Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Rybewys: vraag
Rybewys: vraag [boodskap #29194] Ma, 06 Maart 2000 00:00 na volgende boodskap
Kangakid  is tans af-lyn  Kangakid
Boodskappe: 17
Geregistreer: Maart 2000
Karma: 0
Junior Lid
Ek woon al etlike jare in die VSA. Ek het nog steeds die ou SA
bestuurderslisensie - die een in die ID boek. Is dit nog steeds
geldig in SA? Ek weet nuwe lisensies is intussen uitgereik -
kredietkaartgrootte. Ek gaan einde Maart SA toe en wil daar 'n
motor huur, maar dit sal nie kan gebeur as die ou lisensies nie
meer geldig is nie. Het iemand wat daar woon dalk inligting?

Baie dankie!

Re: Rybewys: vraag [boodskap #29201 is 'n antwoord op boodskap #29194] Di, 07 Maart 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Kangakid wrote:

> Ek woon al etlike jare in die VSA. Ek het nog steeds die ou SA
> bestuurderslisensie - die een in die ID boek. Is dit nog steeds
> geldig in SA? Ek weet nuwe lisensies is intussen uitgereik -
> kredietkaartgrootte. Ek gaan einde Maart SA toe en wil daar 'n
> motor huur, maar dit sal nie kan gebeur as die ou lisensies nie
> meer geldig is nie. Het iemand wat daar woon dalk inligting?
>

Hoekom kry jy nie net 'n internasionale lisensie in die VSA nie?
Dis nou as jy net vir 'n vakansie na SA gaan.

Gloudina
Re: Rybewys: vraag [boodskap #29202 is 'n antwoord op boodskap #29194] Di, 07 Maart 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kangakid  is tans af-lyn  Kangakid
Boodskappe: 17
Geregistreer: Maart 2000
Karma: 0
Junior Lid
In article , @home.com wrote:
>
> Hoekom kry jy nie net 'n internasionale lisensie in die VSA nie?
> Dis nou as jy net vir 'n vakansie na SA gaan.
>
> Gloudina

Omdat dit my $10 gaan kos, plus die foto's (ook $10 by die
Camera Shop), en dan die wagtery by die AAA. Onnodige uitgawe as
my ou een nog werk.

Re: Rybewys: vraag [boodskap #29203 is 'n antwoord op boodskap #29194] Di, 07 Maart 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Kangakid wrote:

> I
>> Hoekom kry jy nie net 'n internasionale lisensie in die VSA nie?
>> Dis nou as jy net vir 'n vakansie na SA gaan.
>>
>> Gloudina
>
> Omdat dit my $10 gaan kos, plus die foto's (ook $10 by die
> Camera Shop), en dan die wagtery by die AAA. Onnodige uitgawe as
> my ou een nog werk.
>

Dit was nie die strekking van jou vorige pos nie. Daar het jy
verklaar dat dit onmoontlik is om 'n kar te huur as jou ou
lisensie nie meer geldig is nie.

Die Ruiter sonder lisensie
Re: Rybewys: vraag [boodskap #29205 is 'n antwoord op boodskap #29194] Di, 07 Maart 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Kangakid wrote:

> Ek gaan einde Maart SA toe en wil daar 'n
> motor huur, maar dit sal nie kan gebeur as die ou lisensies nie
> meer geldig is nie.

Wat sal nie kan gebeur nie? Sal dit nie moontlik weesom 'n motor te huur nie?
Komaan. Ek herhaal weer.
As jy vir jou 'n internasionale bestuurslisensie kry, is
al jou probleme opgelos. Geen toeris wat na SA
gaan, word verhinder van kar huur en bestuur as
hulle gewapen is met 'n internasionale bestuurslisensie
nie.

Die Ruiter in die Nag en sy perd.
Wat was sy perd se naam nou weer?

>
Re: Rybewys: vraag [boodskap #29215 is 'n antwoord op boodskap #29194] Wo, 08 Maart 2000 00:00 Na vorige boodskap
Rick  is tans af-lyn  Rick
Boodskappe: 5
Geregistreer: Maart 2000
Karma: 0
Junior Lid
Nou goed, om 'n onnodige gestryery en 'n lang storie kort te knip: Ja, die
bestuurderslisensie in die groen ID boek is nog steeds geldig, tensy dit
deur die owerhede gekanselleer is (soos in die geval wanneer jy met 'n nuwe
kredietkaart lisensie uitgereik word), of wanneer jy aansoek doen vir 'n
nuwe ID dokument (in daardie geval word die document uitgereik sonder die
rybewys).

In elk geval, die hele affere met die nuwe lisensies is 'n gemors. Teen
ongeveer R85 stuk is dit maar net nog 'n manier om iemand anders te verryk.
Is die kontrak nie juis aan een van daardie "black empowerment" maatskappye
toegeken nie. En dit is algemeen bekend dat baie lede van die regering
hulle vingers diep in daardie paai het.

Die nuwe lisensies is kastig ingestel omdat die ou bestuurderslisensies so
maklik vervals kon word en die nuwe een sodanig nie. My vrou (sy is 'n
staatsaanklaer) het al reeds met verskeie sake gehandel waar die nuwe
lisensies ook maar vervals word.

Rick

wrote:
>
>> Ek gaan einde Maart SA toe en wil daar 'n
>> motor huur, maar dit sal nie kan gebeur as die ou lisensies nie
>> meer geldig is nie.
>
> Wat sal nie kan gebeur nie? Sal dit nie moontlik weesom 'n motor te huur nie?
> Komaan. Ek herhaal weer.
> As jy vir jou 'n internasionale bestuurslisensie kry, is
> al jou probleme opgelos. Geen toeris wat na SA
> gaan, word verhinder van kar huur en bestuur as
> hulle gewapen is met 'n internasionale bestuurslisensie
> nie.
Vorige onderwerp: de lucht
Volgende onderwerp: de lucht
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 07 05:35:49 MGT 2024