Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Siek situasie
Siek situasie [boodskap #29197 is 'n antwoord op boodskap #29199] Di, 07 Maart 2000 00:00 na volgende boodskap
Saix  is tans af-lyn  Saix
Boodskappe: 119
Geregistreer: April 1999
Karma: 0
Senior Lid
Skaars 2 weke terug in Suid-Afrika, en op pad werk toe. Ek ry my ou paadjie
soos gewoonlik en ja soos gewoonlik druk die taxi voor my in net om dadelik
weer te stop om iemand op of af te laai. Moet dit net nie waag om dit met
hulle te doen nie want dan lê die man op sy hoeter en vloek soos 'n matroos.

Reëls tov verkeer word afgemaak as 'n lastigheid soos wat daar dubbel
geparkeer word, rooiligte verontagsaam word, en die pad word bemors deur
allerhande goed wat uit die taxi uitgegooi word.

By die parkeerplek angekom word jy "meegedeel" dat die parkering eintlik
deur hom aan jou uitgewys is (Jy sou dit nooit self kon sien nie) en as 'n
reel dit sy "plig" is om jou kar op te pas teen betaling natuurlik.

In die stad word ek plek plek geforseer op in die straat te gaan loop
omrede die straatsmous driekwart van die sypaadjie vir homself en sy vrot
vrugte beset het.

Vir die persone in die buiteland wat so baie te se het oor Suid-Afrika wil
ek net sê doen jouself 'n guns en kom kuier 'n rukkie hier. As jy na die tyd
in alle eerlikheid nie vir jouself kan sien dat die land besig is om terug
te keer na die tipiese Afrika gemors waar daar geen werklike infrastruktuur
is nie ... en dit wat daar wel is met absolute minagting bejeën word nie,
dan is jy regtig of blind of baie dom. Niemand is so blind soos die een wat
nie WIL sien nie.

As dit die toestande is wat jy vir mense wil gun om in te lewe, kom bewys
dit deur uit die land waar daar 'n infrastruktuur is wat WERK uit te trek
terug Suid-Afrika toe na een waar dit nie werk nie

Ek kan nie wag dat my nuwe kontrak in September begin nie. Hierdie keer is
dit in Australië ... Hallo Tiaan Strauss
Re Siek Situasie [boodskap #29198 is 'n antwoord op boodskap #29199] Di, 07 Maart 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 7 Mar 2000 21:20:47 +0200, "Riaan" wrote:

<<>Ek kan nie wag dat my nuwe kontrak in September begin nie. Hierdie keer is
> dit in Australiė ... Hallo Tiaan Strauss>>

Gee my 'nm adres waarheen ek geld kan stuur sodat jy vinniger kan
padgee.
Ons is beter af sonder jou.
Onthou asb. om daar te probeer bly vir altyd.
Re: Siek situasie [boodskap #29199 is 'n antwoord op boodskap #29198] Di, 07 Maart 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Canis Lupus  is tans af-lyn  Canis Lupus
Boodskappe: 24
Geregistreer: Februarie 2000
Karma: 0
Junior Lid
Pla die ambeie weer vandag Ferdie ?

Canis Lupis

Ferdi Greyling wrote in message ...
> On Tue, 7 Mar 2000 21:20:47 +0200, "Riaan" wrote:
>
>
<<>Ek kan nie wag dat my nuwe kontrak in September begin nie. Hierdie keer is
>> dit in Australië ... Hallo Tiaan Strauss>>
>
> Gee my 'nm adres waarheen ek geld kan stuur sodat jy vinniger kan
> padgee.
> Ons is beter af sonder jou.
> Onthou asb. om daar te probeer bly vir altyd.
>
Re: Siek situasie [boodskap #29210 is 'n antwoord op boodskap #29199] Wo, 08 Maart 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Saix  is tans af-lyn  Saix
Boodskappe: 119
Geregistreer: April 1999
Karma: 0
Senior Lid
"Ferdi Greyling" skryf in boodskap news:38c5bac4.3281645@news.is.co.za...

Gee my 'nm adres waarheen ek geld kan stuur sodat jy vinniger kan padgee.
Ons is beter af sonder jou. Onthou asb. om daar te probeer bly vir altyd.

As jy sê ons is beter af bedoel jy die NG, Suid-Afrika, beide, of eintlik
net jy ?

Kan ek my bankrekening nr vir jou stuur ?. Ek hoop net nie jou check hop
nie.

Maar ja laastens het ek dalk vir jou goeie nuus, ek sal baie beslis probeer
om permanent daar te bly as ek kan.

Ek dink regtig nie jy is baie vars nie ... Ek kon seker dit wat ek geskryf
het 'n baie rasistiese kleur gegee het as ek wou, die probleem is net dat
daar amper net so baie witmense ook is wat vir jou parkeerplek aanwys, en
deesdae op straat hulle goed verkoop. Gaan probeer maar gerus jou luck in
Londen met die tricks wat daar in SA mee weg gekom word en kyk hoe ver jy
gaan kom.

Maar bly gerus in die NG, ek kry die indruk dat ons sommer nog lekker tot en
met September van mekaar gaan verskil .... seker jou demokratiese reg of
hoe?
Re: Siek situasie [boodskap #29211 is 'n antwoord op boodskap #29199] Wo, 08 Maart 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 7 Mar 2000 17:21:24 +0200, "Canis Lupus" wrote:

<<>Pla die ambeie weer vandag Ferdie ? >>

Ja en jy is een.
Re: Siek situasie [boodskap #29212 is 'n antwoord op boodskap #29199] Wo, 08 Maart 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 8 Mar 2000 21:58:31 +0200, "Riaan" wrote:
<<>Maar ja laastens het ek dalk vir jou goeie nuus, ek sal baie beslis probeer
>> om permanent daar te bly as ek kan.>>

Mooi.
Re: Siek situasie [boodskap #29213 is 'n antwoord op boodskap #29199] Wo, 08 Maart 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Frikkie Potgieter[2]  is tans af-lyn  Frikkie Potgieter[2]
Boodskappe: 439
Geregistreer: November 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi, hierdie is `n skokkende walglike uiters sarkastiese antwoord
wat jy Riaan gee.

Ek sit nou maar net so en dimk.?????????????????????????? O Ja,
Maak oop jou oe, dit is spesifiek van jou wat gepraat word.

Groete
Frikkie

Ps: Stuur groete aan Tiaan hoor.

