Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » ke e:/xarra //ke
ke e:/xarra //ke [boodskap #30216] |
Thu, 27 April 2000 00:00  |
KaapseKind
Boodskappe: 82 Geregistreer: April 2000
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
Die nuwe motto van Suid-Afrika se landswapen: diverse people unite (soos
hierbo, in die San-taal van die uitgestorwe Xam-groep).
Ek dink dis pragtig.
Wat dink julle?
|
|
|
|
|
Re: ke e:/xarra //ke [boodskap #30231 is 'n antwoord op boodskap #30216] |
Fri, 28 April 2000 00:00   |
Gary Bartholomew
Boodskappe: 106 Geregistreer: March 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Dis nou heelwat mooier as die ou ene. (Eers 'n beter vlag, en nou 'n beter
wapen; miskien is ons op pad voorentoe; sal maar sien). Ek het op die nuus
gehoor dat die taal aan 'n sentraal Afrika stam behoort het.
KaapseKind skryf in boodskap news:8ebds4$n14$1@ctb-nnrp1.saix.net...
> Kangakid,
>
> Hier is die landswapen - as jy dit nog nie intussen gevind het nie.
> (Ek heg dit aan as "attachment" en hoop dit werk).
>
> Ek het ook die volgende beskrywing op MWeb se tuisblad gekry - en was te lui
> om dit te vertaal.
>
> "The new coat of arms has two Khoisan figures symbolising South Africa's
> common heritage as the central feature. The figures are enclosed in a shield
> surrounded by two wheat ears, a symbol of fertility and growth.
>
> Also featured are elephant tusks which represent wisdom, strength,
> moderation and eternity, as well as a Protea, symbolic of the beauty of
> South Africa and the flowering of the nation's potential, and a secretary
> bird, a symbol of protection.
>
> A spear and knobkerrie cross over the top of the shield, a sign of
> authority. As they are lying down, they also represent peace.
>
> The motto, written in the San language of the now extinct Xam people,
> translates as: "Unity in Diversity".
>
> The old coat of arms, introduced at union in 1910, incorporated the symbols
> of the now defunct four provinces".
>
>
> Wat dink jy daarvan?
>
|
|
|
|
|
Re: ke e:/xarra //ke [boodskap #30234 is 'n antwoord op boodskap #30216] |
Fri, 28 April 2000 00:00   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
KaapseKind wrote:
> Ek dink dis pragtig.
> Wat dink julle?
Ek dink die ontwerp van die nuwe wapenvir SA is baie treffend. As mens aan
die
oorvolle ou een dink, dan kan jy 'n sug
van verligting slaak. Ek hou van die
eiervormige basis van die ontwerp:
'n eier met vlerke en 'n kroon. Ek hou
van die feit dat hulle die sekretarisvoel
gekies het, weens die inheemsheid
daarvan, maar dit herinner sterk aan
die ontwerp van 'n phoenix met die se
sterk simboliese inhoud. (Dit het my
'n rukkie geneem om te besef dat dit
'n protea is wat die onderlyf van die
sekretarisvoel vorm, en dat die spies
en die knopkierie die bene vorm.)
Die braafste deel is duidelik die besluit
dat die enigste taal wat op die wapen
sal verskyn, die van 'n uitgestorwe
San groep sal wees. Dit was egter 'n
besluit wat Salomo groen van jaloesie
sou maak : in 'n land waar 11 tale om
aandag dring, kies jy nie een van hulle
nie, en het seker algehele konsensus
dat daardie woorde op die wapen die
regte keuse is!
Die tannie wat verantwoordelik is
dat 'n paar Kanadese 'n San woord
gebruik (eina).
|
|
|
Re: ke e:/xarra //ke [boodskap #30248 is 'n antwoord op boodskap #30216] |
Sat, 29 April 2000 00:00   |
Samuel Murray
Boodskappe: 66 Geregistreer: September 1999
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
Rocco Van Tonder & Associates skryf in boodskap news:390b0c85.0@news1.mweb.co.za...
> Dit lyk my almal is te bang om iets te se van julle nuwe wapen. Wel ek sal
> iets daar oor se, as n Blanke Afrikaanse Christen sal ek dit nooit aan vaar
> as my teken van my land nie. REDE, toe ek hoor julle gaan n nuwe teken kry
> van die commies, het ek vir almal gese dat hulle sal sien hoeveel verskuilde
> tekens daar in die teken sal wees.
