Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Toekoms Advies vir: Groter Politieke Eenheid in die Parlement
Toekoms Advies vir: Groter Politieke Eenheid in die Parlement [boodskap #29004] Ma, 14 Februarie 2000 00:00
reisiger  is tans af-lyn  reisiger
Boodskappe: 646
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Wil graag die Regering van ons Paradys, asook elders op die
Planeet, gelukwens vir die super sukses wat bereik is sover,
asook vir die toekoms. Vir die Persone van ons Paradys, asook
elders op die Planeet. Veral die ANC, en President Thabo Mbeki,
vir die deursettings vermoë en vasberadenheid. Vir die
deurlopende stabiliteit van stelsels, veral vanaf 1 Januarie
2000. Veral vir die rol wat President Mbeki speel vir die
bekamping en hantering van miv+/vigs. Insluitend die reddings
missie wat lanseer is deur President Mbeki om ondersteuning te
lewer aan Zimbabwe. En om die Nuwe Suid Afrika te bestuur om te
kan skyn soos goud in die oggend son. Insluitend die menige
bydraes wat gelewer word aan die Afrika en Suid Afrika
Renaissance. En nog baie meer. :) Byvoorbaat baie dankie. Dit
word inniglik waardeer.

Wil ook graag die volgende Politieke Partye, en hulle Leiers,
gelukwens vir die super sukses wat bereik is sover, asook vir
die toekoms. Vir die Persone van ons Paradys, asook elders op
die Planeet. Veral vir die deursettings vermoë en vasberadenheid
van die volgende Politieke Partye, en hulle Leiers: IFP/GP, DP,
FA, ACDP, AEB, AZAPO, NNP, PAC, UCDP, UDM en VF. En om die
Regering van ons Paradys, asook elders op die Planeet, te
ondersteun om hulle doelwitte te bereik. Insluitend die menige
bydraes wat gelewer word aan die Afrika en Suid Afrika
Renaissance.En nog baie meer. :) Byvoorbaat baie dankie. Dit
word inniglik waardeer.

'n Saak wat na aan die hart raak, is om groter Politieke Eenheid
in die Parlement teweeg te bring. Behou geloof, hoop en liefde.
Onthou die oomblik het aangebreek om eksponensieel ondersteuning
te verkry. Verstaan enige advies hier word gegee in die gees van
Vryheid van Keuse. Enige persoon het die reg om dit te gebruik
net soos dit is, en / of te verander na vrye wil.

IFP groei na GP:

Stel voor die leier van die IFP, Dr. Buthelezi, verhoog
samesprekings met die Koning Goodwill Zwelethini, asook
Tradisionele Leiers en Sangomas, veral Sanusi Credo Mutwa. Om
die IFP the laat groei na die GP - die Goedhartige Party.

En om samesprekings te verhoog met President Mbeki, die ANC,
asook Magtige en Gesaghebbende Figure, om die toekoms van die
Nuwe Suid Afrika, en veral die Afrika Renaissance, te versnel.
Wil hoogstens aanraai Leiers en Lede van alle Politieke Partye
in die Parlement ondersteun Dr. Buthelezi en die GP om die
toekoms van die Suid Afrika en Afrika Renaissance te versnel.

Asook vir Dr. Buthelezi, om samesprekings te verhoog met Leiers
en Lede van Politieke Partye in die Parlement. Insluitend
Sakelui, asook Leiers en Lede van alle Werkers Unies in SA,
veral Cosatu en die MWU. Om 'n 2020 wen nasie plan te ontwikkel
vir die Nuwe Suid Afrika, indien daar nie alreeds een bestaan.
En om aanhoudend doelwitte te korregeer om suksesse te behaal.
Asook om die beleid van konstruktiewe betrokkenheid te verhoog
met Lande wat aan die Afrika Renaissance deelneem, as deel van
die 2020 plan.

