Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Kommunikasie: Kuns of 'n Klug
Re: Kommunikasie: Kuns of 'n Klug [boodskap #30101] Ma, 24 April 2000 00:00
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

KaapseKind wrote:

> . En ek dink aan nuusgroepe en oor
> gedagte-wisseling op skrif in die algemeen: Is dit werklik so eenvoudig om
> te sê dat as 'n mens iets eerlik sê en ook taktvol is, dat dit dan WARE
> kommunikasie? Bedoelend dat jy dan verstaan word? Ek twyfel.
>
> Meestal is kommunkasie (veral hier lyk dit) deur 'n waas van vooroordele.
> Die sluier verbloem die rede, die bedoeling en dikwels die boodskap self. Om
> te luister beteken tog meer as om net te hoor. Dit beteken om in te neem en
> ongeag WIE wat sê, sin daaruit te maak. As dit taktvol is en eerlik, maak
> dit saak of dit WAAR is?

Die bestaan en sielkunde van 'n nuusgroep is 'n baie komplekseding. (En ek glo
dat hierdie nuusgroep 'n "suksesvolle" nuusgroep
is.) En die eerste ding wat ek dink mens moet verstaan, is dat die
mense wat hier pos, HIER GESELSKAP SOEK. Dis soos 'n
laataand byeenkoms. Hier stry 'n klompie oor die politiek. Daar
stry 'n klomp oor die godsdiens. Hier sit een en steek die draak
met iemand se opinies. Daar "stroke" iemand iemand anders se
ego. Maar wat die botoon vier, is dat mense met mekaar wil
praat. Anders sal hulle nie terugkeer nie.

Gloudina
Re: Kommunikasie: Kuns of 'n Klug [boodskap #30102 is 'n antwoord op boodskap #30101] Ma, 24 April 2000 00:00 Na vorige boodskap
KaapseKind  is tans af-lyn  KaapseKind
Boodskappe: 82
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Volle Lid
Ek kan maar net jou ego vryf en sê: Jy weet waarvan jy praat!
Stem saam... Ons is almal hier vir die gesels.

Ek wens die langnaweek was langer.
Ek sal weer kom inloer...dit was die moeite werd.
Vorige onderwerp: Re: Plaaslyn stories
Volgende onderwerp: Regstelling: Taalkundig
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 01 02:00:09 MGT 2024