On Tue, 07 Mar 2000 08:17:00 GMT, ferd...@icon.co.za (Ferdi
Greyling) wrote:

> On Tue, 7 Mar 2000 21:20:47 +0200, "Riaan" wrote:
>
>
> keer is
>> dit in Australië ... Hallo Tiaan Strauss>>
>
> Gee my 'nm adres waarheen ek geld kan stuur sodat jy vinniger kan
> padgee.
> Ons is beter af sonder jou.
> Onthou asb. om daar te probeer bly vir altyd.
>
Re: Siek situasie [boodskap #29214 is 'n antwoord op boodskap #29199] Wo, 08 Maart 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Canis Lupus  is tans af-lyn  Canis Lupus
Boodskappe: 24
Geregistreer: Februarie 2000
Karma: 0
Junior Lid
Ferdi,

Ek wag nogsteeds vir die geld wat jy belowe het om te waai uit SA en nou
deel jy al klaar weer uit vir die ander emmigrante.

Jy het seker 'n geld probllem opgetel met al die geld wat jy aanstuur sodat
mense moet waai.

Canis Lupis

>
> On Tue, 07 Mar 2000 08:17:00 GMT, ferd...@icon.co.za (Ferdi
> Greyling) wrote:
>
>> On Tue, 7 Mar 2000 21:20:47 +0200, "Riaan" wrote:
>>
>>
>> > keer is
>>> dit in Australië ... Hallo Tiaan Strauss>>
>>
>> Gee my 'nm adres waarheen ek geld kan stuur sodat jy vinniger kan
>> padgee.
>> Ons is beter af sonder jou.
>> Onthou asb. om daar te probeer bly vir altyd.
>>
>
Re: Siek situasie [boodskap #29221 is 'n antwoord op boodskap #29199] Do, 09 Maart 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Canis Lupus  is tans af-lyn  Canis Lupus
Boodskappe: 24
Geregistreer: Februarie 2000
Karma: 0
Junior Lid
Ferdi,

Fred se dinges ek is nie links of regs nie, so ver het jy nog net twee
letters reg.

Wolf beteken nie noodwendig wit-wolf nie.

Canis Lupis

Ferdi Greyling wrote in message ...
> On Wed, 8 Mar 2000 18:41:09 +0200, "Canis Lupus"
> wrote:
>
> Hoekom pos jy onder twee name, Fred?
>
>
>
>
>> Ek wag nogsteeds vir die geld wat jy belowe het om te waai uit SA en nou
>> deel jy al klaar weer uit vir die ander emmigrante.
>>
>> Jy het seker 'n geld probllem opgetel met al die geld wat jy aanstuur sodat
>> mense moet waai.
>>
>> Canis Lupis
>>
>>>
>>> On Tue, 07 Mar 2000 08:17:00 GMT, ferd...@icon.co.za (Ferdi
>>> Greyling) wrote:
>>>
>>>> On Tue, 7 Mar 2000 21:20:47 +0200, "Riaan" wrote:
>>>>
>>>>
>>>> >>> keer is
>>>> >dit in Australië ... Hallo Tiaan Strauss>>
>>>>
>>>> Gee my 'nm adres waarheen ek geld kan stuur sodat jy vinniger kan
>>>> padgee.
>>>> Ons is beter af sonder jou.
>>>> Onthou asb. om daar te probeer bly vir altyd.
>>>>
>>>
>>
>
Re: Siek situasie [boodskap #29222 is 'n antwoord op boodskap #29199] Do, 09 Maart 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 8 Mar 2000 18:41:09 +0200, "Canis Lupus"
wrote:

Hoekom pos jy onder twee name, Fred?

> Ek wag nogsteeds vir die geld wat jy belowe het om te waai uit SA en nou
> deel jy al klaar weer uit vir die ander emmigrante.
>
> Jy het seker 'n geld probllem opgetel met al die geld wat jy aanstuur sodat
> mense moet waai.
>
> Canis Lupis
>
>>
>> On Tue, 07 Mar 2000 08:17:00 GMT, ferd...@icon.co.za (Ferdi
>> Greyling) wrote:
>>
>>> On Tue, 7 Mar 2000 21:20:47 +0200, "Riaan" wrote:
>>>
>>>
>>> >> keer is
>>>> dit in Australië ... Hallo Tiaan Strauss>>
>>>
>>> Gee my 'nm adres waarheen ek geld kan stuur sodat jy vinniger kan
>>> padgee.
>>> Ons is beter af sonder jou.
>>> Onthou asb. om daar te probeer bly vir altyd.
>>>
>>
>
re: siek situasie [boodskap #29227 is 'n antwoord op boodskap #29199] Do, 09 Maart 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
loes&amp;patrick  is tans af-lyn  loes&amp;patrick
Boodskappe: 239
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Moenie wegloop vir moelikhede nie, moenie op jou gat sit en klaag nie.

Soek mense wat jou sal help die situasie te verbeter. Niks is beter as tuis,

ooral is sake wat jou nie aanstaan (aangaan) nie. Moenie deurlopend klaag

oor jou land - en nou nog 'n vraag: "Wat het jy gestem by die laaste

verkiesings" Oo, jy het nie gestem nie, jy was oorsee ! Laat 'n mens dink ne ?

Stekeldoring
Re Siek Situasie [boodskap #29230 is 'n antwoord op boodskap #29197] Do, 09 Maart 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
foilcut  is tans af-lyn  foilcut
Boodskappe: 25
Geregistreer: Mei 1999
Karma: 0
Junior Lid
Ja Riaan

maar ons is nie almal in die bevoorregte posisie om te kan 'waai" nie !

Wat sal mens nou daaraan kan doen ? Miskien 'n ou se kinders help om weg te
kom - ten koste van ...?

Laat 'n mens dink nê ?

Susan
Re: Siek situasie [boodskap #29234 is 'n antwoord op boodskap #29199] Vr, 10 Maart 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 10 Mar 2000 11:08:22 +0200, "Canis Lupus"
wrote:

[/color]
> Ek is baie goed, maar nie 'n lafaard nie.>>

So se dan wie jy is.

In plaas daarvan om agter rocketmail te skuil.
Re: Siek situasie [boodskap #29235 is 'n antwoord op boodskap #29199] Vr, 10 Maart 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Canis Lupus  is tans af-lyn  Canis Lupus
Boodskappe: 24
Geregistreer: Februarie 2000
Karma: 0
Junior Lid
Ek skuil nie agter rocketmail nie, dit is my pop3 mail account en die ander
een vir besigheid.

Ta

Francois

Ferdi Greyling wrote in message ...
> On Fri, 10 Mar 2000 11:08:22 +0200, "Canis Lupus"
> wrote:
>
> >
>> Ek is baie goed, maar nie 'n lafaard nie.>>
>
> So se dan wie jy is.
>
> In plaas daarvan om agter rocketmail te skuil.
>
Re: Siek situasie [boodskap #29236 is 'n antwoord op boodskap #29199] Vr, 10 Maart 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 9 Mar 2000 17:22:58 +0200, "Canis Lupus"
wrote:

Dit beteken wel lafaard wat skuil agter vals name.

