Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Treffend
Treffend [boodskap #29410] Ma, 20 Maart 2000 00:00
C Hohne  is tans af-lyn  C Hohne
Boodskappe: 1
Geregistreer: Maart 2000
Karma: 0
Junior Lid
Jammer vir die advertensie, maar "so what", hierdie is treffend:

"Die Griekwapsalms en annerlike goeterse yt die Woord yt"
deur Hans du Plessis

Psalm 121

"Ek slat my twee oge op
my kyk vang die verste kop:
waarvanaf sal my hulp nou kom?
My hulp is van die Jirre, van hom:
Hy't nou die jimmel an Prieska gekom maak.
Sonner lat jou voete klipperse raak,
is hy skoene agterrie skaap.
Hy dink nooit nie eers oor slaap.
Sontyd is Hy hoed op jou kop,
innie nag hou Hy gevaarlikheit dop.
Hy's mos nou da om jou op te pas:
jou siel hou Hy tissen jou ribbes vas.
Gan jy nou in of gan jy nou yt:
Hy's oor jou vi ewig en vi altyd."

Ek is sommer lus en plaas al die tekse maar sal seker probleme met kopiereg
kry.

Die boekie kan by die skrywer bestel word by:

Molenstraat 47
POTCHEFSTROOM
2531
Tel. Internasionaal 2718 2991783.
RSA 018 2991783
Koste is R10.00 per boekie.

Nee, ek is nie familie van die skrywer nie, ken hom nie eens nie. Net
toevallig op die boekie afgekom en dit vir familie en vriende begin stuur.
Vorige onderwerp: Antjie Krog in Ottawa
Volgende onderwerp: Toekoms Advies vir: miv+, vigs, en miv+/vigs
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 29 06:23:31 MGT 2024