Wel, ek het gaan loer... en here goes met al die verskuilde
kommunistiese en satanistiese tekens:
1. Die new-age piramiede wat die bokant van die protea vorm.
2. Die "son" bo-aan wat, as jy dit vervorm en reg uitknip en weer
aanmekaar vasplak, 'n perfekte kommunistiese ster vorm.
3. Die liggeel dele van die voël se vlerke is joysticks wat simbolies
is van die beheer wat die regering oor ons het via rekenaars en die
internet.
4. Die ligbruin dele van die vlerke het elk 6 kepe in (die satanistiese
syfer).
5. Die donkerbruin dele van die vlerke het elk 7 kepe in (die
christelike syfer) ... die dele met 6 kepe staan dus verhewe bo-kant die
dele met 7 kepe in, wat simbolies is van die oorwinning van die duiwel
oor God.
6. As jy mooi kyk sal jy sien dis eintlik 'n aasvoël en nie 'n
kraanvoël nie, simbolies van die verval van die land en die swartes wat
ons plase gaan aas.
7. Die twee halms koring is simbolies van die koring en die kaf wat
geskei gaan word, maar omdat daar nie 'n kaf aangedui word nie (slegs 'n
tweede koring), maak dit 'n bespotting van die idee dat die goeie van
die slegte geskei word... dit sê dus "kaf bestaan nie, alles is koring",
wat beteken dat die slegte nie bestaan nie, net die goeie -- 'n tipiese
kommunistiese leuen wat christene in die verderf in probeer lei met die
argument dat sonde en die hel nie bestaan nie.
8. Kyk na hoe die mannetjies op spesifieke plekke "opgebreek" is... as
jy hulle so opbreek en op 'n sekere manier aan mekaar sit dan kry jy 'n
5-puntige ster van satanisme.
9. Die twee figure is albei mans -- 'n goedkeuring van homoseksualisme.
10. Die hoek tussen die knopkierie en die assegaai is tradisioneel baie
kleiner as op hierdie wapen. Die hoek dui die samewerking tussen die
wetgewende en die uitvoerende gesagte van 'n land... en hier is die hoek
baie groot, wat dui op 'n wanverhouding tussen die wet en die toepassing
van die wet.
11. Die bokhorings aan beide kante van die wapen (dis nie ivoortande
nie).
12. Die numeriese totale van die letters in die leuse (as jy dit in
rekenaarsyfers omskakel en bymekaartel) gee 'n totaal van 666.
13. Jesus sit aan die regterhand van God, maar hierdie voël kyk na
links, wat dui op 'n weerstand teen die almagtige gesag van God.
14. Die figure dra wit roubande om hul bo-arms... wit bande was die
kleur van die anti-dienspligbeweging van die kommunistiese partye in die
80'er jare.
15. As jy die wapen op sy kop draai dan lyk dit soos 'n vuurpyl --
simbolies dat die mens nie tevrede is met sy bestaan op die aarde nie,
maar hom tot die hemele wil verhef.
Erm... behalwe hierdie, kan ek geen ander slegte dinge sien nie...
*nie-ernstig-nie*
|
|
|
Re: ke e:/xarra //ke [boodskap #30249 is 'n antwoord op boodskap #30216] |
Sat, 29 April 2000 00:00   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Samuel Murray wrote:
> 6. As jy mooi kyk sal jy sien dis eintlik 'n aasvoël en nie 'n
> kraanvoël nie
Alhoewel die blou kraanvoel glo die nasionale voel vanSA is, is hierdie een
glo 'n sekretarisvoel, volgens die
uitlegging op Beeld. Die sentrale element is dus 'n
scriba. Opperman sou daarvan gehou het.
Gloudina
|
|
|
|
Re: ke e:/xarra //ke [boodskap #30252 is 'n antwoord op boodskap #30216] |
Sat, 29 April 2000 00:00   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
KaapseKind wrote:
> Ek mag uniek wees en my landswapen erken dit. Eenheid in verskeidenheid. Nét
> wat ons nodig het en waarna ons streef.
Nee wat Kaapse Kind, Rocco is te domom te sien dat die wapen juis vir die
Afrikaner
toelaat om uniek te wees binne die groter
verskeidenheid.
Mense soos Rocco besef ook nie dat wat
hy "ons" (die Afrikaners) noem, gebore is
uit 'n baie groot diversiteit van groepe nie.