[/color]
> Fred se dinges ek is nie links of regs nie, so ver het jy nog net twee
> letters reg.
>
> Wolf beteken nie noodwendig wit-wolf nie.>>>
Re: Siek situasie [boodskap #29237 is 'n antwoord op boodskap #29199] Vr, 10 Maart 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Canis Lupus  is tans af-lyn  Canis Lupus
Boodskappe: 24
Geregistreer: Februarie 2000
Karma: 0
Junior Lid
Ferdi,

Ek is baie goed, maar nie 'n lafaard nie.

Canis Lupus

Ferdi Greyling wrote in message ...
> On Thu, 9 Mar 2000 17:22:58 +0200, "Canis Lupus"
> wrote:
>
> Dit beteken wel lafaard wat skuil agter vals name.
>
>
>
>
> >
>> Fred se dinges ek is nie links of regs nie, so ver het jy nog net twee
>> letters reg.
>>
>> Wolf beteken nie noodwendig wit-wolf nie.>>>
>
Re: Re Siek Situasie [boodskap #29242 is 'n antwoord op boodskap #29230] Vr, 10 Maart 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 9 Mar 2000 16:00:26 +0200, "foilcut" wrote:

> Ja Riaan
>
> maar ons is nie almal in die bevooregte posisie om te kan 'waai" nie !
>
> Wat sal mens nou daaraan kan doen ? Miskien 'n ou se kinders help om weg te
> kom - ten koste van ...?
>
> Laat 'n mens dink nê ?

Miskien werk om die land beter te maak?

(Daar is nou 'n nuwe gedagte ne?)
Re: Siek situasie [boodskap #29262 is 'n antwoord op boodskap #29199] Ma, 13 Maart 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 10 Mar 2000 15:22:25 +0200, "Canis Lupus"
wrote:

Wel die twee nuusgroepe waar jy ;pos het 'n reeks mense gesien met
hotmail/rocketmail adresse boodskappe van herleinde annonieme servers
wat SA swartsmeer onder name soos Squirrel en Canis Lupus.

As jy wil kritiseer en uitkak op 'n deurlopende basis, moet jy se wie
jy is.

> Ek skuil nie agter rocketmail nie, dit is my pop3 mail account en die ander
> een vir besigheid.
>
> Ta
>
> Francois
>
> Ferdi Greyling wrote in message ...
>> On Fri, 10 Mar 2000 11:08:22 +0200, "Canis Lupus"
>> wrote:
>>
>> >>
>>> Ek is baie goed, maar nie 'n lafaard nie.>>
>>
>> So se dan wie jy is.
>>
>> In plaas daarvan om agter rocketmail te skuil.
>>
>
Re: Siek Situasie [boodskap #29265 is 'n antwoord op boodskap #29199] Ma, 13 Maart 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[1]  is tans af-lyn  lou[1]
Boodskappe: 579
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi Greyling wrote:
>
> On Mon, 13 Mar 2000 01:14:52 +0200, "Riaan"
> wrote:
>
> hand
>> afbyt, vir jou sal wil sê maar hoekom kla jy want kyk jy het nog jy
>> horlosie.>>
>
> Hiers ook mense wat die bestaan van krokodille voor 1994 totaal
> ontken.
>

... en sommige wat die bestaan van krokodille na 1994 ook ontken.
Re: Siek Situasie [boodskap #29266 is 'n antwoord op boodskap #29199] Ma, 13 Maart 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Key Bored  is tans af-lyn  Key Bored
Boodskappe: 84
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Volle Lid
On Mon, 13 Mar 2000 08:12:34 GMT, ferd...@icon.co.za (Ferdi
Greyling) wrote:

> On Mon, 13 Mar 2000 00:24:09 GMT, "Phatti"
> wrote:
>
> >
>
> En sal sal dit wees? "politiese ekwilibrium" Wat is dit?
> Op die oomblik is hier 'n werkende demokrasie, 'n handves van mense
> regte en 'n grondwetlike hof.
>
> In die verlede was daar fascisme en politieke onderdrukking. Nou het
> ons demokrasie en vryheid van spraak en assosiasie.
>
> Ons het twee vreedsame en baie suksesvolle nasionale verkiesings
> gehad.
>
> 6 Jaar na die eerste een is die burgerlike samelewing besig om te
> groei.
>

Ons het ook 'n sosiaal-maatskaplike stelsel wat ineenstort, 'n
minister wat verwys na almal in sy departement as onbekwaam,
'n regshulpstelsel wat enersyds besteel word deur voormalige
ministers se "vriende" en andersyds wankel weens nie-betaling
aan regsverteenwoordigers wat kriminele op staatskoste verdedig.
Ook, 'n halfgebakte plan met onderwys, chaos in die polisie,
hospitale wat sluit, 'n bloeiende dwelm- en prostitusiebedryf,
mafiabase wat oop en bloot in die land werk, plaasmoorde, en
dan ook nog 'n paar kwellings met geldrugby en slegte springbokke.
Maar hou jou bek, anders noem hulle jou 'n rassis!
Re: Siek Situasie [boodskap #29267 is 'n antwoord op boodskap #29199] Ma, 13 Maart 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 13 Mar 2000 00:24:09 GMT, "Phatti" wrote:

>

En sal sal dit wees? "politiese ekwilibrium" Wat is dit?
Op die oomblik is hier 'n werkende demokrasie, 'n handves van mense
regte en 'n grondwetlike hof.

In die verlede was daar fascisme en politieke onderdrukking. Nou het
ons demokrasie en vryheid van spraak en assosiasie.

Ons het twee vreedsame en baie suksesvolle nasionale verkiesings
gehad.

6 Jaar na die eerste een is die burgerlike samelewing besig om te
groei.

Wat meer vereis jy vir "politiese ekwilibrium".

>>[/color]

Bedoel jy hulle wil nie help bou nie, maar net kom haal as die sukses
aabreek?

>[/color]

A! Maar daardie toekoms sal berei wees deur die wat gebly het en dit
teweeggebring het, ne?

By the way, ek weet van baie jong mense wat die twee jaar visum na die
Brittanje gebruik om daar te werk en die wereld te sien, maar almal
kom terug. In fact hulle gaan met die doel om Europa te gaan sien en
dan terug te kom.

Tel jy hulle dalk nie onder die wat jy se emmigreer nie?
Re: Siek Situasie [boodskap #29268 is 'n antwoord op boodskap #29199] Ma, 13 Maart 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Doos[1]  is tans af-lyn  Doos[1]
Boodskappe: 143
Geregistreer: Augustus 1998
Karma: 0
Senior Lid
> Op die oomblik is hier 'n werkende demokrasie, 'n handves van mense
> regte en 'n grondwetlike hof.
> In die verlede was daar fascisme en politieke onderdrukking. Nou het
> ons demokrasie en vryheid van spraak en assosiasie.

Jou opinie is dus dat solank daar geen blatante verkragting van menseregte
is nie, is moord en roof verdraagsaam?

> Wat meer vereis jy vir "politiese ekwilibrium".

