Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Toekoms Advies vir: Verhoogde deelname aan die ekonomie
Toekoms Advies vir: Verhoogde deelname aan die ekonomie [boodskap #29042] Do, 17 Februarie 2000 00:00 na volgende boodskap
reisiger  is tans af-lyn  reisiger
Boodskappe: 646
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Wil graag die Regering van ons Paradys, asook elders op die
Planeet, gelukwens vir die super sukses wat bereik is sover,
asook vir die toekoms. Vir die Persone van ons Paradys, asook
elders op die Planeet. Veral die ANC, en President Thabo Mbeki,
vir die deursettings vermoë en vasberadenheid. Vir die
deurlopende stabiliteit van stelsels, veral vanaf 1 Januarie
2000. Veral vir die rol wat President Mbeki speel vir die
bekamping en hantering van miv+/vigs. Asook vir die heropening
van die ERPM myn. En om die Nuwe Suid Afrika te bestuur om te
kan skyn soos goud in die oggend son. Insluitend die menige
bydraes wat gelewer word aan die Afrika en Suid Afrika
Renaissance. En nog baie meer. :) Byvoorbaat baie dankie. Dit
word inniglik waardeer.

'n Saak wat na aan die hart raak, is om voorspoed te verhoog vir
Suid Afrikaanse burgers. Behou geloof, hoop en liefde. Onthou
die oomblik het aangebreek om eksponensieel ondersteuning te
verkry. Verstaan enige advies hier word gegee in die gees van
Vryheid van Keuse. Enige persoon het die reg om dit te gebruik
net soos dit is, en / of te verander na vrye wil.

Wil voorstel om arbeids wette te hersien. Om voorkeur te gee aan
Suid Afrikaanse burgers, ongeag geslag, ras, geloof, of fisiese
gesteldheid - gestremd of nie.

Wil hoogstens aanraai Firmas wat werkers van buite Suid Afrika
in diens neem, moet eers kan bewys daar is geen Suid Afrikaanse
burgers beskikbaar, wat dieselfde diens kan lewer, voordat
werkers van buite Suid Afrika af in diens geneem word. Sulke in
diens nemings kontrakte behoort nie langer as 3 tot 6 maande
wees nie, in geval Suid Afrikaanse burgers beskikbaar word.
Daarna moet Firmas weer kan bewys daar is geen Suid Afrikaanse
burgers beskikbaar, voordat kontrakte verleng kan word.

Asook, om Firmas wat werkers van buite Suid Afrika af vervang
met Suid Afrikaanse burgers, krediete toe te staan, indien
werkers indiens geneem is voordat bg. maatreels in werking tree.
En, indien nodig, om werkers van buite Suid Afrika af na hulle
Land van herkoms terug te stuur.

Die publiek kan ook uitgenooi word om Firmas en Agentskappe te
rapporteer, wanneer hulle teegekom word, wat voorkeur gee aan
werkers van buite Suid Afrika, indien enige.

Kyk na die asemrowende resultate - bo alle verwagtinge. :) Alle
Suid Afrikaanse burgers kan voorkeur geniet tydens indiens
neming, wat dieselfde werk kan verrig. :) Lande van herkoms is
verantwoordelik vir die werkverskaffing aan hulle burgers. :)
Gestremdes kan voorkeur geniet voor persone van buite Suid
Afrika. :) Firmas kan krediete ontvang wat Suid Afrikaanse
burgers indiens neem, onder sekere omstandighede. :) Vrede en
voorspoed kan uitnemend verhoog word. :) Gemeenskaplike belange
kan alle partye geweldig bevoordeel. :) Die Afrika en Suid
Afrika Renaissance kan 'n kwantum sprong vorentoe neem. :) En 'n
beter lewe kan vir almal geskep word. :)

Eendrag maak mag. Persone wat mekaar ondersteun, oorleef saam in
'n beter wereld. Hierdie is die poging om 'n pad te skep na die
21e Eeu d.m.v. grootheid, goedheid en grasie. Love all Serve
all.

Hoop dit help. :) Saam vir 'n beter toekoms. :) Een vir almal en
Almal vir een. :) Word 'n magiese Persoon en help om 'n Paradys
en Planeet te skep waar almal gelukkig is en bevry is van pyn en
leiding. :)

Presteer Voluit om die Verstand, Vlees en Voorspoed van die
Persone van ons Paradys, en elders op die Planeet, met Prag en
Praal, Passie, asook Profytvol te kan Volhou, sodat hulle na
hulle Prys, hulle Piek, kan Peil. :)

Ns. Indien enige sissende slange aan enigiemand hier ge-uiter
word, is dit a.g.v. 'n blinke kol in die logika, wat reggestel
sal word wanneer dit raakgesien is. Apologie word noual
aangeteken daarvoor. Vergewe asb.

Re: Toekoms Advies vir: Verhoogde deelname aan die ekonomie [boodskap #29107 is 'n antwoord op boodskap #29042] Di, 22 Februarie 2000 00:00 Na vorige boodskap
reisiger  is tans af-lyn  reisiger
Boodskappe: 646
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Wil voorstel om ontmoetings met die Sake Sektor te verhoog. Om
'n verkose tydsduur vas the stel vir kontrakte van werkers buite
Suid Afrika. Die aanbeveling hier is 3 tot 6 tot 8 maande, of
meer. Die Regerings kan vergunning verleen om hierdie periode te
verleng, indien nodig.

Hier word bedoel om Suid Afrikaanse burgers eerste opsie van
indiens neming te gee, wat bekwaam is en beskikbaar is vir die
posisie. Daarna om werkers van buite Suid Afrika aan te stel.
Vir lg. , om die beste ekonomiese keuse beskikbaar te maak
wanneer salaris betaal vir dienste gelewer, en vlak van
bekwaamheid gemeet word.

Hoop dit help. :) Saam vir 'n beter toekoms. :) Een vir almal en
Almal vir een. :)

Vorige onderwerp: Re: Supermodel, Iman
Volgende onderwerp: Toekoms Advies vir: Revolusionere belasting stelsel
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Jun 26 12:13:39 MGT 2024