Eintlik is mense soos Rocco nie verenig in
hulle liefde vir hulle taal en hulle groep nie,
maar in hulle rassehaat. Dis die dat 'n Poolse
immigrant en 'n double-barreled Engelsman
met 'n Australiese vrou vir Chris Hani se
dood verantwoordelik was. Al wat hulle
verenig het, was haat.
Gloudina
|
|
|
|
|
Re: ke e:/xarra //ke [boodskap #30267 is 'n antwoord op boodskap #30216] |
Sun, 30 April 2000 00:00   |
Dries Venter
Boodskappe: 299 Geregistreer: January 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Hoekom wil jy nie maar die baie "giegabits" mors nie en vir ons sê watse
simboliek sien jy alles daarin nie? Die enigste aanvegbare dinge wat ek kan
sien is die gebruik van driehoeke (= piramiedes) en die eiervormigheid, wat
waarskynlik as New-Age tekens van fertiliteit gesien kan word. Ek het
regtig nie 'n 666 daarin gesien nie.
En, nee, dis nie 'n spottery nie. Ek is net al effens moeg vir mense wat
duiwelse tekens in alles om hulle sien. Partykeer is 'n driehoek net dit:
'n driehoek met geen bybetekenisse nie.
Ek het 'n pêl wat op 'n stadium erg met hierdie simboliek deurmekaar was.
Hy wou byv. nie 'n Toyota ry nie, want die Toyota-wapen is drie ellipse wat
een of ander duistere ding sou beteken, definitief van Satan. Toe sê ek
eendag vir hom hy moet kyk na die gloeilampe in sy huis en vir my sê watse
maak is hulle. Hy maak toe so en sê meeste is Osram. Toe sê ek hy moet
hulle vervang, want Osram is 'n Noorweegse afgod. Vra ek hom of hy dan nou
'n Mazda sou ry, sê hy ja. Tot ek aan hom uitwys Mazda is een van die gode
in die Zoroastriese geloof (ek dink die god van lig). Ens. ens. Gelukkig
is hy nou meer besadig. Ek dink hy't agtergekom 'n simbool is dit wat jy
van hom wil maak. Daar's 'n teks in die Bybel wat iets sê hiervan: dat dié
een wat glo dat as hy brandoffervleis eet, is dit sonde; hý pléég sonde as
hy dit eet, terwyl die ou wat dit nie glo nie, pleeg nie sonde nie.
Die keuse van die taal vir die nuwe wapen, is soos Gloudina sê, 'n
Salomo-wysheid. Weet net nie so mooi van die uitspraak nie. Ek sal maar by
die Afr vertaling bly, iets soos: "Diversiteit maak mag" om die ou leuse te
parafraseer.
Groete,
Dries Venter
NS: Wat doen Rocco Van Tonder en Associates?
Rocco Van Tonder & Associates wrote in message
...
> Dit lyk my almal is te bang om iets te se van julle nuwe wapen. Wel ek sal
> iets daar oor se, as n Blanke Afrikaanse Christen sal ek dit nooit aan vaar
> as my teken van my land nie. REDE, toe ek hoor julle gaan n nuwe teken kry
> van die commies, het ek vir almal gese dat hulle sal sien hoeveel verskuilde
> tekens daar in die teken sal wees. Wel!!!! "I rest my case" soos die engels
> man sal se. Ek het nog nie eers lank daar na gekyk nie, net wat ek op die
> nuus gesien het n paar sekondes daar van wel net in daai paar sekondes
> sommer n paar veskuilde betekenise. Net soos julle hnuwe lands vlag WEL nou
> daar is vir julle n goeie een, n vlag wat deur n standerd sessie geteken
> het, " ja hy wens". Wat van julle nuwe volks lied WEL DDDAAAARRRR van is
> daar baie te se maar daar is nie genoeg giegabits in julle harde skywe nie.
> Daar om kan/sal nie ooit nie dit aan vaar as my lied of vlag of teken nie.
> So as julle Christene is dan sal julle weet waar van ek praat en as julle
> nie is nie vind uit!!
>
> Rocco
>
>
> KaapseKind wrote in message
> news:8e9qfn$298$1@ctb-nnrp1.saix.net...
>> Die nuwe motto van Suid-Afrika se landswapen: diverse people unite (soos
>> hierbo, in die San-taal van die uitgestorwe Xam-groep).
>>
>> Ek dink dis pragtig.
