Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Marbles .. albasters
Re: Marbles .. albasters [boodskap #29030] Wo, 16 Februarie 2000 00:00
Dries Venter  is tans af-lyn  Dries Venter
Boodskappe: 299
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Ek antwoord maar in Afrikaans, siende dat een van julle wel Afrikaans
verstaan...

"Albasters" is die regte naam vir "marbles". 'n Ander (volks-)naam vir
albasters is "Malies" of "Alies" (lg afgelei van albasters)

Die algemene name vir verskillende soorte was:
"Ghoen" (uitgespreek soos engelse "goon") - 'n groot albaster van glas of
yster
"Aainie" - 'n alabster of ghoen wat van yster/staal gemaak is ("ball
bearing")
"Soutie" - 'n abaster wat van 'n dowwe groenerige, ondeursigtige glas
gemaak is, dikwels is die oppervlak van hierdie albaster dan ook grof.
"Milkie" - 'n ondeursigtige wit albaster
"Tiger" of "tiger eye" - die gewone deurskynende albasters met die
kleurwaaiers aan die binnekant
"Ertjie" - 'n albaster met 'n "chip" in. Ook uitgeroep as jy met 'n ghoen
'n glasalbaster 'n chip gee
"Olifant" - 'n allemintige ghoen wat so groot en swaar was dat jy in 'n
sekere speletjie (ek vergeet die naam - giffie?) al die opponente se
albaster uit die gat kon lig, wat jou dan "koning" maak en sodoende die
albasters wat uit die gat gelig is, buit. Nodeloos om te sê was ouens met
olifante gewoonlik verban uit die speletjie tensy hulle belowe om dit nie te
gebruik nie.

Dries Venter

dee...@arach.net.au wrote in message
...
> Can someone please email me the correct Afrikaans word for a marble
> ( those round glass beads we played with at school)
>
> Its not "albaster or goen" .. my wife is Afrikaans and she insists
> there is another word that is more correct .. please help me if you
> can
> Thanks
Vorige onderwerp: Re: questionable service?
Volgende onderwerp: Re: Shame, verwys na "Re: Toekoms Advies vir: Zimbabwiese Regering en Presidentskap"
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Jun 03 08:41:02 MGT 2024