Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Afrikaanse (en miskien Suid Afrikaanse) kultuur
Afrikaanse (en miskien Suid Afrikaanse) kultuur [boodskap #29152] Ma, 28 Februarie 2000 00:00 na volgende boodskap
ProPacem  is tans af-lyn  ProPacem
Boodskappe: 320
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
In 'n paralelle nuuslyn was daar 'n onderskeid gestref tussen Afrikaner-kultuur
en Afrikaanse kultuur. Nou wonder ek wat behels Afrikaanse kultuur - wat
onderskei dit en wat maak dit dieselfde as ander "suid-afrikaanse kulture". Ek
skat so 'n wroeging bring ons uitermate gou tot die verdere vraag - Wat is
Suid-Afrikaanse kultuur en bestaan daar so 'n ding.
Re: Afrikaanse (en miskien Suid Afrikaanse) kultuur [boodskap #29159 is 'n antwoord op boodskap #29152] Di, 29 Februarie 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On 28 Feb 2000 15:22:41 GMT, prop...@aol.com (ProPacem) wrote:

en Afrikaanse kultuur. Nou wonder ek wat behels Afrikaanse kultuur - wat[/color]
> onderskei dit >>

Ek vermoed dis 'n manier om sg. bruinmense in te sluit in die kultuur
wat die taal Afrikaans as basis het.
In die algemeen beskou bruinmense hulle nie as "Afrikaners" nie. Met
goeie rede, veronderstel ek.
Intussen het die taal Afrikaans n nuwe aansig gekry en ook groter
legitimiteit in sg. bruin gemeenskappe.
Toe is daar teruggeval op name soos "Afrikaanses" en Afrikaanse
kultuur om dit te onderskei van die Afrikenrdom van die
apartheidsjare.
Dis in elk geval hoe ek daai een lees.

skat so 'n wroeging bring ons uitermate gou tot die verdere vraag - Wat is[/color]
> Suid-Afrikaanse kultuur en bestaan daar so 'n ding.>>

Is dit nie een van daai goed wat as jy daarna kyk bestaan dit nie maar
as jy wegkyk bestaan dit?
Re: Afrikaanse (en miskien Suid Afrikaanse) kultuur [boodskap #29160 is 'n antwoord op boodskap #29152] Di, 29 Februarie 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Ferdi Greyling wrote:

> On 28 Feb 2000 15:22:41 GMT, prop...@aol.com (ProPacem) wrote:
>
> Afrikaner-kultuur
>> en Afrikaanse kultuur. Nou wonder ek wat behels Afrikaanse kultuur - wat
>> onderskei dit >>
>
> Ek vermoed dis 'n manier om sg. bruinmense in te sluit in die kultuur
> wat die taal Afrikaans as basis het.
> In die algemeen beskou bruinmense hulle nie as "Afrikaners" nie. Met
> goeie rede, veronderstel ek.
> Intussen het die taal Afrikaans n nuwe aansig gekry en ook groter
> legitimiteit in sg. bruin gemeenskappe.
> Toe is daar teruggeval op name soos "Afrikaanses" en Afrikaanse
> kultuur om dit te onderskei van die Afrikenrdom van die
> apartheidsjare.
> Dis in elk geval hoe ek daai een lees.
>

Ja, hierdie hele kwessie van Afrikaner/Afrikaanse kultuur het soveel
nuanses, dat mens amper sekerlik nooit 'n definitiewe uitspraak daaroor
kan lewer nie. Daar is selfs binne die sogenaamde "Afrikaner"-kultuur
soveel nuanses, soveel spanninge wat eintlik meeste van die tyd ongeseg
is, maar tog baie keer na bowe kom. Ek het byvoorbeeld altyd die
gevoel gehad op Universiteit dat die Afrikaners uit die oostelike dele van
SA soveel verskil van my Kaaplandse "kultuur" dat mens maar amper van
twee kulture kon praat. Ek het dieselfde gevind onder die Engelse Suid-
Afrikaners. 'n Engelssprekende Suid-Afrikaner wat in Noord-Transvaal
grootgeword het, verskil myle van een wat in die Boland grootgeword het.
Ek neem aan dieselfde is ook die toestand in die "Afrikaanses" se
gemeenskap.
Hier in Kanada is die situasie van die Metis interessant. Hulle is die
afstammelinge van die ou Franse Voyageurs en lokale Eerste Nasies. Op
die oomblik lyk dit of hulle wil veg vir 'n definitiewe "status" soortgelyk as
wat die Eerste Nasies het. Met ander woorde, hulle wil die reg verower
om sekere landsdele op te eis as aan hulle behorende, en binne daardie
streke dieselfde reg te verkry om te vis en te jag wat die Eerste Nasies al vir

'n ruk het.