>> Wat dink julle?
>>
>
|
|
|
Re: ke e:/xarra //ke [boodskap #30268 is 'n antwoord op boodskap #30216] |
Sun, 30 April 2000 00:00   |
Gary Bartholomew
Boodskappe: 106 Geregistreer: March 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Samuel Murray skryf in boodskap news:8efb3b$kmf$1@ctb-nnrp1.saix.net...
> Rocco Van Tonder & Associates wrote in message hulle sal sien hoeveel
> verskuilde
>> tekens daar in die teken sal wees.
>
> Wel, ek het gaan loer... en here goes met al die verskuilde
> kommunistiese en satanistiese tekens:
>
> 1. Die new-age piramiede wat die bokant van die protea vorm.
> 2. Die "son" bo-aan wat, as jy dit vervorm en reg uitknip en weer
> aanmekaar vasplak, 'n perfekte kommunistiese ster vorm.
> 3. Die liggeel dele van die voël se vlerke is joysticks wat simbolies
> is van die beheer wat die regering oor ons het via rekenaars en die
> internet.
> 4. Die ligbruin dele van die vlerke het elk 6 kepe in (die satanistiese
> syfer).
> 5. Die donkerbruin dele van die vlerke het elk 7 kepe in (die
> christelike syfer) ... die dele met 6 kepe staan dus verhewe bo-kant die
> dele met 7 kepe in, wat simbolies is van die oorwinning van die duiwel
> oor God.
> 6. As jy mooi kyk sal jy sien dis eintlik 'n aasvoël en nie 'n
> kraanvoël nie, simbolies van die verval van die land en die swartes wat
> ons plase gaan aas.
> 7. Die twee halms koring is simbolies van die koring en die kaf wat
> geskei gaan word, maar omdat daar nie 'n kaf aangedui word nie (slegs 'n
> tweede koring), maak dit 'n bespotting van die idee dat die goeie van
> die slegte geskei word... dit sê dus "kaf bestaan nie, alles is koring",
> wat beteken dat die slegte nie bestaan nie, net die goeie -- 'n tipiese
> kommunistiese leuen wat christene in die verderf in probeer lei met die
> argument dat sonde en die hel nie bestaan nie.
> 8. Kyk na hoe die mannetjies op spesifieke plekke "opgebreek" is... as
> jy hulle so opbreek en op 'n sekere manier aan mekaar sit dan kry jy 'n
> 5-puntige ster van satanisme.
> 9. Die twee figure is albei mans -- 'n goedkeuring van homoseksualisme.
> 10. Die hoek tussen die knopkierie en die assegaai is tradisioneel baie
> kleiner as op hierdie wapen. Die hoek dui die samewerking tussen die
> wetgewende en die uitvoerende gesagte van 'n land... en hier is die hoek
> baie groot, wat dui op 'n wanverhouding tussen die wet en die toepassing
> van die wet.
> 11. Die bokhorings aan beide kante van die wapen (dis nie ivoortande
> nie).
> 12. Die numeriese totale van die letters in die leuse (as jy dit in
> rekenaarsyfers omskakel en bymekaartel) gee 'n totaal van 666.
> 13. Jesus sit aan die regterhand van God, maar hierdie voël kyk na
> links, wat dui op 'n weerstand teen die almagtige gesag van God.
> 14. Die figure dra wit roubande om hul bo-arms... wit bande was die
> kleur van die anti-dienspligbeweging van die kommunistiese partye in die
> 80'er jare.
> 15. As jy die wapen op sy kop draai dan lyk dit soos 'n vuurpyl --
> simbolies dat die mens nie tevrede is met sy bestaan op die aarde nie,
> maar hom tot die hemele wil verhef.
>
> Erm... behalwe hierdie, kan ek geen ander slegte dinge sien nie...
>
>
Haai, Samuel, nou val die skille van my oë af. As 'n mens hierna terug staan
van hierdie onding dan is dit duidelik 'n uitbeelding van DIE HEL met sy
vlamme en sy homoseksuele demone en sy bokhorings.
In onskuld, het ek hierdie bose aanvaar, maar in hierdie tye sal die onskuld
nie die skuld verberg nie. Let op! Wees wakker! Hier word die merk van die
bees uitgeskryf. :(=~<
///
\ \\\
// ///
$$$$$$$$$$$$$$$
>
>
>
> *nie-ernstig-nie*
>
|
|
|
|
|
Re: ke e:/xarra //ke [boodskap #30271 is 'n antwoord op boodskap #30216] |
Sun, 30 April 2000 00:00   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Samuel Murray wrote:
> Samuel:
> Aaaah, ek wou SEG dit lyk nie soos 'n kraanvogel nie. Tx, Gloutannie...
