Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Katjiepiering - nou ploegskaar
Re: Katjiepiering - nou ploegskaar [boodskap #30368] Sa, 06 Mei 2000 00:00 na volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

PAT wrote:

> Ek
> wonder of die Nederlanders net so lekker lag vir ons snaakse
> woorde.

Baie, Pat.

Gloudina

>
Re: Katjiepiering - nou ploegskaar [boodskap #30370 is 'n antwoord op boodskap #30368] Sa, 06 Mei 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

PAT wrote:

> n Skottel is ook n ploegskaar

Ja, ek het grootgeword met 'n skottelploeg
.Dit word gebruik nie om voortjies in die grond
te maak nie, maar om die grond om te keer en
dit so aan die buitelug bloot te stel (Eng. aereate.)
Mens moet ploeg tussen die wingerstokke
sodat die grond kan asemhaal.
Toe mense met meganiese "rototillers"
die werk probeer doen het, het hulle egter
opgemerk dat die wingerd nie meer so goed
groei nie, en daar baie meer insekteplae was.
Dit was omdat die vrugbare eilandgrond
so vasgepak was deur veral die wiele van die
trekters dat dit nie meer kon asemhaal nie.

Gloudina

>
Re: Katjiepiering - nou ploegskaar [boodskap #30371 is 'n antwoord op boodskap #30368] Sa, 06 Mei 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Arthur Hagen  is tans af-lyn  Arthur Hagen
Boodskappe: 559
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina schreef...
> PAT wrote:
>
>> n Skottel is ook n ploegskaar
> Ja, ek het grootgeword met 'n skottelploeg

Uit nieuwsgierigheid ben ik even op het net gaan zoeken, maar ik kwam in
ieder geval geen "schotelploeg" (wel 38 verwijzingen naar een skottelploeg.
Komt het "skottel" van de vorm van de ploeg of is het een variant op
"schoffelploeg", zoals die wordt genoemd op
http://www.chez.com/bournet/nds/vignobleN.htm

Groeten,
Arthur
Re: Katjiepiering - nou ploegskaar [boodskap #30374 is 'n antwoord op boodskap #30368] Sa, 06 Mei 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PAT  is tans af-lyn  PAT
Boodskappe: 141
Geregistreer: April 1999
Karma: 0
Senior Lid
Heh heh Gloudina, ek het so lekker gelag vir jou beskrywing. Ek
wonder of die Nederlanders net so lekker lag vir ons snaakse
woorde.
Kop en skottel indeed. n Skottel is ook n ploegskaar of n plat
ding waarin
mens vleis kan braai, alhoewel ek nie die beginsel daarvan kan
verstaan nie,
dit lyk of die vleis in sy eie vet lê en braai. n Rooster het
darem openinge
waar die vet kan uitdrup.

Nou ja, nou is ek heel van die onderwerp af, 'skuus.

Pat
@home.com wrote in article ...
piering wees nie. En 'n piering is
> plat, soos die ding in 'n "cup and saucer."
> Dis nie 'n kommetjie nie, en dis nie
> 'n skotteltjie nie. "Kop en schotel"
> klink vir my amper soos iets wat
> Salome ingedra het nadat sy Johannes
> die Doper onthoof het. Waarin gee
> jy die kat melk as jy bietjie melk
> op die grond wil sit vir hom?
>
> Gloudina
>
Re: Katjiepiering - nou ploegskaar [boodskap #30406 is 'n antwoord op boodskap #30368] So, 07 Mei 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Dries Venter  is tans af-lyn  Dries Venter
Boodskappe: 299
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Wat jy aan dink is waarskynlik 'n dis. As jy met 'n skottelploeg tussen die
wingerde inry, kgaan jy baie lang trane huil. 'n Skottelploeg kan maklik
meer as 'n voet diep ploeg, terwyl 'n dis die grond so 6-9" diep omkeer (jou
"aerate")