Gloudina
Re: Afrikaanse (en miskien Suid Afrikaanse) kultuur [boodskap #29166 is 'n antwoord op boodskap #29152] Wo, 01 Maart 2000 00:00 Na vorige boodskap
ProPacem  is tans af-lyn  ProPacem
Boodskappe: 320
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
> erdi...@icon.co.za

> Ek vermoed dis 'n manier om sg. bruinmense in te sluit in die kultuur
> wat die taal Afrikaans as basis het.

Ek is bewus van die manier waarop afrikaanse gebruik word om 'n inklusiewe
ruimte aan "bruinmense" te verskaf. Ek wil egter graag glo dat dit meer
omvattend is as semantiek - vandaar dan die vraag. Indien kultuur byvoorbeeld
taal, sosiale lewe, artifakte, en haas alle ander lewensaspekte insluit, wonder
ek tot watter mate afrikaanse kultuur dan as sodanig kwalifiseer (aan die een
kant), of tot watter mate daar gewerk word aan 'n beskrywing van sodanige
kultuur (aan die ander). Dit is byvoorbeeld redelik maklik om afrikaanse
produkte en artifakte as afrikaanse kultuurgoed te bestempel (adam small, van
wyk louw, die vroeë afrikaanse moslemgeskrifte ALMAL), maar 'n kultuur is tog
meer as hierdie artifakte. Historisiteit, byvoorbeeld, sou behels 'n
heroorweging van afrikaanse onstaan - hoe leer ons in skole omtrent afrikaanse
ontstaan. Voorts, is daar sekere lewenswaardes wat afrikaanse kultuur beskryf
en omkring - kan ons dit aan taal toeskryf of aan die gedeelde lewensruimte wat
suid-afrika is? Inderwaarheid behels kultuur ook 'n gedeelde geskiedenis en
soortgelyke unitêre toekomspersepsie en -verwagting. Hoe beantwoord afrikaanse
kultuur hierdie verwagting? En so meer en so meer. Ek wonder of daar mense is
wat gerigte aandag gee hieraan - indien wel sou ek verwysings waardeer. Dit
beteken natuurlik nie dat ons, voetsoolvlakmense, nie ook hieroor praat en
bespiegel nie.
Re: Afrikaanse (en miskien Suid Afrikaanse) kultuur [boodskap #29167 is 'n antwoord op boodskap #29152] Wo, 01 Maart 2000 00:00 Na vorige boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

ProPacem wrote:

> . Voorts, is daar sekere lewenswaardes wat afrikaanse kultuur beskryf
> en omkring - kan ons dit aan taal toeskryf of aan die gedeelde lewensruimte wat
> suid-afrika is? Inderwaarheid behels kultuur ook 'n gedeelde geskiedenis en
> soortgelyke unitêre toekomspersepsie en -verwagting. Hoe beantwoord afrikaanse
> kultuur hierdie verwagting? En so meer en so meer. Ek wonder of daar mense is
> wat gerigte aandag gee hieraan - indien wel sou ek verwysings waardeer. Dit
> beteken natuurlik nie dat ons, voetsoolvlakmense, nie ook hieroor praat en
> bespiegel nie.

Ek weet nou nie of dit sal help nie, maar ek dink tog dat mens in die
geskriftevan J M Coetzee iets in die rigting kan vind. J M Coetzee is 'n lid van 'n
groep
wat mens maklik kan vergeet. Hy is nog deel van die "Afrikaner"-kultuur en
duidelik ook nie hart en siel in die "Engelse SA kultuur" nie. (Volgens "Boyhood"
het hy hom gedissosieer van die "Afrikaners" en die Afrikaanse kinders beide
gevrees en homself superieur aan hulle gevoel. Sy pa se Afrikaanse familie was
tegelyk vreemde wesens, maar ook bewoners van plase wat hy met 'n passie
liefgehad het. Sy ma se voorsate was SA Duitsers, en hy het homself dus ook nooit
as " Engels" beskou nie, en neergesien op die Engelse wat nie Afrikaans goed
bemagtig het nie.) In sy boeke en in sy opstelle oor sensuur is daar baie
insiggewende
opmerkings oor die SA kultuurmosaiek. Die hoofkarakter in die "Life and Times of
Michael K) is duidelik veronderstel om 'n "kleurling" te wees. (Ek vind egter nie
dat
hierdie boek hierdie kwessies op 'n realistiese manier benader nie. Dis asof die
boek
nie in die werklike SA gewortel is nie. "Age of Iron" is baie meer suksesvol in
hierdie
opsig.)

Gloudina
Vorige onderwerp: Haiku deur DEON KESTING
Volgende onderwerp: maartneus
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Jun 10 09:08:23 MGT 2024