> ek het juis gewonder watter vogel dit is.
>
> Nouja, die kommunisverskriktes sou seg: Die wapen spot met die kerke se
> scribas.
Ahhhhh, nou gaan die lig vir my op.
Die tannie wat al ooievaars sien wei
het op die lusernlande op die walle
van die Oranje-rivier (op pad tussen
Europa en George, waar hulle oorwinter.)
|
|
|
Re: ke e:/xarra //ke [boodskap #30290 is 'n antwoord op boodskap #30216] |
Mon, 01 May 2000 00:00   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Rocco Van Tonder & Associates wrote:
> Ja gloudina as jy niks het om te se nie, en as jy nei weet waar van jy praat
> nie dan is jy net soos die volksvreemdes, jy het die klokie gehoor maar het
> nie n idee waar die son op kom nie, hoopenlik is dit lekker deur mekaar dan
> sal jy dit verstaan. Jou brein krag is die selfde as die volksvreemdes.
> As jy weet waar van ek praat, wat ek baie sterk twyfel, dan kan jy n eier
> le, gaan dink aan iets wat jy van weet en dan kom jy terug dan kan ons kyk
> of jy dan iets weet, want j-y w-e-e-t t-o-k-k-e-l
I rest my case. Rocco, in watter besigheid is jy?
As jy 'n prokureur is, sal ek nie vir jou toelaat
om met my sake te werk nie. Jy ken nie eens jou
eie taal nie (die spelling, die idionatiese gebruik)
en jou pogings om 'n logiese gesprek te voer,
is amper nul. Net 'n laaste vraag: wat bedoel
jy met die laaste sin." Jy weet tokkel." Ek ken
die woord tokkel, maar net as 'n werkwoord.
Wat beteken "tokkel" in jou laaste sin. Daardie
sin het my skoon verbyster.
Gloudina
|
|
|
Re: ke e:/xarra //ke [boodskap #30291 is 'n antwoord op boodskap #30216] |
Mon, 01 May 2000 00:00   |
Rocco Van Tonder
Boodskappe: 22 Geregistreer: February 2000
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
Ja gloudina as jy niks het om te se nie, en as jy nei weet waar van jy praat
nie dan is jy net soos die volksvreemdes, jy het die klokie gehoor maar het
nie n idee waar die son op kom nie, hoopenlik is dit lekker deur mekaar dan
sal jy dit verstaan. Jou brein krag is die selfde as die volksvreemdes.
As jy weet waar van ek praat, wat ek baie sterk twyfel, dan kan jy n eier
le, gaan dink aan iets wat jy van weet en dan kom jy terug dan kan ons kyk
of jy dan iets weet, want j-y w-e-e-t t-o-k-k-e-l
skryf in boodskap news:390B2667.DF27027E@home.com...
KaapseKind wrote:
> Ek mag uniek wees en my landswapen erken dit. Eenheid in verskeidenheid. Nét
> wat ons nodig het en waarna ons streef.
Nee wat Kaapse Kind, Rocco is te domom te sien dat die wapen juis vir die
Afrikaner
toelaat om uniek te wees binne die groter
verskeidenheid.
Mense soos Rocco besef ook nie dat wat
hy "ons" (die Afrikaners) noem, gebore is
uit 'n baie groot diversiteit van groepe nie.
Eintlik is mense soos Rocco nie verenig in
hulle liefde vir hulle taal en hulle groep nie,
maar in hulle rassehaat. Dis die dat 'n Poolse
immigrant en 'n double-barreled Engelsman
met 'n Australiese vrou vir Chris Hani se
dood verantwoordelik was. Al wat hulle
verenig het, was haat.
Gloudina
|
|
|
Re: ke e:/xarra //ke [boodskap #30404 is 'n antwoord op boodskap #30216] |
Sun, 07 May 2000 00:00   |
Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880 Geregistreer: July 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
> skryf in boodskap news:390B2667.DF27027E@home.com...
KaapseKind wrote:
>> Ek mag uniek wees en my landswapen erken dit. Eenheid in verskeidenheid. Nét
>> wat ons nodig het en waarna ons streef.
