Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Kommunikasie: Kuns of 'n Klug
Kommunikasie: Kuns of 'n Klug [boodskap #30103] Ma, 24 April 2000 00:00 na volgende boodskap
KaapseKind  is tans af-lyn  KaapseKind
Boodskappe: 82
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Volle Lid
So lees ek toe hierdie aanhaling in my dagboekie:

"Ware kommunikasie is die kuns om gelyktydig volkome eerlik en volkome
taktvol te wees". (John Powell)
Goeie wetenskaplike definisies van kommunikasie (vanuit vele velde soos die
Kommunikasiekunde of Kommunikatiewe Sielkunde ter syde!) wonder ek sommer
hardop oor hierdie eenvoudige definisie. En ek dink aan nuusgroepe en oor
gedagte-wisseling op skrif in die algemeen: Is dit werklik so eenvoudig om
te sê dat as 'n mens iets eerlik sê en ook taktvol is, dat dit dan WARE
kommunikasie? Bedoelend dat jy dan verstaan word? Ek twyfel.

Meestal is kommunkasie (veral hier lyk dit) deur 'n waas van vooroordele.
Die sluier verbloem die rede, die bedoeling en dikwels die boodskap self. Om
te luister beteken tog meer as om net te hoor. Dit beteken om in te neem en
ongeag WIE wat sê, sin daaruit te maak. As dit taktvol is en eerlik, maak
dit saak of dit WAAR is? Volgens Powell is dit ware kommunikasie, ongeag die
waarheid van die stellings. Wat maak dit dan ware kommunikasie? Ni� die
verstaan en insig van die onvanger nie, maar die integriteit van die
stuurder. Die konsekwensie van sy/haar bydraes. Die voorspelbaarheid van die
respons. Want ware kommunkasie is ook om takvol en eerlik te antwoord. Om
die mens te leer ken AGTER die woorde is dus die uitdaging - want
uiteindelik is die egtheid (vervanging van "ware") van die kommunkasie
gekoppel aan die een wat kommunikeer.

Sommer net 'n paar sinne. Miskien laat dit jou ook dink. Bemeester ek my
taktvolheid en vermoë om eerlik te wees - volkome eerlik - ontdek ek dalk
dat ek volgens Powell se definisie WAARLIK kommunikeer. Vraag bly staan: Kan
dit eg (en betekenisvol!) genoeg wees as dit nie ook met takt (lees ook
goeie oordeel) en eerlikehid aangehoor word nie?

Hierdie relaas sê meer oor met WIE ons kommunikeer as HOE...

Soos ouma sê: Kies jou vriende kind.
Re: Kommunikasie: Kuns of 'n Klug [boodskap #30174 is 'n antwoord op boodskap #30103] Di, 25 April 2000 00:00 Na vorige boodskap
ProPacem  is tans af-lyn  ProPacem
Boodskappe: 320
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
> "KaapseKind"

> "Ware kommunikasie is die kuns om gelyktydig volkome eerlik en volkome
> taktvol te wees". (John Powell)

Ek het nooit kommunikasie formeel studeer nie, KaapseKind, maar hier is my paar
stuiwers in die kommunikasiebeurs. Eerstens, val dit my op dat die aanhaling
praat van "ware" kommunikasie. Ek dink dit is belangrik - nie "effektiewe"
kommunikasie, nie, maar WARE kommunikasie. Die implikasie is dus dat daar 'n
"Onware" (onegte?) kommunikasie is. Nou wonder ek of dit jou keuse was in die
vertaling (true communication? Real communication? Effective communication?).
Ek dink dis belangrik. Mens sou byvoorbeeld kon sê dat effektiewe kommunikasie
ideaal 'n een tot een korrespondensie toon tussen die stuurder en die ontvanger
- dat enkodering en dekodering van die boodskap in stuur en ontvang niks
verloor OF bylas nie. Is dit dan ware kommunikasie? Wel wat de hel is ware
kommunikasie? Wat bedoel die Powell snaar? En van watter soort kommunikasie
praat ons hier - verbaal? kineties? artisties? teks?

> Meestal is kommunkasie (veral hier lyk dit) deur 'n waas van vooroordele.

Wie s'n? Stuurder of ontvanger? Of miskien kan mens selfs 'n sielkundige
argument maak vir die feit dat die sluier deur BEIDE sender en ontvanger in die
lewe geroep word. Ek weet dit is baie waar in interaksies wat gesig-tot-gesig
gevoer word en ek wonder hoe dit sou uitspeel op 'n nuusgroep? Idees?

> Om
> te luister beteken tog meer as om net te hoor

En om te praat meer as om net te artikuleer.

> Dit beteken om in te neem en
> ongeag WIE wat sê, sin daaruit te maak

Dit voorveronderstel egter dat die sender die boodskap duidelik en effektief
gestuur het.

> As dit taktvol is en eerlik, maak
> dit saak of dit WAAR is?

Hier draai jy die oorspronklike op sy kop in daardie filosofiese middel waar
logika van die spoor af hardloop. Miskien bedoel jy EG, en nie WAAR nie. Soos
jy dit hierbo gebruik is nie soos in die oorspronklike aanhaling nie.

> Om
> die mens te leer ken AGTER die woorde is dus die uitdaging - want
> uiteindelik is die egtheid (vervanging van "ware") van die kommunkasie
> gekoppel aan die een wat kommunikeer.

Hier stem ek nou saam. Ek het mense gesien wat, na vyftig getroude jare, nie
woorde nodig het om 'n magdom informasie oor en weer te stuur nie, mense wat
met tas, 'n blik, 'n gesigsuitdrukking kommunikeer op 'n vlak wat 'n klugspel
maak van die droee "effektiewe kommunikasie" handleidings en selfhelpboeke.
Maar nou, dan, kom ons miskien nader aan die onderskeid tussen ware,
effektiewe, en/of egte kommunikasie. Wat dink jy?
Vorige onderwerp: Plaaslyn stories
Volgende onderwerp: Re: prop...@aol.com
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Jun 11 16:21:09 MGT 2024