Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re Gloudina
Re Gloudina [boodskap #29866] Vr, 14 April 2000 00:00 na volgende boodskap
Reenen van Niekerk  is tans af-lyn  Reenen van Niekerk
Boodskappe: 445
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Senior Lid
Eerstens wil ek net se ek is n Afrikaner. Ek praat Engels en Afrikaans. Soos
jy kan aflei van my van moet ek n Afrikaner wees. Ek glo net ek moet beide
tale so goed moontlik praat.My was nou wel Iers gewees.

Jou suster is gelukkig dat sy in n veilige deel bly en dat sy nog kan
rondloop. My suster bly in Elsburg in Johannesburg.Sy het soos twee weke
terug na winkelsentrum in die Oosrand en toe sy intrek het hulle n gewpende
roof getrek reg voor haar waar hulle die sekuriteits wag dood gekiet het en
twee voetgangers gewond het.Sy woon nou 3 jaar daar en dit was die derde
gewapende roof waarin sy vasry. So die misdaad is daar en hulle gaan vir die
sagte teikens.On gelukkig weet ek van misdaad want ek was 18 jaar in die
Suid Afrikaanse Polisie gewees. Ek het verskillende eenhede gewerk en laaste
10 jaar was ek n speurder. Ek het onder andere in die Interne
ondersoekeenheid gewerk. Ek was van die eerstes wat die eenheid in die Kaap
begin het.

Die probleem is jy werk jou gat af om die persone te aresteer en more loop
hy weer buite rond.In een geval het ek n verkragting saak ondersoek van n 7
jarige dogtertjie.Ek hoef seker nie uit te brei hoe sy gelyk het nie.Na 8
maande se gesoek het ek die persoon gearesteer en hy was skuldig bevind
waarop ek baie bly was. Sy vonnis was maar egter 7 jaar gewees. MAAR nou kom
die ander sy. HY het net 75 dae gesit toe loop hy uit op parool. Dit is mos
nie reg nie.Hoekom het ek ure oortyd opgeoffer om die man te soek en ons
word nie oortyd betaal nie.So misdaad is hier en jy kan dit nie verby kyk
nie. Ons arme polisie mag ,en meeste van hulle is goei mense probeer hulle
bes maar kan nie wen nie. Dit is net Jammer dat daar wel n paar koruptes is
en hulle die hele mag se naam sleg maak.

Daar is probleme met misdaad en jy kan nie se daar is nie.AS jy die koerant
oopmaak lees jy daarvan.Ek moet se dat die laaste twee dae die hele koerant
net oor Hansie handel.

Boemelaars is daar Jy moet maar net orals kyk en jy sien dit.Ek het ook nie
n probleem om langs n kleurling te bly nie. As hy hom in die selfde manier
gedra soos ek het ek nie n probleem nie.As dit egter gangsters is en hulle
dronknes hou sal ek ook kla. Maar as dit wit mense is wat so aangaan sal ek
ook kla.Jy kry egter nog n klomp wat in die verlede bly. MAAR ek kan my
vriende kies en as ek nie saam met n kleurling eil kuier nie bly dit my reg.
Ek sal hom nie pla nie as hy my nie pla nie.

Nou se jy die boemelaars praat Engels. Wel sover my kennis strek kry jy van
hulle wat Afrikaans ook praat. Ja ons kry Afrikaanse boemelaars ook Jou
suster en die ander bewoners moet n petiesie opstel en dit na die eienaar
van die woonstel neem dat hy die nodige stappe doen om hulle te verwyder.
Hulle moet ook nie te lank vat nie want die nuwe wet se as hulle vir n seker
tyd daar woon hulle nie verwyder mag word nie en as die eienaar hulle dan
verwyder moet hy vir hulle n alternatiewe woonplek kry.

Ek woon in Welgelegen in Kaapsad. Dit is naby die Parow koppie. AS jy
Kaapstad ken sal jy weet waar dit is.
Ek woon nou 3 jaar saam met my vriendin en alles goed verloop sal ons seker
in die jaar trou.Ek is ongeveer 15 min se ry van die see af.

Wel ek is n Afrikaner en daar is nog punte wat ek nie saam met jou stem
nie.Die een is die boere in Zimbabwe. Dit is nie reg dat hulle net so van
hulle plase afgejaag word nie.Misdaad is n probleem in Suid afrika. Ons
polisie mag is onderbeman om die werk te doen.Hier is te veel korupsie.
Sekere mense in die regering(is dit beter) steel nog te veel van die geld
wat nie by die arm mense uitkom nie.AS die punte nie aangespreek word nie
sal dit net kakker met ons hier in Suid Afrika gaan

Reenen van Niekerk
Re: Re Gloudina [boodskap #29867 is 'n antwoord op boodskap #29866] Vr, 14 April 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Gary Bartholomew  is tans af-lyn  Gary Bartholomew
Boodskappe: 106
Geregistreer: Maart 2000
Karma: 0
Senior Lid
Reenen van Niekerk skryf in boodskap news:38f6cd26.0@news1.mweb.co.za...
. Ons arme polisie mag ,en meeste van hulle is goei mense probeer hulle
> bes maar kan nie wen nie. Dit is net Jammer dat daar wel n paar koruptes is
> en hulle die hele mag se naam sleg maak.
>
Ek was vir 'n paar jaar 'n aanklaer gewees, en as ek daarna terugdink, dan
was ek net suksesvol waar ek met goeie polisiemanne gewerk het. Enige sukses
wat ek behaal het, het eintlik aan hulle behoort. Die meeste
ondersoekbeamptes wat ek teegekom het was goeie mense wat meer van hulself
gegee het as wat verpligtend was- nie net goeie mense, nie, maar uitstekende
mense. Julle ouens doen (of het gedoen) 'n gevaarlike werk, die meeste van
die tyd sonder eers 'n dankie dankie daarvoor.

