepik" (waar die
verdubbelde medeklinkers sommer weggelaat word, omdat dit geen invloed
op spraak het nie).

Sommige mense voeg die volgende skryfreël by: By woorde wat aan die
begin van die sin begin met 'n vokaal, word die "ep-" met 'n kleinletter
geskryf, byvoorbeeld:
epEk sepit hepier epop depie stepoel. ipv Epek sepit hepier epop depie
stepoel, of selfs ePek sepit hepier epop depie stepoel.

P-taal werk goed in Afrikaans, maar dit sukkel soms met Engels.
Re: P-taal reëls en regulasies (wel, net reëls) [boodskap #30457 is 'n antwoord op boodskap #30425] Di, 09 Mei 2000 00:00 Na vorige boodskap
Gary Bartholomew  is tans af-lyn  Gary Bartholomew
Boodskappe: 106
Geregistreer: Maart 2000
Karma: 0
Senior Lid
ouyay eanmay igpay atinlay?

Samuel Murray skryf in boodskap news:8f6dhv$ouj$2@ctb-nnrp1.saix.net...
> Reëls vir P-taal.
>
> Daar is drie soorte P-taal, naamlik 'n eenvoudige P-taal, 'n meervoudige
> P-taal, en 'n verbasterde P-taal (lg ook genoem "natuurlike P-taal").
>
> Eenvoudige P-taal:
> Voeg die klank "-ep-" (rym met "dip") tussen die eerste vokaal en die
> voorafgaande medeklinker van elke woord in. Woorde wat op vokale begin
> kry bloot die "ep-" vooraan. Byvoorbeeld:
> Dier = Depier
> Hond = Hepond
> Oog = Epoog
> Kuier = Kepuier
> Onmiddellik = Eponmiddellik
> Ek praat P-taal = Epek prepaat pepee tepaal.
>
> Meervoudige P-taal:
> Dieselfde as enkelvoudige P-taal, behalwe dat die "-ep-" by voor by elke
> lettergreep ingevoeg word, nie net elke hele woord nie. Byvoorbeeld:
> Dier = Depier
> Kuier = Kepuieper
> Onmiddellik = on + mi + dde + llik = Eponmepiddepellepik
>
> Natuurlike P-taal:
> By allerlei letterkombinasies word van die hoof-P-taalreels afgewyk
> omdat dit spraak vergemaklik. Byvoorbeeld:
> Skryf = Skerepetyf ipv Skrepyf
> Loop = Letoop ipv Lepoop
> Kuier = Kepuieter ipv Kepuieper
>
> Die Natuurlike P-taal kom meesal in spraak voor, maar gesoute
> P-taalsprekers kan sulke "verbasterde" P-taal maklik verstaan, omdat die
> oor die eintlike woorde maklik van die ver-P-ing kan onderskei. Wanneer
> daar geskryf word, word die natuurlike klankgreepverdeling hoër geag as
> die lettergreepverdeling, byvoorbeeld "Eponmepidepelepik" (waar die
> verdubbelde medeklinkers sommer weggelaat word, omdat dit geen invloed
> op spraak het nie).
>
> Sommige mense voeg die volgende skryfreël by: By woorde wat aan die
> begin van die sin begin met 'n vokaal, word die "ep-" met 'n kleinletter
> geskryf, byvoorbeeld:
> epEk sepit hepier epop depie stepoel. ipv Epek sepit hepier epop depie
> stepoel, of selfs ePek sepit hepier epop depie stepoel.
>
>
> P-taal werk goed in Afrikaans, maar dit sukkel soms met Engels.
>
Vorige onderwerp: boere dood, hongersnood dryg !
Volgende onderwerp: Re: Low. lower, lou
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 20 11:27:08 MGT 2024