> Nee wat Kaapse Kind, Rocco is te domom te sien dat die wapen juis vir die
> Afrikaner
> toelaat om uniek te wees binne die groter
> verskeidenheid.
Inteendeel. Daar is ten minste twee betekenisse wat aan "diversiteit" geheg
word: a) Jy mag diversiteit onderhou deur te kies om jou (bepaalde aspekte
van jou persoonlikheid) binne bepaalde groepverband uit te leef en b) Jy
moet verseker dat elke groep die volle spektrum van diversiteit weerspieël.
Die eerste en kan miskien diversiteit onderhou. Die tweede een vernietig
dit. 'n Goeie voorbeeld hiervan kom voor in die nasionale onderwysbeleid wat
trots verklaar dat die uitkomstes van die kurrikulum verpligtend is, en
gemik is op "inclusion". Om daardie rede, vervolg die dokument, kan
godsdiens nie "include" word nie, want "non-religious" leerders sal nie die
uitkomstes kan bereik nie.
Waaragtig. Om "inclusive" te wees, moet godsdiens "exclude" word. Chris
Louw, in sy bebliksemde boetie se synskrises, het 'n ander aspek hiervan
beleef - en bietjie anders verwoord.
Hierdie paradoks lê volledig in die nuwe leuse opgesluit - as dit vertolk
word soos die onderwysbeleid "inclusion" vertolk.
> Eintlik is mense soos Rocco nie verenig in
> hulle liefde vir hulle taal en hulle groep nie,
> maar in hulle rassehaat. Dis die dat 'n Poolse
> immigrant en 'n double-barreled Engelsman
> met 'n Australiese vrou vir Chris Hani se
> dood verantwoordelik was. Al wat hulle > verenig het, was haat.
>
> Gloudina
Hmmmmm....... Ek sien daar's 'n ander ou haatvraat wat nog steeds hier haat
aanstig.
Vriendelike groete, Leendert
|
|
|
Re: ke e:/xarra //ke [boodskap #30471 is 'n antwoord op boodskap #30216] |
Tue, 09 May 2000 00:00   |
thys
Boodskappe: 21 Geregistreer: March 2000
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
KAFFER MENTALITEIT OP SY BESTE HULLE IS SELFS TE "STUPIT"
OM DIE DING SELF TE ONTWERP
KaapseKind skryf in boodskap news:8ebds4$n14$1@ctb-nnrp1.saix.net...
> Kangakid,
>
> Hier is die landswapen - as jy dit nog nie intussen gevind het nie.
> (Ek heg dit aan as "attachment" en hoop dit werk).
>
> Ek het ook die volgende beskrywing op MWeb se tuisblad gekry - en was te lui
> om dit te vertaal.
>
> "The new coat of arms has two Khoisan figures symbolising South Africa's
> common heritage as the central feature. The figures are enclosed in a shield
> surrounded by two wheat ears, a symbol of fertility and growth.
>
> Also featured are elephant tusks which represent wisdom, strength,
> moderation and eternity, as well as a Protea, symbolic of the beauty of
> South Africa and the flowering of the nation's potential, and a secretary
> bird, a symbol of protection.
>
> A spear and knobkerrie cross over the top of the shield, a sign of
> authority. As they are lying down, they also represent peace.
>
> The motto, written in the San language of the now extinct Xam people,
> translates as: "Unity in Diversity".
>
> The old coat of arms, introduced at union in 1910, incorporated the symbols
> of the now defunct four provinces".
>
>
> Wat dink jy daarvan?
>
|
|
|
|
Re: ke e:/xarra //ke [boodskap #30574 is 'n antwoord op boodskap #30216] |
Sun, 14 May 2000 00:00  |
boer...
Boodskappe: 191 Geregistreer: May 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ag,man jy is gesuip!Wat is pragtig aan 'n paar boesman wat staan en toi toi.Jy
is net so uitgestorwe soos die Xam groep!
koos wrote:
> EK WIL GAAN PIS
> "KaapseKind" wrote in message
> news:8e9qfn$298$1@ctb-nnrp1.saix.net...
>> Die nuwe motto van Suid-Afrika se landswapen: diverse people unite (soos
>> hierbo, in die San-taal van die uitgestorwe Xam-groep).
>>
>> Ek dink dis pragtig.
>> Wat dink julle?
>>
>>
>>
>>
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Sun Mar 09 07:55:00 UTC 2025
|