Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Seressekaroo
Seressekaroo [boodskap #30264] So, 30 April 2000 00:00 na volgende boodskap
Dries Venter  is tans af-lyn  Dries Venter
Boodskappe: 299
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Haai Gloudina, waar's jou Boerneef dan nou?! Seressekaroo = Ceres se Karoo,
maw as jy by Ceres verby deur die Koue Bokkeveld op na Sutherland en die
Roggeveldberge toe uit. Tewens, hy staan ook so betiteld op die 1:250000
kaartreeks van SA ("Ceres Karoo") In "Boplaas" gee Boerneef 'n goeie
beskrywing van hoe hulle met die skape getrek het ("Oor Swartrug") na hulle
plaas in hierdie einste Ceres Karoo (ek hou meer van Seressekaroo!). Jy kan
op die kaarte 'n hele klomp name eien wat hy daar gebruik, en sodoende sy
hele roete volg. In "Op die flottina" (Agter Kafferkraalsekop) skryf hy:
"...dis 'n rympie van 'n kind 'n seressekaro se kind wat in sy bedjie lê en
huil..."

Ek sien nou in my Reader's Digest Atlas (wat hierdie hele reeks kaarte in
het) dat die Tankwakaroo eintlik noord van die Ceres Karoo sit, terwyl die
Moordenaarskaroo noord van die pad tussen Matjiesfontein, Laingsburg en
LeeuGamka lê, omtrent tot by Sutherland.

Waar die naam Moor'naarskarroo vandaan kom, weet ek nie - jy sal iemand soos
Abraham de Vries moet vra.

Maar daai einste Karoo is seker wat ek die meeste gemis het in Londen:
daardie v�r-v�r bewerige horison met die ylblou lug soos 'n groot koepel om
jou, met snags se somtyds snerpende koue met die sterre wat so naby lyk, jy
kan aan hulle vat.

Dries Venter

@home.com wrote in message ...
T de Wet wrote:

> En die Moor'naarskaroo is net soos jy daar sê. So 'n myl of tien sal jou
> seker vergewe word!

> Dries Venter wrote in message
>>
>> Die Moor'naarskarroo lê daar noordwes van 'n lyn tussen Laingsburg en (ek
>> dink) Merweville, sê maar in so 'n driehoek na Sutherland se kant toe.
>> Suidwes van h'om lê die Tankwakarroo, om die Doringrivier na Ceres se kant
>> toe - Boerneef se Seressekarroo.

Maar nie een van julle vertel vir my waar dienaam "Moordenaarskaroo" vandaan
kom
nie.
Waar kom die naam "Seressekaroo" vandaan?

Gloudina
Re: Seressekaroo [boodskap #30281 is 'n antwoord op boodskap #30264] Ma, 01 Mei 2000 00:00 Na vorige boodskap
PAT  is tans af-lyn  PAT
Boodskappe: 141
Geregistreer: April 1999
Karma: 0
Senior Lid
Ek is nou nie seker wie dit geskryf het nie, maar dit bly mooi.

Niks hang so rooi soos wingerdblaar by Hexrivier
niks staan so geel soos herfspamplier by Dwarsrivier op Ceres
slaan rem aan hou jul asem in en kyk en kyk
lank en eerbiedig soos 'n mens na so 'n herfs moet kyk
laat dit inbrand in jou vir later tyd
die warm geel en rooi vir latenstyd.

KaapseKind wrote in article
...
> Grootgeword in Ceres.
> Bly nou in die Kaap, maar die Karoo van Ceres was ons naweekplek.
>
> Mens hoef nie in Londen te wees om dit te mis nie!
>
> By die see... soek die Karookoppies en Boerneef
>
Re: Seressekaroo [boodskap #30282 is 'n antwoord op boodskap #30264] Ma, 01 Mei 2000 00:00 Na vorige boodskap
Dries Venter  is tans af-lyn  Dries Venter
Boodskappe: 299
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
BOERNEEF!!!!!!!!!!!!!!!

PAT wrote in message ...
> Ek is nou nie seker wie dit geskryf het nie, maar dit bly mooi.
>
> Niks hang so rooi soos wingerdblaar by Hexrivier
> niks staan so geel soos herfspamplier by Dwarsrivier op Ceres
> slaan rem aan hou jul asem in en kyk en kyk
> lank en eerbiedig soos 'n mens na so 'n herfs moet kyk
> laat dit inbrand in jou vir later tyd
> die warm geel en rooi vir latenstyd.
Vorige onderwerp: Wit boere probeer vrede maak
Volgende onderwerp: literatuur in Meander
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Jun 03 06:00:38 MGT 2024