Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » "Ons Afrikaanse Moedertaal" (1865)
"Ons Afrikaanse Moedertaal" (1865) [boodskap #29804] Di, 11 April 2000 00:00 na volgende boodskap
Alex koster  is tans af-lyn  Alex koster
Boodskappe: 30
Geregistreer: Februarie 1999
Karma: 0
Volle Lid
Daar is iets liefs en groots gebeur
als kinderlippies "Mamma" sê:
'n wondersaadjie wat ontkiem,
deur God in vaarlands grond gelê.

Die plantjie van die moedertaal
word stil gekweek door moederhand;
die wêreld weet nie wat daar groei
aan moederskoot, vir vaderland.

En als die wêreld dit gewaar
en, net bedag op eiebaat
die boompje wil ontwortel, dan
is 't reeds te laat, o, veel te laat!

Sy krag groei aan deur ruk en pluk,
hy klou nog vaster, duisendmaal,
met liefdegreep in vaarlandsgrond, -
hy word heldin- en heldetaal -

geheilig, dan, in trane en rou,
in klag van moederhartewond, -
geheilig, onder wreedaardshand,
in sterwensroep uit kindermond.

Dis afbetaal, die dure prys.
Deur lye sterk, in stryd gestaal,
is wereldburgerskap jou loon,
ons Afrikaanse moedertaal!

En aan jou hand sien ook ons volk
sy wêreld, hou jou nie meer doof, -
Pas op, die vlakte is ontwaak!

Jan Celliers

---------------------------

Beste wense

Alex Koster
Student
Cambridge, V.K.

www.koster37.freeserve.co.uk
Re: "Ons Afrikaanse Moedertaal" (1865) [boodskap #29825 is 'n antwoord op boodskap #29804] Wo, 12 April 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Francois wrote:

> Is daar nie kopiereg op die goed nie ?
>
>

Hier kom keisertjie Francois oop en toe aan
om ook sy uitsprake oor hierdie "goed" te
gee. Nee, Francois, hierdie "goed" is meer as
vyftig jaar gelede uitgegee en daar is dus nie
meer kopiereg daarop nie.
Maar mens is vry om gedigte op die net te
pos, solank jy net nie daaruit geld maak nie.
Dis altyd vir my so snaaks dat dit mense
soos jy is wat hierdie vraag oor die "kopiereg"
aanhangig maak. Het jy hierdie gedigte
noukeurig deurgelees? Gaan jy uit jou pad
om ander kultuurgoed van Afrikaans gereeld
te lees. En, na jou verblyf in Kanada, ken jy
iets van die Kanadese kultuur. Ek daag jou
uit om vir my die name van 'n paar goeie
skrywers en digters in Kanada te gee.

Die tannie wat weet waar Dawid
die wortels gegrawe het.
Re: "Ons Afrikaanse Moedertaal" (1865) [boodskap #29826 is 'n antwoord op boodskap #29804] Wo, 12 April 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Dries Venter  is tans af-lyn  Dries Venter
Boodskappe: 299
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Jinne, Gloudina, jy's darem erg byterig!

Nie almal weet van kopiereg e.d.m. nie. Ek weet self net van lewende en
dooie komponiste se musiek, en dan ook maar so-so. Byv jy mag skaamteloos
'n stuk van Bach se Brandenburg Konsert nr watookal in jou nuutste Rock-stuk
opneem, en niks aan niemand betaal nie, maar jy mag nie dieselfde doen met
byv Britten se musiek nie. Hy't natuurlik baie van sy musiek (veral Young
Person's Guide to the Orchestra) van Bach e.a. gekry, so die situasie raak
ietwat kompleks. Wie het nou kopiereg op daardie spesifieke stuk v. YPG?

Ook, omdat ek nie eintlik 'n "literati" is nie (ingenieur) is my
belangstelling in gedigte en prosa redelik beperk - spesifiek tot 'n paar
Afrikaanse skrywers en digters. As EK nou oorspronklik Francois se vraag
gestel het, sou jy my ook so voor stok gekry het oor Kanadese en/of Engelse
SA skrywers?

Miskien moet jy eerder aan ons almal verduidelik hoe werk kopiereg op
geskrewe materiaal.

Soos ek kopiereg in die algemeen verstaan, gaan dit om twee goed:
a) Moenie voorgee dis jou eie nie, m.a.w. erken die skrywer/digter/komponis
b) Moenie geld maak daaruit nie. Hierdie is egter altyd 'n betwisbare punt,
want die skrywer/digter/komponis (of sy boedel/nageslag) kan altyd redeneer
dat HULLE nie die geld maak wat hulle behoort te maak nie omdat JY die goed
publiseer sonder dat royalties na hulle toe gaan.