Q. Wat vereis ek?
A. 1. Ek vereis om VEILIG te voel, nie slegs in my daaglikse aktiwiteite nie
maar ook in my beroep.
2.Ek vereis dat die bankteller matriek het.
3. Ek vereis dat my plaaslike politikus vir my sal baklei, alhoewel my
vel wit is.
4. Ek vereis dat my aandele in die JSE eintlik iets werd is.
5. Ek vereis dat my lewens standaard hoog sal wees.
6. Ek vereis dat my kinders 'n skolastiese opleiding sal kry wat met die
EU kan vegelyk.
7. Ek vereis dat ek in die buiteland mag stem.
8. Ek vereis lae inflasie
9. Ek vereis lae "interest rates"
10. Ek vereis dat die Vaderland regeer sal word in so 'n mate dat die
buiteland in ons sal bele.

> Bedoel jy hulle wil nie help bou nie, maar net kom haal as die sukses
> aabreek?

Korrek!

> A! Maar daardie toekoms sal berei wees deur die wat gebly het en dit
> teweeggebring het, ne?

Korrek!

> By the way, ek weet van baie jong mense wat die twee jaar visum na die
> Brittanje gebruik om daar te werk en die wereld te sien, maar almal
> kom terug. In fact hulle gaan met die doel om Europa te gaan sien en
> dan terug te kom.

Die vraag is, IS HULLE GELUKKIG / TEVREDE wanneer hulle terugkeer na die
vaderland?
Re: Siek Situasie [boodskap #29269 is 'n antwoord op boodskap #29199] Ma, 13 Maart 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ProPacem  is tans af-lyn  ProPacem
Boodskappe: 320
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
> lou lo...@hotmail.dinges.com

> ... en sommige wat die bestaan van krokodille na 1994 ook ontken.

... en sommige wat hardkoppig aandring dat lammers eintlik krokodille is.
re: Siek Situasie [boodskap #29270 is 'n antwoord op boodskap #29199] Ma, 13 Maart 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Doos[1]  is tans af-lyn  Doos[1]
Boodskappe: 143
Geregistreer: Augustus 1998
Karma: 0
Senior Lid
Ek kan maar net saam stem. Maar wat my pla is dat daar 'n nuwe "kultuur"
onder wit SAfrikaners is:

"Diskrimineer teen die emmigrant!"

Honderde duisende jong alleen-lopende wit laatjies het spore gemaak, veral
London toe waar die Britse ekonomie ons met oop arms ontvang.
Hoekom?
Omdat ons bereid is om vir pennies te werk nie, nie te "strike" nie en nie
te veel te kla nie. Ja, ons is nou die k****rs (ek HAAT daai woord) van
Europa.
Die generasie wat veronderstel is om SA in die toekoms in te neem, leef in
Youth Hostels teen �10 'n aand en werk as Sekuriteits mannetjies vir �3/uur.
Betaal 33% tax en vries hulself dood. As hulle slegs SA paspoorte het moet
hulle 2 jaar later terug SA toe, en wat dan?
Dan moet hulle bo en behalwe alles kompeteer met base (en "peers") wat
neerkyk op die "emmigrante".

Hierdie NG is "rife" met die diskriminasie tussen "emmigrante" en
"vasbyt-ers".

Jode het Amerika toe gestroom na die 2de Wereld oorlog en met die stigting
van Israel het daardie jode in Amerika besighede begin en met die profeit
miljoene $$$ in Israel ingepomp. Dis nou samewerking.

En hier sit ons en baklei en kibbel en diskrimineer.

Wanneer SA uiteindelik politiese ekwilibrium bereik sal hordes jong
SAfrikaners terugkeer na die Vaderland, ons sal 'n rykdom ondervinding en
opleiding terug bring en ons sal ons kinders 'n mooi toekoms gee.

Maar ons het die ondersteuning van die "vasbyt-ers" nodig!
Re: Siek Situasie [boodskap #29271 is 'n antwoord op boodskap #29199] Ma, 13 Maart 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 13 Mar 2000 01:14:52 +0200, "Riaan" wrote:

afbyt, vir jou sal wil sê maar hoekom kla jy want kyk jy het nog jy[/color]
> horlosie.>>

Hiers ook mense wat die bestaan van krokodille voor 1994 totaal
ontken.

En mense wat likkewane tot krokodille verklaar omdat dit hulle emosies
pas.

Die trick is natuurlik om krokodille objektief te beskou.
Re: Siek Situasie [boodskap #29272 is 'n antwoord op boodskap #29199] Ma, 13 Maart 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 13 Mar 2000 08:40:33 GMT, nos...@here.net (Brollox) wrote:

minister wat verwys na almal in sy departement as onbekwaam,>>[/color]

Watter minister het na ALMAL in sy dept verwys as onbekwaam?

>

A, ek verstaan. Jy verskil daarmee.



Minder as toe polisie gebruik was om politieke moorde te pleeg.

hospitale wat sluit, >>

Begin deur besnoeiings deur Rina Venter onder PW Botha se bewind. Wed
jou jy het dit nie geweet nie. Of - jy het dit geweet maar intussen
weer vergeet.

Maar hou jou bek, anders noem hulle jou 'n rassis!>>[/color]

As jy die probleme toeskryf aan die velkleur van mense is jy 'n rassis
ja.
As jy net oor die probleme kla sonder om ras daarin te sien - met
ander woorde as hoere in 1960 in Hillbrow vir jou nie nie anders was
as hoere in Hillbrow in 1999 nie, dan sal jy nier 'n rassis genoem
word nie. En as iemand jou 'n rassis noem is hulle verkeerd.

Maar wat van 'n bietjie kyk na die positiewe ook? Dit laat die koffie
baie beter smaak.
Re: Siek Situasie [boodskap #29273 is 'n antwoord op boodskap #29199] Ma, 13 Maart 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Key Bored  is tans af-lyn  Key Bored
Boodskappe: 84
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Volle Lid
On Mon, 13 Mar 2000 09:42:00 GMT, ferd...@icon.co.za (Ferdi
Greyling) wrote:

> On Mon, 13 Mar 2000 08:40:33 GMT, nos...@here.net (Brollox) wrote:
>
>
> In fact talle van die probleme het hul wortels in die 80's.
>

Maar ons demokratiese, nie-rassige, nie-seksistiese vrye
regering kon met die hele wêreld se hulp en ondersteuning
niks verbeter in 5 jaar se tyd nie. O, jammer, apartheid
se skuld.

> > ministers se "vriende" >>
>
> Waarvan praat jy? Gee besonderhede asb.
>

Die hele gemors rondom die "bankrot" regshulraad wat nie prokureurs
en advokate betaal nie, terwyl hulle 'n konsultant (uit Bisho!)
gereeld betaal, duisende rande per uur. (Mail & Guardian 10-3-00)

> aan regsverteenwoordigers wat kriminele op staatskoste verdedig.>>
>
> Dit was nog altyd die geval in SA en is die geval in die meeste sg.
> beskaafde lande. Regsverteenwoordiging is voorts fundamenteel aan
> enige ordentlike regstelsel.

