Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Kos & resepte » Rook barbers aan die Namib se kus
Rook barbers aan die Namib se kus [boodskap #29241] Vr, 10 Maart 2000 00:00
ou...  is tans af-lyn  ou...
Boodskappe: 1
Geregistreer: Maart 2000
Karma: 0
Junior Lid
Rook van Barbers aan die Namib se kus.

Sorg dat die drom reg is en dat daar genoeg saagsels is. As saagsels nie beskikbaar is nie, kan strandhout gebruik word. Dit gee 'n nog beter smaak aan die visse. Sorg dat u genoeg draadhoeke het, vir die ophang van die visse.

Was die visse deeglik skoon.

Neem 1 beker sout en 3 bekers water en los in 'n skottel goed op.

Sit nou die visse vir 1 1/2 uur daar in.

Hang die visse nou op me hulle sterte na onder, anders loop die vet uit.

Laat nou die water vir 1/2 uur afdrup.

Nou word die kole in die drom gesit en saagsels daarop gegooi, 'n sak bo-oor
die drom. As drom te warm word, verwyder sak , wat bo-oor is vir 'n rukkie en haal teveel kole uit. Die sak wat bo oor die rookdrom geplaas word, moet effens nat gehou word - dit hou die hitte beter in die drom.

Sorg dat die drom die eerste ure nie te warm word nie, anders bars die vel van die visse en alle vet loop uit.

Met die laaste ure moet die hitte verhoog word, sodat die visse gaar word, maar
ook nie te warm nie, anders bars die vel van die visse.

Rook vir 6 tot 8 ure.

As die vissies 8 ure gerook word, is hulle effens droog en kan vir weke in die
yskas gehou word.

(Resep oorgeneem van 'n man met baie plooie rondom sy ooghoeke - baie jare se oë toeknyp teen die Namib se lig.)
Vorige onderwerp: kan iemand mij aan typische afrikaanse recepten helpen?
Volgende onderwerp: Eet dit en geniet dit
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 22:39:53 MGT 2024