Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Fidel en Kuba
Fidel en Kuba [boodskap #30145] Di, 25 April 2000 00:00
PAT  is tans af-lyn  PAT
Boodskappe: 141
Geregistreer: April 1999
Karma: 0
Senior Lid
So tussen die os en die jas Gloudina (of andere wat belang stel)
(of soos die ou omie gesê het toe die dominee hom vra hoe dit
gaan "nee dominie, dit gaan maar so tussen die bul se probeer en
die koei se keer".

In ieder geval, wat dink jy (as mede Noord Amerikaner) van die
Elian
Gonzalez saak wat nou tot vervelens toe op die kassie is. Ek
het gou n
opname gedoen, en meeste van my Suid-Afrikaanse vriende dink hy
moet
terug saam met sy pa na Kuba, maar my man (n Amerikaner) en my
Amerikaanse kollegas dink hy moet hier aanbly, want hulle het n
ewige hekel
aan Fidel. Ek kan my verstom vir Amerika se weersin aan die
arme man,
dis soos n vlooi teenoor n olifant, en hy laat my soms dink aan
ET (wat nou in die tronk sit).

Pat


> Hierdie internet gaan darem net my verstand te boweSoos 'n vetgesmeerde blits
> is die mp3 reg in ons
> RealJukebox. Baie baie dankie.
>
> Kom die tulpe daar by julle uit? Ons het 'n
> vreeslike laat lente. Nog geen tulpe nie, en oor
> drie weke is dit die Tulip Festival (omtrent die
> derde week van Mei.)
>
> Gloudina
>
Re: Fidel en Kuba [boodskap #30149 is 'n antwoord op boodskap #30145] Di, 25 April 2000 00:00 Na vorige boodskap
Dries Venter  is tans af-lyn  Dries Venter
Boodskappe: 299
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Van Amerikaanse politiek gepraat:

Bush komm nou die dag terug van ^erens en toe hy so stapdeur die lughawe se
aankomssaal, sien hy daar 'n ou met so 'n woeste lange baard en
toutjieshare, met 'n wit Arabierse 'djellaba' aan, en twee ruwe kliptablette
in die arms. Hy llop toe nader en vra: "Excuse me, but aren't you Moses?".
Die ignoreer hom soos 'n stopstraat en ky di'ekant toe. Weer vra Bush:
"Excuse me sir, Moses, may I have a word with you, please?". Moses kyk hom
toe in die oog en sê hard en duidelik: "No. Last time I spoke to a Bush, I
spent 40 years in the desert".

Dries Venter

@home.com wrote in message ...
> PAT wrote:
>
>> So tussen die os en die jas Gloudina
>
>> wat dink jy (as mede Noord Amerikaner) van die
>> Elian
>> Gonzalez saak
>
> Ek is dankbaar dis nou verby, Pat. Mens raak daremkropvol wanneer dit
> selfs 'n "event" op Kanadese
> televisie word. Die media het natuurlik gesit en wag
> vir die opstande in Miami. Nog 'n non-event.
> As getroue "fan" van die Amerikaanse politiek
> merk ek met genot op dat
Re: Fidel en Kuba [boodskap #30152 is 'n antwoord op boodskap #30145] Di, 25 April 2000 00:00 Na vorige boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

PAT wrote:

> So tussen die os en die jas Gloudina

> wat dink jy (as mede Noord Amerikaner) van die
> Elian
> Gonzalez saak

Ek is dankbaar dis nou verby, Pat. Mens raak daremkropvol wanneer dit
selfs 'n "event" op Kanadese
televisie word. Die media het natuurlik gesit en wag
vir die opstande in Miami. Nog 'n non-event.
As getroue "fan" van die Amerikaanse politiek
merk ek met genot op dat
(1) die Cuban community hulle hand oorspeel
het en kredibiliteit verloor het. Hoe meer
Marislyses (spelling?) soos 'n viswyf daar
staan en uitvaar teen die Clinton-administrasie,
hoe meer mense gaan demokraties stem.
(2) Elke keer wanneer Janet Reno daar voor
die mense staan (en skud van die Parkinson's
disease) gee dit ander mense met Parkinson's
moed dat "disabled" mense ook hoog op in
'n politieke administrasie kan wees.
(3) Die Republikeine, wat seker aan die begin
gehoop het vir politieke gewin hieruit, sal
nou baie versigtig moet loop en hulself so
ver as moontlik moet weghou van gaffes.
Al Gore het alreeds sy vingers gebrand.
(Alhoewel ek dink dis 'n goeie idee om
vir Elian amerikaanse burgerskap te gee,
dan kan hy kom en gaan soos hy wil.)

Kanadese word natuurlik geweldig geirriteer deur die
anti-Castro sentiment wat daar in die VSA is. Kanada
handel al lankal en het volle diplomatiese betrekkinge
met Kuba. Die Helms-Burton Act wil Kanadese firmas
wat in Kuba handel, straf deur hulle ook nie in die VSA
toe te laat nie. Gelukkig het die Clinton-administrasie
tot op hierdie datum nog genoeg loopholes om dinge te
versag vir die firmas wat in daardie net gevang word.
Laat ons hoop dat die Elian-debacle (vir die anti-Castro
desperadoes) die hand versterk van die groeiende getal van
mense in die VSA wat betrekkinge met Cuba wil
normaliseer.

Gloudina
Vorige onderwerp: prop...@aol.com
Volgende onderwerp: BYBELSTUDIE
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Jun 10 05:22:24 MGT 2024