Inderdaad.

>
> hospitale wat sluit, >>
>
> Begin deur besnoeiings deur Rina Venter onder PW Botha se bewind. Wed
> jou jy het dit nie geweet nie. Of - jy het dit geweet maar intussen
> weer vergeet.

... en hulle beleid kon glad nie omgekeer word deur ons wonderlike
vrye demokratiese en deursigtige nuwe regering nie. Maar al die geld
wat gespaar is deur die apartheidsbeleid op te hef en duplisering van
departemente uit te skakel is toe ongelukkig nie weer uitgegee nie.
Dept van Welsyn, het glo 80% van hulle armoedefondse NIE uitbetaal
nie. Bekwaam?

>
>
> dan ook nog 'n paar kwellings met geldrugby en slegte springbokke.
>> Maar hou jou bek, anders noem hulle jou 'n rassis!>>
>
> As jy die probleme toeskryf aan die velkleur van mense is jy 'n rassis
> ja.
> As jy net oor die probleme kla sonder om ras daarin te sien - met
> ander woorde as hoere in 1960 in Hillbrow vir jou nie nie anders was
> as hoere in Hillbrow in 1999 nie, dan sal jy nier 'n rassis genoem
> word nie. En as iemand jou 'n rassis noem is hulle verkeerd.
>

Ek bedank. Maar ek voel half ek mors my asem op iemand wat met een oog
deur 'n geheel rooskleurige brilletjie kyk, en die probleme maar net
so aanvaar.

>
> Maar wat van 'n bietjie kyk na die positiewe ook? Dit laat die koffie
> baie beter smaak.
>

Ten minste voel ek vry en demokraties terwyl ek as wit, heteroseksuele
afrikaanse man aan die agterspeen van geregtigheid probeer suip maar
my vryheid van spraak solank nog geniet.

Niemand is so blind soos die wat nie WIL sien nie.
Re: Siek Situasie [boodskap #29274 is 'n antwoord op boodskap #29199] Ma, 13 Maart 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Saix  is tans af-lyn  Saix
Boodskappe: 119
Geregistreer: April 1999
Karma: 0
Senior Lid
Dit is juis die dinge wat jy nou hier opnoem wat vir gerieflikheidshalwe of
nie genoem word nie, of die heel beste nog ... dit is die las / skuld van
apartheid.

Hier is 'n paar mense hier wat redeneer dat indien 'n krokedil jou hand
afbyt, vir jou sal wil sê maar hoekom kla jy want kyk jy het nog jy
horlosie.

> Ons het ook 'n sosiaal-maatskaplike stelsel wat ineenstort, 'n
> minister wat verwys na almal in sy departement as onbekwaam,
> 'n regshulpstelsel wat enersyds besteel word deur voormalige
> ministers se "vriende" en andersyds wankel weens nie-betaling
> aan regsverteenwoordigers wat kriminele op staatskoste verdedig.
> Ook, 'n halfgebakte plan met onderwys, chaos in die polisie,
> hospitale wat sluit, 'n bloeiende dwelm- en prostitusiebedryf,
> mafiabase wat oop en bloot in die land werk, plaasmoorde, en
> dan ook nog 'n paar kwellings met geldrugby en slegte springbokke.
> Maar hou jou bek, anders noem hulle jou 'n rassis!
>
Re: Siek Situasie [boodskap #29275 is 'n antwoord op boodskap #29199] Ma, 13 Maart 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Dries Venter  is tans af-lyn  Dries Venter
Boodskappe: 299
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Brollox, indien dit jou sou laat beter voel. Ferdi bly ten minste
konsekwent. Hy sien altyd net die rosige prentjie raak. Ek sou byvoorbeeld
wou hoor wat sê hy oor die plaasmoorde (dis eerder 'n
polities-ge"inspireeerde oorlog, as jy my vra) Maar kennelik sal hy of
stilbly of dit ook 'n apartheidsprobleem maak, iets in die lyn van dis wat
altyd in Soweto of een van die plekke gebeur het, en nou maar net oorspoel
na die wittes toe.

Ek hou nou fyn dop...

Groete,
Dries

Brollox wrote in message ...
> On Mon, 13 Mar 2000 09:42:00 GMT, ferd...@icon.co.za (Ferdi
> Greyling) wrote:
>
>> On Mon, 13 Mar 2000 08:40:33 GMT, nos...@here.net (Brollox) wrote:
>>
>>
>> > In fact talle van die probleme het hul wortels in die 80's.
>>
>
> Maar ons demokratiese, nie-rassige, nie-seksistiese vrye
> regering kon met die hele wêreld se hulp en ondersteuning
> niks verbeter in 5 jaar se tyd nie. O, jammer, apartheid
> se skuld.
>
>
>> >> ministers se "vriende" >>
>>
>> Waarvan praat jy? Gee besonderhede asb.
>>
>
> Die hele gemors rondom die "bankrot" regshulraad wat nie prokureurs
> en advokate betaal nie, terwyl hulle 'n konsultant (uit Bisho!)
> gereeld betaal, duisende rande per uur. (Mail & Guardian 10-3-00)
>
>> > aan regsverteenwoordigers wat kriminele op staatskoste verdedig.>>
>>
>> Dit was nog altyd die geval in SA en is die geval in die meeste sg.
>> beskaafde lande. Regsverteenwoordiging is voorts fundamenteel aan
>> enige ordentlike regstelsel.
>
> Inderdaad.
>
>>
>>
>
>> hospitale wat sluit, >>
>>
>> Begin deur besnoeiings deur Rina Venter onder PW Botha se bewind. Wed
>> jou jy het dit nie geweet nie. Of - jy het dit geweet maar intussen
>> weer vergeet.
>
> ... en hulle beleid kon glad nie omgekeer word deur ons wonderlike
> vrye demokratiese en deursigtige nuwe regering nie. Maar al die geld
> wat gespaar is deur die apartheidsbeleid op te hef en duplisering van
> departemente uit te skakel is toe ongelukkig nie weer uitgegee nie.
> Dept van Welsyn, het glo 80% van hulle armoedefondse NIE uitbetaal
> nie. Bekwaam?
>
>>
>> halfmiljoen rand borg oor die foon gereël het. Geen tronksel
> vir ons ou kroekbasie nie. O, nog 'n Apartheid probleem wat nou
> onoplosbaar is.
>
> Wat van hierdie ene: Min. Steve Tshwete wat na die Kampsbaai
> bom op TV driftig aankondig hy's oortuig hy weet wie die bomplanters
> is en sal hulle binnekort aankeer. Ag, foei tog.
>
>>
>> > dan ook nog 'n paar kwellings met geldrugby en slegte springbokke.
>>> Maar hou jou bek, anders noem hulle jou 'n rassis!>>
>>
>> As jy die probleme toeskryf aan die velkleur van mense is jy 'n rassis
>> ja.
>> As jy net oor die probleme kla sonder om ras daarin te sien - met
>> ander woorde as hoere in 1960 in Hillbrow vir jou nie nie anders was
>> as hoere in Hillbrow in 1999 nie, dan sal jy nier 'n rassis genoem
>> word nie. En as iemand jou 'n rassis noem is hulle verkeerd.
>>
>
> Ek bedank. Maar ek voel half ek mors my asem op iemand wat met een oog
> deur 'n geheel rooskleurige brilletjie kyk, en die probleme maar net
> so aanvaar.
>
>>
>> Maar wat van 'n bietjie kyk na die positiewe ook? Dit laat die koffie
>> baie beter smaak.
>>
>
> Ten minste voel ek vry en demokraties terwyl ek as wit, heteroseksuele
> afrikaanse man aan die agterspeen van geregtigheid probeer suip maar
> my vryheid van spraak solank nog geniet.
>
> Niemand is so blind soos die wat nie WIL sien nie.
>
Re: Siek Situasie [boodskap #29297 is 'n antwoord op boodskap #29199] Di, 14 Maart 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ProPacem  is tans af-lyn  ProPacem
Boodskappe: 320
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
> lou lo...@hotmail.dinges.com

