Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Toekoms Advies vir: Revolusionere belasting stelsel
Toekoms Advies vir: Revolusionere belasting stelsel [boodskap #29096] So, 20 Februarie 2000 00:00 na volgende boodskap
reisiger  is tans af-lyn  reisiger
Boodskappe: 646
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Wil graag die Regering van ons Paradys, asook elders op die
Planeet, gelukwens vir die super sukses wat bereik is sover,
asook vir die toekoms. Vir die Persone van ons Paradys, asook
elders op die Planeet. Veral die ANC, en President Thabo Mbeki,
vir die deursettings vermoë en vasberadenheid. Vir die
deurlopende stabiliteit van stelsels, veral vanaf 1 Januarie
2000. Veral vir die rol wat President Mbeki speel vir die
bekamping en hantering van miv+/vigs. En om die Nuwe Suid Afrika
te bestuur om te kan skyn soos goud in die oggend son.
Insluitend die menige bydraes wat gelewer word aan die Afrika en
Suid Afrika Renaissance. En nog baie meer. :) Byvoorbaat baie
dankie. Dit word inniglik waardeer.

'n Saak wat na aan die hart raak, is om die voorspoed te verhoog
van almal wat in die Nuwe Suid Afrika woon. Behou geloof, hoop
en liefde. Onthou die oomblik het aangebreek om eksponensieel
ondersteuning te verkry. Verstaan enige advies hier word gegee
in die gees van Vryheid van Keuse. Enige persoon het die reg om
dit te gebruik net soos dit is, en / of te verander na vrye wil.

Wil graag apologie aanteken vir die laat indiening van hierdie
projek - benodig invoer van die Sake Sektor.

Herstel van skade verantwoordelik deur natuur rampe, bv.
onlangse vloede: Wil voorstel om vir 'n lening aansoek te doen.
Stel voor 'n breuk van 20% en 80%. Die laaste persentasie is die
bedrag van die lening voorstel. En die eerste persentasie die
bedrag verkry van publieke fondse.

Munisipaliteit stelsel: Wil voorstel om die huidige stelsel te
behou, d.i. voor afbakening aanbevelings. Asook om vergaderings
te verhoog van Munisipaliteits hoofde asook diegene
verantwoordelik op 'n Provinsiale en Streeks vlak.

Hospitale: 'n Glas vrugte sap, of 'n koppie koffie of tee, met
melk en suiker, volgens keuse, en 'n sny gebotterde brood kan
vir ontbyt bedien word. Asook 'n gemiddelde grootte maaltyd. En
die keuse van vrugtesap, koffie of tee. Die Gesondheids
Departement kan toesig hou oor die kwaliteit van maaltye wat
bedien word, indien nodig. Pasiente kan kies of hulle ontbyt
en/of middag ete verkies.

BTW: Stel voor om hierdie persentasie dieselfde te hou.

Individuele belasting: Wil hoogstens aanraai om die belasting
stelsel vir alle Suid Afrikaanse burgers te standardiseer, wat
belasting betaal. Asook dieselfde persentasie vas te pen, bv.
20-25%.

Wil voorstel om die verslapping van Wisselwerkings beheeer
(Exchange controls) onbepaald uit te stel.

Maatskappy belasting, Individuele belasting, en Belasting
wanneer aandele verkoop word, kan verhoog word met dieselfde
persentasie. Om vir huidige benodigdhede om te sien. Insluitend
Hospitale, Munisipaliteite, Onderwys stelsel, en om skade a.g.v.
natuur rampe te herstel.

'n Oudit firma kan bystand verleen om die persentasie verhoging
te monitor. Asook om te sorg dat fondse korrek spandeer word op
Munisipale vlak.

Kyk na die asemrowende resultate - bo alle verwagtinge. :)
Gedeeltelike publieke deelname vir herstelwerk a.g.v. natuur
rampe. :) Die huidige Munisipaliteit stelsel kan behoue bly. :)
Munisipaliteite kan vir self besluit of hulle tariewe en/of
belastings wil verhoog. :) BTW kan dieselfde bly - diegene wat
nie werk het, kan dieselfde vir goedere betaal. :) Individuele
belasting - alle persone kan op dieselfde basis belas word. :)
Wisselwerking beheer kan stelselmatig verlig word, aangaande
vlakke van werkloosheid van Suid Afrikaanse burgers beduidend
verminder. :) Alle belasting kan verhoog / verlaag word met
dieselfde persentasie. :) 'n Oudit firma kan die persentasie
verhoging verifieer. :) Asook of Munisipaliteite fondse korrek
aanwend word. :) Vrede en voorspoed kan uitnemend verhoog word.
:) Gemeenskaplike belange kan alle partye geweldig bevoordeel.
:) Die Afrika en Suid Afrika Renaissance kan 'n kwantum sprong
vorentoe neem. :) En 'n beter lewe kan vir almal geskep word. :)

Bg. maatstawwe kan aangewend word om Maatskappy te motiveer om
werk verskaffing te verhoog. Bv. om 'n gedeelte van grondstowwe
wat ontgin word, se waarde te verhoog en in verwerkte produkte
om te skep. Om plaaslik verkoop te word. Of uit te voer na
oorsese markte.

Stel voor om bg. pad te volg. En Wisselwerking Beheer (Exchange
controls) maatreels stelselmatig op te hef, namate werkloosheid
van Suid Afrikaanse burgers beduidend afneem. As om die pad te
stap van die Dr. Hoek verslag van die sestiger jare.

Eendrag maak mag. Persone wat mekaar ondersteun, oorleef saam in
'n beter wereld. Hierdie is die poging om 'n pad te skep na die
21e Eeu d.m.v. grootheid, goedheid en grasie. Love all Serve
all.

Hoop dit help. :) Saam vir 'n beter toekoms. :) Een vir almal en
Almal vir een. :) Word 'n magiese Persoon en help om 'n Paradys
en Planeet te skep waar almal gelukkig is en bevry is van pyn en
leiding. :)

Presteer Voluit om die Verstand, Vlees en Voorspoed van die
Persone van ons Paradys, en elders op die Planeet, met Prag en
Praal, Passie, asook Profytvol te kan Volhou, sodat hulle na
hulle Prys, hulle Piek, kan Peil. :)

Ns. Indien enige sissende slange aan enigiemand hier ge-uiter
word, is dit a.g.v. 'n blinke kol in die logika, wat reggestel
sal word wanneer dit raakgesien is. Apologie word noual
aangeteken daarvoor. Vergewe asb.

Re: Toekoms Advies vir: Revolusionere belasting stelsel [boodskap #29111 is 'n antwoord op boodskap #29096] Di, 22 Februarie 2000 00:00 Na vorige boodskap
reisiger  is tans af-lyn  reisiger
Boodskappe: 646
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Senior Lid
'n Beter belasting stelsel:

Wanneer Maatskappye werks geleenthede verhoog, deur 'n gedeelte
van grondstowwe wat ontgin word, se waarde te verhoog na
verwerkte produkte in Suid Afrika, sal die pad van die Dr. Hoek
verslag van die sestiger jare suksesvol vermy kan word.

Wil voorstel om daarna Maatskappy belasting te verlaag, as
beloning vir bg.

Hoop dit help. :) Saam vir 'n beter toekoms. :) Een vir almal en
Almal vir een. :)

Vorige onderwerp: Toekoms Advies vir: Verhoogde deelname aan die ekonomie
Volgende onderwerp: Re: Squirrel is voël-vry
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Jun 26 12:22:02 MGT 2024