Groete,
Dries Venter

@home.com wrote in message ...
> Francois wrote:
>
>> Is daar nie kopiereg op die goed nie ?
>>
>
> Hier kom keisertjie Francois oop en toe aan
> om ook sy uitsprake oor hierdie "goed" te
> gee. Nee, Francois, hierdie "goed" is meer as
> vyftig jaar gelede uitgegee en daar is dus nie
> meer kopiereg daarop nie.
> Maar mens is vry om gedigte op die net te
> pos, solank jy net nie daaruit geld maak nie.
> Dis altyd vir my so snaaks dat dit mense
> soos jy is wat hierdie vraag oor die "kopiereg"
> aanhangig maak. Het jy hierdie gedigte
> noukeurig deurgelees? Gaan jy uit jou pad
> om ander kultuurgoed van Afrikaans gereeld
> te lees. En, na jou verblyf in Kanada, ken jy
> iets van die Kanadese kultuur. Ek daag jou
> uit om vir my die name van 'n paar goeie
> skrywers en digters in Kanada te gee.
>
> Die tannie wat weet waar Dawid
> die wortels gegrawe het.
>
Re: "Ons Afrikaanse Moedertaal" (1865) [boodskap #29827 is 'n antwoord op boodskap #29804] Wo, 12 April 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Canis Lupus  is tans af-lyn  Canis Lupus
Boodskappe: 24
Geregistreer: Februarie 2000
Karma: 0
Junior Lid
Is daar nie kopiereg op die goed nie ?

Francois

@home.com wrote in message ...
Jan Celliers is in 1865 gebore en is in 1940
dood.
Gloudina

Alex Koster wrote:

> Daar is iets liefs en groots gebeur
> als kinderlippies "Mamma" sê:
> 'n wondersaadjie wat ontkiem,
> deur God in vaarlands grond gelê.
>
> Die plantjie van die moedertaal
> word stil gekweek door moederhand;
> die wêreld weet nie wat daar groei
> aan moederskoot, vir vaderland.
>
> En als die wêreld dit gewaar
> en, net bedag op eiebaat
> die boompje wil ontwortel, dan
> is 't reeds te laat, o, veel te laat!
>
> Sy krag groei aan deur ruk en pluk,
> hy klou nog vaster, duisendmaal,
> met liefdegreep in vaarlandsgrond, -
> hy word heldin- en heldetaal -
>
> geheilig, dan, in trane en rou,
> in klag van moederhartewond, -
> geheilig, onder wreedaardshand,
> in sterwensroep uit kindermond.
>
> Dis afbetaal, die dure prys.
> Deur lye sterk, in stryd gestaal,
> is wereldburgerskap jou loon,
> ons Afrikaanse moedertaal!
>
> En aan jou hand sien ook ons volk
> sy wêreld, hou jou nie meer doof, -
> Pas op, die vlakte is ontwaak!
>
> Jan Celliers
>
> ---------------------------
>
> Beste wense
>
> Alex Koster
> Student
> Cambridge, V.K.
>
> www.koster37.freeserve.co.uk
Re: "Ons Afrikaanse Moedertaal" (1865) [boodskap #29842 is 'n antwoord op boodskap #29804] Do, 13 April 2000 00:00 Na vorige boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Dries Venter wrote:

> Jinne, Gloudina, jy's darem erg byterig!
>
> Nie almal weet van kopiereg e.d.m. nie.
> . As EK nou oorspronklik Francois se vraag
> gestel het, sou jy my ook so voor stok gekry het oor Kanadese en/of Engelse
> SA skrywers?
>
>

Maar jy weet tog, Dries, dat Francois die vraag aan
Alex Koster gevra het, nie omdat hy iets oor kopiereg
wou kwytraak nie, maar om vir Alex Koster tot stilte
te terroriseer, deur die woord "kopiereg" te uiter. Ek
ken hierdie soort mense. Hulle het my ook probeer
wegterroriseer. Ons ken ook vir Francois op hierdie
nuusgroep as iemand wat knaend kla. Oor die SA
immigrasie-sisteem. Nou oor Kanada wat glo vir
SA gehelp het om hulle sisteem te organiseer. Ek is
amper seker dat Francois daardie gedigte wat Alex
Koster geplaas het, nie eers noukeurig deurgelees
het nie. Hy kan nie 'n bloue duit omgee oor die
kultuur wat dit verteenwoordig nie. Hy wil net probeer
intimideer. En dis teen sulke mense wat mens moet
waak. Want dis sulke mense wat in die apartheidsdae
die mag in hulle hande gekry het, en mense tot in die
grond in geterroriseer het. So mens moet sulke mags-
vergrype teenstaan. En die reg om Afrikaanse gedigte
op hierdie nuusgroep te plaas verdedig teen diegene
wat geen stuiwer vir digwerk kan omgee nie, maar in
mag uitoefen.

Gloudina
Re: "Ons Afrikaanse Moedertaal" (1865) [boodskap #29843 is 'n antwoord op boodskap #29804] Do, 13 April 2000 00:00 Na vorige boodskap
Simon van der Schans  is tans af-lyn  Simon van der Schans
Boodskappe: 263
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
@home.com wrote in message
...
> Francois wrote:
>
>> Is daar nie kopiereg op die goed nie ?
>
> Hier kom keisertjie Francois oop en toe aan
> om ook sy uitsprake oor hierdie "goed" te
> gee. Nee, Francois, hierdie "goed" is meer as
> vyftig jaar gelede uitgegee en daar is dus nie
> meer kopiereg daarop nie.

Nie heeltemal reg nie. Outeursreg geld vir die lewe van die
outeur en 50 jaar daarn�. Altans, dit is die posisie in meeste
lande, sover ek weet.

> Maar mens is vry om gedigte op die net te
> pos, solank jy net nie daaruit geld maak nie.

Verkeerd.

Swart Simon
Vorige onderwerp: PAC is idiote
Volgende onderwerp: Is die Duitser en Hollender van virskillende Ras?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 20 02:29:26 MGT 2024