En om 'n Profesie Forum daar te stel. Waar lede van die Publiek
hulle insigte kan deel aangaande verwagte toekomstige
gebeurtenisse. Om die Regering van ons Paradys, en elders op die
Planeet te ondersteun om voorsorg maatreels te tref en die effek
van toekoms voorspellings te verminder. Asook om bg. profesiee
en inligting d.m.v. die Media bekend te maak.

Advies vir Politieke Partye om nader na mekaar te beweeg vir 'n
beter toekoms:

Wil voorstel Leiers en Lede van Politieke Partye alreeds
uitgenooi, om by die voorgestelde Politieke Party aan te sluit,
indien hulle wil. Of om die beste Politieke Party vir hulle
loopbaan te kies. Mnr. Roelf Meyer, Mnr. Marthinus van Schalkwyk
en andere word aangeraai om hierdie proses te stimuleer. Wil
hoogstens aanraai om in die voetstappe van 'n vorige wel beminde
en hoogs respekteerde Staatspresident van Suid Afrika, Mnr. FW
de Klerk, te volg, en vinnig te beweeg. Die reisiger sal dit
inniglik waardeer indien hierdie proses afgehandel is teen 21
April 2000. Wil hoogstens aanraai Leiers en Lede van bg.
Politieke Partye stap na die toekoms van 'n nouer rasverenigde
Suid Afrika.

Die reisiger werk aan 'n baie magtige Regerings vorm, op alle
vlakke. Waar alle Partye ewe veel baat kan vind by suksesse wat
bereik word tydens die Suid Afrika en Afrika Renaissance.

Dit kan President Thabo Mbeki geweldig ondersteun. Veral waneer
President Mbeki die Suid Afrika, en veral die Afrika Renaissance
'n kwantum sprong vorentoe neem, omtrent Junie 2000. President
Mbeki kan suksesse behaal in die Suid Afrika Renaissance herhaal
vir menige Lande wat aan die Afrika Renaissance deelneem. En dit
die sukses maak wat dit verdien om te wees.

Kyk na die asemrowende resultate - bo alle verwagtinge. :) Die
GP kan die toekoms van die Suid Afrika en Afrika Renaissance
geweldig versnel. :) Die GP kan die ANC ondersteun om die
toekoms van die Suid Afrika en Afrika Renaissance geweldig te
versnel. :) 'n Ekonomiese bloei tyd kan verwag word. :) Vrede en
voorspoed kan uitnemend verhoog word. :) Gemeenskaplike belange
kan alle partye geweldig bevoordeel. :) Die Afrika en Suid
Afrika Renaissance kan 'n kwantum sprong vorentoe neem. :) En 'n
beter lewe kan vir almal geskep word. :)

Eendrag maak mag. Persone wat mekaar ondersteun, oorleef saam in
'n beter wereld. Hierdie is die poging om 'n pad te skep na die
21e Eeu d.m.v. grootheid, goedheid en grasie. Love all Serve
all.

Hoop dit help. :) Saam vir 'n beter toekoms. :) Een vir almal en
Almal vir een. :) Word 'n magiese Persoon en help om 'n Paradys
en Planeet te skep waar almal gelukkig is en bevry is van pyn en
leiding. :)

Presteer Voluit om die Verstand, Vlees en Voorspoed van die
Persone van ons Paradys, en elders op die Planeet, met Prag en
Praal, Passie, asook Profytvol te kan Volhou, sodat hulle na
hulle Prys, hulle Piek, kan Peil. :)

Ns. Indien enige sissende slange aan enigiemand hier ge-uiter
word, is dit a.g.v. 'n blinke kol in die logika, wat reggestel
sal word wanneer dit raakgesien is. Apologie word noual
aangeteken daarvoor. Vergewe asb.

Vorige onderwerp: Re: Culemborg bekent?
Volgende onderwerp: Re: Afrikaanse oorspronge
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Sep 22 00:58:57 MGT 2024