| Re: Hansie [boodskap #29919] |
Ma., 17 April 2000 00:00  |
JP
Boodskappe: 40 Geregistreer: Augustus 1997
|
Volle Lid |
|
|
Gestel nou Hansie het 'n aand voor 'n wedstryd
gesê dat die veld is hard/sag en dat dit die
boulers/kolwers sal bevoordeel, het geen
haan daarna gekraai het nie. Hy was/is seker
skuldig dat hy geld ontvang het vir sy info,
maar dit is werklik nie so ernstig gewees soos
die wêreld en sommige Suid Afrikaners dit wil
uitmaak nie. Kom ons kyk na
sy rekord; hy het baie meer krieket wedstryde gewen
as verloor. Hy is seker die beste kaptein wat enige
ons nog gehad het. Ek dink nie ons moet Hansie kruisig
nie, want ons is seker almal skuldig aan goed waaroor
ons self nie trots is nie. Die enigste probleem is, doen
ons iets verkeerd, is dit maar slegs 'n baie klein groepie mense
wat daarvan weet... ons weet almal Hansie is wêreld
bekend, en daarom lyk dit erger as wat dit is. Kom
ons gee hom nog 'n kans.
|
|
|
|
|
|
| Re: Hansie [boodskap #29938 is 'n antwoord op boodskap #29919] |
Di., 18 April 2000 00:00  |
ferdinand
Boodskappe: 1462 Geregistreer: September 1997
|
Senior Lid |
|
|
On Mon, 17 Apr 2000 21:54:36 +0200, "J" <jha...@usa.net> wrote:
><<>Gestel nou Hansie het 'n aand voor 'n wedstryd
> gesê dat die veld is hard/sag en dat dit die
> boulers/kolwers sal bevoordeel, het geen
> haan daarna gekraai het nie. Hy was/is seker
> skuldig dat hy geld ontvang het vir sy info,
> maar dit is werklik nie so ernstig gewees soos
> die wêreld en sommige Suid Afrikaners dit wil
> uitmaak nie. Kom ons kyk na
> sy rekord; hy het baie meer krieket wedstryde gewen
> as verloor. Hy is seker die beste kaptein wat enige
> ons nog gehad het. Ek dink nie ons moet Hansie kruisig
> nie, want ons is seker almal skuldig aan goed waaroor
> ons self nie trots is nie.>>
As jy hom verskoon moet jy honderde ander bedrieers ook verskoon en
dan staan jy nie 'n korrupsievrye Suid-Afrika voor nie.
Dis so eenvoudig soos dit.
|
|
|
|