Groete,
Dries Venter

@home.com wrote in message ...
> PAT wrote:
>
>> n Skottel is ook n ploegskaar
>
> Ja, ek het grootgeword met 'n skottelploeg
> .Dit word gebruik nie om voortjies in die grond
> te maak nie, maar om die grond om te keer en
> dit so aan die buitelug bloot te stel (Eng. aereate.)
> Mens moet ploeg tussen die wingerstokke
> sodat die grond kan asemhaal.
Re: Katjiepiering - nou ploegskaar [boodskap #30411 is 'n antwoord op boodskap #30368] So, 07 Mei 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Dries Venter wrote:

> Wat jy aan dink is waarskynlik 'n dis. As jy met 'n skottelploeg tussen die
> wingerde inry, kgaan jy baie lang trane huil. 'n Skottelploeg kan maklik
> meer as 'n voet diep ploeg, terwyl 'n dis die grond so 6-9" diep omkeer (jou
> "aerate")
>

Wel, jy mag reg wees. Maar wat hulle wou doen tussen die wingerdrye,
was om baie dieper as 'n voet in te gaan. Sommige jare het my pa-hulle
die grond tussen die wingerdstokke oopgegrawe en ou wingerdlote daarin
begrawe, met dieselfde doel.
Onthou, in die wingerdlande waarvan ek nou praat, was elke wingerdstok
onafhanklik van die ander, en nie aan 'n draad opgelei, soos dit in meeste ander

dele van die wereld gebeur nie. Elke winter het my pa-hulle elke individuele
stok "gevleg." Mens kies vyf van die beste en sterkste lote, sny die ander uit,

en vleg dan hierdie lote saam in 'n soort van 'n mandjie. Hieraan groei die
nuwe lote dan die volgende lente. Snaaks, ek het nog nooit dieselfde ding
in ander wingerdlande gesien nie. Hulle is amper altyd aan 'n draad opgelei.

Gloudina
Re: Katjiepiering - nou ploegskaar [boodskap #30472 is 'n antwoord op boodskap #30368] Di, 09 Mei 2000 00:00 Na vorige boodskap
Afro Ozzie  is tans af-lyn  Afro Ozzie
Boodskappe: 37
Geregistreer: Desember 1999
Karma: 0
Volle Lid
Vandag nog word onopgeleide wingerd (bosstok) deur sekere wynmakers
verkies.
Dit is net moeiliker om te oes. (meer rugbreek werk). Die vleg van
stokke
word nog gedoen deur sekere wingerd boere om die stok te "skok" as hy te
welig sou groei, veral as die grond te vrugbaar is.
Groete
Afrozzie

In article ,
@home.com wrote:

> Wel, jy mag reg wees. Maar wat hulle wou doen tussen die wingerdrye,
> was om baie dieper as 'n voet in te gaan. Sommige jare het my pa-hulle
> die grond tussen die wingerdstokke oopgegrawe en ou wingerdlote daarin
> begrawe, met dieselfde doel.
> Onthou, in die wingerdlande waarvan ek nou praat, was elke wingerdstok
> onafhanklik van die ander, en nie aan 'n draad opgelei, soos dit in meeste ander
>
> dele van die wereld gebeur nie. Elke winter het my pa-hulle elke individuele
> stok "gevleg." Mens kies vyf van die beste en sterkste lote, sny die ander uit,
>
> en vleg dan hierdie lote saam in 'n soort van 'n mandjie. Hieraan groei die
> nuwe lote dan die volgende lente. Snaaks, ek het nog nooit dieselfde ding
> in ander wingerdlande gesien nie. Hulle is amper altyd aan 'n draad opgelei.
>
> Gloudina
>
>

Sent via Deja.com http://www.deja.com/
Before you buy.
Vorige onderwerp: Roze teksten
Volgende onderwerp: boere dood, hongersnood dryg !
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 29 07:36:12 MGT 2024