Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » "Die Lang Pad" deur ANNE MARIE CONRADIE
"Die Lang Pad" deur ANNE MARIE CONRADIE [boodskap #29484] Vr, 24 Maart 2000 00:00
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

DIE LANG PAD
Anne Maria Conradie

Om te onthou
vra stilte
vol afwagting
en peinsing
oor die dinge van die verlede
‘n sekelmaan
wat bloed braak
oor die pyn van die hede

Om by die verlede te kom:
tonnel in die dinge van halfpad onthou
slinger blindelings kaalvoet
op die kronkelpaaie van die vergete
die môrester
sal oorwinning behaal
oor die hel van die gewete
Vorige onderwerp: Toekoms Advies vir: Pilare en Pale vir Afrika
Volgende onderwerp: Toekoms Advies vir: Waarde toevoeging aan edel metale
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Sep 29 01:38:04 MGT 2024