Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » David Icke: geen verdere bydras word gelewer
David Icke: geen verdere bydras word gelewer [boodskap #29302] Di, 14 Maart 2000 00:00
reisiger  is tans af-lyn  reisiger
Boodskappe: 646
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Na die ontmoeting met die vriende omtrent November verlede jaar,
waar bekend gemaak is oor die besluit van die reisiger toe hy 21
jaar oud was, is baie tyd spandeer aan navorsing oor die Icke
materiaal.

Ook is verskeie bewyse gevind wat die bestaan van Jesus Christus
en ander profete en leiers van die Ou Testament op Aarde bewys.
Vanuit die beginsel van goedheid tot 'n beter lewe, veral
geloofs lewe, word 'n gedeelte hiervan gedeel:

Lees gerus Apokriewe boeke - dit beskryf die jeugjare van Jesus
Christus.

In Desember 1999 is 'n interessante artikel gevind, oor die pad
wat Jesus na Getsemane gevolg het. 'n Voorwerp word genoem,
waarop bloed van Jesus geval het tydens hierdie tog. Dit het al
die eeue behoue gebly. Die bloed is ondersoek, en daar is tydens
ontleding bewyse gevind vir die unieke geboorte van Jesus
Christus. Daar is baie ooreenkomste met 'n ander persoon se
bloed wat ook 'n maagdelike geboorte gehad het. Daar word in die
artikel na chromosome verwys. Die ligging van die voorwerp
waarop die bloed gevind is, kan ook as bewys dien dat die bloed
slegs van Jesus afkomstig is, en dat Jesus wel daar was. Daar
word in die Bybel moontlik na hierdie plek verwys. Vir diegene
wat bereid is om dit te aanvaar.

Oor die Turin kleed: Tydens landsreise, is 'n kopie van die
Turin kleed besigtig - die volledige doek. Wat die gesig en
liggaam van die persoon uitbeeld - voor en agter. Vrymesselaars
vriende en hulle familie het 'n portret / foto wat tydens
hierdie besigtiging gekoop is, al baie gesien. Ook is dit met
hulle bespreek. Vir diegene wat bereid is om dit te aanvaar, dit
kan bewys word d.m.v. wetenskaplike en wiskundige metodes, dat
daar 'n moontlikheid bestaan dat die liggaam en gesig op die
Turin kleed, baie na aan die van Jesus kan lyk. Die ooreenkomste
is asemrowend.

Interressante vraag, wat die bestaan van mites op Aarde kan
bewys: Waar kom die liggaam en gesig op die Turin kleed vandaan
?

Hierdie is slegs die bergspits van die feite wat Jesus Christus
se bestaan op Aarde bevestig. Of te wel die halwe oor van die
seekoei. Van die feite wat in die risiger se besit is, en vele
ander bewyse, wat die bestaan van Jesus, asook profete / leiers
van Israel bewys, vir diegene wat 'n oor het om te oor. Ook is
die geboorte datum van Jesus bekend aan die reisiger, asook die
ligging van die Verbonds Ark.

Meet duidelikheid oor die simboliese betekenis van Adam en Eva
en "reptiele" in Genesis kan verkry word tydens 'n besoek aan
'n Predikant, Priester, Pastoor, of Rabbi. Die Academy of Future
Science kan ook in die verband gekontak word, om 'n mistieke
verduideliking hiervan te ontvang.

Wil graag die Internet Polisie hoogstens aanraai om kwaliteit
van ontmoetings met die reisiger te verhoog. Verstaan bydraes
word hier gratis gelewer. Bydraes kan dus as geskenke beskou
word. Om ook die kwaliteit van lewe van die Internet Polisie te
bevoordeel. Byvoorbaat dankie. Dit word inniglik waardeer.

Aangaande oproepe na die reisiger: Privaatheid word hoog op prys
gestel, om 'n beter diens te kan lewer. Byvoorbaat baie dankie.
Dit word inniglik waardeer.

Aan almal wat ondersteuning verleen het aan die reisiger tydens
sy groei periode, om hier suksesvolle bydraes te kan lewer,
veral Vrymesselaars en hulle familie, word hartlike dank betuig.
Byvoorbaat baie dankie. Dit word inniglik waardeer. Wil graag u,
u familie en vriende, 'n super suksesvolle Millenium toewens.

Toekomstige reise is ten doel om nuwe idees vir projekte met
vriende te bespreek. Asook kontinuiteit en inhoud van
toekomstige bydraes.

Beskou Icke bydraes as gekanselleer - onbaatsugtige diens
waarborg die beste sukses.

Eendrag maak mag. Persone wat mekaar ondersteun, oorleef saam in
'n beter wereld. Hierdie is die poging om 'n pad te skep na die
21e Eeu d.m.v. grootheid, goedheid en grasie. Love all Serve
all.

Hoop dit help. :) Saam vir 'n beter toekoms. :) Een vir almal en
Almal vir een. :) Word 'n magiese Persoon en help om 'n Paradys
en Planeet te skep waar almal gelukkig is en bevry is van pyn en
leiding. :)

Presteer Voluit om die Verstand, Vlees en Voorspoed van die
Persone van ons Paradys, en elders op die Planeet, met Prag en
Praal, Passie, asook Profytvol te kan Volhou, sodat hulle na
hulle Prys, hulle Piek, kan Peil. :)

Ns. Indien enige sissende slange aan enigiemand hier ge-uiter
word, is dit a.g.v. 'n blinke kol in die logika, wat reggestel
sal word wanneer dit raakgesien is. Apologie word noual
aangeteken daarvoor. Vergewe asb.

Vorige onderwerp: Re - siek situasie & waar word die sirkel gebreek
Volgende onderwerp: David Icke: geen verdere bydras word gelewer
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Jun 26 12:32:36 MGT 2024