Die frustrasie ken ek goed, want dit moes ek met julle deel, wat dit by
vonnisuitvoering aangaan. Mens vra net vir gevangenisstraf as 'n laaste
uitweg, of waar dit die enigste gepaste vonnis is, en dit breek 'n mens se
moed as daardie vonnis so te sê ter syde gestel word deur die
gevangenisoewerhede. Ek sien die diskresie wat in hande van die paroolrade
sit, as 'n ernstige tekortkoming in ons strafregstelsel.
Re: Re Gloudina [boodskap #29884 is 'n antwoord op boodskap #29866] Sa, 15 April 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Reenen van Niekerk wrote:

> Hier is te veel korupsie.
> Sekere mense in die regering(is dit beter) steel nog te veel van die geld
> wat nie by die arm mense uitkom nie.AS die punte nie aangespreek word nie
> sal dit net kakker met ons hier in Suid Afrika gaan
>
>

Wel Reenen, daar was soveel korrupsie in die regering voordie huidige, dat jy
maar sal moet erken dat daar niks verander
het nie. Ek persoonlik, terwyl ek nog in SA gewerk het, het
gesien hoe wit ouens in die swart skole inkom as prinsipale
en dan begin geldmaak uit die kinders. Een ou in 'n hoe pos
se kind is tronk toe omdat hy gelieg het oor die "posters"
wat hy aan die skole moes voorsien. En ek dink die dinge
het maar in alle departemente aangegaan. So niemand se
hande is skoon nie. Ek is moeg vir mense wat vir my vertel
hoe korrup dit nou is.

Gloudina
Re: Re Gloudina [boodskap #29885 is 'n antwoord op boodskap #29866] Sa, 15 April 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Gary Bartholomew  is tans af-lyn  Gary Bartholomew
Boodskappe: 106
Geregistreer: Maart 2000
Karma: 0
Senior Lid
skryf in boodskap news:38F7B9D5.1B37C10C@home.com...
> Reenen van Niekerk wrote:
>
>> Hier is te veel korupsie.
>> Sekere mense in die regering(is dit beter) steel nog te veel van die geld
>> wat nie by die arm mense uitkom nie.AS die punte nie aangespreek word nie
>> sal dit net kakker met ons hier in Suid Afrika gaan
>>
>
> Wel Reenen, daar was soveel korrupsie in die regering voordie huidige, dat jy
> maar sal moet erken dat daar niks verander
> het nie. Ek persoonlik, terwyl ek nog in SA gewerk het, het
> gesien hoe wit ouens in die swart skole inkom as prinsipale
> en dan begin geldmaak uit die kinders. Een ou in 'n hoe pos
> se kind is tronk toe omdat hy gelieg het oor die "posters"
> wat hy aan die skole moes voorsien. En ek dink die dinge
> het maar in alle departemente aangegaan. So niemand se
> hande is skoon nie. Ek is moeg vir mense wat vir my vertel
> hoe korrup dit nou is.
>
> Gloudina
>
Ja, daar stem ek met Tannie heeltemal saam. Korrupsie is niks nuuts in
Suid-Afrika nie. Dit bly 'n probleem, nogsteeds, maar ek dink daar's genoeg
mense met die wil om dit te beperk om minstens versigtig te kan hoop. Die ou
proses van hantering van korrupsie deur middel van 'n interne ondersoek, is
ek nie baie gelukkig me� (?). Hier's 'n gebied waar daar nuwe reëls nodig
is. As die D.G. van dit of daai 'n misdaad gepleeg het by die werk, dan moet
sy as 'n gewonige misdadiger gehanteer word.

Daar word baie gemaak van die korrupsie van die ander Afrikastate, ook, en
dis reg so; maar mens moet onthou dat dit die besigheidsmanne van die
"suiwer" Weste is wat baie van daardie korrupsie voer.
Re: Re Gloudina [boodskap #30014 is 'n antwoord op boodskap #29866] Vr, 21 April 2000 00:00 Na vorige boodskap
Gary Bartholomew  is tans af-lyn  Gary Bartholomew
Boodskappe: 106
Geregistreer: Maart 2000
Karma: 0
Senior Lid
Phatti skryf in boodskap news:AHNL4.6298$xA.16708@news.iol.ie...
>> My suster is egter nie te bekommer nie. Sy EN die
>> boemelaars gaan gewoonlik vir die winter na Durban!
>
>
Dwelmverslaafdes soos ek en ou Pappie verkies deesdae om maar op ons
Hoëveldse woonsteldakke oor te winter. Die heroine vat die hap uit die ryp
uit.
Vorige onderwerp: SIMON VAN DER SCANS -RE DOODSTRAF
Volgende onderwerp: Re: AANDAG! AANDAG! Charles van der Wath! Gloudina wil jou piel . . .
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 08 06:26:11 MGT 2024