Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Sutherland in die Roggeveld, die geboorteplek van NP van Wyk Louw
Sutherland in die Roggeveld, die geboorteplek van NP van Wyk Louw [boodskap #29940] Di, 18 April 2000 00:00 na volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

N.P. van Wyk Louw is gebore op 11 Junie 1906 op Sutherland.
In die volgende gedig praat hy oor 'n wintermiddag met sneeu.

SEEKOEVLEI
N.P. van Wyk Louw

Die swart bleshoenders dryf verby
agter die skraal wit riet
en die hele grys vleilandskap word
vol óu verdriet

ek staan weer by 'n wit poel
waar 'n wintermiddag sneeu
en ek is klein en hoor verskrik
‘n jakkals uit die rante skreeu

Ek haal die volgende uit die onlangse biografie van N.P. aan,
oor die klimaat van Sutherland.
"Sutherland is gelee in die Roggeveld...'n streek wat sy naam
ontleen aan Secale africana, 'n soort wilde rog van die omgewing.
Die dorp... is sowat 1,456 meter bo seespieel, een van die
hoogliggendste dorpe in Suid-Afrika en die koudste plek in die
land. Die gemiddelde wintertemperatuur is - 6.1 grade Celsius.
Dit ryp dikwels nog met Kersfees, en 'n Roggeveldse boer het
aan die historikus P.J. van der Merwe vertel dat daar eenkeer
op Nuwejaarsdag tagtig bokke van hom doodgesneeu het. In een
winter het 'n wagter en 500 stuks vee van 'n boer doodgevries.
Omdat boere wat in die Roggeveld en Koue Bokkeveld oorwinter
sulke verliese moet kan verwag, het boere van die agtiende eeu af
gereeld 'n wintertrek na die warmer Karoo onderneem."
Re: Sutherland in die Roggeveld, die geboorteplek van NP van Wyk Louw [boodskap #29997 is 'n antwoord op boodskap #29940] Do, 20 April 2000 00:00 Na vorige boodskap
ProPacem  is tans af-lyn  ProPacem
Boodskappe: 320
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
> @home.com

> Ek haal die volgende uit die onlangse biografie van N.P. aan

Is dit J.C. Steyn se biografie? Ek wonder wat jy daarvan dink? Persoonlik het
ek dit besonder droog en saai gevind. Meer soos 'n proefskrif gelees as 'n
biografie - 'n versameling feite wat weinig die menslikheid van van wyk louw
kon vasvat. Van wyk louw se intenste wroeginge met God, Liefde, Suid-Afrika en
wat nie nog nie word net nie in al sy emosionele en eksistensiele diepte
gereflekteer nie. Ek het so uitgesien na hierdie biografie en is geweldig
teleurgestel. Hierteenoor het ek nou net begin lees aan 'n biografie (of
sorts) van Dmitri Tsafendas (Domein van Glas deur Henk van Woerden, vertaal uit
die Nederlands deur Antjie krog). Ek wil voorspel dat jy hierdie boek sal
geniet, Gloudina.
Re: Sutherland in die Roggeveld, die geboorteplek van NP van Wyk Louw [boodskap #29998 is 'n antwoord op boodskap #29940] Do, 20 April 2000 00:00 Na vorige boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

ProPacem wrote:

> Is dit J.C. Steyn se biografie? Ek wonder wat jy daarvan dink? Persoonlik het
> ek dit besonder droog en saai gevind.

Ja, dis Steyn s'n. Ek het dit nou eers begin lees.En wat ek tot dusver gelees het,
is maar droog
en saai. Nie soos die biografie van Opperman
deur J.C. Kannemeyer 'n paar jaar gelede
wat lekker juicy was nie.
Ongelukkig lyk dit of ek net die eerste deel
van die boek kan gaan lees. My suster in SA
het die twee dele op dieselfde dag aan ons
per seepos gestuur, en net die eerste deel het
na 'n maand of twee hier aangekom. Hoop
maar die ander een kom uit. Ek is nogal
die meeste in die tweede deel geinteresseerd,
omdat ek wil weet van sy affair met Shiela
Cussons. Sy was mos eers getroud met Stoffel
Nienaber, en ek was student van Stoffel net
nadat hy uit Nederland teruggekom het nadat
hy van Sheila geskei is as gevolg van die affair.
My suster gaan glo van die betrokke bladsye
fotokopieer en aanstuur.

Gloudina
Vorige onderwerp: Leswin Laubscher
Volgende onderwerp: SIMON VAN DER SCANS -RE DOODSTRAF
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 23 19:35:44 MGT 2024