> En sommige wat daarop aandring dat krokodile eintlik lammers is ... :)

:-)
Re: Siek Situasie [boodskap #29298 is 'n antwoord op boodskap #29199] Di, 14 Maart 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Phatti wrote:

> Ek kan maar net saam stem. Maar wat my pla is dat daar 'n nuwe "kultuur"
> onder wit SAfrikaners is:

> Honderde duisende jong alleen-lopende wit laatjies het spore gemaak, veral
> London toe waar die Britse ekonomie ons met oop arms ontvang.
> Hoekom?
> Omdat ons bereid is om vir pennies te werk nie, nie te "strike" nie en nie
> te veel te kla nie. Ja, ons is nou die k****rs (ek HAAT daai woord) van
> Europa.
> Die generasie wat veronderstel is om SA in die toekoms in te neem, leef in
> Youth Hostels teen £10 'n aand en werk as Sekuriteits mannetjies vir £3/uur.
> Betaal 33% tax en vries hulself dood. As hulle slegs SA paspoorte het moet
> hulle 2 jaar later terug SA toe, en wat dan?

Ja, en dit omdat hulle gesinne in Suid-Afrika sit en kwetter oor hoe slegdit nou
in die nuwe SA is, en 'n atmosfeer skep van dis " in" om na die
buiteland te gaan om daar te gaan werk. My observasie in Noord-Amerika
klop met wat jy se van Engeland. In een geval voer 'n eks-SA ou wat staal-
werk doen, die outjies uit SA in. Die een keer hoor ons hoe 'n familielid se
kind nou so baie geld maak dat hy nie weet wat om daarmee te doen nie.
'n Paar maande daarna is die kind terug in SA by pa en ma met rugkwale
opgedoen met die swaar konstruksie-werk. Was natuurlik in SA nooit aan
sulke veeleisende werk gewoond nie. Het ook die land verlaat net na hy
sy Matriek geskryf het. Nou is verdere opleiding ook op die lange baan.
In 'n ander geval kom vriende se dogter (darem al met 'n onderwysdiploma)
om au pair te wees en ook om te kyk of sy nie permanent hier wil bly nie.
Maar na vier maande is sy terug by pa en ma, vind sy die Amerikaners te
"dekadent," wil sy nie eens meer vir "witmense" skoolhou nie - gaan direk
in 'n oorwegend swart skool in by haar terugkeer.

Tant Hessie met 'n vraag in haar oge

>
Re: Siek Situasie [boodskap #29299 is 'n antwoord op boodskap #29199] Di, 14 Maart 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[1]  is tans af-lyn  lou[1]
Boodskappe: 579
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
ProPacem wrote:
>
>> lou lo...@hotmail.dinges.com
>
>> ... en sommige wat die bestaan van krokodille na 1994 ook ontken.
>
> ... en sommige wat hardkoppig aandring dat lammers eintlik krokodille is.

En sommige wat daarop aandring dat krokodile eintlik lammers is ... :)
Re: Siek Situasie [boodskap #29325 is 'n antwoord op boodskap #29199] Wo, 15 Maart 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 15 Mar 2000 07:18:01 GMT, nos...@here.net (Central
Scrutinizer) wrote:

op TV lyk dit of wanorde enersyds uitgebeeld en andersyds slaafs[/color]
> nagevolg word in (veral swart) skole.>>

Dit sal dalk interressant vir jou wees om te verneem dat van die skole
wat die beste doen in SA met matriek uitslae swart skole is.

>
> Die feit is dat blanke jong Suid-Afrikaners laaste in die ry staan
> wanneer werk toegeken word in enige openbare (of selfs private)
> instelling. Hoera vir Affirmatiewe Satisfaksie! Daar is vir baie
> eenvoudig geen alternatief nie -- as jy nie bereid is om jou
> eie besigheid te begin nie is jou kanse skraal om 'n jop te kry.
>
> Dis moontlik om 'n paar duisend pond binne 'n paar maande te spaar
> in Engeland. Nie almal breek hulle ruggies daar nie, sommiges doen
> uitstekend in hulle veld en hou kers vas by die beste ter wêreld.
>
>>
>> Tant Hessie met 'n vraag in haar oge
>>
>
Re: Siek Situasie [boodskap #29326 is 'n antwoord op boodskap #29199] Wo, 15 Maart 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Key Bored  is tans af-lyn  Key Bored
Boodskappe: 84
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Volle Lid
On Tue, 14 Mar 2000 00:12:53 GMT, @home.com wrote:

> Phatti wrote:
>
>> Ek kan maar net saam stem. Maar wat my pla is dat daar 'n nuwe "kultuur=
>> onder wit SAfrikaners is:
>
>> Honderde duisende jong alleen-lopende wit laatjies het spore gemaak, veral
>> London toe waar die Britse ekonomie ons met oop arms ontvang.
>> Hoekom?
>> Omdat ons bereid is om vir pennies te werk nie, nie te "strike" nie en nie
>> te veel te kla nie. Ja, ons is nou die k****rs (ek HAAT daai woord) van
>> Europa.
>> Die generasie wat veronderstel is om SA in die toekoms in te neem, leef in
>> Youth Hostels teen =A310 'n aand en werk as Sekuriteits mannetjies vir A33/uur.
>> Betaal 33% tax en vries hulself dood. As hulle slegs SA paspoorte het moet
>> hulle 2 jaar later terug SA toe, en wat dan?
>
> Ja, en dit omdat hulle gesinne in Suid-Afrika sit en kwetter oor hoe sleg dit nou
> in die nuwe SA is, en 'n atmosfeer skep van dis " in" om na die
> buiteland te gaan om daar te gaan werk. My observasie in Noord-Amerika
> klop met wat jy se van Engeland. In een geval voer 'n eks-SA ou wat staal=
> werk doen, die outjies uit SA in. Die een keer hoor ons hoe 'n familielid=
> se kind nou so baie geld maak dat hy nie weet wat om daarmee te doen nie.
> 'n Paar maande daarna is die kind terug in SA by pa en ma met rugkwale
> opgedoen met die swaar konstruksie-werk. Was natuurlik in SA nooit aan
> sulke veeleisende werk gewoond nie. Het ook die land verlaat net na hy
> sy Matriek geskryf het. Nou is verdere opleiding ook op die lange baan.
> In 'n ander geval kom vriende se dogter (darem al met 'n onderwysdiploma)=
> om au pair te wees en ook om te kyk of sy nie permanent hier wil bly nie.=
> Maar na vier maande is sy terug by pa en ma, vind sy die Amerikaners te
> "dekadent," wil sy nie eens meer vir "witmense" skoolhou nie - gaan direk=
> in 'n oorwegend swart skool in by haar terugkeer.

Ons sal sien hoe lank sy daar uithou -- na die vertoon van Yizo-Yizo
op TV lyk dit of wanorde enersyds uitgebeeld en andersyds slaafs
nagevolg word in (veral swart) skole.

Die feit is dat blanke jong Suid-Afrikaners laaste in die ry staan
wanneer werk toegeken word in enige openbare (of selfs private)
instelling. Hoera vir Affirmatiewe Satisfaksie! Daar is vir baie
eenvoudig geen alternatief nie -- as jy nie bereid is om jou
eie besigheid te begin nie is jou kanse skraal om 'n jop te kry.

Dis moontlik om 'n paar duisend pond binne 'n paar maande te spaar
in Engeland. Nie almal breek hulle ruggies daar nie, sommiges doen
uitstekend in hulle veld en hou kers vas by die beste ter wêreld.

>
> Tant Hessie met 'n vraag in haar oge
>
Re: Siek Situasie [boodskap #29327 is 'n antwoord op boodskap #29199] Wo, 15 Maart 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Doos[1]  is tans af-lyn  Doos[1]
Boodskappe: 143
Geregistreer: Augustus 1998
Karma: 0
Senior Lid
Here, jy is dom . .

"Ferdi Greyling" skryf in boodskap news:38dea02f.24712159@news.is.co.za...
> On Mon, 13 Mar 2000 20:03:16 GMT, "Phatti"
> wrote:
>
> Sorry swaer, dit wat jy noem het presies niks te doen nie met
> POLITIEKE EKWILIBRIUM.
>
> 'n Term wat duidelik met politiek te doen het. En ekwilibrium beteken
> sover ek weet dinge wat in perfekte balans met mekaar is. Met ander
> woorde een weeg nie meer of minder as die ander een nie.
>
>
>
>>> Wat meer vereis jy vir "politiese ekwilibrium".
>>
>> Q. Wat vereis ek?
>> A. 1. Ek vereis om VEILIG te voel, nie slegs in my daaglikse aktiwiteite nie
>> maar ook in my beroep.
>> 2.Ek vereis dat die bankteller matriek het.
>> 3. Ek vereis dat my plaaslike politikus vir my sal baklei, alhoewel my
>> vel wit is.
>> 4. Ek vereis dat my aandele in die JSE eintlik iets werd is.
>> 5. Ek vereis dat my lewens standaard hoog sal wees.
>> 6. Ek vereis dat my kinders 'n skolastiese opleiding sal kry wat met die
>> EU kan vegelyk.
>> 7. Ek vereis dat ek in die buiteland mag stem.
>> 8. Ek vereis lae inflasie
>> 9. Ek vereis lae "interest rates"
>> 10. Ek vereis dat die Vaderland regeer sal word in so 'n mate dat die
>> buiteland in ons sal bele.
>>
>>> Bedoel jy hulle wil nie help bou nie, maar net kom haal as die sukses
>>> aabreek?
>>
>> Korrek!
>>
>>> A! Maar daardie toekoms sal berei wees deur die wat gebly het en dit
>>> teweeggebring het, ne?
>>
>> Korrek!
>>
>>> By the way, ek weet van baie jong mense wat die twee jaar visum na die
>>> Brittanje gebruik om daar te werk en die wereld te sien, maar almal
>>> kom terug. In fact hulle gaan met die doel om Europa te gaan sien en
>>> dan terug te kom.
>>
>> Die vraag is, IS HULLE GELUKKIG / TEVREDE wanneer hulle terugkeer na die
>> vaderland?
>>
>
Re: Siek Situasie [boodskap #29328 is 'n antwoord op boodskap #29199] Wo, 15 Maart 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 13 Mar 2000 20:03:16 GMT, "Phatti" wrote:

Sorry swaer, dit wat jy noem het presies niks te doen nie met
POLITIEKE EKWILIBRIUM.

'n Term wat duidelik met politiek te doen het. En ekwilibrium beteken
sover ek weet dinge wat in perfekte balans met mekaar is. Met ander
woorde een weeg nie meer of minder as die ander een nie.

>> Wat meer vereis jy vir "politiese ekwilibrium".
>
> Q. Wat vereis ek?
> A. 1. Ek vereis om VEILIG te voel, nie slegs in my daaglikse aktiwiteite nie
> maar ook in my beroep.
> 2.Ek vereis dat die bankteller matriek het.
> 3. Ek vereis dat my plaaslike politikus vir my sal baklei, alhoewel my
> vel wit is.
> 4. Ek vereis dat my aandele in die JSE eintlik iets werd is.
> 5. Ek vereis dat my lewens standaard hoog sal wees.
> 6. Ek vereis dat my kinders 'n skolastiese opleiding sal kry wat met die
> EU kan vegelyk.
> 7. Ek vereis dat ek in die buiteland mag stem.
> 8. Ek vereis lae inflasie
> 9. Ek vereis lae "interest rates"
> 10. Ek vereis dat die Vaderland regeer sal word in so 'n mate dat die
> buiteland in ons sal bele.
>
>> Bedoel jy hulle wil nie help bou nie, maar net kom haal as die sukses
>> aabreek?
>
> Korrek!
>
>> A! Maar daardie toekoms sal berei wees deur die wat gebly het en dit
>> teweeggebring het, ne?
>
> Korrek!
>
>> By the way, ek weet van baie jong mense wat die twee jaar visum na die
>> Brittanje gebruik om daar te werk en die wereld te sien, maar almal
>> kom terug. In fact hulle gaan met die doel om Europa te gaan sien en
>> dan terug te kom.
>
> Die vraag is, IS HULLE GELUKKIG / TEVREDE wanneer hulle terugkeer na die
> vaderland?
>
Re: Siek Situasie [boodskap #29329 is 'n antwoord op boodskap #29199] Wo, 15 Maart 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 13 Mar 2000 19:50:49 +0200, "Dries Venter"
wrote:

konsekwent. Hy sien altyd net die rosige prentjie raak. Ek sou byvoorbeeld[/color]
> wou hoor wat sê hy oor die plaasmoorde (dis eerder 'n
> polities-ge"inspireeerde oorlog, as jy my vra) Maar kennelik sal hy of
> stilbly of dit ook 'n apartheidsprobleem maak, iets in die lyn van dis wat
> altyd in Soweto of een van die plekke gebeur het, en nou maar net oorspoel
> na die wittes toe.>>

Wel Dries siende dat jy nou so namens my geantwoord het dink ek nie jy
verdien 'n siening van my kant af nie.

