Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » "piering"
"piering" [boodskap #30388] So, 07 Mei 2000 00:00
loes&patrick  is tans af-lyn  loes&patrick
Boodskappe: 239
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
'n ou vriend van my pa het sy lewe lank in Nederlandsch indie (nou Indonesia)
gebly.
Hy het die naam "PIERING" gebruik as 'n bysit bordjie waarop die mense b.v
die visgraatjies of vetrandjies van die vleis oply.

Is PIERING wellig 'n Malyse woord ? Ek is jammer ek het geen Malyse woordeboek

groete, Patrick
Re: "piering" [boodskap #30389 is 'n antwoord op boodskap #30388] So, 07 Mei 2000 00:00 Na vorige boodskap
Samuel Murray  is tans af-lyn  Samuel Murray
Boodskappe: 66
Geregistreer: September 1999
Karma: 0
Volle Lid
L&P skryf in boodskap news:ant0713190b0M3Mb@camerama.demon.nl...
>
> 'n ou vriend van my pa het sy lewe lank in Nederlandsch indie (nou Indonesia)
> gebly.
> Hy het die naam "PIERING" gebruik as 'n bysit bordjie waarop die mense b.v
> die visgraatjies of vetrandjies van die vleis oply.

Wel, ek weet nie, maar ek weet dat die ding waarna jy daar verwys (die
ding waarop jy die bene en graatjies sit) ook by my neerlandse famielje
gebruik word as "bottebord" (ek vermoed "botte" is bene). Vir 'n
piering gebruik hulle "schotel" (skottel dalk). Die woord "piering" is
waarskynlik 'n maleise woord, ja. Die gebruik van "piering" as 'n
piering is ook nie juis ver verwyderd van die gebruik daarvan as 'n
klein bottebordjie nie.
Vorige onderwerp: Re: Welkom terug Leendert
Volgende onderwerp: Toekoms Advies vir: Verhoogde SSGe vir ons Paradys
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 20 08:06:42 MGT 2024