Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Katjiepiering - nou ploegskaar
|
Re: Katjiepiering - nou ploegskaar [boodskap #30370 is 'n antwoord op boodskap #30368] |
Sat, 06 May 2000 00:00   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
PAT wrote:
> n Skottel is ook n ploegskaar
Ja, ek het grootgeword met 'n skottelploeg
.Dit word gebruik nie om voortjies in die grond
te maak nie, maar om die grond om te keer en
dit so aan die buitelug bloot te stel (Eng. aereate.)
Mens moet ploeg tussen die wingerstokke
sodat die grond kan asemhaal.
Toe mense met meganiese "rototillers"
die werk probeer doen het, het hulle egter
opgemerk dat die wingerd nie meer so goed
groei nie, en daar baie meer insekteplae was.
Dit was omdat die vrugbare eilandgrond
so vasgepak was deur veral die wiele van die
trekters dat dit nie meer kon asemhaal nie.
Gloudina
>
|
|
|
|
|
|
Re: Katjiepiering - nou ploegskaar [boodskap #30411 is 'n antwoord op boodskap #30368] |
Sun, 07 May 2000 00:00   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Dries Venter wrote:
> Wat jy aan dink is waarskynlik 'n dis. As jy met 'n skottelploeg tussen die
> wingerde inry, kgaan jy baie lang trane huil. 'n Skottelploeg kan maklik
> meer as 'n voet diep ploeg, terwyl 'n dis die grond so 6-9" diep omkeer (jou
> "aerate")
>
Wel, jy mag reg wees. Maar wat hulle wou doen tussen die wingerdrye,
was om baie dieper as 'n voet in te gaan. Sommige jare het my pa-hulle
die grond tussen die wingerdstokke oopgegrawe en ou wingerdlote daarin
begrawe, met dieselfde doel.
Onthou, in die wingerdlande waarvan ek nou praat, was elke wingerdstok
onafhanklik van die ander, en nie aan 'n draad opgelei, soos dit in meeste ander
dele van die wereld gebeur nie. Elke winter het my pa-hulle elke individuele
stok "gevleg." Mens kies vyf van die beste en sterkste lote, sny die ander uit,
en vleg dan hierdie lote saam in 'n soort van 'n mandjie. Hieraan groei die
nuwe lote dan die volgende lente. Snaaks, ek het nog nooit dieselfde ding
in ander wingerdlande gesien nie. Hulle is amper altyd aan 'n draad opgelei.
Gloudina
|
|
|
Re: Katjiepiering - nou ploegskaar [boodskap #30472 is 'n antwoord op boodskap #30368] |
Tue, 09 May 2000 00:00  |
Afro Ozzie
Boodskappe: 37 Geregistreer: December 1999
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
Vandag nog word onopgeleide wingerd (bosstok) deur sekere wynmakers
verkies.
Dit is net moeiliker om te oes. (meer rugbreek werk). Die vleg van
stokke
word nog gedoen deur sekere wingerd boere om die stok te "skok" as hy te
welig sou groei, veral as die grond te vrugbaar is.
Groete
Afrozzie
In article ,
@home.com wrote:
> Wel, jy mag reg wees. Maar wat hulle wou doen tussen die wingerdrye,
> was om baie dieper as 'n voet in te gaan. Sommige jare het my pa-hulle
> die grond tussen die wingerdstokke oopgegrawe en ou wingerdlote daarin
> begrawe, met dieselfde doel.
> Onthou, in die wingerdlande waarvan ek nou praat, was elke wingerdstok
> onafhanklik van die ander, en nie aan 'n draad opgelei, soos dit in meeste ander
>
> dele van die wereld gebeur nie. Elke winter het my pa-hulle elke individuele
> stok "gevleg." Mens kies vyf van die beste en sterkste lote, sny die ander uit,
>
> en vleg dan hierdie lote saam in 'n soort van 'n mandjie. Hieraan groei die
> nuwe lote dan die volgende lente. Snaaks, ek het nog nooit dieselfde ding
> in ander wingerdlande gesien nie. Hulle is amper altyd aan 'n draad opgelei.
>
> Gloudina
>
>
Sent via Deja.com http://www.deja.com/
Before you buy.
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Sun Mar 09 07:41:59 UTC 2025
|