Jy maak mos sommer self op wat ek se.
Re: Siek Situasie [boodskap #29330 is 'n antwoord op boodskap #29199] Wo, 15 Maart 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 13 Mar 2000 14:44:28 GMT, nos...@here.net (Brollox) wrote:

niks verbeter in 5 jaar se tyd nie. O, jammer, apartheid[/color]
> se skuld. >>

Nou watter "hulp" is dit was jy nou na verwys?
Het ek dit gemis, of wat?

>> minister wat verwys na almal in sy departement as onbekwaam,>>[/color]
>>
>> Watter minister het na ALMAL in sy dept verwys as onbekwaam?
>
> Zola Skweiya. Loop lees jou laaste Mail & Guardian.>>

As jy se dat Zola Skweiya gese get "almal in sy departement is
onbekwaan" lieg jy deur jou nek.

Wat hy wel gedoen het, is om gebreke nie op iemand anders te blameer
nie - al het dit nie in sy 'watch' gebeur nie ,aar onder die vorige ou
- maar om te se "the buck stops here", hy is die minister en hy
aanvaar verantwoordelikheid vir foute. Einde van storie.
Dit was vir my 'n baie prysenswaardige ding om te doen.
Trust iemand met jou siening om dit skeef te trek na die siening toe
wat jy hierbo gestel het.
Groei op.

en advokate betaal nie, terwyl hulle 'n konsultant (uit Bisho!)[/color]
> gereeld betaal, duisende rande per uur. (Mail & Guardian 10-3-00) >>

Gee bietjie die artikel want snaaks genoeg het dit nie enige ander
koerant so opgeduik nie.
Is jy seker jy misinterpreteer nie die feite nie?

aan regsverteenwoordigers wat kriminele op staatskoste verdedig.>>[/color]
>>
>> Dit was nog altyd die geval in SA en is die geval in die meeste sg.
>> beskaafde lande. Regsverteenwoordiging is voorts fundamenteel aan
>> enige ordentlike regstelsel.
>
> Inderdaad.>>

Presies. so hoekom kerm jy daaroor.

>

Jy het tyd gehad om dit te begin....


>>
>> Begin deur besnoeiings deur Rina Venter onder PW Botha se bewind. Wed
>> jou jy het dit nie geweet nie. Of - jy het dit geweet maar intussen
>> weer vergeet.
>
> ... en hulle beleid kon glad nie omgekeer word deur ons wonderlike
> vrye demokratiese en deursigtige nuwe regering nie.>>

Nee. Want die besnoeiing was deur Rina Venter gedoen omdat die
staatskas LEEG was nadat ons al ons fokken geld in Angola gaan
wegskiet het.

wat gespaar is deur die apartheidsbeleid op te hef en duplisering van[/color]
> departemente uit te skakel is toe ongelukkig nie weer uitgegee nie.
> Dept van Welsyn, het glo 80% van hulle armoedefondse NIE uitbetaal
> nie. Bekwaam?>>

Het jy al na staatskuld gaan kyk deesdae?
Na begrotings en ens?
Doen jouself die guns en doen dit. Jy sal agterkom dat staatsbesteding
dramaties besnoei is - tot die punt dat ons vir die eerste keer in
dekades na die punte toe begin beweeg dat ons binne ons vermoens begin
leef in SA.

> halfmiljoen rand borg oor die foon gereël het. Geen tronksel[/color]
> vir ons ou kroekbasie nie. O, nog 'n Apartheid probleem wat nou
> onoplosbaar is.>>

Wat se jy? Is hy uiteindelik in hegtenis geneem! Wonderlik! Groot
verbetering van die vorige bestel wat dit nooit wou doen nie, sou ek
se.

bom op TV driftig aankondig hy's oortuig hy weet wie die bomplanters[/color]
> is en sal hulle binnekort aankeer. Ag, foei tog.>>

Wat daarvan?
Re: Siek Situasie [boodskap #29354 is 'n antwoord op boodskap #29199] Do, 16 Maart 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Dries Venter wrote:

> Ek moet bysê, jy gee Gloudina so nou en dan gas, wat ^oraait is!
>

Moenie my in jou benepe ou oorloggie met Ferdi insleep nie.
Dis nie net Ferdi se gebalanseerde instelling teenoor dinge in
die hedendaagse Suid-Afrika wat konfirmeer dat sommige
van julle sommer net 'n ou klomp tannies is wat sit en klets nie.
Ek het genoeg familie in Suid-Afrika wat nie soos Henny
Penny dink die sky val in nie.

Gloudina
Re: Siek Situasie [boodskap #29355 is 'n antwoord op boodskap #29199] Do, 16 Maart 2000 00:00 Na vorige boodskapNa vorige boodskap
Dries Venter  is tans af-lyn  Dries Venter
Boodskappe: 299
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Mooi, Ferdi. !0 uit 10! Jy't 'n nuwe manier gekry om stil te bly oor 'n
netelige kwessie! Ek en jy het mos al voorheen langs di'e paadjie deur die
roostuin afgestap - oor belasting en petrolpryse en so aan. In al die pos
wat ek van jou op hierdie nuusgroep gesien het, openbaar jy die volgende
eienskappe:
1) Die nuwe regering kan blykbaar niks verkeerds doen nie
2) Enige iemand wat iets negatiefs oor die land sê, word summier gevra om
te emigreer
3) Enigiemand in die buiteland wat sy bek rek oor Suid-Afrika word wreed
aangeval (dis nie noodwendig verkeerd nie ;-) )
4) Die ou regering was net sleg

Ek moet bysê, jy gee Gloudina so nou en dan gas, wat ^oraait is!

Groete

Dries Venter

Ferdi Greyling wrote in message ...
> Wel Dries siende dat jy nou so namens my geantwoord het dink ek nie jy
> verdien 'n siening van my kant af nie.
>
> Jy maak mos sommer self op wat ek se.
Vorige onderwerp: Lou en Charles
Volgende onderwerp: groen
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 11:13:54 MGT 2024